Die koronavirus leef veel langer in die lug en op oppervlaktes as wat mense dink. Daar is boonop 7,7 miljoen MIV-positiewe mense in Suid-Afrika, wat agt keer meer vatbaar vir longontsteking as gesonde mense is. Die gesondheids-en finansiële krisis wat ons nou in die gesig staar, het die potensiaal om die land heeltemal te verander.
Tag: Vigs
-

Liberale Kaliforniese wetgewers wil MIV-verspreiding dekriminaliseer
Die Demokratiese senator vanaf San Francisco, Scott Wiener, werk hard daaraan om die oordrag van die MIV-virus van een mens na ‘n ander ‘n geringe oortreding te maak. Diegene wat willens en wetens MIV versprei, mag in die toekoms min of meer oor dieselfde kam geskeer word as iemand wat ‘n verkeersoortreding of “misdemeanor” in die VSA begaan.
Die LA Times het vandeesweek berig dat wetgewers van die Kaliforniese deelstaat Maandag hul finale goedkeuring aan ‘n wetsontwerp verleen het wat die bewuste oordrag van MIV van ‘n strafregtelike ootreding na ‘n geringe oortreding verminder. Die wetsontwerp sal nie langer die bewuste blootstelling van ‘n seksmaat aan MIV sonder om die infeksie te openbaar as ‘n ernstig strafbare misdaad behandel nie.
Die wetsontwerp, SB 239, sal binnekort deur die goewerneur gepromulgeer word deur dit te onderteken. Dit is deur Wiener ter tafel gelê, wat sê dat die huidige wet teen diegene diskrimineer wat die menslike immuniteitsgebrekvirus, of MIV, onder lede het. MIV lei gewoonlik tot Vigs.
Wiener sê dat sommige mense dalk mag verkies om nie getoets te word as dit hulle strafbaar sou maak as hulle iemand anders aan MIV blootstel, wat daarop neerkom dat dit ‘n mensereg is om iemand anders met MIV te besmet.
Besmette mense wat bloed of semen skenk sonder om bekend te maak dat hulle positief vir MIV of Vigs getoets het, sal nie langer streng gevolge hoef te dra nie, aangesien hulle “diskriminasie” verwerp. Die huidige toestand is “homofobies” en “diskriminerend” teen LGBT-mense, volgens die wetgewende vergadering van Kalifornië.
“Tans word MIV uitgesonder vir besonder streng behandeling as ‘n misdaad,” het Wiener gedurende die debat gesê.
Republikeine is buite hulself van woede oor die wetsontwerp. Sen. Joel Anderson van San Diego, wat teen die wetsontwerp gestem het, sê dit stel die algemene publiek aan risiko bloot. Hy het die wetsontwerp “totaal mal” genoem.
“Ek is van mening dat as jy doelbewus iemand anders met ‘n siekte aansteek wat hul leefstyl vir die res van hul lewe verander, en hulle op ‘n medikasieprogram plaas net om enige sweem van normaliteit te handhaaf, behoort dit as ‘n misdaad beskou te word,” het Anderson gesê. “Dis absoluut kranksinnig dat ons dit ligtelik behoort op te neem.”
Anderson het gesê dat strenger strawwe uitgebrei te word na diegene wat ander aan aansteeklike siektes blootstel. Volgens die Sentra vir siektebeheer en -voorkoming in die VSA (Centers for Disease Control and Prevention (CDC)), is 1 uit 5 gay mans MIV-positief.
Sen. Jeff Stone, ‘n Republikeinse apteker van Murrieta, het aan die LA Times gesê dat dit ‘n misdaad behoort te bly om enigeen met MIV aan te steek, aangesien dit daardie persoon “waarskynlik daartoe verdoem om $1 miljoen se medikasie vir die res van sy lewe te neem”.
Maar Wiener het geargumenteer dat gays nie “gestigmatiseer” behoort te word deur wette wat die bewuste verspreiding van ‘n dodelike siekte bekamp nie. “Hierdie wette voorkom nie MIV-infeksies nie,” het Wiener gedurende die debat gesê. “Al wat hulle doen, is om mense wat met MIV leef te stigmatiseer en toegang tot toetse en mediese sorg te verminder.”
Die wetsontwerp word deur groepe soos die American Civil Liberties Union of California, die Black Aids Institute en Equality California ondersteun, wat almal groter vryheid vir die LGBTQ-gemeenskap voorstaan.
Die Kaliforniese Demokrate het die saak van LGBTQ+ hul eie gemaak as deel van hul “weerstand” teen president Donald Trump. In Februarie het die Trump-regerintg die Obama-administrasie se voorskrifte aangaande transgeslagbadkamers in openbare skole omgekeer, en die deelstate en plaaslike gemeenskappe toegelaat om weereens hul eie beleid oor dié sake te maak.
In reaksie het Wiener ‘n ander wetsontwerp voorgelê wat dit ‘n misdryf maak om iemand ‘n openbare gesondheidsfasiliteit te ontsê en dit strafbaar maak met ‘n jaar tronkstraf of ‘n boete van $1000.
In 2015 het Kalifornië reeds oor die grootste minderheidsbevolking in die Verenigde State beskik. Blankes het afgeneem van ongeveer 78 persent van die deelstaat se bevolking in 1970 tot 38 persent in 2015.
Kalifornië huisves ook die stad van San Francisco, wat as die “gay-hoofstad van die VSA” bekendstaan, met ‘n hoër persentasie volwassenes in dié stad wat as lesbies, gay, biseksueel of transgeslag identifiseer as in enige ander stad in die land.
Volgens ‘n opname deur Gallup van die 50 grootste metropolitaanse gebiede in die VSA, identifiseer 6,2 persent van San-Franciskane as LGBT, wat 2,6 persent hoër as die nasionale gemiddeld is.
-
Aansteeklike siektes en beserings dood byna die helfte van SA
Statistiek Suid-Afrika het ‘n verslag vrygestel oor die top 10 grootste oorsake van sterftes in Suid-Afrika, wat gebaseer is op doodskennisgewings wat deur die Departement van Binnelandse Sake bygewerk word.
Die voorste oorsake van natuurlike sterftes onder Suid-Afrikaners in 2015 was tuberkulose en diabetes.
Tuberkulose is verantwoordelik vir 8,3 persent van sterftes onder mans, terwyl diabetes onder vroue die voorste onderliggende natuurlike oorsaak van dood verantwoordelik is met 7,1 persent.
Tuberkulose word dikwels geassosieer met MIV/vigs. ‘n Aansienlike vermindering in die aantal sterftes aan tuberkulose is nogtans waargeneem, maar leefstylsiektes soos diabetes is aan die toeneem.
Die data wat gebaseer is op rekords van 2015, het bevind dat die grootste aantal sterftes wat daardie jaar plaasgevind het, onder mense tussen die ouderdomme van 60-64 jaar oud was, terwyl die laagste getal waargeneem is tussen die ouderdom van 5-9 en 10-14 jaar.
Volgens die verslag, was daar meer manlike sterftes as vroulike sterftes in 2015. Oor helfte van alle sterftes (55.5 persent) is toe te skryf aan nie-oordraagbare siektes.
Oordraagbare siektes is verantwoordelik vir 33,4 persent van sterftes, terwyl beserings die leidende geval van nie-natuurlike sterftes is, en verantwoordelik vir 11.1 persent van sterftes.
Die instelling se resultate het getoon dat ses van die top tien oorsake weens nie-aansteeklike siektes was, terwyl die ander vier aansteeklike siektes was.
-

MIV-Vigslyers kry van vandag dadelik behandeling
Suid-Afrikaners met MIV begin van vandag af met behandeling sodra hulle gediagnoseer is.
Die behandeling hang nie meer af van hul CD-4 telling nie.
Dit is in ooreenstemming met die Wêreldgesondheidsorganisasie se nuwe MIV-riglyne wat bepaal dat pasiënte dadelik behandeling moet kry sodra daar vasgestel is dat hulle die siekte het.
Vroeër is pasiënte eers behandel nadat hul CD-4 telling laer as 500 gedaal het. Suid-Afrika het die wêreld se grootste program vir die behandeling van MIV met meer as drie miljoen mense.
Die adjunk-direkteur vir MIV/Vigs by die Departement van Gesondheid, dokter Yogan Pillay sê die land kan nie bekostig om pasiënte nié te behandel nié.
Hy sê een van die stappe wat geneem word, is om stabiele pasiënte na ondersteunersgroepe oor te dra waar hul medikasie by hulle afgelewer sal word.
-

AU hoop om medisyne deur AMA te reguleer
Die Afrika Medisyne Agentskap (AMA), sal uiteindelik geloods word aan die einde van 2018.
AMA is bedoel as ‘n orgaan van die Afrika-unie, met ‘n wetlike mandaat van die lidstate om ‘n platform vir koördinering en bevordering van inisiatiewe te skep wat medisyne reguleer.
Die agentskap sal sal hulpbronne saamsnoer en ook plaaslike regulatoriese sentrums ondersteun wat geïdentifiseer sal word deur Afrika Medisyne Regulerende Harmoniseringsprogram.
Dit sal dien as ‘n katalisator vir ‘n sterker regulatiewe toesig om swak mediese produkte te beperk en hopelik plaaslik vervaardigde medisyne veral vir Afrikasiektes stimuleer.
Driekwart van die wêreld se bevolking is in ontwikkelende lande. Maar hierdie lande is verantwoordelik vir minder as 10 persent van die globale farmaseutiese mark.
Tien lande – Algerië, Egipte, Kenia, die Ivoorkus, Libië, Marokko, Nigerië, Suid-Afrika, Soedan, en Tunisië – deel die 70 persent van die $20,8 miljard se farmaseutiese mark.
As gevolg van ekonomiese groei, sal die mark na verwagting toeneem tot 35 miljard dollar in 2018. Daar word beraam dat ongeveer 95 persent van API (aktiewe farmaseutiese bestanddele) en 75 persent van die finale produkte ingevoer word van buite die kontinent.
“Sub-optimale belegging in die lewering van gesondheidsorgstelsels gaan voort om vooruitgang in Afrika te belemmer nie net in die ekonomiese potensiaal van gesonde menslike kapitaal nie, maar het ook invloed op ander sektore van reeds brose ekonomieë van lande.”
Terwyl Afrika verantwoordelik is vir 69 persent van die wêreld se 40 miljoen mense wat met MIV leef, voer die kontinent meer as 80 persent van sy anti-retrovirale middels in.
-

Vigs in Indiese hospitale deur bloedoortappings versprei
Indië se nasionale Vigsbeheerorganisasie het bekendgemaak dat meer as 2200 van sy burgers in die afgelope 17 maande die dodelike MI-virus opgedoen het tydens bloedoortappings in hospitale.
Die Organisasie het die syfers vrygestel in reaksie op ‘n versoekskrif wat deur die inligtingsaktivis, Chetan Kothari, bekendgemaak is.
Ingevolge wetgewing moet hospitale bloedskenkers en bloedprodukte toets vir MIV, hepatitis B en C, asook malaria en ander infeksies.
Indië het meer as twee miljoen mense wat met MIV/vigs besmet is.
Die grootste aantal pasiënte wat besmet is met MIV is as gevolg van besmette bloed in hospitale, veral uit die noordelike staat van Uttar Pradesh met 361 gevalle, sê Kothari.
Kothari sê die rede vir die infeksie is omdat die koste van die toetse duur is en verskeie hospitale in Indië nie toegang het tot laboratoriumgeriewe nie.
Ironies genoeg gaan talle Amerikaanse viglyers na Indië om behandeling te ontvang aangesien dit baie goedkoper in Indië is as in die VSA. Dit kos gemiddeld $30 000 per jaar in die VSA en net $100 in Indië per pasiënt.
-

TAC kry skielik toegang tot Vrystaat
Die Vrystaatse provinsiale regering gaan die stand van gesondheidsdienste in die provinsie ondersoek nadat ‘n afvaardiging van die Treatment Action Campaign (TAC) met die provinsiale kabinet vergader het.
Anele Yawa van die TAC sê die tekort aan medikasie, skorsing van gesondheidswerkers en onbevoegdheid van die LUR vir gesondheid, Benny Malakoane, was op die agenda vir die vergadering.
Die ingryping van adjunkpresident Cyril Ramaphosa is klaarblyklik die rede vir die vergadering tussen die Treatment Action Campaign (TAC) en die Vrystaatse regering.
Yawa sê die nie-regeringsorganisasie het Ramaphosa genader om toegang tot die Vrystaat te kry.
Hy sê enkele dae ná dié vergadering het die premier van die Vrystaat Ace Magashule – in sy hoedanigheid as voorsitter van die provinsiale Vigsraad – die TAC genader om probleme in die provinsie te bespreek.
LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Sam Masinini, het die media ná die vergaderingnamens die provinsiale kabinet toegespreek.
Hy sê in ‘n vergadering wat op 11 Mei plaasgevind het, het dit duidelik geword dat die uitvoerende bestuur op die saak moet begin fokus.
Hy het ontken dat die departement tot dusver nie doeltreffend ten opsigte van die gesondheidskrisis in die provinsie opgetree het nie.
-

Bloeddiens sê MIV nie oorgedra met skenkers nie
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) vier die toewyding van sy bloeddonateurs in Junie en wil die publiek daaraan herinner dat, “soos die bevolking groei en gesondheidsorg verbeter”, die aanvraag na bloed-voorrade om mense in mediese noodgevalle se lewe te red, steeds toeneem.
Bloedskenkers moet vry wees van bloeddraende patogene, soos MIV en Hepatitis B om pasiënte teen infeksie te beskerm.
Die geweldige omvang van die HIV-epidemie in Suid-Afrika het verskeie jare gelede die vrees laat ontstaan dat die SANB nie ‘n infeksie-vrye bloedvoorraad sal kan volhou nie en terselfdertyd tred kan hou met die groeiende aanvraag nie.
“Ons is trots daarop dat Suid-Afrika hierdie uitdaging kon ontmoet. Ons het ons donateursbasis gediversifieer en diskrimineer nie ten opsigte van ras, seksuele oriëntasie of woonplek nie.
“Deur beter kommunikasie met moontlike donateurs en deur gebruik gemaak te maak van ultra-sensitiewe toetstegnologie om HIV-infeksie vas te stel, het ons nie ‘n enkele aangemelde geval van HIV wat deur ‘n bloedoortapping meegebring is in nege jaar gehad nie,” het die uitvoerende hoof van die SANB, Ravi Reddy, gesê.
Met die aanvang van Bloedskenkingsmaand het Reddy dié uitdaging beklemtoon: “Ons mikpunt vir 2015 is 815 509 eenhede bloed. Ons sal dit net regkry indien talle van ons huidige skenkers in staat is om meer te gee en indien lede van die publiek na vore kom om die skenkers te vervang wat oor die jare so vrygewig gegee het maar nie meer kan nie.”
Suid-Afrika is slegs een van 62 lande wêreldwyd wat se hele bloedvoorraad deur vrywilligers, sonder betaling, geskenk word. Op 14 Junie elke jaar sluit Suid-Afrika by ander lande aan om Wêreld-bloedskenkingsdag te vier en voer ‘n veldtog vir die hele maand om die kritieke belangrikheid van bloedskenking te benadruk.
“Geen gesondheidstelsel kan sy werk doen sonder ‘n betroubare voorraad van veilige bloed nie,” het Reddy gesê. Dit is niks anders as ‘n wonderwerk dat hierdie noodsaaklike aspek van gesondheidsorg in die hande van vrywilligers is en dat hulle ons nog nooit in die steek gelaat het nie.”
“Baie van ons besef nie die omvang van situasies waar bloed ‘n lewensbelangrike rol speel nie. Dit sluit gewone daaglikse gebeure soos die geboorte van ‘n kind of gewone sjirurgie in, asook rare bloedsiektes, kankerbehandeling en meerdere trauma. Elkeen van ons kan ons lewe te danke hê aan ‘n vreemdeling wat bloed geskenk het,” het Reddy gesê.
-

Thokoza-maniak se 34 kinderverkragtings was ‘n ‘vigskuur’

Sifiso Makhubo, die Thokoza-maniak Die Thokoza-maniak wat 34 minderjariges en twee volwasse vroue verkraag het en gister selfmoord gepleeg het, het aan die polisie erken dat hy aan die mite onder swart mans geglo het dat seks met ‘n maagd jou van vigs kan genees.
Sifiso Makhubo (42) het ten minste agt meisies tussen die ouderdomme van 10 en 14 met MIV besmet. Hy sou gister in die hof op 122 aanklagte van verkragting, poging tot moord en ontvoering verskyn het.
Die koerant New Age berig vandag op sy voorblad dat “bronne na aan die polisie-ondersoek gesê het dat Suid-Afrika se ergste reeksverkragter aan polisie verklaar het dat hy geglo het dat om by jong meisies te slaap hom van MIV sou genees het”.
Die aanklagte van poging tot moord het ontstaan omdat die aanklaer gemeen het dat Makhubo van sy MIV-status bewus was toe hy die verkragtings op die meisies uitgevoer het en hulle daarom met die dodelike MIV-virus sou besmet.
Makhubo het in die Penduka-deel van die Thokoza-lokasie gewoon. Na bewering het hy die jong meisies by ‘n nabygeleë winkelsentrum met lekkers en ander items aangelok. Daarna het hy hulle na ‘n oop stuk veld geneem om daar te verkrag.
Voor sy selfmoord gister in sy sel, sou hy tereg staan op die verkragting van 34 minderjariges en twee volwasse vroue van Kathorus, Pholapark en Edenpark.
Sy skrikbewind het in 2006 begin en is eers in 2011 beëindig toe een van sy jong slagoffers die moed bymekaar geskraap het om haar ouers te vertel en sy huis aan hulle uit te wys. Die ouers het agterna die polisie gebel en gewys waar Makhubo woon.
Van die jong slagoffers se ouers is steeds baie onsteld. Een van hulle, wat nie by die naam genoem mag word nie, het gehoop sy kon berusting vind. “Hy het ons gesin erge pyn en trauma aangedoen.”
Tot dusver het die HSM (hoofstroommedia) nie veel aandag aan die Makhubo se geval bestee nie, anders as die verhoor van die sogenaamde “Modimolle-monster” wat twee swart mans betaal het om sy gewese vrou te verkrag. Die “Modimolle-monster” was ‘n blanke Afrikaner, die geliefkoosde teiken van die HSM, terwyl Makhubo se geval ongemaklike vrae oor die bygelowe van swart mans na vore bring. Suid-Afrika se hemelhoë verkragtingsyfer – die hoogste ter wêreld – word ook deur swart mans veroorsaak, iets wat die HSM insgelyks as ‘n taboe-onderwerp beskou.
Makhubo se selfmoord gister het veroorsaak dat ‘n groot aantal familie en vriende van slagoffers by die hof in Palm Ridge teleurgesteld moes omdraai, maar daarmee ook ‘n belangrike toets vir die HSM afgestel, om te sien of hulle ewe veel aandag aan die Thokoza-maniak as aan hulle “Modimolle-monster” sou verleen.
Volgens ‘n woordvoerder van die departement van Korrektiewe Dienste, Ofentse Morwane, het Makhubo hom in sy sel met ‘n stuk kombers opgehang.
“‘n Nadoodse ondersoek na die sterfte van die aangehoudene word deur die polisie gehanteer,” het hy gesê.
-

Tieners verkies onveilige seks
Die meeste tieners in Gauteng verkies onveilige seks, het die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling bevind.Tydens die mediainligtingsessie is die verslag wat lui: “Faktore wat verband hou met tienerswangerskappe in Gauteng-provinsie”, deur die LUR vir maatskaplike ontwikkeling Nandi Mayathula-Khoza belig. Sy het gesê tienerswangerskappe was ‘n probleem wat kan nie geïgnoreer word nie.
“Ja, meisies wat swanger raak het ‘n reg om voort te gaan met skool. Die probleem is egter, dit dra by tot die vlak van werkloosheid, asook meisies wat die skool verlaat as gevolg van swangerskap.”
Eksperimentering met seks, en faktore soos die feit dat verskeie seksmaats en vennote van uiteenlopende ouderdomme betrokke is, moet aangespreek word, het Mayathula-Khoza gesê.
Die studie, wat deel uitmaak van ‘n nasionale opname, is oor vyf weke by skole gedoen. Meer as 500 leerlinge tussen die ouderdomme van 13 en 18 het vraelyste ingevul, en 19 fokusgroepe, bestaande uit 10 tot 12 leerlinge, is gevorm.
Die Departement van Basiese Onderwys beraam dat 94.000 skoolmeisies swanger geraak het gedurende 2011.
Net meer as 1600 swangerskappe is in Mpumalanga se skole in die hele 2012 aangeteken, maar teen Mei vanjaar 1 564 leerlinge was glo swanger.
Die Gautengse departement van gesondheid het bevind dat 4217 van 1040760 leerlinge in die provinsie swanger geword het in 2011, in vergelyking met 4874 van 953170 leerlinge drie jaar vroeër.
Maar Mayathula-Khoza het gesê die afname in die getal swangerskappe nie moet die provinsie nie van verdere optrede laat afwyk nie.
Vroeër vanjaar het die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi ouer mans wat meisies lok vir seks in ruil vir geld, gekritiseer.
Hy het gesê meisies was vier tot agt keer meer geneig om te word wat met MIV besmet as seuns van dieselfde ouderdom.
Die nasionale departement het bevind dat 28% van skoolmeisies landwyd MIV-positief is, terwyl slegs 4% van seuns met die virus besmet is. – timeslive.co.za
-
Goëlery met vigsstatistiek
Amptelike vigsstatistieke het waarde maar moet met ‘n vergrootglas bekyk word. Een waarde is dat dit help om perspektief te kry. Haal ook bietjie die emosies uit die kwessie. Maar natuurlik is statistiek nie die werklikheid nie, net ‘n syfer-voorstelling daarvan.As voorbeeld word die middeljaar- (2009-) gegewens van die SA Statistiekdiens ontleed.
Tabel 1: Geboortes en sterftes vir die periode 2001-2009.
Geboortes
Sterftes
Vigssterftes
% Vigssterftes
2001
1 138 600
523 900
202 200
38.6
2002
1 132 500
562 400
236 900
42.1
2003
1 120 400
596 600
267 700
44.9
2004
1 109 200
626 200
293 900
46.9
2005
1 096 600
634 100
298 600
47.1
2006
1 083 900
628 600
289 800
46.1
2007
1 064 900
621 600
279 600
45.0
2008
1 049 300
602 800
257 500
42.7
2009
1 044 900
613 900
263 900
43.0
Hierdie tabel maak nie voorsiening vir die ondertelling van sterftes nie. Volgens die statistiekdiens self, is die ondertelling waarskynlik ‘n faktor van 0.33. Ondertelling is beslis hoër as 0.33 en wel om verskeie redes waarop daar nie nou ingegaan word nie. Vir vergelykende doeleindes word die faktor van 0.5 geneem. Beskou die faktor van 0.5 as die waarskynlikste en die faktor van 0.33 as die mees optimistiese skatting.
Tabel 2: Beswaarde sterfgevalle.
Sterftes
(onbeswaard)
Faktor
0.33
Faktor
0.5
2001
523 900
696 787
785 850
2002
562 400
747 992
843 600
2003
596 600
793 478
894 900
2004
626 200
814 060
939 300
2005
634 100
843 353
951 150
2006
628 600
836 038
942 900
2007
621 600
826 728
932 400
2008
602 800
801 724
904 200
2009
613 900
816 487
920 850
As die voorgaande tabelle soos volg uitgesit word, kan die geboortes met die sterftes vergelyk word.
Tabel 3: Vergelyking tussen geboortes en aangemelde sterfgevalle en geprojekteerde sterfgevalle.
Geboortes
Sterftes
(onbeswaard)
Faktor
0.33
Faktor
0.5
2001
1 138 600
523 900
696 787
785 850
2002
1 132 500
562 400
747 992
843 600
2003
1 120 400
596 600
793 478
894 900
2004
1 109 200
626 200
814 060
939 300
2005
1 096 600
634 100
843 353
951 150
2006
1 083 900
628 600
836 038
942 900
2007
1 064 900
621 600
826 728
932 400
2008
1 049 300
602 800
801 724
904 200
2009
1 044 900
613 900
816 487
920 850
Kan die geldigheid van die laaste twee kolomme van die tabel getoets word om die mees waarskynlike toestand te bepaal?
Die antwoord lê opgesluit in die navorsing oor die tydperk vanaf opdoening van infeksie tot afsterwe. Die Departement van Gesondheid meen dat die mediaantydperk 10,5 jaar is. Daar is egter Amerikaanse en Britse navorsing wat die totale, nie mediaantydperk, op 8.5 jaar vir 98% van geinfekteerdes stel. As die algemene gesondheidstoestand van veral die agtergeblewe gemeenskappe in ag geneem word, kan dit geredelik aanvaar word dat die tydperk inderdaad 8.5 jaar is. Vir doeleindes van die tabel hieronder word die totale tydperk egter as 10 jaar geneem met die veronderstelling dat geen sterftes binne die eerste 2 jaar na infektering voorkom nie. Verder met die veronderstelling dat die res (8 jaar) gelyklynig is. Vir doeleindes van ontleding is dit baie konserwatief aangesien meeste sterftes waarskynlik binne 8 jaar voorkom, veral in die geval van vrouens. Die impak van anti-retrovirale middels is ook nie in berekening gebring nie. Daar is wynig betroubare inligting daaromtrent. As die maatstaf toegepas word toon die laaste kolom die verwagte sterftes wat aan vigs plus ander oorsake gewyt kan word.
Tabel 4: Geprojekteerde sterfgevalle met verskillende scenarios.
Sterftes
Faktor
0.33
Faktor
0.5
Vigs +
Verwagte Sterftes
2001
523 900
696 787
785 850
4 190 000
2002
562 400
747 992
843 600
4 350 000
2003
596 600
793 478
894 900
4 490 000
890 150
2004
626 200
814 060
939 300
4 610 000
976 050
2005
634 100
843 353
951 150
4 720 000
896 750
2006
628 600
836 038
942 900
4 830 000
915 050
2007
621 600
826 728
932 400
4 940 000
932 000
2008
602 800
801 724
904 200
5 060 000
949 050
2009
613 900
816 487
920 850
5 210 000
967 500
(As u wil weet hoe die verwagte sterftes bereken is, kan u my kontak.)
As die verwagte sterftes met die twee ondertellingskolomme vergelyk word sal u merk dat die ondertelling van 50% die mees waarskynlike is. Merk ook op hoe die verwagte syfers in die laaste kolom vanaf 2008 vinniger styg as die faktor van 0.5. Dit dui die versnelde impak van vigs aan, met ander woorde, vanaf 2008 begin die sterftekurwe vinniger toeneem, natuurlik as dit volgehou word. Dit is wel moontlik in die lig van tabel 1.
Die Verdediginsdepartement het in ‘n jaarverslag die volgende aangedui:
Tabel 5: Verdedigingsdepartement 2005 – 2006.
2005
2006
Verandering
Gesonde personeel
16460
11618
–29%
Vigslyers
5445
10711
+196.7%
Verhouding
0.75:0.25
0.52:0.48
Dus, in 2005 was daar drie gesonde soldate vir elke vigs-geïnfekteerde soldaat. In 2006 was die vergelyking bykans gelyk, 52 gesonde soldate vir elke 48 siek soldate.
Behalwe vir die statistiek rondom soldate is dit algemeen bekend dat onderwysers ook ‘n uitermate hoë voorkoms van vigs het. Veertig persent (40%) onderwysers sterf voor die ouderdom van 38 jaar.
Dat daar baie selektief met SA Statistiek se data omgegaan moet word is seker. Wat egter vasstaan is dat die Suid-Afrikaanse bevolkingsafname met ‘n stadig lekkende motorband vergelyk kan word. Dit val nie op nie want dit gebeur stadig.
-

Voorkom eerder plaasmoorde as Vigs
Ek lees nou dat die ANC-massas vir Vigs getoets gaan word. Die ander lagwekkende foefie is dat daar nou kamtig ‘n reusevoorkomingsveldtog van stapel gestuur gaan word – hou asem op – deur die uitdeel van kondome.Kan die onnosele mense nie maar begin om te dink nie, of is so iets nie moontlik in ANC-geledere nie? Hulle deel al kondome uit vanaf 1994. Waarvoor gebruik hulle die lateksgoedjies? Dit sal ons nooit weet nie, want so wragtag die goed word seker geëet, so min resultate het ons al van die tonne gratis kondome gesien. Leer eerder morele waardes aan, maar in fauna-geledere is dit ook nie moontlik nie.
Nou word daar boonop beplan om kitsvigstoetse uit te voer. Wat hulle nie in ag neem nie, is dat die toetse geweldig sensitief is vir raklewe, hitte en uitdroging. Dink hulle nou werklik dat, deur massas van die toetse na die afgeleë gebiede te stuur, hulle tot ‘n gepaste statistiese gevolgtrekking sal kan kom? Weereens blanke belastinggeld wat vermors word.
Kyk eerder na die plaasmoorde, want Vigs kan en sal nie in Suid-Afrika nek omgedraai word nie – nie nou nie en ook nie oor 10 jaar nie.
-
Kondome vir 2010
Voorrade van kondome gaan op groot skaal aangevul word vir die Wêreldbekersokker.
Victor Ramathesele, mediese ampsdraer van die 2010 organiseringskomitee, sê daar gaan ‘n feestelike atmosfeer heers wat die aanvraag vir kondome gaan opstoot.
Suid-Afrika het die eer behaal as een van die toplande ter wêreld waar Vigs maai onder die bevolking.
Ten minste 5,7 miljoen mense is met die virus besmet volgens die VN se Vigsagentskap.
Die voorsitter van die mediese komitee van FIFA, Michel D’Hooghe, sê die sokkerliggaam sal fokus op die bestryding van Vigs, malaria en tuberkulose.
Hy het gesê die besoekende spanne sal ingelig word oor die gevare wat nie alleen in Suid-Afrika teenwoordig is nie.
Suid-Afrika spog tans met die mees uitgebreide anti-retrovirale program ter wêreld.
