Drie personeellede wat by die Poskantoor werksaam is, is Dinsdag in Krugersdorp aangeval. “Die drie persone het by die possentrum gewerk toe hulle met klippe bestook is,” het kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Hulle het geringe beserings opgedoen.” Drie vragmotors van die Poskantoor en ander privaat motors is ook beskadig.
Britse koerant suig Zuma-kritiek teen Oscar uit hul duim
Die Britse koerant, The Guardian, het dié week voorgegee dat hulle ‘n eksklusiewe onderhoud met president Jacob Zuma gevoer het, maar dit blyk ‘n versinsel te wees. Die president het glo nie enige onderhoud toegestaan aan die koerant in verband met die Oscar Pistorius-verhoor of enige ander kwessie nie. “‘n Joernalis van die Guardian het
Lees verder: Britse koerant suig Zuma-kritiek teen Oscar uit hul duim
Vyf jaar vir Oscar Pistorius
Die paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, is vir vyf jaar tronk toe gestuur. Hy het Dinsdag sy vonnis gehoor nadat hy vroeër skuldig bevind is aan strafbare manslag na die skietdood van sy vriendin. Regter Thokozile Mazipa het Pistorius tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir die dood van Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2014. Hy is
Wat gebeur werklik in Irak en Sirië?
Die oorlog teen Sirië wat ook in Irak woed, word deur talle krisisse gekenmerk. In Junie 2012, by die eerste konferensie in Geneve, het die pasverkose Francois Hollande sy eie interpretasie van die finale verklaring gemaak. Met die hulp van Israel en Turkye, asook die ondersteuning van Hillary Clinton en die destydse CIA-direkteur David Petraeus,
Ryk sakeman van Johannesburg in hof oor gesteelde koperkabels
‘n Johannesburgse sakeman, wat in ‘n huis van R10m in die spogwoonbuurt Atholl woon, het gister in die Roodepoortse Landdroshof verskyn op aanklag van gesteelde koperkabels. Hy word saam met vier medepligtiges aangekla. Na bewering het die sakeman gesteelde koperkabels by sy skrootwerf aangekoop. Hy word daarvan verdink dat hy aan die hoof staan van
Lees verder: Ryk sakeman van Johannesburg in hof oor gesteelde koperkabels
SA kantoorwerkers verkies lessenaars bo werk van huis
Byna vier uit vyf kantoorwerkers in Suid-Afrika sou nie hul permanente werkruimte by die kantoor met kollegas wou deel nie, volgens ‘n opname wat deur die kantoorontwerpsfirma Paragon Interiors onderneem is. Aan die ander kant is mense onder 40 meer ontvanklik vir die idee om nomadies te werk. Paragon se navorsing toon dat 80% van
Lees verder: SA kantoorwerkers verkies lessenaars bo werk van huis
‘PW het niks vir eie gewin gedoen nie’
Oudpres. PW Botha het geweier dat belastinggeld vermors word om ’n ondergrondse bunker by sy aftreehuis in Wildernis te bou. Barbara Botha, sy weduwee, het pres. Jacob Zuma se bewering dat die staat destyds die lughawe in George gebou het omdat Botha daar gewoon het, as snert afgemaak. Botha se weduwee het aan Media24 vertel
Moontlike einde vir poskantoorstaking?
Gisteraand was Suid-Afrika veronderstel om te hoor of die Poskantoorstaking gaan eindig, maar daar is nog geen nuus oor die moontlike ooreenkoms wat die minister van telekommunisie en poswese, Siyabonga Cwele, aan die bestuur en stakende werkers sou voorlê nie. Blykbaar word die uitvoerende bestuur in briewe gevra om te bedank aangesien hulle vir die
Byna helfte van matrikulante ouer as 19
Vier-en-veertig persent van alle manlike matrikulante is 19 en ouer, het RSG berig. Die Departement van Onderwys sê in sy jaarverslag dat die persentasie meisies ouer as 18 is 34 persent. Die Departement het verlede jaar aangedui dat 30 persent van die matrikulante tussen die ouderdomme van 20 en 26 was. Die provinsiale Onderwysdepartement sê
Nigerië sloer met kerkrampslagoffers se oorskot
Die Sinagogekerk van Alle Nasies het belowe dat die repatriasie van die liggame van Suid-Afrikaners wat verlede maand dood is toe ‘n gastehuis in Lagos ineengestort het, binnekort sal wees. ‘n Woordvoerder van die kerk, Bally Chuene, sê hulle was in verbinding met die Suid-Afrikaanse en Nigeriese regerings en Nigerië is in kennis gestel van
Lees verder: Nigerië sloer met kerkrampslagoffers se oorskot
