
Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Julius Malema is in die Vanderbijlparkse Landdroshof onskuldig bevind op aanklagte van roekelose bestuur.
Malema het erken dat hy te vinnig gery het, maar hy sê hy het uit “sy foute geleer”.
Malema is op 23 Desember in die Vaaldriehoek in hegtenis geneem nadat hy glo teen 215 kilometer per uur gejaag het.
‘n Woordvoerder van die Gautengse Verkeerspolisie, Obed Sibasa sê hulle is verbaas oor die hof se uitspraak.
Volgens Sibasa het hulle bewyse aan die hof verskaf, insluitend beeldmateriaal en verklarings, maar dit is nie in die hof getoets nie.
Die Gautengse Verkeerspolisie sê hulle sal dit oorweeg om appél aanteken teen die beslissing.
‘n Klag van aanranding is dié week ook teen Malema laat vaar in ‘n ander voorval waar hy na bewering ‘n wit motoris geslaan het in ‘n padwoedevoorval.
