Skooldogter deur drie boelies doodgeslaan

schoolDie Gautengse Departement van Onderwys het met ‘n ondersoek na die dood van ‘n agt jarige meisie by ‘n laerskool in Soweto begin.

“Hierdie saak het net gister [Maandag] onder ons aandag gekom,” het Phumla Sekhonyane, woordvoerder gesê.

Die kind is na bewering op 14 Februarie deur drie boelies geskop en geslaan.

Lebohang Makala was mank met haar tuiskoms en haar bene was geswel.

Sy het aan haar ma gesê dat die seuns haar sonder rede aangerand het terwyl sy met ander kinders gespeel het.

Daar was blykbaar nie onderwysers by die Batsogile laerskool toe die voorval gebeur het nie.

Haar ouers het haar na die hospitaal geneem waarna sy weens inwendige bloeding beswyk het.

‘n Saak is gister by die polisie aangemeld. Die departement sê hulle doen ‘n onafhanklike ondersoek na die omstandighede rondom die voorval.

 

 

 

9 thoughts on “Skooldogter deur drie boelies doodgeslaan”

  1. – Die voorval (MOORD) het die 14de Februarie al plaasgevind.
    – Was dit gedurende skool-ure, of na skool-ure ?
    – Indien gedurende skool-ure, waar was die onderwysers ?
    – Sou dit na skool-ure wees, waar was die toesighoudende onderwysers ?
    – Het die ouers die skool dan nie in kennis gestel nie ?

    GEBROEDSELS GEBORE !
    Ek slaaaaaat my hande saam.

  2. Die drie boelies is seker ook gewoond aan ‘ pa slaan vir ma ‘, dus dalk nie vreemd vir hulle nie.
    Wat wel vreemd is, is dat daar nie gemeenskapsoptrede was nie, kleintjies of te nie. ‘n Lewe beteken mos minder as niks vir barbare.

      1. Ek het die woord “slamaier” ge-google… – kyk wat vind ek toe o.a.! Al is die taal gemeng, moes ek glimlag… (Die skakel en skrywer se info is onder.)

        Radio Kalahari Orkes – Renaissance
        ———————————-

        Renaissance, Renaissance

        Trek Witbank toe om werk te kry

        Rand is sterk, hier kom my kans

        Ek wil deelneem innie Renaissance

        Hy wil deelneem innie Renaissance

        Ek sê die baas “Goeie more meneer

        Ek soek ‘n job, kan jy my een gee?”

        Hy bekyk my so en sê “Jammer ou man

        G’n werk vir jou, maak ‘n ander plan.”

        “Jy weet, regering sê ons moet voorkeur gee

        Aan swartes, bruines, ens, ens, diesmeer

        Ek sal in stront beland as ek ‘n wit ou hire

        In werklikheid moet ek wittes fire”

        In werklikheid moet hy wittes fire

        So, ek haal ‘n bus na Richards Bay

        Daar’s jobs beskikbaar vir lekker pay

        Maar hul check my vel en sê, “Sorrie meneer

        Mbeki sê ons moet voorkeur gee …”

        Nou… die regstel aksie is oraait by my

        Ons donker broers het voorheen swaargekry

        Maar jus ou maat, en wat van my?

        Ek gaan honger ly as ek ‘n wit man bly

        Hy gaan honger ly as hy ‘n wit man bly

        Bietjie melk, bietjie Nescafé

        Een, twee, drie, ek’s cafe-au-lait!

        Ek tune die baas: “Ek’s ‘n bruin Slamaaier

        Ek ken my rights, djy moet my hire!”

        Hy ken sy rights, jy moet hom hire

        Baas sê: “Ja-nee, jy’s reg ou pel

        Daar’s ‘n ander probleem,

        hoe kan ek dit stel?

        Ons kwota vir bruines is lankal vol

        Vir ‘n ou soos jy het ek boggerol”

        Ah Renaissance, ek vat ‘n kans

        Ek gee myself as ‘n bruin ou voor

        Issie waar, want ek’s eintlik white

        Ek het nooit gestruggle of apartheid gefight

        My ma sê my: “Jy’s ‘n leuenaar

        Die game van jou maak my deurmekaar!”

        Ek sê “Jinne ma, wat verwag jy van my?

        Ek gaan honger ly as ek ‘n wit man bly!”

        Hy gaan honger ly as hy ‘n wit man bly!

        Ek gaan honger ly as ek ‘n wit man bly!

        http://www.geocities.com/kitaarmykruis
        Woorde en musiek: Rooi Jan
        Tabber: Emile Odendaal

        1. Jy het my nou so nuuskierig gemaak, ek het ook sommer gaan google. As kind in die huis het my ouma vertel dis die slamaaiers wat “gool”, of so-iets. Dalk ‘n bang-maak storie, ek weet nie.

          Ek het hierdie stukkie gelees – Slum is nie vir Slamaaiers – Pieter Spaarwater.

          1. Maleier – Slams – Slamaaier
            Sien C. Louis Leipoldt se gedig “Die Slamaaier winkel”

Maak 'n opvolg-bydrae