Swaar reën voorspel

floodsKwaZulu-Natal is gewaarsku om hom gereed te maak vir moontlike oorstromings in die volgende paar dae, het RSG berig.

Die Nasionale Weerdiens sê voorspellers hou ‘n ogie op ‘n naderende kouefront wat oor die provinsie inbeweeg.

Sy sê die noorde van die provinsie sal die ergste deur swaar reën geraak word. Swaar reën word ook oor Gauteng voorspel.

Goeie reën sak sedert Vrydag in die provinsie uit. Die kanse vir reën word op 80 persent beraam.

Voorspellers sê reenbuie sal ook nog môre uitsak.

ANC-lid voor vir gewapende roof

repressive_laws’n ANC-wyksraadslid van Middelburg laai glo niksvermoedende vroue langs die pad op om hulle met ‘n vuurwapen af te dreig en te beroof.

Die ANC-lid en haar man verskyn volgende week in die hof op aanklagte van aanranding en gewapende roof, het die City Press berig.

Hulle word daarvan aangekla dat hulle vroulike rylopers geleenthede aangebied het op die snelweë tussen Middelburg en Springs om hulle met ‘n sneller teen die kop te besteel as hulle inklim.

Een van die klaers het volgens die polisie die agbare wyksraadslid in Middelburg herken ná die voorval, en het toe vasgestel dat haar aanvaller ook ‘n ANC-ampsdraer is.

Nog ‘n vrou wat so afgedreig en beroof is, het die twee se motorregistrasienommer neergeskryf en dit aan die polisie oorhandig.

Die man en vrou is twee weke gelede in hegtenis geneem en sal Woensdag in die Springs-landdroshof verskyn.

McBride is Opod se nuwe hoof

McBride
McBride

Die uiters omstrede voormalige bomplanter Robert McBride is as die nuwe hoof van die Polisie se Onafhanklike Ondersoekdirektoraat (Opod) aangestel.

Die Minister van Polisie, Nathi Mthethwa, sê McBride sal eerskomende Maandag in sy nuwe pos instap.

McBride was destyds deel van ‘n groep van Umkhonto we Sizwe wat twee restaurante in Durban in 1986 opgeblaas het waarin onskuldige burgerlikes dood is.

Drie vroue het in die ontploffing omgekom en nog 69 is beseer.

McBride is later as die hoof van die Ekurhuleni Metropolisie aangewys maar het sy werk verloor nadat hy van dronkbestuur aangekla is.

Die Direktoraat was vir meer as ‘n jaar sonder ‘n permanente hoof na die vertrek van Francois Beukman.

Malema onskuldig op aanklag van roeklose bestuur

juju
SA se regstelsel blykbaar pasgemaak vir Juju

Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Julius Malema is in die Vanderbijlparkse Landdroshof onskuldig bevind op aanklagte van roekelose bestuur.

Malema het erken dat hy te vinnig gery het, maar hy sê hy het uit “sy foute geleer”.

Malema is op 23 Desember in die Vaaldriehoek in hegtenis geneem nadat hy glo teen 215 kilometer per uur gejaag het.

‘n Woordvoerder van die Gautengse Verkeerspolisie, Obed Sibasa sê hulle is verbaas oor die hof se uitspraak.

Volgens Sibasa het hulle bewyse aan die hof verskaf, insluitend beeldmateriaal en verklarings, maar dit is nie in die hof getoets nie.

Die Gautengse Verkeerspolisie sê hulle sal dit oorweeg om appél aanteken teen die beslissing.

‘n Klag van aanranding is dié week ook teen Malema laat vaar in ‘n ander voorval waar hy na bewering ‘n wit motoris geslaan het in ‘n padwoedevoorval.

Waterkloof 2 terug tronk toe na Beeld flink stemming maak

tronkDie Parlement se Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste die Waterkloof 2 se paroolkansellasie verwelkom.

Die voorsitter, Vincent Smith, sê die beslissing sal ‘n boodskap stuur dat onwettige optrede nie in tronke geduld sal word nie.

Dit is nie bekend of die bewaarders wat die twee gehelp het, aangekla is nie. Sonder “hulp” sou die twee nie die beweerde oortredings kon begaan nie.

Die Paroolraad van Korrektiewe Dienste het vroeër vandag besluit dat Frikkie du Preez en Christof Becker vir nog ‘n jaar terug tronk toe moet gaan voordat hulle weer vir parool oorweeg sal kan word.

Die twee is op 16 Februarie weer in hegtenis geneem nadat beeldmateriaal kwaadwillig gelek is op sosiale media om hulle in die verleentheid te stel

Die twee het na bewering alkohol gedrink en ‘n selfoon in die tronk gebruik wat teen die reëls is. Hulle moes “hulp” van die personeel gehad het wat dié items betref.

Becker, Du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, is vroeër die maand op parool vrygelaat nadat hulle tronkstraf uitgedien het vir ‘n moord op ‘n hawelose man in Pretoria in 2001.

Die destydse beslissing het wenkbroue laat lig, aangesien die staat se saak nie naastenby waterdig was nie.

Die dagblad Beeld het flink stemming gemaak teen die twee wit mans wat die vermoede laat onstaan dat die uitlek van die “inkriminerende” beeldmateriaal met voorbedagte rade gedoen is, soortgelyk aan die Potch-voorval waar onskuldige studentepret met “Nazisme” vergelyk is deur dieselfde koerant.

Polisie stuit Kaapse oproeriges in hul spore

watercannonPolisiebeamptes het Donderdag daarop aangedring dat die betogers in Kaapstad in hul spore omdraai.

Die dooiepunt is uiteindelik gebreek toe die polisie ‘n waterkanon en skokgranate ingespan het om die skare uiteen te jaag .

Teen hierdie tyd ‘n paar betogers het reeds wegbeweeg van die belangrikste groep langs Nelson Mandela-boulevard.

Betogers het ook die droë gras van ‘n leë veld in Distrik Ses aan die brand gesteek .

Daar was ook berigte van betogers wat winkels en stalletjies geplunder het.

“Ons was uitgelok deur die polisie,” het die oproermakers gesê.

Die bedoeling was om die Provinsiale Wetgewer te bereik, maar die polisie het hulle voorgekeer.

Twee skokgranate is die skare gegooi wat hul geledere uitgedun het tot net ongeveer 50 agterosse wat nog wou toi-toi op die hoek van Waal- en Adderleystrate.

Toe ‘n beampte dreig om nog ‘n skokgranaat te gooi, het die laaste betogers die aftog geblaas.

Polisie het vragmotors, motorfietse en vierwielmotorfietse gebruik om die betogers terug na die Kaapstadstasie te jaag.

Polisiebeamptes het 12 betogers in verband met die optog in hegtensi geneem. Kapt FC van Wyk het gesê hulle in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die Wet op Onwettige Byeenkomste.

 

Vrou van Tsjeggiese mafiabaas vas

Katerina Krecjir
Katerina Krejcirova

Katerina Krejcirova, die vrou van die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir, is by die Palm Ridge-landdroshof in hegtenis geneem Vrydagoggend, in verband met ‘n gesteelde motor en ‘n bedrogskema.

Sy is reeds in haar land van oorsprong aangekla omdat sy saam met haar man sy inkomste uit misdaad geniet het. Sy word eweneens deur Tsjeggië as ‘n voortvlugtige beskou.

Volgens ‘n woordvoerder van die Valke sal Krejcirova aangekla word van die besit van ‘n gesteelde voertuig in Bedfordview waarop beslag gelê is by haar huis verlede week.

Krejcir se vrou was by die hof om haar man se verskyning op aanklagte van ontvoering en poging tot moord by te woon.

Krejcirova sal nie alleen verskyn nie want ‘n ander persoon sal ook hierdie naweek in hegtenis geneem word.

Daar word verneem dat die mafiabaas reeds ‘n beloning uitgeloof het om getuies wat teen hom wil getuig te laat vermoor.

Klipgooiers versper paaie in Soweto

burningtyresBetogers het Vrydag paaie in Pimville, Soweto, met beton asblikke, brandende bande en klippe, afgesper het die Gautengse polisie gesê. Hulle het Donderdag begin klipgooi.

“Dit is nou sleg,” het ‘n polisiewoordvoerder gesê.

“Hulle het ‘n baie dinge op die paaie gesit omdat hulle nie wil hê dat motors Pimville binnekom nie.”

Die woordvoerder het gesê die verkeer op Chris Hani-weg het tot stilstand gekom. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Inwoners is in oproer oor voorafbetaalde watermeters.

Donderdagnag het oproeriges die pad met brandende bande en rotse versper.

Sommige het motors met klippe gegooi, maar niemand is beseer nie.

Die situasie het oornag effens bedaar, maar in die oggend hervat.

Swartes begin plunder toe burgemeester hulle ignoreer

tyres2Sewe en twintig mense is naby Mafikeng in Noordwes in hegtenis geneem na ‘n plundertog tydens ‘n oproerige byeenkoms oor die burgemeester hulle nie wou ontmoet nie.

Hulle is op aanklagte van openbare geweld en die besit van gesteelde goedere gearresteer.

Die inwoners van die Setlagole-lokasie het die week gewelddadig geraak, en strate met klippe en brandende bande afgesper. Hulle het daarna op ‘n pludertog gegaan toe die burgemeester hulle nie wou te woord staan nie.

Die burgemeester, Victor Mance het nog nie gereageer op die inwoners se griefskrif van twee weke gelede nie.

Die verdagtes sal volgens die polisie in die Atamelang landdroshof verskyn.

Eiendomswaardasiewetsontwerp goedgekeur

landinvasionDie portefeuljekomitee oor landelike ontwikkeling en grondhervorming het die voorstelle in die Eiendomswaardasiewetsontwerp goedgekeur, het RSG berig.

Die wetsontwerp het ten doel om ‘n kantoor vir ‘n Waardeerder-generaal te vestig om die waarde van grond en eiendom wat deur die staat aangekoop word vir hervorming, te waardeer.

Die komiteeverslag sal nou na die Nasionale Vergadering verwys word vir goedkeuring.