Wapentransaksie: Fluitjieblaser kan onthullend wees

Richard Young
Richard Young

Die Seritikommissie van Ondersoek na die Wapentransaksie van 1999 is ‘n week lank uitgestel, het RSG berig.

Dit volg nadat getuienisleiers gesukkel het om dokumente in besit van ‘n wapenhandelaar, Richard Young, in die hande te kry.

Young is die fluitjieblaser wat die aanklagte van korrupsie in 2009 by die Valke ingedien het. Young het vermoedelik 15.000 dokumente in sy besit wat die kommissie en van die getuies in die verleentheid kan stel.

Die kommissie het ‘n bevel uitgereik waarvolgens Young verplig word om van die belangrikste dokumente beskikbaar te stel.

Die openbare verhore word Maandag hervat.

9 thoughts on “Wapentransaksie: Fluitjieblaser kan onthullend wees”

  1. Dis ‘n wonderwerk dat hy nog nie dood in ‘n sloot aangetref is nie.

    Ek hoop hy kan die dokumente produseer sodat ons kan sien hoe diep hierdie verotting in ons samelewing is. Ek reken daar is ‘n hele paar oud natte wat ook hier in die pompie gaan dinges.

        1. Net Natte se hande in daai paai? Wat van ‘n voorstel dat die hele parlementêre verdedigingsportefeulje-komitee – en nie net op ‘n bepaalde tydstip nie – hoe lank het die vooronderhandelings, die eintlike onderhandelings en tot en met die lewering van die wapens geduur? –oorweeg word? Watter partye het almal verteenwoordigers in daardie portefeulje-komitee gehad? Onthou, onder hulle was nogal konserwatiewe kêrels wat namens die Afrikanervolk parlement toe is om ‘n ogie daar te gaan hou op wat die Natte en die kommuniste gaan doen, veral in ‘n hoogs sensitiewe saak soos verdediging. Wil nou nie mense se name noem nie, daarom sal daar maar by Afrikaner-partye gehou word: Die Vryheidsfront, die Afrikaner-Eenheidsbeweging (AEB), die IVP (u sal besonder stoere Afrikaners daar aantref, mense wat al van PW se tyd ernstig by verdediging betrokke was). Dan is daar ook die DA (moet nie teen Maynier vaskyk nie).
          Hierdie Sereti-kommissie is nie eens ‘n kat en muisspeleltjie nie. Met eintlik net katte daar om die melkpiering versamel?

          1. Wel gas – die name wat ek noem is by wyse van spreke. Dit is tyd dat hierdie hele kanker uitgewys word. Van die wat eerste met die onderhandelings begin het tot die laaste kader wat geld daaruit gemaak het.

            Hierdie was die toetslopie vir die korrupsie in die land. Al hierdie rakkers steel van my en jou – hoekom land dit in hulle sakke eerder om paaie ens te bou? Hierdie onderhandelaars werk mos namens my en jou – hulle tree op as agente van die land – indirek aangestel deur die kiesers – hulle kry mos ‘n salaris vir wat hulle doen so hoekom moet hulle ekstra steel en daarmee wegkom?

          2. Hulle kan sommer ook die eerste “demokratiese” kommissar van verdedeging Joe Modise se dood in die proses ondersoek. Da’m snaaks hoe drie Afrikaners wat in die ANC-parlement beland in daai drie apies kan verander, hul waaksaamheid wat nie eens tot die volgende piesang hou nie. Vat nou ou Cassie van die heengegane AEB. Toe die kapees wat hom parlement toe stuur oor en vir sy waaksaamheid weer sien, toe is hy daardie sirkus se eie hofnar.

  2. Richard is ‘n wapenhandelaar !!!
    Kan dit wees dat hy uit die transaksies uitgelaat was, en nou wraak neem??
    Of was hy nie na behore vergoed gewees nie???
    Kan sy stilswye nog afgekoop word???
    Dalk sit ons hier met nog ‘n “Snowden” wat groot ongemak kan veroorsaak.

Maak 'n opvolg-bydrae