Malema onskuldig op aanklag van roeklose bestuur

juju
SA se regstelsel blykbaar pasgemaak vir Juju

Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Julius Malema is in die Vanderbijlparkse Landdroshof onskuldig bevind op aanklagte van roekelose bestuur.

Malema het erken dat hy te vinnig gery het, maar hy sê hy het uit “sy foute geleer”.

Malema is op 23 Desember in die Vaaldriehoek in hegtenis geneem nadat hy glo teen 215 kilometer per uur gejaag het.

‘n Woordvoerder van die Gautengse Verkeerspolisie, Obed Sibasa sê hulle is verbaas oor die hof se uitspraak.

Volgens Sibasa het hulle bewyse aan die hof verskaf, insluitend beeldmateriaal en verklarings, maar dit is nie in die hof getoets nie.

Die Gautengse Verkeerspolisie sê hulle sal dit oorweeg om appél aanteken teen die beslissing.

‘n Klag van aanranding is dié week ook teen Malema laat vaar in ‘n ander voorval waar hy na bewering ‘n wit motoris geslaan het in ‘n padwoedevoorval.

10 thoughts on “Malema onskuldig op aanklag van roeklose bestuur”

  1. Het iemand gedink hulle sal hierdie DIKtator aankla van roekelose bestuur? Hy is ‘n heilige seun van die ANC (al het hulle hom uitgeskop)

    Die enigste iemand wat testkikulêr genoeg begaafd is om hom aan te vat is SARS waar daar blankes en Indiërs is wat nog die septer swaai (natuurlik ten koste van ons almal).
    Ek hoop maar SARS trap sy tjank af.

Maak 'n opvolg-bydrae