Trevor Noah die grapjas nou ‘n anti-wit propagandis

Die Suid-Afrikaanse grapjas Trevor Noah wat tans die Daily Show-program in die VSA aanbied, het “getransformeer” in ‘n anti-wit propagandis. Noah het so pas probeer om  die jong, konserwatiewe videokommentator Tomi Lahren vanaf Texas op sy program te verneder omdat sy blank is en haar onregstreeks daarvan beskuldig dat sy ‘n rassis is.

Die video, wat aanvanklik nie in Suid-Afrika sigbaar was nie omdat die uitsaaier in die VSA dit buite die land versper, is intussen op YouTube gelaai en deur IOL aangekondig as ‘n “groot oorwinning vir Trevor Noah”:

Trevor owns her in the interview, calling her out for her contradictory statements and flawed point of view.

Ten spyte van die kwade wil waarmee Noah die jong blonde Texaan benader, asook die rassekaart wat hy aanmekaar teenoor haar speel, kwyt sy haar baie goed van haar taak, soos elke leser wat daarna kyk self kan besluit.

Trevor Noah vaar teen Donald Trump uit

Die kleurlingkomediant Trevor Noah, wat aanvanklik in Suid-Afrika opgang gemaak het maar tans in die VSA woon waar hy die Daily Show-program vanuit New York aanbied, het so pas teen Donald Trump uitgevaar. Hy noem die Republikeinse presidentskandidaat ‘n “baie gevaarlike nar wat hulle party gekaap het”.

Noah, ‘n groot ondersteunder van radikale swart groepe soos Black Lives Matter en die New Black Panthers, het voorheen gesê dat hy “bang is dat Trump immigrante soos hy die land uitsit”. Oor die afgelope weke het ondersteuners van Black Lives Matter gewapende aanvalle teen polisiebeamptes geloods, waaronder in Dallas, Texas en Baton Rouge, Louisiana.

Hier is ‘n video wat op die Times Live-kanaal gelaai is waarin Noah vir Trump as “erger as ‘n malmens” beskryf.

Die Daily Show is bekend daarvoor dat dit van oneerlike maniere gebruik maak om veral behoudende mense te belaster, belaglik te maak of hulle letterlik woorde in die mond te lê. Filmmateriaal word gemanipuleer of oorgeklank en agterna as “TV-nuus” aangebied. In antwoord op kritiek teen hul oneerlikheid, sê die vervaardigers van die Daily Show dat hulle “snaaks wil wees” en dat hulle nie “‘n nuusprogram is nie”. Nietemin neem baie kykers hul “berigte” ernstig op en is onbewus daarvan dat dit gemanipuleer en vervals word.

Trevor Noah val vas met Siriese poging

Na Jon Stewart se vertrek uit die propagandaput van The Daily Show, het Comedy Central vroeër aangekondig dat hy deur die 31-jarige bruin Suid-Afrikaanse komediant, Trevor Noah vervang sal word.

Noah is met groot fanfare as die “vars gesig” van die Amerikaanse Demokrate se kommunikasiepoging aangekondig.

Sy aanstelling het egter nog geen beduidende veranderinge aan die anti-Russiese retoriek The Daily Show beteken nie, en dit wil voorkom asof Noah al hoe meer verstengel raak in geopolitieke verwikkelinge waarvan hy geen snars verstaan nie.

Dit is nie bekend of Noah ook direk met president Barack Obama skakel soos die vorige gasheer nie.

Stewart het dikwels privaat met Obama vergader om sy daaglikse propagandalysie op te stel, dus is dit waarskynlik dat Viacom nie sommer sal afsien van hul gewone werkwyse nie.

Die “humor” wat Noah inspan is veral gemik op jong volwassenes om hulle te verwar oor die krisis in Sirië.

Danksy die Daily Show se onvoorwaardelike trou aan die Obama-administrasie, kon Amerikaners tussen die ouderdomme van 18-35 glo dat Demokrate die party van vrede en liefde is.

Die program verkoop sprokies oor “gematigde Siriese rebelle” en die Oekraïne se “gematigde Nazi’s”.

Intussen het Amerikaanse amptenare in die openbaar erken dat daar ongeveer vyf gematigde Siriese rebelle oor is, nadat die res oorgeloop het na ISIS.

Die “gematigde Nazi’s” in die Oekraïne vertoon gereeld Nazi-simbole terwyl hulle geweld pleeg asook aanmoedig.