Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Julius Malema en drie ander mans word ondersoek in verband met ‘n beweerde voorval van padwoede in Polokwane, het RSG berig.
‘n Limpopo polisiewoordvoerder, Hangwani Mulaudzi sê ‘n 22-jarige motoris beweer dat Malema en drie mans hom gisteraand aangerand het.
Die motoris sê hy het sy toeter geblaas vir die bestuurder van ‘n Mercedes om hom te laat weet dat hy te naby aan hom ry.
Drie mans het na bewering uit die Mercedes geklim, die motoris gegryp en op hom geskree. Mulaudzi sê die motoris het net vir Malema herken.
Malema het na bewering die motoris geklap en sy motor met ‘n harde voorwerp geslaan. Die motoris het ‘n saak van aanranding en saakbeskadiging aanhangig gemaak.
‘n Totaal van 63 mense is in hegtenis geneem nadat lede van die gemeenskap in Moletlane by Zebediela op ‘n plundertog gegaan het en vyf winkels van Chinese sakemanne afgebrand het.
Die geweld spruit na bewering uit ‘n voorval die naweek toe ‘n 21-jarige man doodgesteek is ná ‘n argument met ‘n Chinese winkeleienaar. Die verdagte is in hegtenis geneem op ‘n aanklag van moord.
Sondag het lede van die gemeenskap begin mobiliseer en vyf winkels geplunder en aan die brand gesteek.
Niemand is beseer of gedood tydens hierdie voorvalle nie, maar uitgebreide skade is aan die geboue aangerig.
Die verdagtes, 43 mans en 20 vroue , is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld en brandstigting en sal na verwagting later hierdie week verskyn in die Magatle-landdroshof .
Op Apel is sewe verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle na bewering vyf huise en drie voertuie aan die brand gesteek het ook oor die naweek.
Lede van die gemeenskap beskuldig drie mense van die vermorsing van geld wat ingesamel is vir ‘n gemeenskapsprojek.
Niemand is dood of beseer is tydens die voorvalle nie. Die verdagtes sal in die Sekhukhune-landdroshof verskyn.
Lede van die Openbare Orde Polisie-eenhede is in albei hierdie gebiede ontplooi om die situasie te monitor en geen verdere voorvalle van geweld is aangemeld nie.
Die provinsiale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Limpopo, lt.genl Fannie Masemola, het ‘n streng waarskuwing aan die lede van die gemeenskap gerig en gesê hierdie tipe wetteloosheid en gewelddadige optrede sal nie geduld word nie.
Meer as 70 lede van die Siyandhani gemeenskap buite Giyani in Limpopo is Dinsdagaand in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld.
Die SAPD het die voorval bevestig, maar sê dit is nie duidelik wat tot die onrus gelei het nie.
Onderrig by skole in die omgewing is ontwrig.
Diegene wat in hegtenis geneem is sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Inwoners van Ntibane by Ngqeleni in die Oos-Kaap het sedert Vrydag die pad na die Mthatha residensiële kusgebied versper.
Die oproeriges kla oor swak dienste. Omliggende gebiede word ook geraak deur die oproer wat toerisme en skole negatieg beïnvloed.
Volgens berigte is sewe skole en drie klinieke gesluit weens die geweld.
Inwoners kla dat hulle al meer as tien jaar wag vir elektrifisering, die gebrek aan water, sanitasie en swak paaie.
Die gemeenskap dreig om nie die verkiesing te boikot as die regering nie op hul eise reageer nie.
Sowat 200 plakkershutte is Dinsdag in ‘n brand in Midrand, tussen Pretoria en Johannesburg, verwoes het Gauteng-nooddienste gesê.
‘n Digte, donker rookkolom het steeds bo die gebied gehang teen laatmiddag. Inwoners het die polisie daarvan beskuldig dat hulle die hutte aan die brand steek om hulle te verjaag.
Die Johannesburgse metropolisie het intussen bewerings ontken dat hulle die plakkershutte afgebrand het.
‘n Woordvoerder van die Gautengse nooddienste, Robert Mulaudzi, sê die inwoners het die metropolisie die skuld daarvoor gegee, maar die brandweer het vinnig het die brand onder beheer gekry want hulle was bang dit sou uitbrei na ander gebiede.
‘n Woordvoerder van die Metropolisie, Wayne Minnaar, het die bewerings ontken en sê die metropolisie was daar om onwettige strukture af te breek, omdat mense die grond onwettig beset het.
Hy sê die inwoners het self die brand begin.
Sowat 100 mense is sit onder die bome sonder ‘n heenkome en moes Dinsdagnag daar deurbring.
Sommige inwoners het gesê hulle hul plakkershutte in die nag sal herbou.
Die plakkers het hul hutte tussen die McDonald’s restaurant en ‘n woonstelblok op Grand Central Boulevard opgeslaan.
Suid-Afrika se minister van polisie, Nathi Mthethwa het Dinsdag ‘n wetsontwerp aan die parlement voorgelê met die doel om buitelandse eienaarskap van privaatsekuriteitsmaatskappye te beperk.
Die wetsontwerp sluit die ondersteuning van veiligheidsdienste vanaf Suid-Afrika na ander lande in, het Mthethwa gesê.
Xinhua berig dat privaatveiligheidsmaatskappye in buitelandse hande daardeur verplig sal word om 51 persent van hulle aandele aan Suid-Afrikaners te verkoop.
Tans is daar meer as 445.000 geregistreerde privaatveiligheidswagte in vergelyking met net meer as 270.000 gewapende statutêre magte in die Suid-Afrikaanse Polisiediens ( SAPD) en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) volgens die minister.
Die Minister van Polisie, Nathi Mthethwa, sê dit is noodsaaklik in belang van staatsveiligheid.
Hy sê die grens tussen privaatveiligheidsmaatskappye en privaat militêre maatskappye is besig om toenemend te vervaag.
Die groei van die privaatsekuriteitsbedryf is nie uniek aan Suid-Afrika nie. Internasionaal het die privaatbedryf aansienlik gegroei oor die afgelope twee dekades.
Maar die groei in Suid-Afrika het talle ander ander lande die loef afgesteek.
Een van die redes vir die vinnige groei is stygende misdaad. Die polisie se onbevoegdheid in die stryd teen misdaad is ook ‘n belangrike faktor in die uitbreiding.
Sedert die einde van apartheid in 1994 is die polisie aan intense ondersoek deur die staat en die publiek blootgestel, maar dit is nie die geval met die privaatsekuriteitsbedryf nie, want hulle verantwoordelikheid is suiwer markgedrewe, het Mthethwa gesê.
Beide die regering en die burgerlike samelewing is gemoeid met die doeltreffende regulering van die bedryf en die wysigingswetsontwerp poog om die uitdagings aan te spreek, het hy gesê.
Mthethwa het ook besware verwerp dat dit sal lei tot werksverliese, ten spyte dat ‘n onteieningsklousule daarin vervat is.
Navorsing wat vandeesmaand in die International Journal of Climatology gepubliseer is, toon dat Suid-Afrika verhoogde reënval en meer oorstromings te wagte kan wees.
Die studie is deur ‘n Wits PhD-student onderneem. Die bevindings weerspreek egter die gewilde klimaatsveranderingoortuiging dat warmer oseane tot meer orkane lei.
Wanneer ‘n orkaan se vernietiging nuus maak, soos in die geval van die VSA se Katrina of die tifoon Haiyan in die Filippyne, word gesê dat klimaatsverandering meer storms veroorsaak.
Maar Professor Stefan Grab en Witsstudent Jennifer Fitchett van die universiteit se Skool vir Geografie, Argeologie en Omgewingstudie, wat siklone in die Suidoos-Indiese Oseaan oor 161 jaar bestudeer het, het bevind dat daar “geen duidelike tendens” van meer of minder storms is nie.
Fitchett gesê stormopsporingsmetodes het verbeter, wat gelei het tot ‘n persepsie van meer storms.
“Van 1940 af was daar ‘n groot toename in waarnemings as gevolg van lugverkenning en satellietbeelde.”
Nog ‘n faktor was meer mense wat op die kuslyn woon en dus bewus raak van die uitwerking van siklone.
Grab en Fitchett het ontdek dat siklone suid beweeg – en nader aan Suid -Afrika – wat lei tot hoër reënval en meer kanse van oorstromings.
Die wetenskaplikes was verras deur hul ontdekking.
Siklone – wat in die Indiese Oseaan ontstaan – of orkane – wat hul oorsprong in die Atlantiese Oseaan het – het ‘n seewateroppervlaktemperatuur van 26 of 27 grade Celsius nodig om te vorm.
Fitchett verduidelik dat omdat die oseane warmer word, word die paaie wat siklone kies breër en dus nader aan Suid-Afrika.
Dit beteken dat siklone wat Madagaskar sou getref het nou waarskynlik Suid-Afrika kan tref.
“Ons het reeds gesien toe ‘n tropiese sikloon suid getrek in 2007 was daar groot vloede in Limpopo, Mosambiek en die noorde van KwaZulu-Natal,” sê Fitchett.
Die Seritikommissie van Ondersoek na die Wapentransaksie van 1999 is ‘n week lank uitgestel, het RSG berig.
Dit volg nadat getuienisleiers gesukkel het om dokumente in besit van ‘n wapenhandelaar, Richard Young, in die hande te kry.
Young is die fluitjieblaser wat die aanklagte van korrupsie in 2009 by die Valke ingedien het. Young het vermoedelik 15.000 dokumente in sy besit wat die kommissie en van die getuies in die verleentheid kan stel.
Die kommissie het ‘n bevel uitgereik waarvolgens Young verplig word om van die belangrikste dokumente beskikbaar te stel.
Die DA probeer naarstiglik vure doodslaan nadat die party se steun vir die heropening van grondeise vir ’n tydperk van vyf jaar konsternasie onder grondeienaars veroorsaak het en hul leier se geloofwaardigheid onherstelbaar aangetas het.
Daar bestaan nou die sterk vermoede dat AgriSA-lede in die DA gekoöpteer is om boere te paai as die ANC voortgaan met grondgryp, aangesien Helen Zille se jongste verklarings oor die aangeleentheid in ‘n onsamehangende gebrabbel ontaard het.
Zille, die DA-leier, het haar steun vir die heropening van restitusie tydens die bekendstelling van die DA se verkiesingsmanifes die afgelope naweek bevestig, maar het Maandag ontken dat dit binne die DA bespreek is.
Die DA-LP en woordvoerder oor grondsake, Kevin Mileham, het weke gelede, op 7 Februarie reeds, in ’n verklaring die heropening van grondeise geprys.
Die DA het verlede week in die parlement tydens die stemmery oor aspekte van die wet, saam het die ANC daarvóór gestem!
Zille probeer tans verwoed terugkrabbel nadat sy uit twee monde gepraat het en sê haar party se parlementêre leierskap het nie die “reëls” nagekom in hul verklarings oor die Wysigingswetsontwerp oor die Herstel van Grondregte nie.
DA-lede was stom verbaas oor die leier se geskel tydens die drie uur lange buitengewone koukusvergadering waar sy oor die gewraakte verklaring deur die party se aangewese woordvoerder vir grondsake te kere gegaan het.
Terwyl Zille vroeër die heropening van grondeise gesteun het, beweer sy nou dat verklarings sonder haar medewete uitgestuur is en dat die DA “nog geen beleidstandpunt oor grondeise geformuleer het nie”.
As dit waar is, is dit uiters kommerwekkend dat die party nog nie een van die belangrikste kwessies vir hul kiesers oorweeg het nie, maar dat sy dit in haar verkiesingsmanifes vir 2014 die afgelope naweek nogtans as een van die sleutelkwessies genoem het.
Zille se onsamehangende uitbarsting oor die wysigingswetsontwerp is soortgelyk aan die herrie wat oor die Wetsontwerp op Billike Indiensneming losgebars het.
Die DA het verlede jaar die wetsontwerp met oorgawe gesteun, maar skielik daarna allerlei stertjies aangelas om die skade te probeer beperk nadat fel kritiek daaroor ontvang is.
Grondrestitusie het daartoe gelei dat 90% van landbougrond wat oorgedra is, nie meer produktief aangewend word nie en braak en vervalle lê.
Om grondeise te heropen sal onproduktiwiteit in die sektor vergerger en dít teen ‘n enorme koste vir die staat.
Daar is geen logika in die proses nie behalwe om Suid-Afrika se voedselsekerheid te knou en noodsaaklike landbougrond uit te lewer aan roofkapitaliste teen belaglike lae pryse, en om stemvee na die DA te lok wat uiteidelik ‘n ANC-beleid nastreef.
Ontleders meen dit is nou duidelik dat die party ‘n buitelandse agenda het wat daarop gemik is om landbou te vernietig en chaos te saai, maar dié doelwit moet vir wit stemvee gekamoefleer word.
Die DA se buitelandse weldoener is tydens die samemeltingsfiasko met AgangSA ontbloot. Swart kiesers het die DA daarvan beskuldig dat hulle swart huurlinge ( Black rentals) vir vertoon aanhou.
Syfers van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming toon dat daar tot 397 000 nuwe eise kan wees wat die regering R179 miljard kan kos.
Prof. Mohammad Karaan (46), dekaan van Agriwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch is voor sy woonhuis gekaap en na die swart woonbuurt, Khayelitsha ontvoer.
Daar is hy deur sy ontvoerders beroof en aangerand.
Die inligting is bekend gemaak deur kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap.
Karaan se kaper het hom in die oprit voor sy huis beveel om agter in die voertuig te klim, en hy het gesien drie mans sit in ’n ander voertuig reg agter sy eie.
Die drie mans het met hom na die swart woonbuurt gery, sy persoonlike besittings gevat en hom in ’n plakkershut aangehou.
Terwyl die kapers in ’n woordewisseling was met mekaar, kon hy ongemerk wegraak en kontak maak met ’n polisiebeampte wat op patrollie was.
Die polisiebeampte het hom opgelaai en na veiligheid geneem
Een van die drie verdagtes is in hegtenis geneem, maar die ander twee word nog gesoek.
Dit is nog onduidelik waarom Karaan ontvoer is. – Die Vryburger