Die Suid-Afrikaanse grapjas Trevor Noah wat tans die Daily Show-program in die VSA aanbied, het “getransformeer” in ‘n anti-wit propagandis. Noah het so pas probeer om die jong, konserwatiewe videokommentator Tomi Lahren vanaf Texas op sy program te verneder omdat sy blank is en haar onregstreeks daarvan beskuldig dat sy ‘n rassis is.
Die video, wat aanvanklik nie in Suid-Afrika sigbaar was nie omdat die uitsaaier in die VSA dit buite die land versper, is intussen op YouTube gelaai en deur IOL aangekondig as ‘n “groot oorwinning vir Trevor Noah”:
Trevor owns her in the interview, calling her out for her contradictory statements and flawed point of view.
Ten spyte van die kwade wil waarmee Noah die jong blonde Texaan benader, asook die rassekaart wat hy aanmekaar teenoor haar speel, kwyt sy haar baie goed van haar taak, soos elke leser wat daarna kyk self kan besluit.
