Tien gebooie vir die nuwe Suid-Afrika

Tans word daar pogings aangewend om ‘n nuwe geloofsbelydenis, genaamd Belhar, bekonkel deur Allan Boesak en sulke snare, aan die drie tradisioneel Afrikaanse susterkerke op te dring. Daar moet glo saam met die tyd beweeg word.

Die tien gebooie is dalk die volgende teks wat herskryf sal word. Dit sou heiligskennis wees, maar niks word meer ontsien nie. Sonder om oneerbiedig te wees, word hiermee ‘n kykie gegee in wat moontlik in die vooruitsig is.

  1. Jy mag naas die ANC geen ander politieke party ondersteun nie.
  2. Jy mag geen ander beelde oprig as dié vir Madiba nie.
  3. Jy mag nie na vryheidsvegters as terroriste verwys nie.
  4. Sorg dat jy die ANC se hergeskryfde Suid-Afrikaanse geskiedenis as evangelie aanvaar.
  5. Eer diegene wat verraad teen die blankes gepleeg het.
  6. Jy mag nie kla as voorheen benadeeldes met moord wegkom nie.
  7. Jy mag nie beswaard wees as jou naaste vier vroue het nie.
  8. Jy mag nie moerig oor regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en grondherverdeling wees nie.
  9. Jy mag nie elektrisiteit gebruik asof daar genoeg is nie.
  10. Bowenal, jy mag nie eis dat daardie Nkandla-geld terugbetaal moet word nie.

Anton van Rhijn

Innibos se redes waarom hulle Steve nie meer nooi nie

In ‘n epos wat onlangs op Facebook geplaas is, verduidelik die bestuur van die Inniboskunstefees waarom Steve Hofmeyr nie meer by hul fees welkom is nie. Ons plaas dit hier omdat die inhoud eintlik vanself spreek. Nie net weerspreek dit die sogenaamde “grondwetlike waardes” waaroor al die polities korrektes so hoog opgee nie (meningsvryheid, artistieke vryheid), maar dit toon ook ‘n wanbegrip van waaroor musiek en kultuur uiteindelik gaan: ‘n bepaalde greep op die wêreld wat noodwendig ook iewers “polities” gaan wees. Dít waarvoor die linkses juis voorspraak maak, dat kuns “polities betrokke” moet wees, word deur die bestuur van die Innibosfees verbied!

Renske du Preez se brief aan Innibos:

Graag wil ek my teleurstelling bekend maak met die manier waarop julle kwansuis Afrikaans en die kultuur bevorder.
Steve was goed genoeg toe julle ‘n onbekende fees was. Afrikanerondersteuning het julle “op die map” gesit, en nou dat julle ‘n groot fees is, maak julle soos enige tiener, pa en ma se ondersteuning is nie meer nodig nie, ons sal op ons eie regkom.

Jammer dat julle soos die tieners, julle lesse op die harde manier sal moet leer.

Geen Steve, geen ondersteuning.

Trots Afrikaans.

Antwoord deur Sandra Jacobs van Innibosbestuur:

Liewe Renske
Dankie vir jou e-pos

Ek verstaan dat sy ondersteuners baie ontseld is dat ons nie vanjaar vie Steve genooi het om by innibos op te tree nie, maar laat ons asseblief toe om te verduidelik wat daartoe gelei het. Miskien sal dit jou ‘n bietjie beter begrip van ons situasie gee:

Ons het niks teen Steve as kunstenaar of mens nie maar ons beleid is baie eenvoudig dat ons nie gaan toelaat dat enige kunstenaar ons verhoë gaan misbruik om hul eie politieke beeld te bou nie. Moenie so naïef wees om te dink dat hy Die Stem gesing het bloot as ‘n mooi Afrikaanse volksliedjie nie! Steve is ‘n opportunis wat elke moontlike geleentheid gebruik om sy eie beeld te bou deur op die regte emosies te speel. Ons het van hierdie jaar af ‘n klousule in ons kontrak waarin kunstenaars moet onderneem om geen Godslasterlike of polities-sensitiewe inhoud in hul optrede in te sluit nie. Dit geld ook vir lirieke van liedjies, ens. Dit is ‘n gedragskode wat ons as billik en beskaafd beskou en Steve weier om hom daaraan te onderwerp. Hy het openlik gesê dat hy hom nie sal laat voorskryf wat hy van ‘n verhoog af gaan doen of sê nie. In die lig daarvan het ons besluit om hom nie uit te nooi nie. Dit is Steve wat daardeur homself uit Innibos weggelaat het. Weet ook verseker dat Innibos nie ‘n “Afrikaner” fees is nie maar ‘n Afrikaanse kunstefees vir alle Afrikaans-sprekende Suid Afrikaners van alle rasse en ook vir mense van ander taal- en kultuurgroepe wat die fees saam met ons wil geniet. Ons sal geen diskriminase van enige aard hier duld nie.

Jy moet dus vir Steve blameer as jy nie meer fees toe kan kom nie. Drie vrae aan jou: Sou jou plaaslike skool vir Steve uitnooi om Die Stem by hulle saalbyeenkoms te kom sing – nooit, want dit is nie die regte platform daarvoor nie! Dink jy dat jou kerk vir Steve sal uitnooi om Die Stem op ‘n Sondag oggend by die kerk te kom sing – nooit nie, dis nie die regte platform daarvoor nie. Dink jy dat die rugbyraad vir Steve sal uitnooi om Die Stem by ‘n toets te gaan sing – nooit nie want dit is nie die regte platform nie.

Waarom moet Steve toegelaat word om dit by ‘n kunstefees te doen wat uitsluitlik vir kulturele vermaak daargestel is.

Ons gaan nooit toelaat dat politiekery weer op ons verhoë gaan gebeur nie!

Dit is die enigste rede hoekom Steve nie by Innibos gaan optree nie – hy weier om by ons gedragskode in te val.

Laat ek dit asb duidelik stel; ons het niks teen Die Stem as lied nie. Baie van ons het daarmee grootgeword en dit het vir ons almal ‘n diep gesetelde nostalgiese betekenis. Dit is egter net so verkeerd om Die Stem op ‘n openbare verhoog te sing as om die ou landsvlag op die verhoog rond te swaai. Dit maak ‘n politieke “statement” en dit is onaanvaarbaar in die nuwe Suid Afrika en daarom sal ons dit nie op ons verhoë toelaat nie.

Dit is ‘n hartseer dag as mense toelaat dat een persoon hulle so kan breinspoel dat hulle wonderlike geleenthede soos kunstefeeste wil boikot. Ons (en al die ander feeste) werk al vir jare daaraan om vir ons eie kultuurgroep geleenthede te skep waar hulle die taal en kultuur kan uitleef. Dis omtrent al wat ons oor het! Innibos was nog altyd goed genoeg – en vir baie jare sonder Steve. Maar noudat hy alles kom bederf het met die Stem singery verlede jaar is ons nou ewe skielik die vark in die feëverhaal? Steve kan dit nie verdra dat Innibos die ruggraat gehad het om hom nie uit te nooi nie – die fees wat in sy eie woorde die grootste Afrikaanse gehoor in die wêreld is. Omdat hy suur is daaroor en waarskynlik in sy ego gekrenk is doen hy ‘n beroep op feesgangers om weg te bly van iets wat vir hulle belangrik geword het. Hoe kan enige iemand so verwaand wees! As jy jouself groter begin ag as die saak wat jy dien is jy op die verkeerde pad. Dit is hartseer dat Steve nie sy invloed wil gebruik om versoening te bewerkstellig in hierdie land in plaas van om verdeeldheid tuseen Afrikaanse mense en ook ander kulture te saai nie.

Dit sal jammer wees om julle as feesgangers te verloor maar jy moet vir Steve daarvoor blameer en nie Innibos nie. Ek vra maar net dat julle dit mooi oordink en al die faktore wat ek genoem het in ag neem. As al die belangrike feeste in SA vir Steve weglaat moet daar iets fout wees, nie waar nie? Dink jy dat verantwoordelike direksielede van feeste sommer so ‘n besluit ligtelik sal neem sonder dat daar baie goeie redes daarvoor is?

Ons gaan nietemin voort om ons bes te doen om Afrikaanse kultuur en taal te bevorder met puik musiek, toneel en woordproduksies. Ons volledige program word op 15 Mei bekendgestel.

Groete,
Sandra Jacobs
Media & Bemarkingsbestuurder
Innibos Nasionale Kunstefees

Rassehaat word deur die media aangemoedig

Rassehaat word op baie plekke aangeleer. Een daarvan is die media, wat skreiende dubbele standaarde besig.

Wanneer ‘n voorval soos by die Curroskool plaasvind, waar witmense die skuldiges is, is daar ‘n geskree in die media wat dikwels weke duur.

Wanneer talle blankes daagliks deur swartes aangeval, vermoor, verkrag en gemartel word, swyg die media egter soos die graf.

Hierdie verswyging van die ware vlakke van swart rassistiese haatmisdaad teen blankes gemik, wat in der waarheid die koers van blanke rassemisdaad ver, ver, ver oortref, word op leuenagtige wyse, ook deur Naspers, verswyg, en daar word vir blankes gelieg.

Ek wil nie rassistiese haatmisdaad vergoeilik nie, maar die dubbele standaarde oor wie die eintlike haatmisdadigers in SA is, skrei ten hemele. Geen wonder blankes voel bedreig en tree dan reaktief op nie.

So ook probeer die politici en die media vir ons wysmaak perdevye is soetkoek, deur die twak van die sogenaamde nie-rassige NSA aan ons te verkwansel.

Wynand Griesel

Suid-Afrika onder blanke beheer was ‘n reus in 1988

In 1988 het ‘n Duitser in boekvorm uitgegee hoe die Wit reus van Afrika in werklikheid gelyk het.

Ons en die wereld is ‘n rat voor die oë gedraai:

Kyk na die feite (verwysing 1988 tensy anders aangetoon):

In 1972 besit swartes in SA 360 000 voertuie. (Meer as al die swart state van Afrika saam!!!!!!!!!!)

Die maandelikse inkomste van swartes per kop in 1988 is R352/maand teenoor Malawi en Mosambiek met minder as R20 per maand.

In 1988 kon swart burgers ‘n ingewikkelde hartklepoperasie vir net meer as $1 ondergaan terwyl swart Amerikaners > $15000 moet betaal. In een Pretoriase hospital word tussen 2000 en 3000 van hierdie operasies per jaar gedoen.

In 1970 verdien swart arbeiders R1751 miljoen of 25,5% van die totale loongelde in SA wat styg tot R17 238 miljoen in 1984 (1000% groei) en 32,3% van totale lone in SA. In die 1986/1987-boekjaar betaal blankes R9000 miljoen belasting en die swartes R171 miljoen, Indiërs R257 miljoen en kleurlinge R315 miljoen.

Tussen 1962 en 1972 betaal die VN aan onderontwikkelde lande $298 miljoen teenoor SA wat $558 miljoen bestee aan die ontwikkeling van sy swart gebiede.

Die begrotingsbedrag vir swart onderwys styg jaarliks vanaf 1970 met bykans 30% meer as enige ander staatsdepartement.

Van 1955 tot 1984 styg die aantal swart skoliere van 35000 tot 1 096 000 dws een-en-dertigvoudig. In 1988 kan van die volwasse swart bevolking 71% lees en skryf teenoor 47% in Kenia, 38% in Egipte, 34% in Nigerië. Daar word gemiddeld deur die jaar 15 nuwe klaskamers per werksdag vir swart skoliere gebou.

In 1985 was daar 42 000 swart studente aan SA universiteite ingeskryf.

Daar is 5 swart universiteite en 28 inrigtings vir hoër onderwys wat deur die regering gefinansier word.

Soweto met sy bevolking van 1,2 miljoen het 5 moderne sportstadions teenoor Pretoria met sy 600 000 blankes wat 3 het. Soweto het 365 skole teenoor Pretoria 229. In Soweto in 1978 is daar 115 sokkervelde, 3 rugbyvelde, 4 atletiekbane, 11 krieketvelde, 2 gholfbane, 47 tennisbane, 7 swembaddens, 5 rolbalsale, 81 korfbalvelde, 39 kinderspeelparke en tallose gemeenskapsale, bioskope en klubhuise.

In Soweto in 1978 is daar 300 kerke, 365 skole, 2 technikons, 8 klinieke, 63 kindertuine, 11 poskantore en sy eie vrugte-en-groentemark.

In Soweto bou die blanke regering ‘n reuse hospitaal Baragwanath met 3000 beddens. Een van die grootste en modernste ter wêreld.

Sy 23 operasieteaters is voorsien van die beste toerusting wat geld kan koop.

Hier word swartes teen ‘n nominale koste van R2 vir ‘n onbeperkte tydperk behandel, opereer en kan herstel met die onderhoudskoste gedra deur blanke belastingbetalers en dit beloop meer as die Verenigde Nasies se kleinste lidlande se totale staatshuishouding.

Die hospitaal het 8000 mense in diens waarvan 450 voltydse dokters wat jaarliks 112000 binnepasiënte en 1,62 miljoen buitepasiënte behandel. 90% van die bloed word deur blankes geskenk.

In 1982 is nie minder as 898 hartoperasies nie hier gedoen.

Langs die Baragwantha-hospitaal is die St. John-oogkliniek, wêreldberoemd weens die behandeling van gloukoom, losgaande retinas, traumatiese oogbeserings en seldsame tropiese siektes.

Daar is in Soweto meer as 2 300 geregistreerde firmas, 1 000 taxi-ondernemers, 50 000 motoreienaars.

Dr Kenneth Walker, ‘n Kanadese arts, besoek Soweto en meld die volgende waarnemings:

  • Hy sien verskeie huise wat meer as R100 000 sou kos om te bou met veskeie BMW’s voor die deur.
  • Net 2% van die huise is krotte met die res wat netjiese geboue met grasperke is.
    As hy moes kies tussen die vervalle woonstelle van New York, Detroit of Chicago dan bly hy eerder in Soweto.
  • Hy word baie eerder siek in Soweto as in sommige Kanadese stede.
  • Hy sê die stad het meer skole, kerke, motors, taxi’s en sportvelde as menige onafhanklike Afrikastate.

Die regering bou 5000 huise per maand en stel wonings beskikbaar aan 92% swartes.

In 1978 bou die SA regering ‘n hoogs moderne hospital MEDUNSA op die grens van die onafhanklike staat Bophuthatswana teen R70 miljoen op 35 ha. In hierdie “stad”-in-die-kleine is daar woon- en slaapgeriewe vir manlike en vroulike studente waar swart dokters, tandartse, veeartse en para-mediese personeel opgelei word. Dit is die enigste gespesialiseerde universiteit van sy soort in Afrika en een van die weiniges in die wêreld gefinansier deur blanke belastingbetalers tot voordeel van uitsluitlik swartes. Feitlik alle studente wat hoofsaaklik uit die nasionale swart state kom se koste word deur die blanke regering gedra.

Die praktiese opleiding vind in die nabygelee Garankuwa-hospitaal plaas waar die hele spektrum van menslike kwale behandel word.

Garankuwa het fasiliteite vir nieroorplantings, isotope-eenhede, met gespesialiseerde laboratoriums waar 200 dokters jaarliks prakties opgelei word.

Sien die nakomelinge van die Boerepioniere – die blanke Afrikaners soos ons onsself noem het binne 300 jaar aan die suidpunt van Afrika ‘n modelstaat gebou met ‘n bykans Europese karakter en die grootste ekonomiese en militêre mag in Afrika. Doer ver onder aan die suidpunt die verste weg van al die Afrikastate vanaf die model Europa. Met Europa net om die draai van Noord-Afrika.

SA se ekonomiese betekenis vir die lande suid van die ewenaar is so groot dat sou SA verdwyn, sterf miljoene in buurlande van die honger.

In 1985 is daar 37 diesellokomotiewe, 40 stoomlokomotiewe aan buurlande geleen waar daar daagliks 6195 SAVD-goederewaens loop teenoor 944 in SA self.

SA lei die bemannings op vir die lugrederye van Swaziland, Botswana, Zimbabwe, Zaïre en die Comores.

In 1979 toe die treinverkeer na die Malawiese hoofstad Lilongwe deur rebelle onderbreek is, lewer die SA transportvliegtuie brandstof in dromme af om hulle ekonomie aan die gang te hou.

In 1986 besoek 80 000 swart sakemanne uit Afrika Kaapstad om handelstransaksies te beklink.

SA voorsien in die graanbehoeftes van sy buurlande en wyer. In 1980 ontvang Zambië 250 000 ton mielies, Mosambiek 150 000 ton mielies en 50 000 ton koring, Kenia 128 000 ton mielies en Zimbabwe 100 000 ton. Verder ontvang ook Angola, Ivoorkus, Malawi, Mauritius, Tanzanië en Zaïre SA graan. Minstens 12 state van Afrika is volgens die “Argus African News Service” so afhanklik van SA graan dat ‘n totale verbod op in- en uitvoer hulle ekonomies sal vernietig.

Ongeveer die helfte van Lesotho se manlike bevolking werk in SA, nl. 146 000 in 1983 en verdien R280,6 miljoen wat ongeveer die helfte van Lesotho se staatskas uitmaak.

In die sestigerjare tree 53 staatsamptenare van SA in raadgewende hoedanigheid in ons buurlande op nl. Lesotho, Malawi, Swaziland, Mosambiek en Botswana.

In 1983 stel SA 1 213 raadgewers beskibaar vir ‘n onbepaalde tyd aan die 4 tuislande.

In die 1982/83 boekjaar begroot SA vir R434 miljoen se hulp aan sy onafhanklike buurstate.

As mens die ontwikelingsprogram vir die selfregerende state binne SA byreken, beloop die blanke belastingbetalers van SA se hulp mee as R1 miljard. Per kop gereken ‘n absolute wereldrekord.

SA produseer meer elektriese energie as Italië, net soveel ru-staal as Frankryk, meer koring as Kanada, meer wol as die VSA, meer wyn as Griekeland en meer vis as Groot Brittanje.

SA treine loop op meer spoorlyne as Wes-Duitsland s’n, vervoer meer passasiers as Switserland, het ‘n beter stiptelikheidsrekord as Oostenryk, en voer motoronderdele uit na 100 lande.

SA myne boor tot die diepte van 3480 meter en hou die rekord vir die diepste loodregte skag nl. 2 498m diep in van die hardste rots ter wêreld.

SASOL staan aan die voorpunt van brandstoftegnologie uit steenkool en deel hul kennis met Duitsland, die VSA en Japan.

Die nakomelinge van die eerste blanke intrekkers asook latere Britse, Duitse, Portugese, Nederlandse, Franse en Griekse immigrante beloop tans 4,8 miljoen en het aan die suidpunt van Afrika ‘n supermoondheid geword.

Hervorming deur die afskaffing van verbode toegang vir nie-blankes vind voortdurend plaas. Treintoegang 1985, bioskope 1985, gemengde huwelike 1985, ens.

PW Botha die president se woorde: “Hoe meer hervorming ons deurvoer, hoe meer word ons verdoem. Hoe meer ons wegbeweeg van apartheid des te woedender word die internasionale kampanje teen ons…”

Ons word aangekla deur die wêreld dat ons ‘n polisiestaat is:

In SA 1,4 polisiemanne vir elke 1000 mense terwyl die wêrled soos volg lyk: Groot Brittanje 2,2, Israel 3,5, New York 4,3, en Moskou 10 per 1000. In SA is daar 16 292 Blanke polisiemanne teenoor 19 177 nie-blank.

Ons word daarvan aangekla dat ons politieke ootreders vermoor:

In 1979-1980 is daatr géén sterfgeval in SA tronke nie. In die vorige 10 jaar sterf daar 37 wat in ondersoekarres is teenoor 274 in dieselfde tydperk in Wallis en Engeland.

Ons word aangekla dat ons hongerlone betaal:

In 1974 is die gemiddelde maandelikse inkomste van swart arbeiders in SA $127 teenoor die $140 van die VSA wat die rykste land ter wêreld is, ‘n kortkop agter.

In 1988 vergelyk ons lone soos volg: 1kg rys in Johannesburg verteenwoordig 12 minute se loon teenoor 54 minute in Moskou. 750ml plantolie: 38 minute in SA teenoor 118 minute in Moskou. Dit is ‘n swart werker in SA teenoor ‘n blanke in Moskou.

Ons word aangekla dat ons duisende politieke gevangenes opsluit:
In 1983 is daar 127 sulke gevangenes in SA asook 11 wie se bewegings beperk is en verder 32 in huisarres.

Ons land ”Die skatkamer van die wêreld” is gesteel.

Dink weer voor jy jouself ‘n lojale ondersteuner van die vernietigende nuwe SA noem. – Koos Odendaal

KKNK se sensuur teen Steve Hofmeyr

Dit is jammer dat die organiseerders van die KKNK so graag politiek korrek wil wees. Hulle het een laaste sin te veel oor hul standpunt t o v Steve Hofmeyer kwytgeraak en daardeur hulle eie sensuur op een van Suid-Afrika se beroemdste Afrikaanse sangers en kunstenaars geplaas.

Die KKNK beweer hulle is trots Afrikaans en wil brûe bou. Met wie wil hulle brûe bou, met diegene wat Afrikaans en Afrikaanse kunstenaars nie goedgesind is nie? Die probleem is dat die KKNK nie verstaan wat Steve eintlik met sy uitsprake bedoel nie.

My vraag is of die KKNK-organiseerders o.a. ook vir Charmaine van Sewende Laan en die agbare Jacob Zuma oor dieselfde kam sal skeer en vir hulle sal sê hulle is nie welkom by die KKNK se aktiwiteite nie. Almal wat tot dusver met Steve swaarde gekruis het, het tweede gekom. Selfs groepe in Media 24. Steve is ‘n ikoon op sy eie met duisende aanhangers wat die KKNK se standpunt met minagting verwerp. Die elektroniese media bevestig dit onomwonde.

Hierdie vyandige houding teen so ‘n gewilde sanger wat nie skroom om Afrikaanse belange teen ‘n diskriminerende meerderheid te verdedig nie, kan dalk die KKNK vinniger na sy einde bring. Volgens koerantberigte verskil selfs die oorspronklike stigter van die KKNK met die huidige organiseerders se standpunt. – Bart & Marie Vosloo

Ka-ka-ka, sensuur is terug! (En wat u kan doen om te help)

Geagte leser,

Die nuus dat Steve Hofmeyr nie meer toegelaat gaan word om by die Klein-Karookunstefees op Oudtshoorn op te tree nie, verteenwoordig ‘n nuwe vorm van sensuur wat ingestel word. Steve is ook skrywer, daarom mag hy ook nie meer daar oor sy boeke praat nie.

praag-embleemnuutDie bietjie spraakvryheid waaroor ons nog in die land beskik, word oral ingeperk en die hoofstroommedia (HSM) speel saam om net een gesaniteerde, polities korrekte boodskap in die media en die kunste toe te laat.

Waar laat dit ons? Geweldsmisdaad en korrupsie gaan nie verminder nie, maar ons sal al hoe minder daarvan lees of hoor. Die enigste boeke wat toegelaat gaan word, gaan boeke wees waarin die ANC-ideaal van ‘n ras- en taalgemengde reënboognasie vir die land gevier word, met karakters wat óf Engels of ‘n gemengde Afrikaans praat en waarin enige verwysings na Afrikaners, ons geskiedenis en erfenis, asook diskriminasie of geweld teen minderheidsgroepe, taboe sal wees. Dan praat ‘n mens nie eens van die onderstroom van perverse, sadistiese marteling, verkragting en gruweldade wat die land teister en wat deur geen akademici, skrywers of denkers ondersoek word nie! Dis eenvoudig ongehoord dat sulke dinge mag bestaan, maar niemand mag daaroor praat nie.

As ons dít alles net aanvaar, weet ons hoe die einde lyk: soos Zimbabwe waar ‘n radikaal Afrosentriese regering hom met brute mag en propaganda handhaaf en niemand enige kritiek durf uitspreek nie. Verder terug in die twintigste eeu het dieselfde toestande in kommunistiese lande geheers en is tienmiljoene mense stil-stil doodgemaak sonder dat ‘n haan daaroor gekraai het. In sommige gevalle is massagrafte eers dekades later oopgegrawe om die waarheid te ontbloot.

PRAAG is die enigste Afrikaanse organisasie wat hom aktief teen hierdie “gefabriseerde instemming” (Chomsky) verset. Ons val nie ander Afrikaanse organisasies aan en probeer hulle verkleineer of stigmatiseer soos wat ons vyande gereeld met ons doen nie. Ons webwerf praag.co.za is ‘n eiland van spraakvryheid in ‘n toenemend totalitêre Suid-Afrika. Daarvoor gaan ons binnekort deur marxistiese prokureurs voor die Gelykheidshof aangekla word, in ‘n poging om ons stil te maak.

Vanjaar gaan PRAAG ten minste tien nuwe boektitels publiseer, waaronder vertalings uit Europese tale. Vir ons is dit geen luukse nie; dis suurstof om in dié verstikkende, “Engels-Engels-alles-Engelse” en polities korrekte samelewing te kan oorleef. Daarmee saam nuwe inheemse Afrikaanse romans, sowel literêr as populêr.

Maar sonder bydraes en ondersteuning van ons lesers en webwerfbesoekers kan ons nie hierdie belangrike werk voortsit nie.

Moenie dat die trotse Afrikaanse stem wat al sedert Jan van Riebeeck se tyd in ons land weerklink, in die doofpot gesteek word nie.

Sluit asseblief by PRAAG aan deur dié vorm in te vul of kontak ons sommer dadelik by inlig[by]praag.org.

Dan Roodt

Aanval op Charlie Hebdo verdiep kloof tussen links en regs

Die skok in Frankryk na Woensdag se dodelike aanval is enorm. Dit is, na alles, die mees moorddadige aanval op Franse bodem sedert die tyd van die koloniale oorlog in Algerië meer as 50 jaar gelede.

Twee van die slagoffers – Georges Wolinski en Cabu – is reeds jare bekend vir hul spotprente. Hul werk is al deur miljoene gadegeslaan, veral op televisie waar Cabu groot bewondering afgedwing het met spotprente wat hy tydens ‘n lewendige uitsending van ‘n gewilde politieke debatsprogram gemaak het. Wolinski het die Legion d’Honneur ontvang vir sy erotiese tekeninge.

Die staatsleiers se emosionele reaksie was vervat in die oproep tot eenheid. President Francois Hollande het dieselfde dag ‘n oproep om Franse eenheid gedoen want “ons beste wapen is dat niks ons kan verdeel nie…”

Maar net ure vroeër het ‘n Franse vrou van Arabiese afkoms in trane op TV gekla dat almal in haar kantoor haar dieselfde middag verdag aangegluur het.

En die ander giftige feit is dat ‘n Charlie Hebdo-joernalis, ‘n oorlewende van die aanval, berig het dat die moordenaars vlot Frans gepraat het.

Binne ure het die ongewilde Sosialiste met hul vrome oproepe tot eenheid, egter hul weg oopgesien om die aanval op die mees siniese wyse vir politieke doeleindes te ontgin, en die regses van “haat” beskuldig. Vingers is gewys na kritici van Islamitiese fundamentalisme maar nie na die fundamentaliste nie.

Die weeklikse satiretydskrif publiseer gereeld spotprente wat veral spot met die profeet Mohammed en Christene.

Dit het gelei tot dreigemente, ‘n petrolbomaanval in 2011, die behoefte aan voltydse polisiebeskerming en selfs harde woorde van die Franse minister van buitelandse sake wat verklaar het dat dit nie intelligent van die tydskrif is om “olie op die vuur te gooi nie”.

Charlie Hebdo het hom natuurlik geïgnoreer. Hierdie week se uitgawe het op sy voorblad ‘n spotprent oor Soumission, die omstrede nuwe roman deur Michel Houellebecq wat pas eergister (7 Januarie) verskyn het.

Soumission (Onderwerping) se verhaal is eenvoudig: Net ‘n paar jaar van nou af verkies Frankryk ‘n Moslempresident in ‘n poging om die “verregse”, anti-immigrasie-Front National van Marine Le Pen te verhoed om aan die mag te kom.

Kritici het die boek geloof wat ‘n nagmerrie-scenario uitbeeld wat dikwels deur die Front National self geskets word.

Maar Sosialiste is woedend oor die boek. Hulle meen dit verteenwoordig ‘n geskenk, aan die Front National se leier Marine Le Pen.

Die moorddadige aanval op Charlie Hebdo is in Frankryk se geval ‘n verdere polarisering tussen ‘n groeiende Moslembevolking van meer as vyf miljoen mense en ‘n toenemend invloedryke regse party wat immigrante as die bron van die land se probleme uitwys.

Frankryk is nie alleen nie. Langsaan is Duitsland waar die regering van Angela Merkel met konsternasie die groterwordende anti-Islamitiese optogte wat oral in die land die afgelope week plaasgevind het, dophou.

Duitsland het ‘n soortgelyke groot Moslem-bevolking, wat hoofsaaklik uit Turke saamgestel is.

Hul kinders is nou burgers van ‘n land wat ook nie wil buig voor hul godsdiensvoorkeure nie.

Prof. Anton van Niekerk se halwe polities korrekte waarheid

Ek sal graag die hele artikel wil lees soos dit in Tydskrif vir Geesteswetenskappe verskyn het, maar uit die bietjie wat ek gesien het probeer prof. Van Niekerk die punt maak dat ons die waarheid in konteks moet sien. Dus, volgens hom, ignoreer die blankes die waarheid dat swartmense benadeel was en is ons klagtes ongegrond.

Hy is heeltemal korrek in sy halwe waarheid. Ons almal sal erken dat daar tydens apartheid meer geleenthede was vir die blankes, net soos wat daar vandag is vir die swartmense. Ironies dat ‘n geleerde man dus die idee van “fighting one wrong with another” ondersteun. Hoe dit ook al sy, ons almal verstaan dat dit vandag polities korrek is om ‘n ras te ontneem van geleenthede omdat dit die verlede moet regstel.

Hierdie denkwyse is niks nuuts onder die liberale denkers nie. Wat my verstom, is hoe hulle ander beskuldig van presies dít wat hulle self doen. Die polities korrekte waarheid is net ‘n deel van die waarheid en hulle bly daarby vashaak. Mense soos prof. Van Niekerk is nie bereid om verder te kyk na die totale prentjie nie.

Die probleem wat die Afrikaner het, is nie die feit dat swartmense (is dit polities korrek om van swartmense te praat?) bevoordeel word nie, dit is die ontneming van die regte van ‘n volk wat die probleem is. Kom ons vereenvoudig dit – twee maatjies speel saam en die een gooi die ander een se koeldrank uit. Die oplossing volgens prof. Van Niekerk is dat die ander maatjie nou moet toekyk hoe sy koeldrank ook uitgegooi word. Dan het niemand meer koeldrank nie en is ons op dieselfde vlak.

Die polities verkeerde waarheid waarme nie een van die slim manne vorendag kan kom nie, is dat opheffing nie hoef te geskied ten koste van ‘n ander nie. Boere regoor die land het hulself bereidwillig verklaar om deel te neem aan grondhervorming, maar met die voorwaarde dat dit sinvol is. Daar is duisende hektaar ongebruikte grond in die besit van die staat. Daar is duisende hektaar grond in die mark wat gekoop kan word. Tog word daar elke jaar ‘n nuwe onrealistiese plan op die tafel gesit wat op ‘n gevaarlike beleid van onteiening gegrond is. Prof. Van Niekerk & kie kyk nie na hierdie deel van die prentjie nie en blameer nog steeds die mislukkings van swart boere op die verlede. Dit maak dus nie saak dat daar ‘n dimensie agter hulle realiteit is nie, want dit bevoordeel nie hulle eie ideologie nie.

Dit is totaal polities verkeerd, dalk selfs “waansinnig” om te dink dat die regering nie bevoeg is om die land te regeer nie. Baie van die liberale denkers skryf dit alles toe aan apartheid, want dié is polities korrek en mode, maar dit wil vir my al meer begin voorkom asof hierdie mense eenvoudig te lui of te moedswillig is om verder te dink.

Daar is talle universiteite en ander naskoolse instellings in Suid-Afrika waar duisende swart kinders elke jaar deel in miljoene rande se beurse om hulle op te hef. Die blanke of Afrikaner het geen probleem hiermee nie en wil niemand ontneem daarvan nie, maar sou mens kyk na die bohaai wat opgeskop word elke keer as daar van ‘n volkseie universiteit gepraat word is dit tog duidelik dat die polities korrekte waarheid dieper gewortel is in wraak, eerder as bloot regstelling.

Die probleem wat prof. Van Niekerk en ander nie wil erken nie, die ander helfte van die waarheid is dat daar ‘n verskil is tussen regstellende aksies en die onderdrukking van ‘n groep. Om meer swart dokters op te lei, is nie ‘n probleem nie, maar om wit kinders te ontneem van die reg om ‘n dokter te word omdat hulle wit is, is net so rassisties soos apartheid op sy ergste. Om grond te gee vir swart boere is nie die probleem nie, maar om wittes te ontneem van hulle bestaan en voedselsekuriteit daarmee in gevaar te stel, is totaal onverantwoordelik.

In die paar stukke wat ek gelees het, wil dit voorkom asof dit dalk nie noodwendig die polities korrekte waarheid is waarna prof. Van Niekerk soek nie, maar eerder die polities gemaklike of polities aanvaarbare waarheid waarna hy op soek is. En ‘n halwe waarheid bly maar ‘n gevaarlike ding.

Maar dit bly maar net my polities ón-korrekte opinie.

– Vannermerwe

Lees ook:

Anton van Niekerk: politieke korrektheid, feite-waarheid en morele waarheid

Anton van Niekerk handel in politieke korrektheid en halwe waarhede

Anton van Niekerk lieg skaamteloos in Die Burger

Anton van Niekerk handel in politieke korrektheid en halwe waarhede

‘Die mees bekwame swart mediese personeel van vandag is ouer as 40 en is dus onder apartheid opgelei.’

Aangesien prof. Anton van Niekerk van die Universiteit van Stellenbosch se artikel oor “waarheid” handel het ek as gewone Suid-Afrikaner besluit om die waarheid voor te lê. Hy skryf:

“‘Politieke korrektheid’ het moontlik die vernaamste skelwoord geword waarmee regse Afrikaners deesdae hul opponente links van hulle toetakel.”

Dit klink amper soos die “skelwoord” of eerder skelwoorde soos “rassisme” en “apartheidsontkenner” waarmee linkse Afrikaners deesdae hul opponente van regs wil toetakel. Dit doen u selfs in hierdie rubriek deurdat u die gegronde en intellektuele betoë teen regstellende aksie en grondhervorming aftakel deur die redenasie dat Afrikaners (selfs dié wat na 1994 gebore is) steeds verantwoordelik gehou moet word en moet boet vir ‘n beleid wat lankal afgeskaf is. U beweer verder:

“Waarheid, veral in ’n morele konteks, kan daarom nie altyd sonder meer gelyk gestel word met ‘die naakte feite’ nie. Die waarheid funksioneer in ’n konteks wat nie altyd bloot ‘meegedeel’ kan word nie, maar wat dikwels geïnterpreteer moet word.”

Dit klink baie na ’n manier om die waarheid van die mislukkings van Suid-Afrika tot in der ewigheid te onderdruk deur die linkse interpetasies oor die verlede alewig onder almal se neuse te vryf.

Byvoorbeeld: Ja, die “naakte feit” is dat daar deesdae teen wittes gediskrimineer word, maar dit is nie die volle waarheid nie, want daar moet ook “geïnterpeteer” word dat daar êrens in die verlede (volgens my linkse interpretasie) teen swartes gediskrimineer is.

Linkses soos u, deur u “interpretasies” skep dus ‘n “sertifikaat” wat in elke instansie opgehang kan word en kan dien as die regverdiging vir die aanhoudende diskriminasie teen wit Suid-Afrikaners. Is so ’n “sertifikaat” tydloos? Wanneer volgens u, mag daar weer ‘n gelyke speelveld wees waar wit kinders weer mag medies studeer? Wanneer die gesondheidsdienste reeds aan skerwe is, of wanneer die mediese klas honderd persent swart is? ’n Disfunksionele gesondheidstelsel is een van die pryse wat betaal moet word vir die najaag van getalle om uitkomstes te manipuleer.

U erken dus die diskriminasie teen witmense, maar glo dat dit regverdigbaar is volgens ‘n blote “interpretasie” van die verlede? Hoekom word witmense dan so gekritiseer wanneer hulle die legitimiteit van die reënboogideaal bevraagteken? Hier staan en erken u dan oop en bloot dat daar teen witmense gediskrimineer word. Of die diskriminasie teen witmense regverdigbaar is of nie, getuig enige vorm van diskriminasie beslis nie van ’n “reënboognasie” nie. Nog minder van die “non-racial South Africa” waarvan Mandela gepraat het. Dieselfde “nie-rassige demokrasie” waarvoor witmense in 1992 moes stem. Dan is daar dié sinsnede:

“praat asof ons onlangse geskiedenis in Suid-Afrika weggewens kan word nie.”

Wat beteken “onlangs” volgens u? Anders as u, beskou ek die Suid-Afrikaanse geskiedenis as lank voor 1948. Daarom is 1899 vir my ook “onlangs”. Die konsentrasiekampe waarin Boerevrouens- en kinders gesterf het, moet dan liefs ook nie “weggewens” word nie. Volgens u “oog-vir-‘n-oog”-logika, het Afrikaners tot vandag toe die reg om Engelse witmense ook so uit te mergel. Nie dat die Afrikaners dit selfs na die oorlog of nadat hulle mag verkry het, ooit gedoen het nie. Van Niekerk skryf verder:

“Ons geskiedenis is ’n verhaal van een van die die mees blatante instansies van diskriminasie teen mense op grond van velkleur wat die wêreld nog ooit gesien het. Terwyl wit mense in regse kringe fulmineer oor slim, wit jongmense wat deesdae nie meer so maklik toegang tot ’n studierigting soos geneeskunde kry nie, vergeet ons veels te vinnig dat swart mense voor relatief laat in die 20ste eeu hoegenaamd nie toelating tot enige Suid-Afrikaanse universiteit gehad het nie – laat staan nog tot medies.”

Hierdie belaglike linkse “interpretasie” van u spreek vir my boekdele oor hoekom die wit Suid-Afrikaner so suksesvol gemarginaliseer word. Dit is hierdie witskulddogma wat veroorsaak het dat regstellende aksie regverdigbaar geword het, en dat daar nooit werklike verset teen sulke beleide was nie. Daarom sit 250 000 witmense vandag in plakkerskampe in Johannnesburg. Daarom moet ouers vir hul kinders verduidelik dat hulle te wit is om te mag studeer. U “interpretasies” oor die verlede regverdig juis dít.

Ek wil ek u inlig dat u “interpretasies” skeef is en gegrond is op ’n neo-apartheidsgeskiedenis wat eers na die jaar 1994 gevorm is en juis op so ‘n manier opgestel is om anti-wit-diskriminasie suksesvol te kan regverdig.

Die tydperk van die “mees blatante instansies van diskriminasie teen mense op grond van velkleur” is immers die tydperk waarin mense van alle kleure meer kon floreer as ooit. Dit was veral die swartmense wat wonderbaarlik ontwikkel het en hul plek in die ekonomie en werksektor begin inneem het. Vandag verloor hulle dit. Ek haal aan uit die Amptelike Handboek van die Republiek van Suid-Afrika 1985:

  • In 1970, Blacks earned 1751-million (25,5%) of the country’s total wage bill of 6865-million. By 1984, their share had grown to 32,3% (17 238-million) – an increase of more than 1000% in 14 years
  • In 1970 Blacks accounted for 23% of the total personal disposable income in South Africa and the Black national states. By 1985 their share had grown to 31,8%, while that of whites declined from 67,7% to 55,5% during the same period.
  • Of the 1 264 500 employees in the manufacturing sector during 1976, 56% were black, 22% white, 16% colored and 6% Indian.

Verder vertel die 1991-sensus dat swart werkloosheid in 1991 8,1% was. Dít teenoor die huidige 37,5%.

Daar was ook 323 340 swart besigheidseienaars in 1991 waarvan 120 662 swart vrouens was. Dit staat meer in verhouding tot die destydse swart demografie as vandag. Van Niekerk beweer ook:

“voor relatief laat in die 20ste eeu hoegenaamd nie toelating tot enige Suid-Afrikaanse universiteit gehad het nie – laat staan nog tot medies”

Dit is ’n totale leuen. In 1985 het 43 000 swart studente aan blanke universiteite in die Republiek studeer. Selfs voor 1985 het instansies soos Medunsa ekslusief duisende swart mediese studente per jaar opgelei. Daar is talle swart universiteite deur wit belastingsbetalers in die tuislande opgerig wat honderde duisende gekwalifiseerde swartmense opgelewer het. Voor 1948 was so ‘n resultaat slegs ’n swart droom wat, gegewe die onderontwikkelde swarte van 1948, onmoontlik gelyk het. (Verskoon tog as die benaming “swarte” nie polities korrek is nie.)

Die mees bekwame swart mediese personeel van vandag is ouer as 40 en is dus onder apartheid opgelei.

Moet wit skoolkinders hierom vandag tot meer as 90 persent kry om in aanmerking te kom vir toelating tot mediese opleiding? Die Stellenbosse ideoloog kom dan met sy argument oor grondbesit vorendag:

“…staan die beskuldigende horison van die geskiedenis toe swart mense slegs 13% van Suid-Afrika se grond kon besit – en daarvan baie min privaat kon besit.”

Die “geskiedenis” wat u gebruik om die “kliniese feite” te onderdruk en te verkleineer is ongelukkig gegrond op halwe waarhede en leuens.

Net soos die vorige voorbeeld, is die voorbeeld oor grondhervorming belaglik. Die “13% van Suid-Afrika se grond”-weergawe is nie heeltemal onwaar nie, maar uiters simplisties gestel en slegs ‘n halwe waarheid. Kom ek wys u op die “kliniese feite” wat nie deur enige ander “interpretasie” verkleineer kan word nie.

Die 13% (eintlik 14%) grond wat deur swartes besit kon word, was in die eerste plek dieselfde grond waarop die onderskeie swart kultuurgroepe lank voor die eerste ras-wetgewing gevestig het. Dit is hand aan hand met die implementering van apartheid summier aan hulle toegeken vir hulle ekslusiewe bewoning. Geen ander rassegroep het hierdie voorreg geniet nie. Daardie grond was die mees vrugbare streke in die hele land met die hoogste reënval.

Honderde wit boere het oor die jare hul grond verkoop om die area van die tuislande aan te vul.

Die vrugbaarheid en bewoonbaarheid van die res van Suid-Afrika, waar nie net witmense nie, maar ook kleurlinge en Indiërs moes woon, het egter veel te wense oorgelaat. Volgens South African Profile 1978 was slegs sowat 10% van die nie-tuislandareas beskikbaar vir verbouing. Die res van die nie-tuislandgrond was semi-woestyn of bloot onbewoonbaar a.g.v. onaangename klimaat en lae reënval. Dus, behalwe vir ’n handjie vol veeboere en klein primitiewe plattelandse dorpies, het blankes en kleurlinge slegs sowat 15% van Suid-Afrika se grond bewoon, waarvan hulle ‘n klein persentasie privaat besit het. Dan moet u ook onthou dat hierdie klein bewoonbare areas waar witmense en kleurlinge gewoon het, ook sowat 20% van die swart bevolking moes huisves in die stede.

Die blanke/kleurling-gebiede is dus baie meer onder druk geplaas en digter bevolk as die swart tuislande.

Die landbouprojekte vir swartes in tuislande het ook sedert 1960 duisende suksesvolle swart boere opgelewer. Anders as die swart boere van vandag wat eenvoudig aanspraak maak op grond en veroorsaak dat daardie selfde grond ’n paar jaar later vervalle en onproduktief is.

Is grondhervorming dus steeds regverdigbaar? U wil hê dat die agtergrond van die geskiedenis in ag geneem word wanneer “die waarheid” gepraat word. Juis dít het ek nou gedoen en daardeur kon ek die belaglikheid van grondhervorming en regstellende aksie selfs nog meer uitwys.

Die “agtergrond van die geskiedenis” moet ongelukkig juis interpreteer word deur alle feite in ag te neem. Nie net die oppervlak nie, maar ook die diepte van elke feit moet ondersoek word. Dit is byvoorbeeld waar dat swartmense slegs 13% van die grond kon besit, maar het u die rede en diepte van daardie feit ondersoek soos wat ek hierbo uitgelê het?

Sulke interpretasies sal die enigste manier wees om ‘n verstandhouding te bereik waarvolgens gelyke speelvelde bewerkstellig kan word en ons kan voortleef in ’n ware nie-rassige Suid-Afrika. Suid-Afrika is die land met die meeste rasgebaseerde wetgewing ter wêreld en dít as gevolg van regverdigings daarvoor wat spruit uit gebrekkige interpretasies van die verlede. Hierdie interpretasies moet vernietig en reggestel word en as dit vir sommige mense na “rassisme” en “apartheidsontkenning” klink, is dit die prys wat ons bereid is om te betaal!

– John White

Lees ook:

Anton van Niekerk: politieke korrektheid, feite-waarheid en morele waarheid

Dominante narratief in Afrikaans is nou links

Die dominante narratief in ons Afrikaanse leefwêreld word vandag gedryf deur die linkses. Hulle bepaal grootliks wat Afrikaners dink, sien en hoor. Enkele afwykings daarvan word binne bepaalde parameters toegelaat om darem die skyn van objektiwiteit te handhaaf.

Die groot storie wat gehandhaaf en uitgebou moet word, is die “Nuwe Suid–Afrika-reënboognasie”-ideaal. Elke berig en elke uitsending word uiteindelik deur redakteurs gemeet aan hierdie ideaal.

Die Afrikaanse establishment (wat nou ferm in die linkses se greep is) het by Kodesa besluit om die volk se seile volgens hierdie winde te span. Die Nuwe SA-winde waai ongelukkig deesdae soos ‘n rukwind, met grondrevolusie, verval en misdaad in die lug. Linkses klou krampagtig vas aan hul uitgediende strategiese mistastings.

Soos Willem de Klerk destyds Afrikaners met “teelepeltjiedosisse” wou heropvoed tot iets anders, word ons vandag met eetlepels politieke korrektheid nog steeds ’n mielie gerol. Net soos die NP vir te lank vasgeklou het aan ‘n uitgediende plan, sal die linkses ook moet laat gaan. Die realiteite van Afrika het ons ingehaal.

– Bertus Boshoff