Tans word daar pogings aangewend om ‘n nuwe geloofsbelydenis, genaamd Belhar, bekonkel deur Allan Boesak en sulke snare, aan die drie tradisioneel Afrikaanse susterkerke op te dring. Daar moet glo saam met die tyd beweeg word.
Die tien gebooie is dalk die volgende teks wat herskryf sal word. Dit sou heiligskennis wees, maar niks word meer ontsien nie. Sonder om oneerbiedig te wees, word hiermee ‘n kykie gegee in wat moontlik in die vooruitsig is.
- Jy mag naas die ANC geen ander politieke party ondersteun nie.
- Jy mag geen ander beelde oprig as dié vir Madiba nie.
- Jy mag nie na vryheidsvegters as terroriste verwys nie.
- Sorg dat jy die ANC se hergeskryfde Suid-Afrikaanse geskiedenis as evangelie aanvaar.
- Eer diegene wat verraad teen die blankes gepleeg het.
- Jy mag nie kla as voorheen benadeeldes met moord wegkom nie.
- Jy mag nie beswaard wees as jou naaste vier vroue het nie.
- Jy mag nie moerig oor regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en grondherverdeling wees nie.
- Jy mag nie elektrisiteit gebruik asof daar genoeg is nie.
- Bowenal, jy mag nie eis dat daardie Nkandla-geld terugbetaal moet word nie.
Anton van Rhijn
