Veiligheidsdiens steeds op bystand by Mafikeng-kampus

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus se akademiese program kon Dinsdag sonder enige onderbrekings of voorvalle van oproer hervat.

Kampuswoordvoerder, Phenyo Mokgothu, sê die dienste van sekuriteitsmaatskappy word steeds gebruik.

Die veiligheidsdiens is tans nie op die kampus ontplooi nie, maar op bystand as sou geweld uitbreek.

Die kampus het dié week heropen nadat dit vir bykans ‘n maand gesluit was weens gewelddadige betogings.

Mokgothu, sê klasse het na 08:00 soos geskeduleer begin en die laaste klasse het teen 17:00 geëindig.

Klasbywoning was glo goed.

Mokgothu sê bykomende klasse oor naweke begin Saterdag om agterstallige werk in te haal.

Volgens Mokgothu sal daar nie ‘n toetsreeks wees nie, maar toetse sal in klastyd geskryf word.

Swartes begin plunder toe burgemeester hulle ignoreer

tyres2Sewe en twintig mense is naby Mafikeng in Noordwes in hegtenis geneem na ‘n plundertog tydens ‘n oproerige byeenkoms oor die burgemeester hulle nie wou ontmoet nie.

Hulle is op aanklagte van openbare geweld en die besit van gesteelde goedere gearresteer.

Die inwoners van die Setlagole-lokasie het die week gewelddadig geraak, en strate met klippe en brandende bande afgesper. Hulle het daarna op ‘n pludertog gegaan toe die burgemeester hulle nie wou te woord staan nie.

Die burgemeester, Victor Mance het nog nie gereageer op die inwoners se griefskrif van twee weke gelede nie.

Die verdagtes sal volgens die polisie in die Atamelang landdroshof verskyn.