Kovsies eis oor vals rasse-beskuldigings

Die Universiteit van die Vrystaat is bewus daarvan dat twee voormalige Kovsie-studente wat geskors is weens hul betrokkenheid by ‘n beweerde rassekwessie nou ‘n skadevergoedingseis teen die UV en sy rektor Jonathan Jansen gaan instel. Die UV se Lacea Loader het aan OFM-nuus gesê die UV dra kennis daarvan. Cobus Muller en Charl Blom se

Lees verder: Kovsies eis oor vals rasse-beskuldigings

Israelse premier maak geskiedenis in VSA

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het ‘n ­gesamentlike sessie van die Amerikaanse kongres Dinsdag in Washington, DC toegespreek om die VSA teen Iran se kernprogram te waarsku. Die Huis van Verteenwoordigers se speaker, John Boehner, het ­Netanyahu genooi sonder om die Withuis daarvan te verwittig. President Obama het nie die sitting bygewoon nie. Netanyahu

Lees verder: Israelse premier maak geskiedenis in VSA

Meer as 2000 brandslaners swoeg teen Kaapse brande

Meer as 2 000 brandslaners is ingespan om ‘n brand wat oor die naweek in Muizenberg ontstaan het, onder beheer te bring en ongeveer 2 miljoen liter water van 2 000 waterbomme is gebruik om vure te probeer blus. Nog ‘n brand het Woensdag in die Kaappunt-natuurreservaat uitgebreek. Ten minste 13 eiendomme is deur die

Lees verder: Meer as 2000 brandslaners swoeg teen Kaapse brande

Drie swart moordenaars se vonnisoplegging uitgestel

Die drie swart moordenaars van Chris Jooste en sy vrou, Katrien, se vonnisoplegging is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria uitgestel tot 11 Maart. ‘n Vierde swart beskuldigde, word steeds deur die polisie gesoek nadat hy verlede jaar uit die Ga-Rankuwa-landdroshof ontsnap het. Victor Mbuyseni Simango, Solomon Solly Selekane en Collen Peter Molapo is in

Lees verder: Drie swart moordenaars se vonnisoplegging uitgestel

Beloning vir inligting oor Kamdeboo-stropers

Die Wilderness Foundation en die Forever Wild Rhino Protection Initiative bied ‘n R150 000 beloning aan vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van stropers wat betrokke is by die slagting van twee renosters by die Kamdeboo-berg Privaatwildreservaat. Woensdag is ‘n ma en haar kalfie van twee-en-‘n-half-jaar geslag. Die dragtige moeder

Lees verder: Beloning vir inligting oor Kamdeboo-stropers

Onwettige immigrante dood toe boot omslaan

Minstens tien mense het omgekom en 121 is gered, nadat ’n boot wat onwettige immigrante uit Noord-­Afrika na Sicilië vervoer het, omgeslaan het, het die Italiaanse kuswag Woensdag verklaar. Talle mense het die afgelope maande gesterf in ’n toestroming van onwettige immigrante uit konflikgebiede in Noord-Afrika en die Midde-Ooste wat ’n heenkome in Europa gaan

Lees verder: Onwettige immigrante dood toe boot omslaan

Jan Kempdorp-4 saak begin

Die saak teen vier seuns van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap wat daarvan beskuldig word dat hulle na bewering ‘n klasmaat by die landbouskool onbehoorlik aangerand het, begin vandag in die landdroshof op die dorp. Die kind was nuut by die skool en die voorval was blykbaar ‘n tipe van ontgroeningseremonie. Die seuns, wat van

Lees verder: Jan Kempdorp-4 saak begin

Amerikaanse ambassadeur in Suid-Korea aangeval

Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Korea, Mark Lippert, is op sy gesig en arm Donderdag in Seoul deur ‘n mesaanvaller gesteek wat gekant is teen voortgesette Amerikaans-Koreaanse militêre samewerking. Die Verenigde State van Amerika het die “daad van geweld” veroordeel en het gesê dat president Barack Obama met sy verteenwoordiger gepraat het. Die bebloede ambassadeur is

Lees verder: Amerikaanse ambassadeur in Suid-Korea aangeval

Australië stuur troepe teen ISIS

Australië het gister aangekondig dat nóg 300 troepe na Irak gestuur sal word as ‘n gesamentlike sending met Nieu-Seeland om te help om plaaslike magte op te lei wat teen ISIS veg. Die besluit volg nadat verlede week in Wellington, Nieu-Seeland, besluit is om sowat 140 soldate in ‘n nie-gevegsending te ontplooi om Irak se

Lees verder: Australië stuur troepe teen ISIS

Noord-Korea maak gereed vir missieltoetse

Noord-Korea maak glo gereed vir medium afstand missieltoetse om sy afkeur uit te spreek oor die gesamentlike militêre oefeninge van Amerika en Suid-Korea wat vandeesweek begin het. Mobiele lanseerders vir Rodong-missiele is by ‘n Noord-Koreaanse missielbasis noord van Pyongyang ontplooi, het Suid-Korea se Yonhap-nuusagentskap volgens militêre bronne gesê. Volgens AFP het Noord-Korea het in Maart

Lees verder: Noord-Korea maak gereed vir missieltoetse