praag.co.za

Suid-Afrika onder blanke beheer was ‘n reus in 1988

Written by

in

,

In 1988 het ‘n Duitser in boekvorm uitgegee hoe die Wit reus van Afrika in werklikheid gelyk het.

Ons en die wereld is ‘n rat voor die oë gedraai:

Kyk na die feite (verwysing 1988 tensy anders aangetoon):

In 1972 besit swartes in SA 360 000 voertuie. (Meer as al die swart state van Afrika saam!!!!!!!!!!)

Die maandelikse inkomste van swartes per kop in 1988 is R352/maand teenoor Malawi en Mosambiek met minder as R20 per maand.

In 1988 kon swart burgers ‘n ingewikkelde hartklepoperasie vir net meer as $1 ondergaan terwyl swart Amerikaners > $15000 moet betaal. In een Pretoriase hospital word tussen 2000 en 3000 van hierdie operasies per jaar gedoen.

In 1970 verdien swart arbeiders R1751 miljoen of 25,5% van die totale loongelde in SA wat styg tot R17 238 miljoen in 1984 (1000% groei) en 32,3% van totale lone in SA. In die 1986/1987-boekjaar betaal blankes R9000 miljoen belasting en die swartes R171 miljoen, Indiërs R257 miljoen en kleurlinge R315 miljoen.

Tussen 1962 en 1972 betaal die VN aan onderontwikkelde lande $298 miljoen teenoor SA wat $558 miljoen bestee aan die ontwikkeling van sy swart gebiede.

Die begrotingsbedrag vir swart onderwys styg jaarliks vanaf 1970 met bykans 30% meer as enige ander staatsdepartement.

Van 1955 tot 1984 styg die aantal swart skoliere van 35000 tot 1 096 000 dws een-en-dertigvoudig. In 1988 kan van die volwasse swart bevolking 71% lees en skryf teenoor 47% in Kenia, 38% in Egipte, 34% in Nigerië. Daar word gemiddeld deur die jaar 15 nuwe klaskamers per werksdag vir swart skoliere gebou.

In 1985 was daar 42 000 swart studente aan SA universiteite ingeskryf.

Daar is 5 swart universiteite en 28 inrigtings vir hoër onderwys wat deur die regering gefinansier word.

Soweto met sy bevolking van 1,2 miljoen het 5 moderne sportstadions teenoor Pretoria met sy 600 000 blankes wat 3 het. Soweto het 365 skole teenoor Pretoria 229. In Soweto in 1978 is daar 115 sokkervelde, 3 rugbyvelde, 4 atletiekbane, 11 krieketvelde, 2 gholfbane, 47 tennisbane, 7 swembaddens, 5 rolbalsale, 81 korfbalvelde, 39 kinderspeelparke en tallose gemeenskapsale, bioskope en klubhuise.

In Soweto in 1978 is daar 300 kerke, 365 skole, 2 technikons, 8 klinieke, 63 kindertuine, 11 poskantore en sy eie vrugte-en-groentemark.

In Soweto bou die blanke regering ‘n reuse hospitaal Baragwanath met 3000 beddens. Een van die grootste en modernste ter wêreld.

Sy 23 operasieteaters is voorsien van die beste toerusting wat geld kan koop.

Hier word swartes teen ‘n nominale koste van R2 vir ‘n onbeperkte tydperk behandel, opereer en kan herstel met die onderhoudskoste gedra deur blanke belastingbetalers en dit beloop meer as die Verenigde Nasies se kleinste lidlande se totale staatshuishouding.

Die hospitaal het 8000 mense in diens waarvan 450 voltydse dokters wat jaarliks 112000 binnepasiënte en 1,62 miljoen buitepasiënte behandel. 90% van die bloed word deur blankes geskenk.

In 1982 is nie minder as 898 hartoperasies nie hier gedoen.

Langs die Baragwantha-hospitaal is die St. John-oogkliniek, wêreldberoemd weens die behandeling van gloukoom, losgaande retinas, traumatiese oogbeserings en seldsame tropiese siektes.

Daar is in Soweto meer as 2 300 geregistreerde firmas, 1 000 taxi-ondernemers, 50 000 motoreienaars.

Dr Kenneth Walker, ‘n Kanadese arts, besoek Soweto en meld die volgende waarnemings:

  • Hy sien verskeie huise wat meer as R100 000 sou kos om te bou met veskeie BMW’s voor die deur.
  • Net 2% van die huise is krotte met die res wat netjiese geboue met grasperke is.
    As hy moes kies tussen die vervalle woonstelle van New York, Detroit of Chicago dan bly hy eerder in Soweto.
  • Hy word baie eerder siek in Soweto as in sommige Kanadese stede.
  • Hy sê die stad het meer skole, kerke, motors, taxi’s en sportvelde as menige onafhanklike Afrikastate.

Die regering bou 5000 huise per maand en stel wonings beskikbaar aan 92% swartes.

In 1978 bou die SA regering ‘n hoogs moderne hospital MEDUNSA op die grens van die onafhanklike staat Bophuthatswana teen R70 miljoen op 35 ha. In hierdie “stad”-in-die-kleine is daar woon- en slaapgeriewe vir manlike en vroulike studente waar swart dokters, tandartse, veeartse en para-mediese personeel opgelei word. Dit is die enigste gespesialiseerde universiteit van sy soort in Afrika en een van die weiniges in die wêreld gefinansier deur blanke belastingbetalers tot voordeel van uitsluitlik swartes. Feitlik alle studente wat hoofsaaklik uit die nasionale swart state kom se koste word deur die blanke regering gedra.

Die praktiese opleiding vind in die nabygelee Garankuwa-hospitaal plaas waar die hele spektrum van menslike kwale behandel word.

Garankuwa het fasiliteite vir nieroorplantings, isotope-eenhede, met gespesialiseerde laboratoriums waar 200 dokters jaarliks prakties opgelei word.

Sien die nakomelinge van die Boerepioniere – die blanke Afrikaners soos ons onsself noem het binne 300 jaar aan die suidpunt van Afrika ‘n modelstaat gebou met ‘n bykans Europese karakter en die grootste ekonomiese en militêre mag in Afrika. Doer ver onder aan die suidpunt die verste weg van al die Afrikastate vanaf die model Europa. Met Europa net om die draai van Noord-Afrika.

SA se ekonomiese betekenis vir die lande suid van die ewenaar is so groot dat sou SA verdwyn, sterf miljoene in buurlande van die honger.

In 1985 is daar 37 diesellokomotiewe, 40 stoomlokomotiewe aan buurlande geleen waar daar daagliks 6195 SAVD-goederewaens loop teenoor 944 in SA self.

SA lei die bemannings op vir die lugrederye van Swaziland, Botswana, Zimbabwe, Zaïre en die Comores.

In 1979 toe die treinverkeer na die Malawiese hoofstad Lilongwe deur rebelle onderbreek is, lewer die SA transportvliegtuie brandstof in dromme af om hulle ekonomie aan die gang te hou.

In 1986 besoek 80 000 swart sakemanne uit Afrika Kaapstad om handelstransaksies te beklink.

SA voorsien in die graanbehoeftes van sy buurlande en wyer. In 1980 ontvang Zambië 250 000 ton mielies, Mosambiek 150 000 ton mielies en 50 000 ton koring, Kenia 128 000 ton mielies en Zimbabwe 100 000 ton. Verder ontvang ook Angola, Ivoorkus, Malawi, Mauritius, Tanzanië en Zaïre SA graan. Minstens 12 state van Afrika is volgens die “Argus African News Service” so afhanklik van SA graan dat ‘n totale verbod op in- en uitvoer hulle ekonomies sal vernietig.

Ongeveer die helfte van Lesotho se manlike bevolking werk in SA, nl. 146 000 in 1983 en verdien R280,6 miljoen wat ongeveer die helfte van Lesotho se staatskas uitmaak.

In die sestigerjare tree 53 staatsamptenare van SA in raadgewende hoedanigheid in ons buurlande op nl. Lesotho, Malawi, Swaziland, Mosambiek en Botswana.

In 1983 stel SA 1 213 raadgewers beskibaar vir ‘n onbepaalde tyd aan die 4 tuislande.

In die 1982/83 boekjaar begroot SA vir R434 miljoen se hulp aan sy onafhanklike buurstate.

As mens die ontwikelingsprogram vir die selfregerende state binne SA byreken, beloop die blanke belastingbetalers van SA se hulp mee as R1 miljard. Per kop gereken ‘n absolute wereldrekord.

SA produseer meer elektriese energie as Italië, net soveel ru-staal as Frankryk, meer koring as Kanada, meer wol as die VSA, meer wyn as Griekeland en meer vis as Groot Brittanje.

SA treine loop op meer spoorlyne as Wes-Duitsland s’n, vervoer meer passasiers as Switserland, het ‘n beter stiptelikheidsrekord as Oostenryk, en voer motoronderdele uit na 100 lande.

SA myne boor tot die diepte van 3480 meter en hou die rekord vir die diepste loodregte skag nl. 2 498m diep in van die hardste rots ter wêreld.

SASOL staan aan die voorpunt van brandstoftegnologie uit steenkool en deel hul kennis met Duitsland, die VSA en Japan.

Die nakomelinge van die eerste blanke intrekkers asook latere Britse, Duitse, Portugese, Nederlandse, Franse en Griekse immigrante beloop tans 4,8 miljoen en het aan die suidpunt van Afrika ‘n supermoondheid geword.

Hervorming deur die afskaffing van verbode toegang vir nie-blankes vind voortdurend plaas. Treintoegang 1985, bioskope 1985, gemengde huwelike 1985, ens.

PW Botha die president se woorde: “Hoe meer hervorming ons deurvoer, hoe meer word ons verdoem. Hoe meer ons wegbeweeg van apartheid des te woedender word die internasionale kampanje teen ons…”

Ons word aangekla deur die wêreld dat ons ‘n polisiestaat is:

In SA 1,4 polisiemanne vir elke 1000 mense terwyl die wêrled soos volg lyk: Groot Brittanje 2,2, Israel 3,5, New York 4,3, en Moskou 10 per 1000. In SA is daar 16 292 Blanke polisiemanne teenoor 19 177 nie-blank.

Ons word daarvan aangekla dat ons politieke ootreders vermoor:

In 1979-1980 is daatr géén sterfgeval in SA tronke nie. In die vorige 10 jaar sterf daar 37 wat in ondersoekarres is teenoor 274 in dieselfde tydperk in Wallis en Engeland.

Ons word aangekla dat ons hongerlone betaal:

In 1974 is die gemiddelde maandelikse inkomste van swart arbeiders in SA $127 teenoor die $140 van die VSA wat die rykste land ter wêreld is, ‘n kortkop agter.

In 1988 vergelyk ons lone soos volg: 1kg rys in Johannesburg verteenwoordig 12 minute se loon teenoor 54 minute in Moskou. 750ml plantolie: 38 minute in SA teenoor 118 minute in Moskou. Dit is ‘n swart werker in SA teenoor ‘n blanke in Moskou.

Ons word aangekla dat ons duisende politieke gevangenes opsluit:
In 1983 is daar 127 sulke gevangenes in SA asook 11 wie se bewegings beperk is en verder 32 in huisarres.

Ons land ”Die skatkamer van die wêreld” is gesteel.

Dink weer voor jy jouself ‘n lojale ondersteuner van die vernietigende nuwe SA noem. – Koos Odendaal

Comments

68 responses to “Suid-Afrika onder blanke beheer was ‘n reus in 1988”

  1. Dolk Avatar
    Dolk

    Baie dankie vir ‘n uitmuntende artikel. Dit laat my egter werklik hartseer – dat meer as twee derdes van ons Volk, ons in hierdie ramp gedompel het. Ek meld en hervermeld dit nie as ‘n verwyt of omdat ek verbitterd is nie. Nog geen volk het sy soewereiniteit weg geteken soos dit met die Boerevolk die geval was nie – dit mag ons kinders en hul kinders nooit vergeet nie.

    1. Maurice Avatar
      Maurice

      Dolk, ja dis n absolute tragedie wat hom afspeel. Ek weet van GEEN ander nasie wat als wat hy het prysgegee het nie, behalwe die Aztecs en die Spanjaarde het hul totaal vernietig. Daar is niks van hul oor nie. Afrikaners, van alles tot NIKS. Wat dit vir ons verder benoeilik is dat dit lyk asof die oorgroote meerderheid van Afrikaners heel tevrede met die toedrag van sake is. Gaan my verstand te bowe!

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        Inderdaad – ons het waaragtig geen benul van die omvang – van hierdie gruwel wat gebeur het nie…

        1. Maurice Avatar
          Maurice

          Ek is bevrees jy is reg hier. Dit is n absolute tragedie, n klein volkie wat soveel vermag het. Eintlik ongelooflik as jy daaraan dink. Eks baie hartseer, maar dis n volk wat aan die sterf is, ek twyfel of hy hierdie finale aanslag gaan oorleef, dit agv die konkeling van verraaiers van binne. Die Afrikaner was nog altyd goedgelowig en boonop die beginsel van respekteer jou leiers was van die spreekstoele af verkondig. Die Afrikaner bly verdeeld en boonop plaas min Afrikaners die volk eerste, nog n unieke eienskap van Afrikaners. Met geen land, geen leier, erge verdeeldheid, geloof wat eerste kom en hordes diskriminerende wetgewing is hierdie volkie terminaal siek.

    2. Andy van Vuuren Avatar

      Gun my die geleentheid om my stem ook by jou en van ons ander praag lesers te voeg.
      Ek vra myself die vraag af, sou al hierdie inligting korrek wees, en ek het geensins die gedagte of begeerte om dit te bevraagteken nie, waarom word dit nie ook bekend gemaak aan AAAAL ons studente, van skool tot universiteit nie.
      Is dit nie juis hierdie inligting wat die huidige regering ten alle koste wil verdoesel nie?
      As al hierdie feite juis en korrek is, wat sukkel ons politisie dan so om skietgoed te gebruik teen die opposisie.
      Genugtig, waarom moet ons so voort ploeter, en waarom moet ons onophoudelik hoor hoe ons moet om verskoning vra, vir WAT.
      Ek sit hier en is besig om myself in ‘n toestand van ongeloofwaardige aggressie op te werk.
      Ek sê weer, ek het niks om voor skaam te wees of om verskoning te vra nie.
      Jammer, maar ek is nou pleinweg moerig en ontgogeld.
      Sies, ek skaam my dat ons so vir “SUCKERS” gevang is, en hulle sit en lag.

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        Die rede waarom hulle dit ‘n geheim probeer hou is soos die son wat daar buite agter die horison sak…: Die droom dat ‘n Afrikaan in dieselfde juk as ‘n blanke kan trek is ‘n gruwelike mite – laat staan nog dat hulle ons leiers kan wees!

        Afrika is besig om soos aggressiewe kanker te versprei – regdeur die westerse beskawing…

        1. Andy van Vuuren Avatar

          Mmmmmm EK DINK HULLE KWALIFISEER VIR LUIERS.
          (:-<)

      2. Andy van Vuuren Avatar

        Waar is Riempies,
        Riempies, wat is jou kommentaar op hierdie rubriek. Ons raai reeds wat gaan kom maar wil dit graag van jou hoor.
        Mis jou baie.

      3. Bad moon Avatar
        Bad moon

        Andy, ek dink ek en jy en vele ander word kwaad,
        kwaad omdat die sogenaamde “minder bevoorregtes” nie die oordeels vermoeë het om te kan onderskei tussen wat waar en nie waar is nie.
        Ek het so ‘n tyd gelede aan een van die ouens wat vir my werk voor ‘n keuse van waar en onwaar gebring. sy onmiddelike reaksie was om die mees onwaarskynlike, wat nie die waarheid was nie, te glo. . Wat egter ook waar is, is dat hulle ontsaglik maklik beinvloedbaar is, jy hoef net iets te belowe, boeta dan het jy hom. Vir my is dit ‘n teken dat die meeste van die karakters ruggraatloos is en geen integriteit en deursttingsvermoeë openbaar nie, verder het hul geen kreatiwiteit en verbeelding nie, alles wat hulle doen is gekopieer. Daarom haat hier karakters ons, want ons staan kop en skouers bo hom uit, en daaarom word daar soveel klem gelê op rassisme.

        1. Andy van Vuuren Avatar

          Naand, Bad Moon,
          ek kan nie sterker met jou saamstem nie.
          Vrydag was daar ook ‘n persoon by my, en vertel hy my dat die swart volke het in hulle woordeskat gladnie n woord soos , BEPLAN nie.
          Daarom het ons juis ook hierdie enorme probleem van 5 jaar , en 10 jaar vooruitbeplanning.

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Ons was juis besig om die res in die skande te steek en moes daarom vernietig word.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Nog nooit in die wêreld se opgetekende geskiedenis het so min mense vir so baie barbare soveel gedoen, vir solank nie en, nog nooit in die geskiedenis het soveel barbare so gou, so baie wat hulle ontvang het vernietig en verwoes nie.

      Die varke het tot die vleklose, mees kosbaarste pêrels vertrap – soveel so, dat mens dit nie van die stof kan onderskei waarmee dit nou verpoeierd-vermeng gelaat is nie.

  3. Rifrug Avatar
    Rifrug

    “hospital” moet wees “hospitaal”

    … dan word hoër onderwys ook verkeerd gespel (ek het met ‘n vorige probeerslag die fout probeer aanhaal, maar dit het veroorsaak dat my kommentaar verwyder is)

  4. Betzie van Rensburg Avatar
    Betzie van Rensburg

    As mens sulke data aanhaal , moet jy asseblief die bron volledig meld , anders kan analitiese mense twyfel oor die korrektheid van die genoemde getalle . Indien hierdie feite 100 % korrek is , mag dit mos wyd en syd versprei word ?

  5. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    Baie interessant. Waaruit sal ‘n mens hierdie kan kry? En net jammer vir spel/tikfoute.

  6. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    O, maar hoe is daar nie vir die wêreld gelieg nie? Hoe word daar nie vandag in die media gelieg nie? Die grootste aaneenlopende massaleuen ooit!

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Die waarheid oor rassisme moet ten alle koste uit die media gehou word!

    2. Andy van Vuuren Avatar

      Patriot,
      maar is die tyd nie nou reg om hierdie inligting aan ons mede afrikaners bekend te maak nie.
      Waarom moet daar nog steeds geswyg word oor die waarheid.
      Is dit nie tyd dat ons mense en dan ook veral ons studerende jeug van 14 tot 40 jr op hoogte gebring word van wat die toedrag van sake was nie.
      Is dit nie ook ons politiesie se plig om nou boeke oop te maak oor al hierdie “checks and balances” nie.

      1. RSA PATRIOT Avatar
        RSA PATRIOT

        Dit is beslis tyd. Hou die volgende 10 jaar dop. Dit gaan beslis interessant wees.

        1. Andy van Vuuren Avatar

          Kan ons dit nie ‘n bietjie gouer maak nie, want teen die huidige tempo lyk dit nie goed nie. Ek kan eerlikwaar nie sien dat ons NOG 20 jaar so kan voortgaan nie. Dan kan ons maar net die ketting trek, en die ligte finaal afsit, as daar nog krag is.
          Sies, maar ek is pessimisties, jammer. (:-<)

          1. RSA PATRIOT Avatar
            RSA PATRIOT

            Waar daar lewe is, is daar hoop. Solank die Afrikaner nog in ‘n mate van kohesie op die aardbodem bestaan, sal daar hoop wees. Dit word net elke jaar minder.

  7. beeshaas Avatar
    beeshaas

    Maak asb naam van boek bekend

  8. Henrietta Avatar
    Henrietta

    “Hier word swartes teen ‘n nominale koste van R2 vir ‘n onbeperkte tydperk behandel” – een van die werkers op ons plaas was in 1983 in ‘n inrigting vir mense met TB ( ek het ongelukkig die naam vergeet). Dit het R4 per maand gekos. Hy was 3 maande daar, dus R12. Hy het blakend gesond daar uitgekom en leef vandag nog.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      In hierdie land word die Vloek koning gemaak en die Seën word troosteloos verkrag en vermoor.

    2. Bernard Avatar
      Bernard

      Heeltemaal korrek. Die syfer wat ek uit die 70ger jare onthou vas iets soos R2.40 per hospitaalbesoek en dit het alles ingesluit, medisyne ook. Ons het in die landelike gebied noord van Pretoria gebly en ek het menigmale saam met my pa HF Verwoerd toe gery met ‘n siek of beseerde (baiekeer onbekende) swartman/vrou wat by ons kom aanklop het vir hulp.

    3. Andy van Vuuren Avatar

      Henrietta,
      ek het n jong bruin man gehad, en hom na Tokai se TB hospitaal laat gaan. Hy het twee sessies van 6 maande elk daar deurgebring, en nie n sent betaal nie.

  9. Krisjan lemmer Avatar
    Krisjan lemmer

    Ons het baie vir ander gedoen maar nagelaat om ons eie agtergebied te stig , ons eie terugvalsone vir wanneer die dae donker word.

  10. Manfred Delport Avatar
    Manfred Delport

    Alhoewel daar ‘n intense en aanhoudende geskree opgaan oor sogenaamde blanke rassisme (en dis nie net naturelle wat so skree-huil nie, maar ook breindood blanke linkses soos die idiotiese sot, die gestremde Gillian Schutte-teef, wat haarself behoort te likwideer ten einde op te hou om swartes te “onderdruk”), val miljoene swartes noord van ons grense oor hul voete om onwettige immigrante te word.

    Wys jou net – Afrikane hou skynbaar van “rassisme.”

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Die dag wanneer ‘n hond nie meer vir bene sit en wag by ‘n braaivleis nie, is die dag wanneer die Afrikaan se voetspore begin toewaai na ons blankes – dat hulle soos ons geword het…

  11. Vrystaat Avatar
    Vrystaat

    Ek se weer : “As ‘n leuen lank genoeg herhaal word, glo die hele wereld dit later as die waarheid”. Die ANC het geweet hoe om propaganda te “gebruik”. Sal nogal interessant wees om die syfers van voor 1994 te vergelyk met wat nou aan die gang is.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Nie die ANC nie (Die Afrikaan op sy eie is nie eers in staat om ‘n skoenveter te weef nie – laat staan nog waar hy tot vandag toe gehelp was!) – daar is BOSE magte agter die skerms wat ‘n hond wil leer praat… (Dalk, by wyse van spreke bedoel…) Die tyd en Waarheid haal hul nou vinnig in!

  12. Dolk Avatar
    Dolk

    Jy sê dit… Ons moet ons gemaksug met eie navorsing en ‘n GESONDE VERSTAND verruil. Te lank lees mense te veel snert en verdig en prys hulle die leuen as en tot die onheilige waarheid en, vermoed hulle dat die werklike waarheid dalk ‘n leuen is.

    Wysheid is soos die son se energie… Dis daar vir almal om te benut. Selfs ‘n dwaas mag, gaan en sal dit gebruik – om te misbruik.

    Skepties, is soos ‘n blanke kind wie met blou oë kroesies gebore is… 😉

  13. Gerhard Augustyn Avatar
    Gerhard Augustyn

    Ek raai die bron kan dalk die volgende wees:

    http://books.google.co.uk/books/about/The_Plot_Against_South_Africa.html?id=e6wsAAAAIAAJ&redir_esc=y

    Klaus D Vague – oorspronklike Duits “Die Verrat an Sudafrika”, 1988

    (http://www.amazon.de/Der-Verrat-S%C3%BCdafrika-Klaus-Vaque/dp/0620129786),

    Engelse uitgawe “The Plot Against South Africa” 1989. Ek raai so want dit lyk of vanaf bladsy 11 daar ‘n gedeelte is “The White Giant of Africa”. Die uitgewer was Varama, Pretoria

    1. Marthinus Avatar
      Marthinus

      Baie dankie Gerhard. Kon dit self nie opspoor nie, bly jy kon.

    2. Andy van Vuuren Avatar

      Dankie Gerhard,
      nou kan mens kyk of dit nog beskikbaar is en dit aanskaf.

  14. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    Die bewerings is beslis waar. Ek het soortgelyke feite met dieselfde statistiek en getalle in ‘n boek “South African Profile 1989” raakgelees. Daar is werklik waardevolle inligting in versteekte bronne.

  15. jacqueshdt Avatar
    jacqueshdt

    Hierdie moet in Engels op die internet beskiksbaar wees.

  16. Riempies Avatar
    Riempies

    Dink net alles wat hierdie swartes het het die Afrikaners
    gegenereer hulle tot en met die stoele in die parliament waarop hulle so lekker
    sit en slaap – niks van wat hulle besit het hulle self voorgesorg of gekoop met
    geld wat hulle wettig en self verdien nie. Die enigste verskil is nou sorg ons
    nog vir die hele Afrika se mense en en nogsteeds vir onsself meer as wat die
    swartes ooit hulle van hulleself sal kan sê.
    Ooral is die blanke intrepeneurs verplig om n onbekwame swarte n deel van sy
    besigheid gratis te gee sodat hierdie swartes nou ook in weelde kan leef sonder
    enige insette. Dan kan mens ook sien waar die swartes nou deur verraad alleen
    sê het – stort alles in duie.

    Daarom glo ek onvoorwaardelik dat ons Afrikaners eendag weer
    die geleentheid gaan kry om finaal hierdie swart parisiete van ons af te skud
    en weer van vooraf vir ons n eerstewereld land te bou – ek glo ook terwyl ons
    in tente en karavane woon sal die heel eerste wat ons sal bou – n skool wees
    vir ons Afrikanerkinders want dit is in ons gene – dit is in ons bloed.

  17. AntSan Avatar
    AntSan

    My gesonde verstand vertel my dit is waar. Want ek het toe geleef en dit beleef. Die dinge waarvan ons beskuldig word is glad nie aan my bekend nie? As FW en sy amptenare misdade teen die mensdom gepleeg het, moet hulle daarvoor betaal. Nie ek nIe. Daarom maak die stats vir my sin. Waarom bly ons stil en aanvaar die valse aanklag teen ons? Is ons so vreedsaam? Seker maar. Geskiedenis leer ons dat ons die enigste nasie is wat nog nooit ‘n oorlog verklaar het teen ‘n ander nasie nie. Ons het nie die inboorlinge uitgemoor nie, soos bv Amerikaners gedoen het nie. Hoe meer hul planne maak teen ons, hoe slegter gaan dit met die NSA. Die wat ons so haat sal nooit die statistieke erken of glo nie. Die opbou van die land het meer as 300 jaar geneem, die afbreek nie eens 30 jaar nie. As ons weer van vooraf begin dan beter die wat wette skryf hul vreedsaamheid op sy skuif.

  18. Bernard Avatar
    Bernard

    En dan het Max du Preez nog die vermetelheid om op News24 Apartheid met die konsentrasiekampte te vergelyk. Ek was nogal verbaas dat niemand hom aangevat het nie.

    Ek het geen rede om die stellings in hierdie stuk te bevraagteken nie want van dit het ek eerstehands ervaar, ander het ek in ander bronne gesien. Die rede hoekom hierdie feite nie meer algemeen bekend is nie is omdat dit aktief deur die liberale media uitgewis/geignoreer/ontken en daarmee saam die bewyse van die terreurdade deur die ANC en hulle leiers.

    Hier is ‘n voorbeeld. Om ‘n hoe resolusie (1976) foto van ‘n swaergewonde Hector Peterson op die internet te kry is geen probleem nie. Probeer om dieselfde kwaliteit foto van die 1983 Kerkstraat bom op die media te kry en dit het netsowel nie gebeur nie.

    Nog ‘n voorbeeld van die tyd na 94. Met Nelson Mandela se dood het ek die koerante in Kanada,in Duitsland en in SA deursoek (ek was in al drie lande in die aanloop tot sy begrafnis) en ek kon nie ‘n enkele foto kry waar hy Gadaffi omhels of die se arm omhoog gehou het nie – net foto’s van hom saam met Bono, Clinton ens. Dit nieteenstaande dat Mandela Gadaffi as Afrika se grootste leier beskou het.

  19. jayceevanrooyen Avatar
    jayceevanrooyen

    En om te dink baie blankes het op daardie stadium, tot en met vroeë negentigs, die slegte propaganda oor SA geglo. Punt van die saak is dit het nie saak gemaak wat ‘n blanke regering sou gedoen het om swartes op te hef en na hulle om te sien nie, die internasionale magte sou met niks minder tevrede gewees het as ‘n swart regering nie.

    Die aanstelling van Zuma as president moes seker vir hulle ‘n orgasmiese oomblik gewees het. Daarom is daar nou sprake om Zuma se termyn effens te verleng, want hierdie magte het nog ‘n tydjie nodig om al hulle planne deur middel van JZ en sy kliek in plek te kry. Dit gaan oor mag en geld en niks meer nie.

    1. Andy van Vuuren Avatar

      Genugtig Jaycee,
      jy het my nou na die woordeboeke laat gryp. Die woord orgasmies, help my, of is jy nou so ‘n bietjie stout. (“orgasm”).

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        Dis waarom Afrika is – waar hy is… Die liberale ((Tot-in-die-Hel-toe-blind) Boer weier om hom ophou droom!!!

        1. Andy van Vuuren Avatar

          Dolk,
          jammer ou maat maar nou het jy my langs die pad verloor. help my terug op die wa asseblief.

          1. Dolk Avatar
            Dolk

            Skuus – ek het ‘n skewe sin gehad! Het dit reg gemaak – baie dankie vir die uitwys.

            Dankie vir die vra – my vroutjie sterk goed aan, daar’s egter infeksie maar dit kom stadig reg.

            Vrede vir u en u mensies.

          2. Andy van Vuuren Avatar

            Regso, amper gedink ek het op n bierbottel se prop getrap, shoe dis n verligting. (:-))
            Dankbaar dat dit goed gaan, net geduldig die “kwak” se doepa drink.
            Ek hou mos niks van dokters nie.
            Vrede en n rustige nag.

          3. Dolk Avatar
            Dolk

            :)) Dankies.

  20. Andy van Vuuren Avatar

    Mauser,
    Ek vermoed jy is reg, en gaan die boek sowel as “Negrologie” vir my aanskaf.

  21. Linty Avatar
    Linty

    Kan ons dan nie die skrywe in engels kry om te deel met ons vrinde in die wereld nie?

  22. Vrystaat Avatar
    Vrystaat

    Die res van die wereld voel vere vir wat in Suid Afrika aangaan. Hulle glo ook nog steeds almal dat die blankes hier die swartes “onderdruk” en “onregmatig” behandel het en dat apartheid die grootste aardsonde ooit was. Die ANC se internasionale propaganda masjien het sy werk goed gedoen. Wie gaan ons te hulp snel? Wie? Die VSA, die Britte, Europa? Hulle is almal kop-in-een-mus met die geldmag soos jayceevanrooyen genoem het. Net ons as blankes in hierdie land kan onsself help. Geen ander nasie stel belang daarin nie.

    1. Bad moon Avatar
      Bad moon

      Miskien die Duitsers?, daar is deesdae, tot ‘n mindere mate, buitelanders, of dan Europieers wat ag slaan op wat hier gebeur. Maar ek dink, as die bom gaan bars gaan ons verstom staan oor wie ons vriend en wie ons vyand is. Met Sjina in ag geneem.

  23. Tersia Avatar
    Tersia

    EK STEM LOUIS, DAAR IS BELANGRIKE DINGE AS SPELFOUTE MENSE!

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Ek het ‘n spaar sleutelbord vir jou… As jy my jou epos adres stuur, dan epos ek dit sommer vir jou. 🙂

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Dolk hoekom is jy so onvriendelik met n nuwe kommentator?

        1. Dolk Avatar
          Dolk

          Nou is u regtig onredelik. U kyk my glimlag mis. Nêrens vra ek die persoon waarom sy so skreeu nie. (hOOFLETTERS)

          As u teen die tyd nog nie my humorsin kan onderskei van my werklike byt nie, is dit een van twee redes: gesindheid óf breins. Watse een dit is, beter nie beide wees nie. 😉

          NS Sien my antwoord aan Louis asb. ~Glimlag~

          1. Riempies Avatar
            Riempies

            Dit is eintlik baie maklik om so-iets te vermy deurdat elke
            kommentator net by die onderwerp van die berig of rubriek te hou en nie
            persoonlik te raak nie, soos bv. jou opmerking dat ek n gebrek aan of “breins”
            of “gesinheid” het, trouens dit raak my hoegenaamd nie wat iemand ander van my se of dink nie om die eenvoudige rede dat ek heel gemaklik is met my selfbeeld.

            Ek het net n probleem daarmee dat jy in die geval maar veral veral Rifrug altyd mense kritiseer en hulle vervreem van Praag, dit na my mening is onnodig.

          2. Dolk Avatar
            Dolk

            Ek vra verskoning dat u aweregse humor en hoe ek iets stel as kritiek beskou.

            Dat ek: “As u teen die tyd nog nie my humorsin kan onderskei van my werklike byt nie, is dit een van twee redes: gesindheid óf breins.” gesê het, het waaragties nie beteken dat ek dit dink nie. U kon baie maklik met ‘n spitsvondige antwoord my getroef het. (Dis al waarom ek dit geskryf het – soos in: “verras my asb.”)

            Al wat ek weet is dat daar nie een silwer pot is nie.

            Waar konsekwentheid, onpartydigheid en lojaliteit afwesig is, taan moraliteit en is vriendskap en kameraderie soos ‘n ou koerant.

            Nogmaals my opregte verskoning vir die aanstoot wat ek aan u paar gegee het. Seënwense.

          3. Dolk Avatar
            Dolk

            Jy moet konformeer en soos die norm dink Dolk! Smelt jou dolk en maak ‘n paplepel daarvan.

          4. Dolk Avatar
            Dolk

            Supertramp – The Logical Song lyrics. Songwriter: Roger Hodgson:

            When I was young
            It seemed that life was so wonderful
            A miracle, oh it was beautiful, magical
            And all the birds in the trees
            Well they’d be singing so happily
            Oh joyfully, oh playfully watching me
            But then they sent me away
            To teach me how to be sensible
            Logical, oh responsible, practical
            And then they showed me a world
            Where I could be so dependable
            Oh clinical, oh intellectual, cynical

            There are times when all the world’s asleep
            The questions run too deep
            For such a simple man
            Won’t you please, please tell me what we’ve learned
            I know it sounds absurd
            Please tell me who I am

            I say: Now watch what you say
            Or they’ll be calling you a radical
            A liberal, oh fanatical, criminal
            Oh won’t you sign up your name
            We’d like to feel you’re acceptable,
            respectable, oh presentable, a vegetable
            whoa (tick tick tick yeah)

            But at night when all the world’s asleep
            The questions run so deep
            For such a simple man
            Won’t you please, please tell me what we’ve learned
            I know it sounds absurd
            But please tell me who I am, who I am, who I am, who I am……………

          5. Kaylee van Yken Avatar
            Kaylee van Yken

            Genugtig, vat jy my mos nou jare terug !

          6. Rifrug Avatar
            Rifrug

            “Ek het net n probleem daarmee dat jy in die geval maar veral veral Rifrug altyd mense kritiseer en hulle vervreem van Praag …”

            Riempies jou aanklag teen my is vals! Die korreksie in dié geval, was spelfoute in die berig! As praag regtig wil Pro-Afrikaans wees* – moet berigte korrek wees, spelling ingesluit.

            “maar veral veral Rifrug altyd mense kritiseer en hulle vervreem”
            Jy sal moet bewyse lewer Riempies … meeste van my spelling korreksies is oor foute in berigte!

            * praag WIL regtig Pro-Afrikaans wees

        2. Dolk Avatar
          Dolk

          Ek wil nog bylas… Weet u, ek het nog nooit negatief na sy skrywes gekyk oor spelling ens. nie. Dis Rifrug (Riffels). Ek glimlag baie keer wanneer ek sy korreksies lees – soos bv. die “hoërskool” een…

          Het u al ooit gewonder waarom “reghelp” party mense so ontstig? Dis ‘n lang storie – maar ek het dit deur die Here se genade oorwin… (Kritiek op mens gedurende kindwees…)

  24. Dolk Avatar
    Dolk

    ‘n Gesindheid laat jou of blaas en sis soos ‘n kat, of vriendelik glimlag…

    1. Kaylee van Yken Avatar
      Kaylee van Yken

      Dankie Dolk, beslis die moeite werd om te luister.

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        Hy het sy oningeligte opinie oor apartheid waarmee ek volkome verskil Kaylee maar, dit is verstommend hoe goed hy sy eie ras opsom en (!!!), besef en ruiterlik erken dat dit nie ‘n skande is om jou eie tekortkominge te erken nie.

        As hy in die RSA was, was apartheid verseker heringestel!!!

        Blessings!

  25. Attiene Melamed Avatar
    Attiene Melamed

    Goeie dag. Waar kan ek die ‘ARTICLE’ in engels kry?

    1. Betzie van Rensburg Avatar
      Betzie van Rensburg

      Miskien help hierdie.

      http://books.google.co.uk/book…

      Klaus D Vague – oorspronklike Duits “Die Verrat an Sudafrika”, 1988

      (http://www.amazon.de/Der-Verra…,

      Engelse uitgawe “The Plot Against South Africa” 1989. Ek raai so want dit lyk of vanaf bladsy 11 daar ‘n gedeelte is “The White Giant of Africa”. Die uitgewer was Varama, Pretoria

Leave a Reply