Duitse polisiebaas waarsku dat Duitsland beheer verloor oor migrante

Die Duitse polisie kan die daaglikse invloei van sowat tienduisend vlugtelinge nie meer beheer nie. “Dit is ons grootste taak sedert die Tweede Wêreldoorlog,” het polisievakbondsbaas Rainer Wendt aan die Nederlandse dagblad De Telegraaf, gesê. “Ons hou dit nie meer lank so vol nie. Ons gaan volledig beheer verloor,” het die polisieman in Berlyn gesê.

Lees verder: Duitse polisiebaas waarsku dat Duitsland beheer verloor oor migrante

Stuur Kubaanse ingenieurs terug sê Saisi

Suid-Afrikaanse ingenieurs het vroeër gevra dat Kubaanse ingenieurs wat deur die ANC ingebring is om glo dienslewering in die Vrystaat te help verbeter, terug huis toe gestuur moet word. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese (Saisi) het sy afgryse en afkeuring uitgespreek oor die Vrystaatse regering se besluit om Kubaanse ingenieurs in te voer. Saisi

Lees verder: Stuur Kubaanse ingenieurs terug sê Saisi

VSA, Rusland sê terreurorganisasie nie betrokke by jongste lugramp nie

Amerikaanse intelligensie-owerhede sê daar is nog geen regstreekse bewyse dat daar terreur betrokke was by ‘n Russiese vliegtuig wat in Egipte se Sinai-skiereiland neergestort het nie. Die Russiese lugdiens sê dat eksterne faktore moontlik Saterdag se ongeluk veroorsaak het, waarin 224 mense dood is. Die Amerikaanse direkteur van nasionale intelligensie, James Clapper sê hoewel ‘n

Lees verder: VSA, Rusland sê terreurorganisasie nie betrokke by jongste lugramp nie

Forensiese ondersoek na soldaat by Lohatla se dood

Forensiese uitslae sal bepaal onder watter omstandighede ‘n Suid-Afrikaanse soldaat, wat tydens die Amani Africa II-oefening by Lohatla in die Noord-Kaap doodgeskiet is, die lewe gelaat het. Sersant Sello Modisane, van 21 SA Infanteriebataljon (SAI), is gedood tydens ‘n lokval tussen die bystanddienste en ‘n “rebellegroep”. Hy is van Lenz in Johannesburg. Sowat 21 lande,

Lees verder: Forensiese ondersoek na soldaat by Lohatla se dood

Frontale aanval teen Merkel in invloedrykste Duitse koerant

‘n Merkwaardige ontwikkeling op die Duitse mediatoneel is die week se frontale aanval teen Angela Merkel deur die Frankfurter Allgemeine Zeitung, gewoonlik ‘n lojale skoothond vir Amerikaanse belange. Die kanselier het begin met ‘n epogmakende verskuiwing, sonder om dit te verduidelik, en waarskynlik sonder enige oorweging… Eiehandig het sy ‘n kettingreaksie vrygestel, wat die “disintegrasie”

Lees verder: Frontale aanval teen Merkel in invloedrykste Duitse koerant

VSA teen die toue in Sirië

By ‘n geskiedkundige byeenkoms op 30 Oktober 2015 in Wene, Oostenryk, het die wêreld se groot moondhede ooreengekom dat die staatlike integriteit van Sirië behoue sal bly. Die besluite by die vergadering het die VSA se planne om Sirië te destabiliseer, erg geknou. China, Egipte, Frankryk, Duitsland, en ander EU-lidlande, Iran, Irak, Jordanië, Libanon, Oman,

Lees verder: VSA teen die toue in Sirië

Trevor Noah val vas met Siriese poging

Na Jon Stewart se vertrek uit die propagandaput van The Daily Show, het Comedy Central vroeër aangekondig dat hy deur die 31-jarige bruin Suid-Afrikaanse komediant, Trevor Noah vervang sal word. Noah is met groot fanfare as die “vars gesig” van die Amerikaanse Demokrate se kommunikasiepoging aangekondig. Sy aanstelling het egter nog geen beduidende veranderinge aan

Lees verder: Trevor Noah val vas met Siriese poging

Egipte sê Russiese vliegramp was tegniese fout

Die Russiese ministerie van buitelandse sake het gewaarsku dat dit nog te vroeg is om te bespiegel oor die moontlike verloop van die gebeure wat gelei het tot die vliegramp in Egipte. Die Russiese passasierstraler, ‘n Airbus A321, met 224 mense aan boord het Saterdagoggend vroeg in Sinaï, Egipte, neergestort. Die vliegtuig, ‘n huurvlug, het

Lees verder: Egipte sê Russiese vliegramp was tegniese fout

Twee bomme ruk hotel in Mogadisjoe

Twee bomme het buite ‘n hotel in die Somaliese hoofstad Mogadisjoe ontplof. Die hotel is veral gewild onder lede van die Somaliese parlement, en een van die land se top militêre leiers is onder die slagoffers. Volgens die Britse Uitsaaikorporasie het die kragtige motorbomme groot dele van die hotel verwoes wat een van die bes

Lees verder: Twee bomme ruk hotel in Mogadisjoe

Rassekloof in DA al hoe groter

Die DA probeer ‘n verenigde front voorhou nadat die skorsing van Dianne Kohler Barnard die party in ‘n krisis gedompel het met die rasse-kloof wat al hoe groter raak. Die besluit is deur die DA se federale uitvoerende gesag Vrydag geneem om Kohler Barnard uit die party te skop. Phumzile van Damme, nasionale DA-woordvoerder, het

Lees verder: Rassekloof in DA al hoe groter