Onlangs is die klein teenoor groot denke bespreek veral met die Afrikaner in gedagte. Maar omdat die Afrikanerstam ontwikkelend van aard is, is die tekortkominge om meer volwasse te word grootliks gebaseer rondom die gedagte van ontwerp.
Voorbeelde hiervan is dat mens jou eie kan taal ontwerp, jou eie kar kan ontwerp, jou eie huis kan ontwerp en wat dan daar uitvloei is jou eie oorlewingstradisies (en politiek) wat pasmaak ontwerp moet word. Wat hier duidelik behoort te wees, is dat ontwerp op persoonlike vlak moet uitstyg na organisasievlak waar prosesse in plek moet kom om hierdie ontwerpsaksies voortdurend te onderhou – want soos ons almal (teen hopelik die tyd) weet, is niks konstant nie en is evolusie voortdurend en aanhoudend.
Een voorbeeld van oorlewingstradisies is die ontwikkelling van Skandinawië onder Margrete I wat voor 1412 daarin geslaag het om Denemarke, Noorweë en Swede saam te gooi waarna haar seun Eric nie net dit bestuur het nie maar ook met die Engelse Koning Henry IV se dogter getrou om so ‘n verdedigingspakt te sluit en daarmee Engeland en Skandinawië se oorlewing te bevorder. Wat min mense ook weet vandag is dat die Vikings ‘n rewolusie in Engelse administrasie veroorsaak het, wat vandag nog oorleef.
Wat geskiedkundig duidelik word, is dat die ontwerp van administrasie die kern is van organisatoriese oorlewing. In moderne besigheid het die skrywer Jim Collins in sy boek How The Mighty Fall: And Why Some Companies Never Give In ‘n lys van standaard foute beskryf wat organisasies wat wil oorleef – nie moet maak nie.
Byvoorbeeld, as mens ‘n nuwe politieke party wil begin, dan is daar ongeveer 27 administratiewe foute wat jy nie moet maak nie (nadat jy al die mooi goedjies soos visie, missie, strategie, besigheidsmodel, beleide ens. vasgestel het).
Die oorgang van klein na groot denke neem tyd. Net soos wat dit Margrete I vir jare gesukkel het net om haar seun in ’n sterk posisie te plaas, net so het dit die firma Denel jare geneem om hierdie konsep te verstaan (wat hulle intussen oor 20 jaar verloor het). Die tegniek wat hulle destyds gebruik het, was die Stelsel Ingenieurs proses wat baie prosesse insluit soos bv. die Aanskaffingsproses. Omdat die Weermag goedere wou aankoop het Krygkor hierdie proses geïmplementeer. Dit gaan kortom oor:
fisiese behoeftebepaling (van die soldate),
omskakeling na funksionele parameters,
ontleding en en simulering van oplossingsmodelle,
ontwikkelling van oplossingsspesifikasies
bou en toets van toerusting en prosesse
industrialisering van bogenoemde toerusting en prosesse
operasionele implementering en verifiëring teen die oorspronklike behoefte
Alhoewel hierdie proses baie meganisties lyk, is daar heelwat kreatiwiteit by elke stap betrokke. Dit wys byvoorbeeld aan ’n besigheidsman dat hy nie self hierdie proses moet uitvoer om by beter besigheidsprosesse of selfs produkte uit te kom nie,maar dat hy mense moet kry wat dit reeds ken en selfs kan optimiseer.
Om van klein na groot denke te beweeg moet hierdie tipe proses gevolg word maar die ou wat dit nodig het, kan dit nie self uitvoer nie omdat hy dan van sy eie proses gaan vergeet. M.a.w. as ’n besigheidsman karre verkoop kan hyself nie kreatief wil word nie, want dan gaan hy minder karre verkoop in die proses. Dis hoekom Magrete I dit alles vir haar seun gedoen het en dis hoekom die Weermag vir Krygkor gevra het om dit te doen. Noudat die Weermag self produkte aankoop verdwyn die Krygkor kundigheid en word swak produkte soos die Augusta 109 verkry (nie aangeskaf nie).
Een kommersiële voorbeeld van klein-na-groot oorgangsproses optimisering word beskryf in die boek van Geoffrey A Moore, Crossing the Chasm waar hy mense wat produkte van nuuts af ontwikkel, help om die regte markte aan te spreek in ’n gefaseerde benadering i.p.v. om dadelik baie geld te wil maak. Hy verwys bv. na ’n gaping wat tussen tegnologiese entoesiaste en realiste bestaan wat maklik kan veroorsaak dat ’n goeie konsep bankrot gaan.
Net soos wat daar tegniese entoesiaste is, is daar ook politieke aktiviste wat lank voor die politieke realiste groeperinge reageer op sosiale of gemeenskapsprobleme. Hulle reaksie gaan gewoonlik gepaard met “oplossings” of produkte wat eintlik van klein na groot ontwikkel moet word – en dit is waar hierdie tipe ontwikkellingsproses gebruik moet word om die “aanvaarbare oplossing” te fasiliteer, sodat die politieke realiste groep dit “ook” kan aanvaar.
Sedert Ruth First in die veertigerjare in die destydse kommunistiese weekblad, The Guardian, begin skryf het dat blankes in ons land die swartes se grond “gesteel het”, het die mite toenemend veld gewen. Vandag is dit so te sê evangelie in Suid-Afrika se hoofstroommedia.
First se lesing van die geskiedenis verteenwoordig egter haar interpretasie, gegrond op die teorieë van Marx en Engels. ‘n Meer letterlike vorm van diefstal vind elke dag in Suid-Afrika plaas. ‘n Week of twee gelede het my suster, wat ‘n rekenmeester is, se Malawiese tuinier al drie haar skootrekenaars gesteel. Hiermee is haar lewe in ‘n krisis gedompel. Op haar rekenaars was honderdduisende rande se werk wat sy oor maande voltooi het, asook programmatuur met kodes en wagwoorde wat groot onkoste en moeite verg om te vervang.
Sy was so kwaad dat sy in haar bakkie geklim en na die tuinier se huis in Diepsloot gery en gedreig het om hom met ‘n stuk hout dood te slaan. Nodeloos om te sê, het die polisie, hoewel behulpsaam, niks verder kon doen om haar vir die verlies te vergoed of om die rekenaars terug te kry nie.
Intussen moes sy tienduisende rande op verdere veiligheidsmaatreëls by haar huis uitgee, kameras, elektriese heinings en dergelike meer. Reeds woon die meeste van ons in privaattronke want daarbuite loop die skelms rond wat by die geringste geleentheid ons van ons besittings of van ons lewens kan ontneem.
Ons ingewikkelde, delikate, blanke lewens waarin die meeste van ons sukkel om balans te vind, tussen vriende, kliënte, kollegas, familie, werkgewers, werknemers, rekenaars, selfone en die stryd om ekonomies te oorleef, kan eensklaps deur ‘n swart misdadiger omvergewerp word. Sy onbesonne daad ontketen ‘n kettingreaksie wat maande en jare lank nog gevoel kan word.
Geweldsmisdaad is op almal se lippe. Maar daar is ook iets aan die konstante diefstal van ons goed, dikwels persoonlike of onvervangbare items, wat die verhouding tussen wit en swart in dié land vir altyd bederf. Vandaar die opskrif hier bo: “Dinge wat swartes by my gesteel het.”
Ek dink elkeen het ‘n verhaal om te vertel. Graag verneem ek daarvan, hoe gering of onbenullig ook al. Dit mag ‘n foto-album wees, ‘n mansjetknoop wat jy by jou oupa geërf het, jou ouma se goue armband, ‘n antieke kamera wat vandag waardeloos is maar wat sentimentele waarde het, ‘n paar gunstelingskoene, ‘n ou motor wat jy so goed opgepas het en nou skoonveld is.
Terwyl Ruth First se mitiese “gesteelde grond” oral druk bespreek word en al die polities korrekte kommentators in die media hulle met die idee vereenselwig dat blankes hul plase aan swartes moet oordra, weet ek van nêrens waar daar na die miljarde, nee triljoene rande se goedere verwys word wat swartes oor die afgelope meer as drie eeue by ons gesteel het nie. Dink net as ons op ‘n dag daarvoor vergoed kan word!
Omdat ons vir ‘n paar jaar hier in Johannesburg naby die swart woonbuurt Alexandra gewoon het, het ons gesin besonder swaar onder diefstal deurgeloop. Ons huis is byna elke jaar van waardevolle en persoonlike besittings gestroop. Die inbrekers het, ongeag die diefwering en alarmstelsel deur die vensters ingekom, deur die glas langs die voordeur, selfs deur die dak en plafon. Hul vindingrykheid het geen perke geken nie. Eers toe ek in Frankryk gaan woon het, kon ek ‘n persoonlike klerekas opbou, want voorheen is al my klere jaarliks gesteel.
Deesdae woon ek in ‘n veiligheidsbuurt, maar selfs hier het ‘n bediende ‘n paar skoene van my gesteel waaraan ek besonder geheg was en wat ek eers later agtergekom het. Dit was ‘n paar skoene wat ek op ‘n uitverkoping in Londen gekoop het en wat my volmaak gepas het. Die model word nie meer gemaak nie en daarom is hulle onvervangbaar. Ek het hulle soos goud opgepas en elke keer as ek hulle gedra het, was dit vir my ‘n spesiale geleentheid.
Sy het ‘n seun gehad vir wie sy waarskynlik die skoene vasgelê het. Hy of sy sou nooit kon weet watter waarde daardie paar skoene vir my gehad het nie, waarvan die geldwaarde maar ‘n geringe aspek was. Dit was ook ‘n soewenier van ‘n besoek aan Londen, van ‘n middag in die National Gallery waar ek na Turner se skilderye gaan kyk het, van daardie ragfyn weefsel van ons verfynde Europese kultuur waarvan ons net ‘n deeltjie in ons lewens kan opdoen of bemeester. Ná haar bedanking het ons nog ‘n ander bediende gehad, maar teen die derde selfoon wat sy in ons huis gesteel het, het ons haar in die pad gesteek en nog nooit weer ‘n bediende gehad nie.
Gelukkig steel swartes nie boeke nie, dus het ek nog al my pa en my oupa se boeke wat ek van hulle geërf het. Tydens my verblyf in Europa het ek my egter verstom oor die ou antieke voorwerpe en objets d’art waaroor Europeërs beskik, want natuurlik het hulle meesal nie bediendes of tuiniers nie. Ons sou ook sulke dinge gehad het, maar ons word so gereeld besteel dat ons eenvoudig nie ‘n persoonlike versameling van enigiets kan opbou nie.
Toe my kinders onlangs nog op skool was, het die onderwyseres eenkeer aan die klas gevra wie se huise die afgelope jaar of twee beroof is. Meer as die helfte van die kinders het hul hande opgesteek. Ons kinders word groot in ‘n kleptomaniese samelewing waar diefstal die norm is. Geen wonder die staatskas of die munisipaliteite word ook geplunder nie, want dit is feitlik die norm.
Iewers in Nelson Mandela se biografie, wat deur die Amerikaner Richard Stengel geskryf is, Long walk to freedom, loof hy veediefstal as ‘n soort kuns. Hoeveel vee het swartes nie oor die jare by ons gesteel nie? Veediefstal op die berugte Lesotho-grens is blykbaar so erg dat grensplase aan die SA kant blykbaar so te sê waardeloos is.
In die eerste boek van die Nobelpryswenner, J.M. Coetzee, Dusklands, beskryf hy hoe sy voorouer, Jacobus Coetzee, op ‘n ossewa die binneland intrek en hoe sy wa uiteindelik deur ‘n klomp Hottentotte gestroop word omdat hulle blykbaar nie die begrip “privaatbesit” verstaan nie:
“All was not well. A ring of strangers had collected at the tailgate where Klawer seemed to be scuffling with someone. My other four men were standing helplessly to one side. ‘What is going on here?’ I asked. I looked at Plaatje. He drew his shoulders up miserably. ‘I leave you for half an hour and I come back to chaos!’ ‘They are stealing, master.'” (bl. 78)
Elke fiets wat ek as kind gehad het, is gesteel. Enkele jare gelede het ek op ‘n fiets na ons plaaslike supermark gery en daar aangedoen omdat ek dors geraak het. Ek het geweet dat die fiets ‘n aanloklike teiken vir enige jagterversamelaars in die omtrek sou wees. Terwyl ek na die yskas met koeldranke, water en glukosedrankies gestap het, het ek kort-kort omgedraai om te kyk of ek die agterwiel nog by die ingang kon gewaar waar ek dit gelaat het. Toe ek die glukosedrankie uit die yskas neem en omdraai, was die wiel skielik weg. Ek het net daar by die winkel uitgehardloop en, ja, so wrintiewaar, daar was ‘n swarte op my fiets besig om teen die opdraande uit te trap. As hy in die teenoorgestelde rigting gery het, teen die afdraande af, sou ek hom nooit kon inhardloop nie. Dus kon ek my fiets weer by hom afneem. Ek was maar te bly om dit terug te kry en het nie eens ‘n klag probeer lê of hom ‘n paar taai klappe probeer gee nie.
By al die liefdadigheid wat blankes teenoor swartes via die kerke en ander organisasies beoefen het, om nie van ons belastings te praat wat al dekades lank op swart onderwys, welsyn en gesondheid bestee word nie, is daar die werklikheid van al ons besittings wat oor jare heen deur swartes gesteel is. In Bloemfontein het ek die grappie gehoor:
“Daar is slegte én goeie nuus. Die slegte nuus is ons moet nou almal in Botshabelo gaan woon. Die goeie nuus is: al ons goed is klaar daar.”
Hoe wáár is dit nie! Ons wat deur kranksinnige linkses soos Ruth First en haar eietydse volgelinge van ‘n abstrakte “eiendomsdiefstal” – terwyl swartes nooit enige vorm van titelakte beoefen het nie – beskuldig word, was oor jare, dekades en eeue heen die slagoffers van konstante diefstal. Hoe op aarde kan daar van ons verwag word om swartes te vergoed vir apartheid en ander onsigbare morele delikte, as swartes ons nog altyd sonder ophou van ons werklike besittings ontneem het?
Ek wil nie ‘n groot morele of politieke kwessie hiervan maak nie. Vir my gaan dit meer oor die persoonlike verliese wat ons gely het. Want elke ding wat ons verloor het, verteenwoordig ook ‘n trauma-in-die-kleine, ‘n verlies en skending van jou privaatheid. Al word dit nie met geweld van jou afgeneem nie en bloot in jou afwesigheid gesteel of vasgelê, maak dit tog inbreuk op jou eie klein wêreld. Ons stam af van Noord-Europeërs wat van die eerlikste mense ter wêreld is, waar ‘n mens spreekwoordelik nie eens jou voordeur hoef te sluit nie. Waar ‘n mens op jou medemens kan vertrou om nie jou goed te vat as jy jou rug draai nie. Daarom is dit soveel te meer traumaties om jou tussen mense te bevind vir wie diefstal blykbaar ‘n soort lewenswyse is.
As ek dink aan die dinge wat swartes by my gesteel het, dan dink ek aan my matriekafskeidpak, daardie paar Londense skoene, my ouma en my ma se juwele wat by my suster gesteel is, ‘n 8-mm-kamera en -films waarop my atletiekloopbaan op hoërskool deur my pa vasgelê is, asook ‘n groen Volkswagen wat tydens ons Durbanse jaar buite ons woonstel gesteel is en stukkend en gebreek in Zoeloeland teruggevind is. Ek onthou nog op hoërskool daardie gevoel as ons tuisgekom het en die gat in die glas langs die voordeur gesien het en geweet het dat daar weereens by ons ingebreek is.
Natuurlik gebeur daar veel erger met mense in dié gewelddadige, misdadige land. Selfs menselewens word gesteel, die asempies van kinders soos Willemientjie Potgieter of Danielle Esterhuizen, met dieselfde argeloosheid as wat die hangkaste in ons slaapkamers oopgeruk word.
Soos Jacobus Coetzee in J.M. Coetzee se verhaal, is ons verskriklik getraumatiseer deur die kultuurverskil in dié land.
Daarom sou ek vandag graag by my lesers wou verneem: Wat het swartes by jóú gesteel? ‘n Armband, of rok of baadjie? ‘n Horlosie? Jou selfoon met al jou nommers op? Hoe gering die item of hoe onbenullig die voorval ook al, sou ek graag daarvan wou hoor. Gebruik die kommentaarblad hier onder.
Verstommend is die feit dat swartmense in SA, na die persepsie van die wêreld, vir 362 jaar sedert 1652 deur blankes onderdruk is, maar dat swartes in 1993 bevoeg geag is om oor die lotgevalle van ‘n Westers georiënteerde samelewing by die stembus te oordeel en tewens daarna die ekonomiese, politieke en staatkundige mag volledig oorgeneem het.
Stelselmatige oorname
In feite is die einste swartes vir 362 jaar voorberei om die mag oor te neem. Reeds hier in die 1700s is swartes in blanke huishoudings opgeneem … het hulle ons slaapkamers binnegedring … het hulle ons beddens opgemaak … het hulle ons kos gemaak … het hulle ons kinders op hulle ruê gedra- “pepa” … het hulle stelselmatig ons boerderye bedryf, ens.
Soos iemand op ‘n keer skertsend gesê het: “gee my sewe k’s dan doen ek die werk self”! Dit is presies wat oor honderde jare gebeur het. Witmense het hulle gewys hoe om dinge te doen maar swartmense moes dit doen … of het dit gedoen. Dit was nie net tot hande-arbeid beperk nie, maar het ook vakkundige beroepe behels. Vandag bv. kom ‘n tegnikus van ‘n bekende sekuriteitsmaatskappy die stelsel bywerk. Hy is swart. Die elektrisiën wat uitgestuur word na my huis is swart. Die bankklerk wat my by die bank bedien, is swart. Ek laat bloed trek vir analise-doeleindes en raai, dit is ‘n swart suster. En so kan ek aangaan.
En dan sit hulle letterlik in die parlement en lees hulle toesprake af, want wie geskryf het wat hulle sê, weet nugter alleen. Voor die “nuwe orde” is sake oor en weer deur opponerende groepe gedebatteer. Nou is dít wat gesê word gewoon wet.
Transformasie
Terwyl daar sogenaamd ‘n politieke kompromis bereik is, is daardie onderhandelinge lank reeds vergete. Dit verteenwoordig wesentlik ‘n oorname van die stelsel. Die stelsel was eens ‘n Westerse, gedifferensieerde samelewingsorde, met verdeling van magte (die trias politica), met ‘n vrye ekonomie en liberale asook gemeenskapswaardes. Die stelsel het ook voorsiening gemaak vir stamtradisies, -owerhede en –grondgebied.
Nou beteken transformasie afrikanisering. Ja ubuntu (medemenslikheid) beteken in die nuwe orde die aanvaarding van Afrika-waardes as normatief; ‘n konteks wat voorskriftelik en afdwingbaar is. Aanvaar jy dit, is jy een van die groter groep. Aanvaar jy dit nie, is dit rassistiese meerderwaardigheid.
Hiervolgens besit “the people” alles … die grond, die minerale rykdomme, water, ens. “The people” beteken kortom in die Bantoetale “die swartes”, want ‘n onderskeid word gemaak tussen abantu en abelungu (die wittes). Die staat wat niks anders as die diktatuur van die swartes is nie, besit alles vir abantu in trust.
Sowat twee jaar gelede hou die Artikel-185-kommissie ‘n tweejaarlikse beraad oor transformasie. Sowat sewe honderd abantu is teenwoordig. Daar was darem so tien abelungu. Die uiteindelike besluit van die beraad is dat transformasie beteken dat SA nie meer ‘n buitepos van die Westerse wêreld is nie, maar ‘n ware Afrikaland waar Afrikawaardes en -norme heers. Die wittes wat daar was het met hulle monde toe gesit!
Swakpunt in die mondering
Hulle het nou die mag en wat nou? Wel, die rekord sedert 1993 toon dat die nuwe magshebbers nie oor die vermoë beskik om uitkomsgebaseerde regering en dienste te lewer nie. Sien, hulle het vir 362 jaar die werk gedoen … maar nie geleer om te administreer nie. Die gevolg hiervan is eenvoudig dat, terwyl hulle graag teer op Westerse beskawingsdinge – soos duur Duitse motors, Italiaanse leerskoene, Franse donkerbrille, Skotse wisky, Chester Barry- Engelse pakke klere, ens. – die abantu nog steeds afhanklik is van Westerse beskawingsgoedere. Van dienslewering en diensteverskaffing is daar weinig sprake.
Hoe nou gemaak?
Die marxiste in Rusland het eens ‘n beroep gedoen op die werkers om hulleself te organiseer. In 1917 was daar die bekende oorname van die kommunisme! In Suid-Afrika is die wekroep aan Afrikaners: organiseer julleself … konsolideer julle getalle op beperkte georgrafiese gebiede (soos Orania en Kleinfontein) … mobiliseer julle vakkundige vermoëns en administratiewe vaardighede ten behoewe van julleself … dan sal julle oorleef.
Die kommunistiese Duitse Demokratiese Republiek van Oos-Duitsland het nie ideologies ineen gestort nie, maar weens hulle onvermoë om met die tegnologiese en administratiewe vaardighede van Wes-Duitsland (die Bondsrepubliek) mee te ding.
Intussen sal Afrika maar deur die evolusionêre proses van ‘n devolusie van mag, differensiasie van funksies en desentralisasie na gemeenskappe moet worstel. Hoe lank weet ‘n mens nie, want die wederkoms kan dalk plaasvind voor dit werklik gebeur. Is nog 2000 jaar lank genoeg?
Een van die grootste tragedies van die nuwe Suid-Afrika, benewens die geweld, moorde en die agteruitgang van Afrikaans, is die toenemende gebrek aan denke by Afrikaners. Terwyl vorige geslagte hulle gretig verdiep het in die beste van Westerse en Europese denke, dobber die huidige geslag op die oppervlak van die lewe: veramerikaniseer en oningelig.
Ook die Afrikanerpolitici soos FW de Klerk en sy nakomelinge het glad nie oor die aard van ons samelewing of moontlike toekomsscenario’s nagedink toe hulle polities voor die ANC en SAKP gekapituleer het nie. Wat ons moet verstaan, is dat die Afrikaner nooit sedert 1902 militêr verower is nie, maar wel weens ‘n gebrek aan denke tans sy ondergang beleef.
Die De Klerk-geslag, asook vandag se DA-politici, is volledig onder die invloed van die Amerikaanse en Sweedse smeltkroes-idee van die 1940s en 1950s. In weerwil van die groot veranderinge in ons land en in die wêreld, verkies hulle om die heersende ideologie van multikulturalisme en veelrassigheid, selfs die algemene antipatie jeens blankes, na te praat.
Wat vir politici geld, geld selfs in ‘n hoër mate vir skrywers, akademici en joernaliste. Ons het gesien hoe die koerant Beeld vroeër vanjaar die Universiteit van Potchefstroom beswadder het ten einde sy status as een van die laaste Afrikaanse enklawes in die hoër onderwys te beëindig. As ons aan die Afrikaanse letterkunde dink, spring ‘n figuur soos André P. Brink in die oog. Nie net skryf hy sy prulverhale oor historiese blanke boosheid in Engels en vertaal hulle agterna in Afrikaans nie, maar hy koester ‘n afkeer en moontlike haat vir sy eie mense. Tydens ‘n Franse TV-program het hy verklaar dat “Afrikaners verdien om te verdwyn”. Lord Milner kon dit nie beter gestel het nie.
Sekerlik was ons hele volk oor die afgelope aantal dekades die slagoffers van ‘n sielkundige oorlog en propagandaveldtog soos min in die geskiedenis. Hierdie propagandaveldtog mag die verwarring van die man op straat verklaar, maar nie die patetiese konformisme van die Afrikaner-elite nie.
Verengelsing vernietig nie net Afrikaans nie, maar ook ons vermoë om onafhanklik te dink. Ons kyk na die wêreld deur ‘n Amerikaanse bril en vind dit goed en mooi dat swartmense op alle gebiede soos in die Hollywoodfilms, leiersposisies moet beklee terwyl Europa as ‘n ou, agterlike vasteland waar mense snaakse tale praat, uitgebeeld word.
Afgesien van die lesers van hierdie webblad, is Afrikaners byna heeltemal onkundig oor die belangrike denkrigtings wat oor die afgelope dekade of meer in twee van ons stamlande ontstaan het: Nederland en Frankryk. Nederlands behoort vir elke Afrikaner toeganklik te wees, aangesien ‘n mens dit met min moeite kan lees en verstaan. Trouens, Afrikaans is eintlik maar sewentiende-eeuse Nederlands en Platduits wat ons Afrikaners so pragtig gestandaardiseer het. Met die koms van die internet, verteenwoordig Nederland-Vlaandere-Suid-Afrika eintlik een taalgebied waar variante van Nederlands gepraat en geskryf word.
Pim Fortuyn was onlangs die eerste Nederlander wat sy land daartoe opgeroep het om weer sy wortels en identiteit te herontdek. Nie verniet nie is daar ‘n sluipmoord op hom uitgevoer, maar sy boeke en nalatenskap is onvernietigbaar. Hy het die politieke en denkrevolusie in Nederland ontketen wat die opkoms van die Partij voor de Vrijheid (PVV) moontlik gemaak het. Sentraal by Fortuyn, asook sy geesgenoot, Martin Bosma, staan die kritiek op die Amerikaanse “sixties” en die linkse revolusie wat wêreldwyd op die hippie-tydvak gevolg het.
Onderliggend aan hierdie kritiek op Amerikaanse multikulturalisme en kulturele marxisme, is ook ‘n begeerte om te “verontengels”. Met die uitsondering van die jong koningin Wilhelmina wat saam met die Transvaal en die Vrystaat tydens ons Tweede Vryheidsoorlog gestaan het, het Nederland oor die afgelope twee eeue nog altyd die groter en sterker Brittanje se geopolitiek nagevolg. “Koninklijke Olie” heet nie verniet “Royal Dutch Shell” nie; dis ‘n half-Engelse, half-Nederlandse onderneming wat Nederland volledig aan Anglo-Amerikaanse beleid verbind.
Dit is daarom soveel te meer merkwaardig dat die PVV van Nederland en Franrkyk se Front National onlangs op die Europese vlak begin saamwerk het. Daar bestaan ‘n onderlinge samekoms van denke tussen die regse bewegings in albei lande wat vir ons en die hele Europese wêreld groot belofte inhou.
Ongelukkig is Frans nie meer vir Afrikaners, anders as Nederlands, toeganklik nie. Vroeër jare was dit wel onder Afrikaners mode om Frans te leer en is die taal ook in die meeste goeie Afrikaanse skole gedoseer. Met die koms van die internet en goedkoop aanlyntaalkursusse het ons egter geen verskoning meer om nie ook Frans en Duits onder die knie te kry en sodoende met ons stamlande weer ‘n intellektuele band te smee nie. Tans leer ek elke dag bietjie Sweeds en hoop om die taal teen die einde van die jaar te praat en te lees. Eintlik is dit nie so ver van Afrikaans af as wat ‘n mens sou dink nie. Vele woorde beskik oor dieselfde wortels en die grammatika is, vergeleke met Frans of Duits, taamlik eenvoudig, soos dié van Afrikaans!
In ‘n hoë mate hang ons oorlewing van ‘n meer intieme verhouding met Europa af. Dit is slegs wanneer ons van die nuanses van Europese denke bewus raak, dat ons sal besef dat daar wel vir ons ‘n uitweg uit die huidige doodloopstraat is waarin ons ons bevind.
Tot onlangs is Frankryk ironies gesien as die vesting van linkse en selfs dekadente denke. Die neomarxisme van Amerika is ten dele ook vanuit Frankryk daarheen uitgevoer. Slegs linkse of polities korrekte boeke in Frans is na Engels vertaal, wat verder die indruk gewek het dat Frankryk in wese, amper soos die voormalige Sowjetunie, ‘n linkse land was.
Niks kan egter verder van die waarheid wees nie. Soos ons onlangs gesien het, is Frankryk die enigste groot land met ‘n noemenswaardige politieke beweging wat onbeskaamd regs en nasionalisties is. Maar dit strek veel verder. Onbekend aan die res van die wêreld, of ten minste aan die Engelse wêreld, het daar in die twintigste eeu vele bewegings in Frankryk plaasgevind wat die grondslag vir nuwe denke oor identiteit en Europese voortbestaan geskep het. ‘n Hele skatkis van boeke en idees is die afgelope eeu en meer in Frans geproduseer wat nie net die huidige probleme met rasse en kulture vooruitloop nie, maar ook oplossings daarvoor aanbied.
Parys is ‘n stad van boekwinkels en skrywers. In die verlede was dit nie ongewoon vir Franse skrywers en denkers om binne een leeftyd negentig boeke te skryf nie! Dít met die pen of op ‘n tikmasjien sonder rekenaars. Nou die dag ontdek ek op my boekerak een van my pa se ou boeke, nogal in Afrikaanse vertaling, deur so ‘n skrywer van 91 boeke, André Siegfried, met die titel: Engeland se krisis in die 20ste eeu (Pretoria: Van Schaik, 1932). Hy was ‘n ekonoom en kenner van Engeland en bied in dié boek heeltemal ‘n ander perspektief as dié waaraan ons gewoond is. Geen wonder dat die boek in 1932 deur ‘n regsdosent aan Tukkies in Afrikaans vertaal is nie! Interessant is insgelyks dat Siegfried ‘n Protestant was en boonop ‘n titel in Frans oor Suid-Afrika geproduseer het. Het hy ‘n band met ons gevoel vanweë die Franse Protestante of Hugenote wat in die sewentiende eeu hierheen gekom en saam met die Hollanders en Duitsers saam-saam verafrikaans het?
Indien ons universiteite nie deur kranksinnige, anglofiele multikulturaliste beset was nie, sou ‘n klomp van dié Franse boeke deur akademici met regeringsubsidies of -befondsing in Afrikaans vertaal kon word, om dit sodoende vir Afrikaners toeganklik te maak. Helaas, gaan dit nie gebeur nie en sal ons eenvoudig self op die internet so ‘n ruimte moet open waar Franse idees opnuut in Afrikaans en onder Afrikaners bekendgestel kan word.
Tussen die twee wêreldoorloë was daar ‘n Franse beweging met die naam, die “Nonkonformiste”, wat uit jong intellektuele bestaan het. Blykbaar was hul gemiddelde ouderdom 25 jaar. Die avant-garde-skrywer, Maurice Blanchot, wat veel deur postmoderne teoretici aangehaal word, was blykbaar ‘n lid van dié groep, wat vir my persoonlik as ‘n verrassing gekom het. Hulle het hulself ook as die “Jong Regses” beskryf.
Een van die terme wat destyds deur die leidende Emmanuel Mounier gemunt is, was “die gevestigde wanorde”. Is dit nie presies waarmee ons vandag in Suid-Afrika te kampe het nie? Die gevestigde wanorde? Verder het die nonkormiste sterk gevoel dat Frankryk in die 1930s besig was om ‘n “beskawingskrisis” deur te maak. Met Suid-Afrika se verval in plaasmoorde, geweld en agteruitgang, kan ons seker dieselfde van ons land in die 2010s sê.
‘n Groot hedendaagse Franse filosoof en politieke denker wat by die nonkonformiste gaan kers opsteek het, is Alain de Benoist wie se “nuwe regse” beweging reeds in die sewentigerjare begin spoed optel het. In 1977 het hy ‘n boek gepubliseer, Vu de droite. Anthologie critique des idées contemporaines, (Copernic, 1977) wat die prys vir die beste essay of nie-fiksieboek van die jaar van die Franse Akademie in 1978 ontvang het. Enkele jare gelede het die weduwee van ‘n Vlaamse Afrikaner hier in Johannesburg die boek aan my geskenk en ek moet sê, dis ‘n fassinerende oorsig oor die idees van die twintigste eeu vanuit ‘n min of meer behoudende oogpunt.
Terwyl linkse denke dwarsdeur die Westerse wêreld en natuurlik veral in die Engelssprekende lande oorheers, stagneer dié denke oor rasse- en klassegelykheid ook. Oral in die media, op die internet en in boekpublikasies word die boodskap tot vervelens toe herhaal dat ons “almal net mense is” en dat ons na groter gelykheid tussen rasse en kultuurgroepe moet streef. Trouens, “gelykheid” is die natuurlike toestand van die mens en slegs rassisme en soortgelyke booshede is daarvoor verantwoordelik dat daar verskille in rykdom en intellektuele prestasie bestaan.
Vanweë die eenselwige en herhalende boodskap van Links, verbaas dit nie dat linkse akademiese publikasies by tye afgunstig na die genuanseerde en komplekse denke van die regtervleuel begin kyk nie. Die voorheen marxistiese tydskrif Telos, het byvoorbeeld al breedvoerig van Alain de Benoist se boeke bespreek.
‘n Insig van De Benoist is dat alle linkse denke, wat absolute gelykheid ten doel het, neig om verskille tussen mense te onderdruk of te misken:
verskille tussen kulture;
verskille tussen rasse en etniese groepe;
godsdiensverskille;
standverskille;
intelligensieverskille;
die verskil tussen man en vrou, of dan geslagsverskille;
verskille in smaak, styl en lewenswyse;
taalverskille, ens.
In vandag se Rapport argumenteer die visekanselier van Wits, prof. Adam Habib, wat voorheen hoof van die RGN in Suid-Afrika was, dat die bestaan van ‘n oorwegend Afrikaanse kampus te Potchefstroom onversoenbaar met die SA grondwet is! Blykbaar het hy reeds dieselfde standpunt in Beeld, wat die veldtog teen die Afrikaanstalige Pukke aanvoer, gestel.
Ons mág nie meer verskil nie. Punt. En tog weet selfs postmoderniste dat verskil die grondslag vir alle betekenis en menslike begrip is. In ‘n wêreld of ‘n heelal waarin alles dieselfde is en geen element of organisme meer van mekaar mag verskil nie, gaan ons terugsak in ‘n ongedifferensieerde oersop soos wat daar blykbaar miljarde jare gelede op aarde bestaan het. Ironies word diversiteit in die naam van “diversiteit” oral onderdruk.
Die reg op ‘n eie identiteit of op selfbeskikking is daarom niks minder as die reg om te mag verskil of anders te wees nie. Om ‘n blanke of ‘n Afrikaner in Suid-Afrika te mag wees, is taboe, maar tóg nodig indien ons die huidige beskawingskrisis in ons land, die gevestigde wanorde, wil oorleef.
Nog ‘n gedagte van De Benoist wat al lankal by my ook spook, is die wenslikheid van ‘n nasiestaat. Soos hy dit beskryf, tree die nasiestaat dikwels as ‘n “brutale, homogeniserende mag” op wat gelykheid, eenselwigheid en konformiteit op mense afdwing. Daarmee word gemeenskappe, tale en kulture onderdruk en op die duur uitgewis.
Iewers beskryf Breyten Breytenbach, wat destyds waarskynlik ‘n marxis was, die marxistiese ideaal van die “staat wat wegkwyn” as “die afvrot van die staat”. Nogal ‘n ironiese formulering. Tesame met konformisme en verdrukking, ervaar ons vandag veral die “afvrot van die staat” in Suid-Afrika in die gedaante van korrupsie, onbekwaamheid en wanbestuur wat drasties toeneem.
Ons natuurlike reaksie is om die hande in die lug te gooi. Hoe kan die ANC, SAKP, DA en ander linkse incubi ons pragtige Afrikanerstaat, asook ons eertyds netjiese, goed funksionerenede munisipaliteite so verniel?
Pleks daarvan dat ons die verval van die staat in ons land as ‘n ramp sien, verteenwoordig dit dalk vir ons as gemeenskap en as volk ‘n geleentheid om eie gemeenskapsinstellings naas die gevestigde wanorde te bedryf. Daardie instellings sal nie net wetlike of burokratiese strukture wees nie, maar uitvloeisels en vertakkings van ‘n lewende Afrikanerskap. Uiteindelik sal die staat ook sy vermoë verloor om ons belastings te in en sal ons vry wees om ons finansies na goeddunke in die belang van ons eie toekoms en dié van ons kinders te bestee.
Terwyl Alain de Benoist vyandig teenoor die nasiestaat staan, bewonder hy die werklike ryke van ouds, soos die Romeinse Ryk, die Heilige Romeinse Ryk, asook die Ottomaanse Ryk wat volgens hom nie as grondgebiede of territoria georganiseer is nie, maar rondom ‘n idee. In so ‘n ryk staan dit mens vry om jou eie taal te praat, eie gebruike en godsdiens te beoefen en as kultuurgemeenskap te mag voortbestaan.
Toenemend lyk dit asof ‘n nuwe Middeleeue op hande is. Die veiligheidsbuurte wat oor die afgelope twintig jaar in Suid-Afrika, die VSA en elders gebou is, verteenwoordig die aanvang van nuwe “kastele” wat in die toekoms taamlik outonoom en geprivatiseer sal funksioneer. Afrikaans kan as taal teruggevoer word na die Germaanse skeepstaal wat vir handel tussen die Hansa-stede tussen 1300 en 1600 as lingua franca gebruik is. Dis net so min ‘n Khoisan-kreool as wat camembert-kaas ‘n Boesman-lekkerny is.
Ons heil mag in die totstandkoming van ‘n nuwe Europese wêreldryk lê wat vir ons as beskerming teen die multikulturele, oorlogsugtige VSA, enersyds, en China andersyds, kan dien. Marine Le Pen het reeds gesê dat sy liewer sou wou sien dat Frankryk en die res van die EU ‘n goeie verhouding met Rusland kweek as wat hulle soos tans slaafs die Amerikaanse strategie van ‘n nuwe koue oorlog teen Rusland navolg. Soos wat blankes dwarsdeur die wêreld ‘n kleiner en kleiner minderheid word, sal ons nie meer groot grondgebiede of nasiestate soos in die verlede kan beset nie, en sal ons eerder Promethiaans rondom ‘n idee moet groepeer.
Dit mag wees dat Jacob Zuma en Julius Malema vir ons ‘n groot bedreiging inhou. Maar ten eerste bedreig hulle die Suid-Afrikaanse nasiestaat self, wat dalk vinniger gaan verval as wat ons tans kan vermoed.
Die afvrot van die staat is nie iets om oor te weeklaag nie, maar om te verwelkom. Hoe minder beheer die staat oor ons uitoefen, hoe beter.
Gedurende die 70’ger jare het mediese studente se sosiologiese onderbou die boek “Society Today” (wat nie meer beskikbaar is vandag nie), ingesluit waarin die konsep van “Local vs International” beskryf is. Alhoewel die konteks meer rondom nie-kreatiewe teenoor kreatiewe denke gegaan het, het dit die onderskeid gevestig van klein teenoor groot deurdat hierdie teenstrydighede as ’n normale suigstokkie teenoor ’n ontploffende suigstokkie uitgebeeld is.
Die bestuurswetenskap het die gedagte van “Local vs International” verder verfyn deur die gewraakte voorkoms van “local company men” (of bestuurders wat slegs na binne lojaal is), af te speel teen bestuurders wat meer na buite lojaal is (of meer oop is vir internasionale of alternatiewe idees). Vir ondersteunende verwysings sien hier.
In die 19de eeu was geen van hierdie geformaliseerde konsepte bekend nie alhoewel daar uit die middeleeuse feudale stelsels duidelike onderskeid getref was tussen heersers en werkers. Dié heersers kan dan as “internationalist” en werkers as “local” beskryf word. Daarom was die vestiging van Suid-Afrika as ’n entiteit eers moontlik in die 20ste eeu nl. 1910 met die Unie van Suid-Afrika (Sien Dave Steward van die FW de Klerk Instituut se video oor SA se geskiedenis.)
Hierdie uitslag was slegs moontlik omdat die Britse heersers oop was vir nuwe idees terwyl die binnelands strydende groepe glad nie daaraan kon dink nie, of die vermoë gehad het om eers die landsgrense te trek nie.
Op hierdie stadium het die Afrikaner ’n jong en onvolwasse stamkultuur gehad waar hulle kort tevore hulself probeer regeer het – weg van die Britse juk – terwyl die Kerk-Staat-balans gevaarlik oorgehel het ten gunste van die Kerk. Dit is duidelik merkbaar in die ononderbroke groei van die Kerk sedert 1652. Die samebindende tradisie tussen geografies wydverspreide boere is weerspieël deur die tipiese 3 maandelikse kontrei-nagmaaldienste en was/is onlosmaaklik deel van die Afrikanerpsige en -opvoedingskultus. Dit was egter ’n plaaslike Kerk vir plaaslike mense en die hele konsep kan as lokaal identifiseer word dermate dat die politieke voorstel van apartheid (klaarblyklik) eintlik van “dominee” DF Malan af gekom het. Op daardie stadium was “segregasie” egter die aanvaarde internasionale konsep en daarmee het die probleem a.g.v. die verskil in internasionaal teenoor lokaal of groot teenoor klein na vore gekom. Die uiteinde van hierdie geloofsgebaseerde “klein” denke het finaal die Afrikaner benadeel met die oorhandiging van mag aan die ANC in 1994. Daarom is die moderator van die NG Kerk Johan Heyns vermoor en FW de Klerk van hoogverraad aangekla.
In die 21ste eeu het die “World Economic Forum” ’n jaarlikse verslag begin uitbring waarin die rangorde van mededingendheid van nasies op wetenskaplike wyse bepaal word. Of die konsep van mededingendheid korrek is of nie, hierdie verslag tref baie duidelik onderskeid tussen 1ste en 3-dewêreldlande deur die twee groepe onderskeidelik as “innoverend” en “funksioneel” te identifiseer. Aangesien dit wetenskaplik gegrond is, kan niemand dit as polities of nie-polities korrek beskou nie. Wat interessant is, is dat hierdie onderskeid terugspring na die gedagte van groot teenoor klein denke soos hierbo beskryf. Met ander woorde, ontwikkelde lande dink groot en ontwikkellende lande dink klein. Dit word gemeet aan kreatiwiteit oftewel, die vermoë om te ontwerp. Aangesien Suid-Afrika alles invoer – moet Suid-Afrika dus funksioneel mededingend wees en kan ons wesenlik nie self dinge ontwerp nie en daarom is die denke “klein”. Kyk maar na die Rooivalk-gevegshelikopter – dit is wel ontwerp in Suid-Afrika – maar waar is daardie ontwerpskundigheid nou? Die land se politieke en sakeverteenwoordigers maak meer geld deur dinge in te voer en daarom word ontwerpskundigheid nie aangemoedig nie – selfs nie eers onder wittes nie.
Rakende politiek in Suid-Afrika is die hedendaagse populêre hoofstroomneiging dus weg van groot denke na klein denke toe. Een voorbeeld is Naspers wat internasionaal groot dink maar op die plaaslike front daardie internasionale denke aktief afdruk te gunste van lokale denke, lokale politiek en lokale geld. Politieke aktivisme is duidelik nie teenoor die regering van die dag nie, maar meer teenoor die gedagte van lokale denke waar dit as onkreatiewe denke beskou word. Hierdie narratief bots egter met die “kreatiewe” uitkoms van lokalisering en desentraliserende filosofiese denke waarbinne die konsep van selfbeskikking gesien kan word en wat veroorsaak dat politieke partye by mekaar verbypraat en waar ons verval in die Derrida-strik van binêre denke.
Die gedagte van hiërargie teenoor netwerkgebaseerde organisatoriese oplossings kan beskou word as een “groot” denke wat uitvloei uit die selfbeskikkingskonsep. Dis amper soos om ’n projek te bestuur waar die projek die firma verteenwoordig sonder om die firma te verteenwoordig maar tog ’n lewe van sy eie het. Hierdie lewe is moontlik sonder hiërargiese inmenging van Staat of Kerk. Dit kan dus beskou word as groot denke vir die Afrikaner vorentoe.
Die Brit Jonathan Bowden (1962-2012) was veral as politieke skrywer en spreker in konserwatiewe en regse geledere bekend. Sy boek, Western Civilization Bites Back (San Francisco: Counter-Currents Publishing, 2014, 238p; Amazon Kindle $7.99), is onlangs gepubliseer. Die kern van Bowden se boodskap is dat blankes ‘n skrale eeu gelede die wêreld oorheers het, maar veral sedert die Tweede Wêreldoorlog agteruit geboer het; dermate dat etniese en kulturele uitwissing blankes se voorland is. Wittes se morele selfvertroue het in duie gestort. Wat nodig is, is die morele, etniese en kulturele herlewing, selfs hergeboorte, van die blankedom.
Daar is veral twee standpunte implisiet in Bowden se redenasie. Eerstens dat die reaksie teen fascisme oordrewe is; dat ‘n bepaalde ideologie, hetsy polities of religieus, nie uitsluitlik goed of net sleg is nie. Die pendule het te ver teruggeswaai. Fascisme het ‘n onondersteunbare sondebok geword, terwyl kommunisme, wat baie meer dood en verwoesting oor ‘n veel langer tyd gesaai het, relatief skotvry daarvan afkom. Dink maar aan die sterk kommunistiese elemente in die ANC. Ons reaksie behoort veel eerder te wees dat (1) mense nie gelyk of wesenlik eenders is nie; (2) enige individu en etniese groep gewoon die reg het om trots op sy/hulle prestasies te wees; (3) ons nie kan toelaat dat ons Europese kultuur deur bv ‘n Afrika-meerderheid vertrap word nie.
Tweedens dat die verfoeiing van bv slawerny en kolonialisme eweneens eensydig teen blankes gemik word. Die swartes en Arabiere was op ‘n baie groter skaal en oor ‘n veel langer tyd as blankes by slawerny betrokke. Soos slawerny was kolonialisme nie net sleg nie. Albei het in sekere opsigte ‘n positiewe rol in die ontwikkeling van baie lande gespeel. Toegepas op Suid-Afrika kan gesê word dat sowel die blanke bewind as rasseskeiding ‘n voortsetting van kolonialisme was. Terselfdertyd was albei bv ontwikkelingsgewys ‘n groot bate vir al die inwoners. Die ANC, ons as plaaslike blankes en die res van die wêreld kan nie glo dat so ‘n land weens mandaatlose, ruggraatlose toegewings deur ‘n klein groepie swakkelinge in die skoot van swart mag beland het nie.
Die magte van die bose, bv die anti-blanke konsortium van kommunistiese/sosialistiese armlastiges, misbruik selektiewe aspekte van die verlede (slawerny, kolonialisme, imperialisme, segregasie, die twee wêreldoorloë, kapitalisme, ens) om skuldgevoelens by blankes te wek terwyl nie-wittes se nie-prestasie en droogmakery grootliks onvermeld bly. Nie-wittes het hulle suksesvol as die ewige onskuldige slagoffers gevestig. Daarom word die weerslag van kolonialisme, naamlik die grootskaalse intog van onwettige immigrante in Westerse lande, feitlik nooit eens genoem nie en nog minder veroordeel.
In sy voorwoord by Bowen se boek verwys die redakteur, Greg Johnson, na “a common thread: Bowden’s conviction that the crisis of the white race is ultimately moral” (Kindle 64). ‘n Valse waardestelsel, bv dié van die liberalisme, “elevates weakness over strength, equality over excellence, humility over pride, the guilty conscience over the innocence of becoming. This moral programming has been used to demoralize and dispossess whites not just for our many collective crimes and mistakes but also for our greatness: for the beauty of our people and their magnificent achievements … excellences which other races seldom equal and scarcely ever surpass” (64).
Hierdie skuldsgevoelens, wat meedoënloos by wittes gewek word, veroorsaak “whites being essentially ‘talked out’ of planetary dominance and onto the path of extinction within the span of less than a century … Talk of equality and pity led … to a pervasive lowering of standards and the raising – even privileging – of the marginalized within white communities” (68). In Westerse samelewings kom laasgenoemde situasie in toenemende mate voor. In Suid-Afrika is die toestand sedert 1990/1994 baie meer benard en ontstellend omdat blankes toenemend deur die nie-wit, veral swart, meerderheid verswelg word. “Even the massive use of coercion to advance white dispossession … and the pervasive drive to criminalize ethnocentric speech and thought throughout white societies could not have happened before whites – specifically elite whites in positions of power and influence – had been essentially talked into them on moral grounds” (73).
In sy voorwoord verwys Johnson vervolgens na “our will to persist as individuals and to live on through our race and a simple refusal to be robbed of our heritage and destiny by egalitarian sob stories … Vital beings with a sense of destiny and a drive for glory cannot be bothered with spurious historical crimes and mistakes or even real ones” (81). Hierna kom Bowden se tekste aan die beurt. Dit is veral die toespraak waarna in die boektitel verwys word wat vir my doeleindes van belang is. Voordat ek daarby kom, verskaf ek ‘n aantal aanhalings uit die res van die boek. Hou in gedagte dat omstandighede in Europa of die Weste aansienlik van dié in Afrika kan verskil.
* “Most people … believe that making things more equal makes them better. I don’t. I believe making them more unequal makes them better … If there’s nothing above you, there’s nothing to aspire to … I’m an elitist” (915). ‘n Soortgelyke redenasie kan gebruik word by die ANC-regering se inpalming van wittes se besittings. Diegene wat bv plase ontvang pleks van hulle self te ontwikkel, waardeer sulke onverdiende geskenke nie, gevolglik is die plase in die oorgrote meerderheid gevalle spoedig in ‘n vervalle toestand.
* “I believe in discrimination. Discrimination is a moral good and a moral law! It’s an aristocratic spirituality. Of course you discriminate. You discriminate over who’s your enemy and who’s your friend” (924). Geen mens kan sinvol lewe as hy nie op rasionele gronde tot onderskeiding in staat is nie. Dit is op grond van ondervinding dat ons weet wie om met bv misdaad te assosieer, al word amptelik herhaaldelik beweer dat die grondslag daarvan bevooroordeelde rassediskriminasie en onbillike stereotipering is.
* “People become more Right-wing as they get older … Why is that? Because death approaches, reality approaches” (929). Mense sterf meesal eers wanneer hulle bejaard is en hulle het dan meer ondervinding en moontlik ook meer kennis en beter insig as jonger mense. Sterfbedwoorde is geneig om waar te wees. Bowden verwys na die Britse skrywers Kingsley Amis (1922-1995) en Colin Wilson (1931-2013) wat na mate hulle ouer geword het, al hoe meer regsgesind was. ‘n Mens kan ook na die groter politieke realisme verwys wat tans by ons eie eens verlinkse André P Brink en Breyten Breytenbach te bespeur is.
* “History’s been made by a small group on behalf of and in the name of the groups from which they themselves derive their energy and purpose” (929). “Genuine creators are the antennae of their entire populations” (1949). “Five percent of all groups rule their own groups. And 80% always conform to the ruling ideology” (1557), bv politieke korrektheid. “Political correctness … is based upon the idea that everyone is equal” (3048). “Political correctness is a form of censorship” (3042). “It disprivileges dissenting ideas” (1570). Die ANC-regering weerspieël nie noodwendig die mening van die meerderheid Suid-Afrikaners nie. Dit is ‘n klein groepie mense in die ANC, in baie gevalle lede van die destydse terreurbendes, wat in veral eie belang die meerderheidsmening met bv propaganda en intimidasie manipuleer. Aan die anderkant kan die meer as 5 000 kiesers wat vir Front Nasionaal gestem het die potensiaal hê om die spreekwoordelike berge in hierdie droewe land te versit. Dit is waarom Front Nasionaal as rassisties uitgekryt is. “Any white self-assertion is regarded as an act of semi-criminality” (1413).
* “Right-wing views are about difference, they’re about inequality, they’re about distinction, and they’re about meaning” (1467). “Contrary to nearly all present orthodoxies, the Right is actually the side of civilization” (2707). “Firstly, cultures would be mono-ethnic. Secondly, there would be a respect for the past glories of our civilization. Thirdly, we would not preface every attempt to be strong by saying ‘I’m sorry'” (1791). “You fight for your own country, and your own group, and your own culture, and your own civilization, at your own level, and in your own way” (1806). “To be totally proud of what you are in your own confirmation of identity. Because identity is divine” (1836).
* “Open-mindedness to the future and respect for evidence does not mean woolliness and an absence of certitude in what we are” (1604). “It means that we should not begin every sentence by apologizing for our past or apologizing for who we are” (1613). “In my philosophy sympathy multiplies misery” (1617). “Many Western people feel that … variants of our group have committed atrocities, that our civilization is therefore rendered worthless, almost in its entirety” (1683). Wat nodig is, is dat ons ons selfrespek moet behou (of terugkry) en dan realisties moet evalueer in watter mate ons kritici al gepresteer het. “The point of groups like the New Right … is to create the mental space whereby greatness can come back into culture, to create the mental space for higher works of civilization again” (3099).
* Friedrich Nietzsche (1844-1900) “believes that strength is moral glory. That courage is the highest form of morality. That life is hierarchical. That everything’s elitist. There’s a hierarchy in every group of individuals. There’s a hierarchy between groups of individuals. Inequality is what Right-wing ideas really mean” (1621). Bowden verwys selfs na “radical, total, and pitiless inequality” (2535).
* “Liberal ideas say that men and women are the same and are interchangeable, that war is morally bad, that all races are the same and should all live together” (1528). Bowden noem liberalisme “a soft form of communism” (1536). Die ANC neig kommunisties en die ANC Lite (die DA) was eens liberalisties. “Communism kills the body, but liberalism rots the soul” (1545). “Liberalism is moral syphilis” (1738). Wat nodig teen hierdie elemente is, is ‘n “storm of steel” (2781).
* “We don’t believe in anything anymore, that we’re in chaos, that a large number of our people are miseducated to the degree they hardly even know who they are. That patriotism, although it still exists in the blood and bone and in die consciousness of many people, has been partially indoctrinated out of many” (1553). “If you’re not rooted in something, you don’t come from anywhere, there are no roots that go down into the earth, then you can be moved about like a weed which has very weak roots and just rips out. And somebody stronger will rip you out” (1778). “It’s not that we’re all Germans really, although English people are primarily Germanic, but nevertheless, it’s that they’re the core to the European identity, which can have many outer chambers but without the core, doesn’t exist” (2131).
* “One of the cardinal weaknesses of the contemporary West is the feminization of all areas of life. Masculinity is a sacred thing, and yet it’s been demonized and disprivileged in the Western world, regarded as just an excuse for brutality” (1595). “Men have been emasculated by feminism” (388). Die vorm wat versustering deesdae plaaslik aanneem, het ek voorheen “ousifisering” genoem.
Goed en tersaaklik soos die voorafgaande opmerkings is, is dit eintlik die voordrag gelewer in Amerika wat in die boektitel genoem word wat Bowden se boek elke sent werd maak. “What I’d like to talk about is Western civilization and how it can be saved” (117). “Bill Clinton … said whites need political correctness … because they’re going to be a minority relatively soon” (126). Wittes “become a minority mentally” (122). “The Obama presidency epitomizes the willed decline of majority instinct in the society” (292). “Political correctness is a white European grammar” (171). “Political correctness is a methodology and a grammar. It is designed to restrict the prospect of a thought before the thought is even enunciated” (426). “Think about what it will be like when white Americans are 10% of the population of the United States … Political correctness wil not save you from the marginalization of your history and traditions, which will occur because it’s not much fun being a minority” (177). “Your culture will be disprivileged” (284). Clinton “denies the crucial harbinger of identity, which is the heart of all existence and becoming” (184).
Die relevansie van hierdie teks vir wit Suid-Afrikaners behoort duidelik te wees. Volgens Clinton is minderheidstatus die rede waarom daar politiese korrektheid moet wees. Bowden wys egter daarop dat die blankes geensins daarby baat gaan vind nie. Vir wittes is dit ‘n verloor-verloor-situasie. Na verwagting sal nie-wittes reeds teen die middel van hierdie eeu die meerderheid in die Amerikaanse bevolking wees. Wat met sekerheid voorspel kan word, is dat daar vorentoe baie groter begrip as voorheen by wit Amerikaners vir Suid-Afrikaanse blankes se situasie en die Nasionale Party-regering se apartheidsbeleid gaan wees. Sodanige begrip kom egter te laat en gaan ons niks baat nie.
Ook sal daar in die komende dekades allerhande planne in Amerika gemaak word om ‘n ramp soortgelyk aan ons 1990/1994-ramp te voorkom, bv om die immigrasiebeleid aan te pas. Dit sal die magsoorgang na nie-wittes nie voorkom nie maar hoogstens ietwat uitstel. “What may well occur in the future will be nonnegotiable” (321). Ook sal doodgewone Amerikaanse skynheiligheid waarskynlik veroorsaak dat (soos met bv die Britse immigrasiebeleid) te lank getalm word voordat iets daadwerkliks omtrent die saak gedoen word.
“Mass immigration into Britain began with the Nationality Act in 1948, which was passed by the Clement Attlee government” (451). Attlee het gesê: “If the races of the world are mixed together there will be no more war” (455). Die VSA se kookpot-immigrasiebeleid en gedwonge rasse-integrasie steun op dieselfde redenasie. Daar word selfs voorkeur aan nie-wit immigrante gegee. “What you get instead [of war] is the internalization of divisions and a bellyaching of a globalist sort inside societies instead of between them” (455). “They will exist inside multiracial marriages. They will exist inside multiracial schools. They will exist inside multiracial cities. They will exist within multiethnic housing developments. And they will certainly exist within multiracial societies” (459).
By implikasie word die onverkwiklike Suid-Afrikaanse werklikheid hierna nog verder tuisgebring. “The problem that we’re finding is that people are giving away the inheritance that they brought up. It’s as if you have a family business … and it comes down to you through the generational sort of structures of the past and you decided to give it away. You decided to squander it” (133). “The enemies that we face … are internal” (167). Dit is blankes, spesifiek Afrikaanssprekendes onder die leiding van FW de Klerk, wat die land namens al die blankes mandaatloos, dus wederregtelik, weggegee het. “If you allow your culture to be transparently disfigured by forces which are external and internal to it, and which you could have controlled in previous incarnations, you will witness your own death knell. And you will witness it in your own lifetime” (342).
Deesdae is baie blankes in die na-beskawingsera en -mentaliteit vasgevang. “Every time we think of a self-affirmative statement, it’s undercut immediately by the idea that there’s something wrong, or something queasy, or something quasi-genocidal, or something not quite right, or something morally ill about us” (175). Dit is bv bevrydingsteoloë soos Desmond Tutu en Nico Koopman wat wittes probeer wysmaak dat hulle moreel siek is en genees moet word. “This extends out beyond racial and ethnic questions to all other questions. To questions of gender … group identity and belonging … cultural affirmation, to questions of history” (179). “All real identity is underpinned by what existed before you” (188). “To have a future, people need to be aware of their past, and they need to be aware of the glory of that past” (392).
“Since the Second World War, white Europeans have felt guilty about being themselves” (221). “It’s quite shocking how, since 1960 … the West has lost its fiber and has collapsed internally and morally in terms of its spirituality and in terms of its sense of itself” (230). Na die Tweede Wêreldoorlog het die gety teen die blankes gedraai. Die vraag kan gestel word of daar nie dalk sinvolle waardes weens die vernietiging van fascisme in die slag gebly het nie, bv die elementêre waarheid dat mense individueel en groepsgewys verskil. Wittes is mislei om te dink “that much of what was wrong with the modern world is morally our responsibility and not that of any other group” (234). “There’s something uniquely oppressive about being a Caucasian” (259), dus om ‘n blanke te wees ingevolge Johann Friedrich Blumenbach (1752-1840) se klassifikasie.
“Everyone in this room is regarded as immoral by the ruling dispensation in the United States … because it prevents people from identifying with ideas which are, quite transparently, in their own interest” (272). “These things are not about fairness and equity. They are about who can set the standard and the tone for the cultural domination of a civic space” (284). Dit gaan dus om beheer of mag. “When Haitian militants massacred the white population of Haiti … they would not necessarily be condemned for what they did” (408). “Why is the double standard of double moral jeopardy applied by the historians of our own group?” (413). Dit is taamlik duidelik waarom Thabo Mbeki as staatshoof dit nodig geag het om baie staatsgeld te verkwansel deur na die swartes in Haiti uit te reik. Haiti het anti-blanke simboliese waarde. Dit is die oudste swart republiek. Terselfdertyd is Haiti die agterlikste land in die Weste.
“Most people are comfortable in the middle. They’re comfortable when they’re with their fellows, when they’re part of a crowd and feel that they’re mainstream” (417). Bowden beveel aan dat ons mense moed inpraat sodat hulle bereid is om op te staan vir wat reg is. Hy verduidelik dat Leon Trotsky (1879-1940) in die 1920’s die begrip “rassisme” ontwikkel het en dat Mao Zedong (1893-1976) besef het dat daar towerwoorde is wat voordelig in ideologiese oorlogvoering gebruik kan word. Rassisme is so ‘n towerwoord wat uitnemend geskik is om teen blankes te misbruik. Dit het deel van die morele woordeskat geword.
“Only when we recover the sense of dynamism that we seem to have partly lost will we have a future … Many other groups in this world wonder about what is happened to us, wonder what has happened to our energy” (446). Diegene wat wel politieke energie het, begewe hulle soms in regse groeperings. Daardie geledere word gekenmerk deur twis en tweedrag omdat daar groot wedywering is. “Everyone who’s ever been prominent in a Right-wing group knows it involves herding cats. And the reason for that is because of the bloody-mindedness of the maverick people who are part of these tendencies of opinion. Because you have to be bloody-minded in order to attack against that which is comfortable” (496).
“We must not allow comfort and ease to sleepwalk us towards oblivion. Comfort and ease are the enemy of a decisive cultural breakthrough and a decisive implementation of the politics of the future. We have to forget the last 50 to 60 years, but remember the lessons that we should draw from it. And the lessons that we should draw from it is to believe totally in ourselves” (509). “We are the locomotive of our own destiny” (514). “All the enemies that we now face are internal. And the biggest enemies that we face are in our own minds” (518). “We’re not aggressive and assertive enough as a group” (522).
Die konserwatiewe Amerikaanse webblad onder redaksie van mnr. Jared Taylor, American Renaissance, het onlangs ‘n reeks artikels deur bekende konserwatiewe denkers en aktiviste geplaas waarin hulle poog om te voorspel hoe die VSA oor 20 jaar daar gaan uitsien.
Die reeks van tien opstelle heet Race and America in 2034 en vertoon ‘n algemene pessimisme wat nie aan Afrikaners onbekend is nie. Die meeste skrywers voel dat die linkse establishment in die vorm van die akademici, die media en die Demokratiese Party volledig in beheer van die land verkeer, met min vooruitsig op verandering. Kulturele marxisme is vandag in die VSA net so ingeburger soos Marxisme-Leninisme in die voormalige Sowjetunie. ‘n Nimmereindigende, onverklaarde oorlog op blanke gesinne sal woed, met die belange van swartes, immigrante, Spaanssprekende kleurlinge, gays en feministe wat voorrang sal geniet. Demografies het die VSA reeds die kantelpunt bereik en word daar jaarliks ‘n meerderheid nie-blanke babas in die land gebore.
Sommige skrywers soos Paul Gottfried hoop dat, indien dinge nóg slegter gaan en daar meer geweld op en diskriminasie teen blankes kom, hulle “wakker sal skrik” en dalk in opstand sal kom. Ons ervaring in Suid-Afrika, met die mees antiblanke wetgewing en beleid ter wêreld, spreek egter van die teendeel. Dit wil voorkom asof blankes maklik gekondisioneer kan word om tweederangse burgerskap te aanvaar, met die meeste mense wat net aan hul eie belang dink en poog om die stelsel ter wille van hul eie oorlewing te pypkan.
Die jong aktivis Richard Spencer, met wie ek al namens praag ‘n uitgebreide potgooi-onderhoud gevoer het, meen dat blanke Amerikaners deur siklusse van “passiwiteit en ongemaklike tevredenheid”, asook woede, gaan soos die karakter Howard Beale in die 1976-film, Network. Ná elke siklus keer hulle egter tot passiwiteit terug.
Mnr. Jared Taylor plaas sy hoop op blanke enklawes wat in landelike en voorstedelike gebiede in die VSA tot stand sal kom, asook op die huidige oplewing in nasionalistiese politiek in Europa. Hy voorspel dat daar oor 20 jaar drie Europese lande mag wees wat deur nasionalistiese partye regeer mag word, met koalisies waarin sulke partye dien in vyf ander lande.
Ondanks die gebrek aan klinkklare oplossings in die reeks artikels, verteenwoordig Race and America in 2034 ‘n interessante oefening in toekomskunde waarin Afrikaners heelwat van ons eie situasie sal herken, met die verskil dat ons natuurlik veel later in die proses van vervreemding, geweld en marginalisering as die blanke Amerikaners verkeer.
Miskien is dit nodig dat ons ook ‘n slag besin oor waarheen Suid-Afrika en Afrikaners op pad is?
Met die oog op Sadou se veldtog om geskiedenis ‘n verpligte skoolvak te maak, het ek gewonder wat sou die leerplan vir die Suider-Afrikaanse geskiedenis vóór 1652 wees. Goed, daar is geskrewe rekords van Vasco da Gama en Bartolomias Dias wat in die 15de eeu om die Kaap geseil het, maar sover dit die res van die geskiedenis voor 1652 aanbetref, is daar bykans niks opgeteken nie, soos mens sou kon verwag van ‘n steentydperkbevolking wat nie die geskrewe woord of die wiel kon bedink nie.
Die leerplan van die prekoloniale geskiedenis van Suid-Afrika gaan dus besonder dun wees, as dit op feite gebaseer sou wees. Die feite het egter nog nooit in die ANC se pad gestaan waar dit by sy denkbeeldige geskiedenis kom nie. Die ANC-stadsraad van Pretoria het byvoorbeeld niks daarvan gedink om met ‘n totaal-denkbeeldige sogenaamde stamhoof, Tshwane, op te kom, en selfs ‘n standbeeld ter ere van hierdie denkbeeldige figuur op te rig nie. Ek kan my dus net indink hoe vol sprokies enige nuwe geskiedenishandboek of leerplan sou wees wat handel oor die pre-1652 geskiedenis.
Ek kan eweneens aan nog ‘n hele aantal boeke dink wat besonder dun sou wees:
1. Suksesvolle sameswering en sabotasie – Nelson Mandela.
2. Die kuns van oorlog teen militêre teikens – Robert McBride
3. Dinge wat ek van my skooldae onthou – Jacob Zuma.
4. Gevorderde houtwerktegnieke – Julius Malema
5. My skoonheidsgeheime – Gill Marcus
6. Effektiewe selfverdediging – Anton van Niekerk
7. Konsekwentheid in joernalistiek – Mad Max du Preez
8. Afrikaners wat ek bewonder – Athol Trollip
9. Akademiese vryheid van spraak – Pirate Piet Broucamp
10. Korrupsievrye, doeltreffende regering – die ANC.
In die Suid-Afrikaanse politiek is die Dakar-safari van 1987 na Senegal redelik goed bekend. Frederik van Zyl Slabbert beskryf dit as ‘n “ontmoeting tussen leiers van die ANC in ballingskap en hoofsaaklik Afrikaanssprekende professionele mense” (Duskant die geskiedenis, Kaapstad: Tafelberg, 2006, p 58). In hierdie boek is daar ‘n foto van die Dakar-gangers en ‘n lys van die betrokkenes (p 174-177), asook die teks van die gesamentlike communiqué wat uitgereik is (p 171-173). Daar word verwys na “‘n gedeelde verbondenheid tot die verwydering van die apartheidstelsel en die bou van ‘n verenigde, demokratiese en nierassige Suid-Afrika” en “Die konferensie het eenparig sy voorkeur uitgespreek vir ‘n onderhandelde oplossing.”
Thabo Mbeki en Van Zyl Slabbert in Dakar, 1987
Ons het sedertdien kennis geneem van die ongelooflike mate waarin FW de Klerk en sy span die onderhandelings verbrou het. Ons weet ook nou dat ‘n nie-rassige nuwe Suid-Afrika en “‘n nasie van alle Suid-Afrikaners, swart en wit,” ‘n hersenskim is. ‘n Perspektief wat geldig bly, is dat die Dakar-safari deur behoudendes/konserwatiewes “as ‘n daad van verraad beskou [is], nie alleen teenoor die apartheidstaat nie, maar ook teenoor die Afrikanerdom.” Profeties is die standpunt dat aangesien die ANC nie geweld wou afsweer nie “geweld onbeheersd sou uitbrei.” Die nuwe Suid-Afrika is bekend as een van die geweldadigste samelewings, weens die voorbeeld wat die UDF/ANC se terreurbendes gestel het.
Wat minder bekend is, is dat 18 Maties in 1989 ‘n soortgelyke safari na Lusaka onderneem het. Uit jeugdige voortvarendheid wou hulle eerstehands met ANC-kornuite kennis maak. Dit was heeltemal strydig met die gesindheid van die tradisionele Universiteit Stellenbosch (US). Twee nie-Maties, die joernalis Hennie Serfontein (‘n Dakar-ganger) en André Zaaiman het hulle vergesel. Zaaiman was verbonde aan Van Zyl Slabbert en Alex Boraine se Idasa (Instituut vir ‘n Demokratiese Alternatief vir Suid-Afrika). Sowel Idasa as die Dakar-safari geniet die twyfelagtige onderskeiding dat hulle deur George Soros (Praag 27.10.2013) befonds is. Dieselfde geld moontlik ook die Lusaka-safari. Die doel was om die blanke bewind en die apartheidsbeleid te ondergrawe deur met die verbanne ANC in gesprek te tree.
Na verloop van 25 jaar het die Lusaka-gangers, insluitende Serfontein en Zaaiman, op 14 deser ‘n reünie op die US-kampus gehou. Dit is duidelik dat die rektor, die ANC-aktivis Russel Botman, die maksimum linkse politieke propaganda uit hierdie reünie wou tap. Botman, ‘n produk van die NG Sendingkerk, was hier in sy element en het ‘n prominente rol in die verrigtinge gespeel. Kontrasteer dit met wat ek onlangs in die konteks van misdaad op Stellenbosch, bv drie aanvalle op blanke vrouestudente, geskryf het: “Wanneer daar enigsins sprake van ‘rassisme’ by die US is, in die sin van wittes wat nie-wittes ‘benadeel’, klim Russel Botman dadelik op die wa. Wanneer wittes die slagoffers is … word die saak aan ‘n viserektor of die skakelbeampte oorgelaat” (Praag 20 Mei). Die res van my teks is hoofsaaklik gebaseer op inligting wat op 14 en 16 deser op die US-webwerf gepubliseer is.
Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het ‘n toespraak by dié reünie gelewer oor “Waagmoedige leierskap: Om op te staan vir dit wat reg is, ongeag die koste.” Dit is duidelik dat sy haar eerder by die ANC as die Boere skaar. Tito Mboweni, wat voorheen ‘n ANC-minister en die president van die Reserwe Bank was, het ‘n paneelbespreking gelei waaraan vier van die Lusaka-gangers deelgeneem het: Anneliese Burgess, Robert Bricout, André Zaaiman en Mark Behr. Neem kennis dat die drie oud-Maties (Burgess, Bricout en Behr) eerder Engels- as Afrikaanssprekend is. Mboweni was een van die ANC-kornuite wat hierdie Maties destyds in Lusaka te woord gestaan het. Hy is sedertdien deur die US met ‘n ere-doktorsgraad beloon. Roelf Meyer, die Nasionale Party (NP) se hoofonderhandelaar by Kodesa, wat help verseker het dat FW de Klerk se beloofde magsdeling volslae magsoorgawe aan swartes geword het, het ook aan die paneelbespreking deelgeneem. Dit behoort duidelik te wees dat die Botman-US heelwat geld in hierdie reünie belê het omdat dit ‘n bruikbare linkse propagandafoefie is.
Burgess het gesê dat ‘n “betekenisvolle verskuiwing in bewustheid” by die Lusaka-gangers ingetree het. Hulle het trane gestort oor die moontlikheid dat die ANC-kamerade deur die Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte gedood kon word. Terug op die kampus het hulle ervaar “hoe hulle deur sekere groeperings en die Universiteitsowerheid beswadder is.” Drie van die Lusaka-gangers het glo destyds uit die NP bedank.
Bricout het gesê “die een ding wat ons saamgebind het, was dat ons geweet het ons land, ons universiteit en onsself moet verander. Dit was die regte ding om te doen.” Sy linkse oortuigings het sedertdien skynbaar nie verander nie, want hy wil hê dat “nie net die stemme van die konserwatiewe alumni gehoor word nie.”
Zaaiman het gesê die groep het geleer dat “as ‘n samelewing ons op ons beste is wanneer ons met mekaar gesels en na mekaar luister. Hierdie element ontbreek in ons samelewing vandag … Ander probleme wat die samelewing tans ervaar, is paternalisme, ‘n gehegtheid aan geweld en ‘n outoritêre samelewing.” Dit is verfrissend dat Zaaiman nie by die beweerde booshede van die verlede vasgesteek het nie, maar die aandag op hedendaagse euwels gevestig het.
Ek herinner my dat Behr destyds daarvan beskuldig is dat hy ‘n dubbele agent is; dus dat hy vir sowel die NP-regering as die ANC gespioeneer het. Behr het gesê: “Dis ongelooflik, ontstellend en belangrik vir ons om te onthou dat apartheid se rassisme vir ons wit studente hierdie voorreg [die Lusaka-safari] gegee het. As ons swart studente was, sou ons nie die land kon verlaat nie. Te danke aan ons rasse-geluk en ons rasse-voorreg was ons in die voorste gestoeltes om getuies te wees van hoe die laaste oorblyfsels van Europese kolonialisme oopgebreek word.” Hy noem uiteraard nie dat die ANC sedert 1994 alles in sy vermoë doen om die wittes se “rasse-geluk” in rasse-ongeluk te omskep nie en dat blankes se eertydse “rasse-voorreg” nou in doelbewuste rasbenadeling ontaard het nie. Die Lusaka-besoek het die groep glo gehelp om die “verwaandheid van apartheid en die paradoks in die idee van apartheid te herken.”
Mboweni het die Maties se besoek aan Lusaka “baie belangrik” genoem. “Ons was ook baie stout, want ons het geweet ‘n konstante aanval op politieke vlak, gefokus op Stellenbosch, sou ‘n groot sielkundige impak op die regerende klas hê.” Die ANC wou die NP-regering dus onder meer via die US ondermyn. Die US het simboliese waarde vir Afrikaners. Dit is waarom die Botman-US se doelgerigte distansiëring van en aanslag op Afrikaans en die Afrikaner vir my so onaanvaarbaar is.
Meyer (wat ‘n ANC-lid is) het beweer dat die laat tagtigs “aaklige jare” was. Apartheid is glo in ‘n outokratiese staat bedryf. “Dit is wat ons moes beëindig.” Volgens Zaaiman (hierbo) het ons tans ‘n “outoritêre samelewing,” wat seker in hierdie opsig met die vorige bedeling ooreenstem.
Die res van my teks handel hoofsaaklik oor Botman se “inleidende opmerkings” by hierdie reünie. Dit gee ‘n gesaghebbende kykie in die gesindheid wat daar tans by die US-bestuur en veral by Botman aangetref word. Ooreenkomstig sy taalvoorkeur het Botman hoofsaaklik Engels gepraat.
“South Africa was a very different country back then, and this University a very different place.” Die land en die US het inderdaad verander. Die vraag is: Het hulle verbeter? Botman is een van dié wat ‘n verskil gemaak het. Maar het hy en sy ANC-kamerade die land ‘n beter land en die US ‘n akademies beter universiteit gemaak? Ek dink nie so nie.
Oor die NP-regering is afwysende houding oor die Lusaka-safari vra Botman: “Why the fuss around this visit? I think there were two reasons: Your youthfulness; and the fact that you were from this University … as Maties, you represented a University that had been pivotal to the idea of Afrikaner Nationalism.” Botman is dus diep bewus van die simboliese waarde wat in Afrikaner-geledere aan die US geheg is. Dit is waarom Botman hom so sterk vir die transformasie van die US beywer; dus die sistematiese vernietiging van die US van weleer, wat gekenmerk is deur blanke Afrikaanse studente en dosente.
In hierdie transformasieproses word die akademiese uitnemendheid, wat so kenmerkend van die historiese US was, op ‘n ontstellende manier weggekalwe. Geen egte akademikus behoort vrede te maak met die amptelike beleid van die Botman-US waarvolgens studentetoelating en die aanstelling en bevordering van personeel dikwels/gewoonlik deurslaggewend deur nie-akademiese (veral rassistiese en seksistiese) oorwegings bepaal word nie.
Onlangs is die US onvleiend 34ste op die QS-ranglys van Brics-universiteite geplaas. ‘n Vorige US-viserektor, Rolf Stumpf, het toe gesê: “Die QS-stelsel is nie gerat om spesifieke nasionale uitdagings* te akkommodeer nie. Die ander lande het nie byvoorbeeld ‘n apartheidsverlede wat regstelling verg nie” (Die Burger, 20 deser, p 6). Wat Stumpf hiermee erken, is dat politieke oorwegings (myns insiens spesifiek ANC-gedienstigheid) akademiese uitnemendheid ondermyn. [* “Uitdagings” is ‘n gewilde ANC-woord wat dikwels as ‘n eufemisme vir onvermoë gebruik word. Sommige van ons onthou hoe graag die ANC in 1994 die woord “deursigtig” gebruik het. Deesdae word hierdie woord vermy omdat daar te baie ANC-brouery is was toegesmeer moet word.]
Tydens die reünie is daar geweeklaag oor die beswaddering wat die Lusaka-gangers destyds te beurt geval het. Botman misbruik sy amptelike posisie om dieselfde te doen, naamlik om ‘n vorige blanke US-rektor, Mike de Vries, te diskrediteer. Eerder as om self in die US-argief te gaan soek, het Botman waarskynlik ‘n personeellid opdrag gegee om te kyk watter argivale skietgoed daar is. Botman verwys na ‘n 1989-memorandum waarin De Vries daardie jaar as ‘n “laagtepunt” beskryf het.
De Vries het waardes soos “gesonde gesagsverhoudinge,” “gedissiplineerde vryheid,” en “verantwoordelikheidsin” bepleit. Dit is waardes wat Botman as student aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) vertrap het, bv toe hy die 1976-onrus op daardie kampus gelei het. De Vries noem hulle tereg “basiese beskawingswaardes.” By implikasie verheerlik Botman in sy hoedanigheid as rektor die gebrek aan hierdie beskawingswaardes by die Lusaka-gangers, wat met die ANC geheul het.
Botman: “You guys wanted to do your bit to help fix what was so obviously wrong with South Africa. For that, we owe you a debt of gratitude” Let ook op die snedige trant van die volgende uitlating: “Wat julle as ‘bogsnuiters’ gedoen het, het die ‘volksvaders’ duidelik erg gegrief.” Daarna blyk dit duidelik met watter buitensporige oorgawe Botman die verderflike ideologiese glyposisie geniet waarin die US hom deesdae bevind: “Your actions in 1989 was a turning point for this University, just as June 16 [1976] was a turning point for the country as a whole. Stellenbosch would never be the same after your trip to Lusaka. In fact, in many ways we are still riding the waves of change set in motion by your decision to stand up and speak out.”
Wat Botman betref is dit ‘n geval van: een keer op die pad van die ANC, altyd op daardie pad. Hy is in sy laaste termyn as rektor en het reeds miljoene der miljoene rande in ruil vir sy dienste ontvang. Sover bekend is Botman nog nooit deur die US-raad kortgevat nie. Sy aanstelling as rektor is eerder sonder protes met ‘n verdere vyf jaar verleng. Dit lyk asof hy dink dat hy nou maar al die krane kan oopdraai om uiting aan sy anti-Afrikaanse en anti-Afrikaner-sentiment te gee. Hy het al uitdruklik verklaar dat diegene wat rasse-integrasie teenstaan nie welkom op die US-kampus is nie.
Botman bewys hom hiermee onteenseglik as ‘n opperste aktivis. Van ‘n rektor wat ampshalwe ‘n toonbeeld van ideologiese neutraliteit behoort te wees, is hier geen sprake nie. Dit is duidelik dat Botman die hoogste waardering het nie net vir die Soweto-geweld in 1976 nie, maar ook vir die geweldpleging wat hy daarna op die UWK-kampus gelei het. De Vries het tereg gevra: “Waarheen is jy op pad, my universiteit?” Die antwoord het geblyk te wees: Die onverkwiklike Botman-US waar Afrikaner-nasionalisme geen plek gegun word nie en Afrikaans progressief afgeskaal word.
Botman verwys na rassisme wat verwerp moet word. Ek het eerstehands waargeneem hoe Botman en sy UDF/ANC-kamerade die UWK-kampus in die jare sewentig op horings geneem en die afskaffing van alle rassediskriminasie geëis het. Vergelyk dit met Botman se huidige posisie as die voorbok van rassediskriminasie teen blankes (en net blankes) aan die US. Hy verwys egter na ‘n “inclusive solution.” Hieronder skenk ek aandag aan sy soort selektiewe inklusiwiteit.
Dan volg hierdie opsetlike leuen: “The majority of the population were denied the vote and equal access to services and opportunities … because of their skin colour.” Dit is darem verregaande dat iemand wat die uitvoerende hoof van ‘n universiteit is, kan voorgee dat die verskil tussen wit, bruin en swart mense net hulle velkleur is. Hy weet sekerlik dat pigmentasie glad nie die deurslaggewende faktor is nie. Velkleur dien bloot as ‘n aanduiding van (dikwels) grondige kulturele verskille. Wittes, bruines en swartes openbaar verskillende maniere van dink en doen wat dit onwenslik maak om sonder meer die huidige mode na te volg waarvolgens almal gelyk en wesenlik eenders verklaar word. Die fundamentele dwaasheid van gelyke algemene stemreg behoort nie as spoorslag te dien om almal ook in ander opsigte gelyk te verklaar nie.
Botman stel graag sowel demokrasie as die beweerde gelykheid van alle mense positief voor. Aan ‘n universiteit is albei (feitlik) heeltemal buite orde. Die universiteit is in sy diepste wese nie demokraties in die sin dat almal daar hoort soos deesdae in ons politieke verkiesings nie. Aan die universiteit word tersiêre, dus hoogste vlak-, onderwys gevind. Dit is wesenlik elitisties. Die universiteit is nie vir almal nie. Dit is veronderstel om die room van die bevolking te trek en nie die gepeupel nie. As akademiese meriete hier ‘n deurslaggewende rol speel, soos dit hoort, sal die universiteit (waarskynlik) nooit die demografie weerspieël nie.
Daar behoort ook erkenning gegee te word aan die feit dat die universiteit ‘n gemeenskap van akademiese ongelykes is. Omdat sommige skoolverlaters akademies beter as ander is, word hulle by toelating tot universiteitstudie gekeur. ‘n Eerstejaarstudent vergelyk wat kennis en insig betref gewoonlik swak met ‘n gevorderde student. ‘n Junior lektor is ingelyks meesal nie die akademiese gelyke van ‘n professor nie. Dosente behoort oor akademiese sake uitsluitsel te gee; nie studente ter wille van demokrasie nie. Studente behoort nie toegelaat te word, soos deesdae die mode is, om voor te skryf hoedanig hulle onderrig moet wees nie. Die luidrugtigstes onder hulle dra dikwels nie eens kennis van hoe ‘n behoorlik funksionerende skool lyk nie. Hulle het nog minder ‘n benul van wat ‘n egte universiteit is.
Wanneer nie-akademiese oorwegings egter die oorhand kry, soos aan die US, kan dit akademies chaotiese gevolge hê. Dan kan dit gebeur dat iemand weens rassistiese en seksistiese oorweging ‘n professoraat beklee, terwyl sy/haar junior lektor hom/haar akademies ore kan aansit. RW Johnson het al genoem dat rektore in die nuwe Suid-Afrika (blykbaar) nie sonder die vooraf goedkeuring van die ANC-regering aangestel word nie. Ek sou eerder sê dat ten minste die aanvaarbaarheid vir die ANC-regering van die kandidate wat om ‘n rektorspos meeding heeltemal verkeerdelik deurgaans in gedagte gehou word. ‘n Werklik outonome universiteit besluit selfs oor so ‘n belangrike aanstelling en laat hom nie deur ‘n regering intimideer nie; veral nie deur die ANC-regering wat so ‘n hemelskreiende gebrek aan akademiese diepte het nie.
Ek is dus ongeneë om te beweer dat plaaslike rektore, wat die hoogste akademiese pos aan ‘n universiteit beklee, akademies meerderwaardig in vergelyking met egte akademies-wetenskaplike professore is. My indruk is dat die gewoonte plaaslik posgevat het om rektore by uitstek op nie-akademiese gronde aan te stel; dus asof hulle eerder die hoof administratiewe beampte is. Na analogie daarvan bestaan die wesenlike gevaar dat akademiese norme by ander akademiese aanstellings ook verwater word.
Botman het ‘n buitengewoon klein arsenaal van idees. Wat hy telkens in sy toesprake en geskrifte noem en by dié reünie herhaal het, asof dit ‘n hoogtepunt in die US se geskiedenis is, is: “In 1999, your alma mater finally acknowledged – and I quote ‘its contributions to the injustices of the past’.” Botman borduur hierop voort met die voorstelling van die US as “taking responsibility for the past – both its own actions and its contributions to the injustices perpetrated in this country.” Selfs hierdie oordrywing het die aartsaktivis Botman nog nie in afdoende mate bevredig nie, gevolglik gaan hy voort: “This was an apology for apartheid, one that should be repeated from time to time. But the University didn’t stop there. It also committed itself to ‘redress and development’.”
“‘Redress’ referred specifically to access. In 1990, Stellenbosch had just 762 black students. Today, we have more than 9 000, or roughly a third of our student body. And by 2018 [die US se eeufeesjaar] we will be even further along.” As neo-swarte* verstaan Botman onder swartes alle nie-wittes. Kleurblindheid of ‘n ewewigtige, nie-rassige beskouing oor etnisiteit moet nie van Botman verwag word nie. In sy intreerede as rektor in 2007 het hy belowe dat die US gaan verswart en by implikasie gaan verengels. Teen 2018 sal Botman sy “sukses” meet aan die mate waarin hy daarin geslaag het om die persentasie wit studente en personeel te verminder en Afrikaans-mediumonderrig te beperk. Die akademiese skade wat die US weens hierdie transformasie ly, is klaarblyklik nie iets waaroor Botman hom danig bekommer nie. Akademiese oorwegings dra minder gewig as die politieke oogmerke wat hy so fanaties nastreef.
[*Eintlik pseudo- (of skyn-) swarte. Aan die Botman-US word daar by die studente, dosente en ander personeel op ‘n onheilige manier uitermate voorkeur aan Botman se mede-bruines ten koste van blankes gegee. Tydens die besoek van Blade Nzimande se Portefeuljekomitee vir Hoër Onderwys in 2009 het Botman tot sy ontnugtering agtergekom dat die lede “in die getal swart studente en personeel belangstel en dat hulle bruin studente nie as swart aanvaar nie” (Kapp p 181). Botman se eie herklassifikasie as generies swart het dus deur die mat geval. Die ANC-regering erken nie neo-swartes as ragegte swartes nie.]
“And regarding the commitment to ‘development’, it laid down the foundation for a science-for-society approach at Stellenbosch.” Tradisioneel het die universiteit twee funksies gehad: onderrig en navorsing. As ANC-aktivis oorbeklemtoon Botman ‘n derde funksie vir die US, naamlik gemeenskapsdiens. Daarvolgens word van die US verwag om maatskaplik betrokke by gemeenskappe te raak (in die praktyk uitsluitlik, dus nie-inklusief, “benadeeldes/agtergeblewenes” oftewel nie-wittes) deur take te verrig en selfs van die dienste te lewer wat die politieke owerheid versuim om (doeltreffend) te doen.
“We started doing so with the University’s HOPE Project.” Die motivering hiervoor, so kenmerkend van Botman, is polities: “Stellenbosch has a very special responsibility, given its history. We have played a significant part in the injustices of the past and we are committed to redress” (Pieter Kapp, Maties en Afrikaans, 2013, p 215). Botman “beklemtoon dat hierdie herposisionering ook ‘n wegbeweeg van die ‘language roots’ van die US beteken.” (p 216). Kapp noem ook “die opvallende afwesigheid in die Hoop Projek [van] kultuurgerigte projekte” (p 217). Die Botman-US distansieer hom hiermee onteenseglik van sowel die Afrikaner as Afrikaans. “We are now a national asset. Stellenbosch is nie meer ‘volksbesit’ nie. Ons behoort nou aan almal – die wêreld [en sekerlik Afrika] en die land – en al sy mense.” Daarmee herhaal Botman ‘n geykte ANC-refrein.
Die Lusaka-gangers, volgens Botman, “left a valuable legacy.” Hulle het glo ‘n verskil gemaak. Daar is geen teenspraak hieroor nie: die US het verander. Polities het die US in die oë van ‘n ANC-aktivis soos Botman verbeter. Maar die vraag wat die akademiese hoof van ‘n (eens) akademiese inrigting hom moet afvra, is: Het die US akademies verbeter? Is dit akademies sinvol om ‘n amptelike beleid te hê waarvolgens die akademies beste kandidate (dikwels) nie as studente toegelaat of as dosente en navorsers aangestel en bevorder word nie? Ek kan maar net hoop dat ‘n toekomstige US wat minder polities en sterker akademies as die Botman-US geöriënteerd is hiervoor eendag by herhaling verskoning sal vra.
Teen die einde van sy toespraak het Botman dit nodig gevind om nog een van sy ideologiese preokkupasies te berde te bring. Daar is volgens hom nog “brandpunte op kampus.” “Daar is byvoorbeeld die vraagstuk van simbole. Stellenbosch staan lankal nie meer vir DF Malan se 1913-idee van hoër onderwys net vir die Afrikanervolk nie. Maar weerspieël ons simbole dié verandering? Wat doen ons om almal hier welkom te laat voel … te laat voel dis ook hulle plek hierdie? Hoe laat ons die mure en geboue en pleine tot almal spreek?”
Wat hier aan Botman se ANC-siel knaag, blyk uit die volgende koerantberig:
“Twee van die Universiteit Stellenbosch (US) se geboue heet nog na voormalige eerste ministers van Suid-Afrika.
Dit kan wel verander indien ‘n voorstel aanvaar word.
Die US se Sentrum vir Inklusiwiteit het onlangs gehelp met die inwin van inligting oor die geskiedkundige bepalings wat sal geld indien ‘n naamsverandering vir die DF Malan-gedenksentrum oorweeg sou word.
Die sentrum is verlede jaar gestig en is gemoeid met sekere elemente van die US se transformasiestrategie, waarvan visuele regstelling ‘n komponent is.
Mohamed Shaikh, woordvoerder van die US, het gesê in hierdie verband word die DF Malan-gedenksentrum se naam gereeld genoem as voorbeeld in refleksies oor visuele regstelling op die kampus.
‘Die sentrum help die bestuur ook met die inwin van inligting ter oorweging van die manier waarop die US visuele regstelling wil benader. Die voorstelle het geen amptelike status nie. Dit is bloot voorstelle vir oorweging deur die US-bestuur,’ het Shaikh gesê.
Die US het nie gesê hoe ver die proses is of watter name voorgestel is nie.
Die DF Malan-gedenksentrum naby die Coetzenburg-stadion word gebruik vir die US se gradeplegtighede en die verwelkoming van eerstejaars. …
Die ander gebou wat nog ‘n voormalige eerste minister se naam het, is die JC Smuts-gebou” (Die Burger, 6 Mei, p 10).
Ja, die US het nou ‘n Sentrum vir Inklusiwiteit. Die US is hier aan die voorpunt van progressiewe denke omdat hy waarskynlik die enigste universiteit in die wêreld is wat dit deurlopend nodig vind om geld aan die bevordering van “inklusiwiteit” te bestee. Maar oor die aard van Botman-inklusiwiteit moet duidelikheid verkry word. Daar is ‘n opvallende patroon. In sportsoorte waarin blankes tradisioneel oorheers het, soos rugby en krieket, word kwotas ter bevoordeling van nie-wittes vereis. In ‘n sport soos sokker, waarin swartes oorheers, was daar egter nog nooit sprake van kwotas ter bevoordeling van wittes nie. By tradisioneel blanke en veral die eens Afrikaanse universiteite word daar insgelyks voortdurend druk vir ‘n toename in nie-wit (veral swart) studente en personeel uitgeoefen. By tradisioneel swart universiteite is daar geen druk hoegenaamd dat hulle meer wit studente en personeel moet hê nie.
Aan die Botman-US word hierdie ANC-resep getrou gevolg. Waar wittes hulle tradisioneel bevind het, bv in koshuise, word in hierdie veelgeprese era van vryheid kwotas ter bevoordeling van nie-wittes afgedwing. In hierdie konteks gebruik Botman graag die terme “inklusiwiteit” en “diversiteit.” Ter bevoordeling van nie-wittes pas die Botman-US egter graag dubbele standaarde toe. Byvoorbeeld, die US se mentorprogram vir skoliere is eksklusief vir nie-wittes, veral bruines. Daar is ook ‘n spesiale doktorale program eksklusief vir swartes uit Afrika. Inklusiwiteit word as noodsaaklik beskou as wittes deel van ‘n groep is. Blankes mag nie afsonderlik as ‘n eiesoortige groep funksioneer nie, want dan is dit apartheid*. Eksklusiwiteit word egter as ‘n positiewe bate geag wanneer nie-wittes bevoordeel en blankes blatant uitgesluit word. Dan word dit nie rassediskriminasie genoem nie, maar regstelling.
[* ‘n Kort uitbreiding hierop. In Kapp se boek word dubbelmedium (onderrig in Afrikaans en Engels in dieselfde klas) tereg opvoedkundig die “swakste van al die beskikbare opsies” genoem (p 206). Botman het egter sy wesenlike aard absoluut ondubbelsinnig geopenbaar toe hy sy voorkeur vir dubbelmediumonderrig uitgespreek het “omdat dit verseker dat wit en swart saam in die klasse sit” (p 205). Hy kies dus blatant kant vir politieke bo opvoedkundige oorwegings omdat parallelmedium (onderrig in Afrikaans en Engels in aparte klasse) weens Botman se politieke gepreokkupeerdheid deur hom as die voortsetting van apartheid beskou word. Dit word só gesien omdat oorwegend wittes die Afrikaanse en oorwegend nie-wittes die Engelse klasse bywoon.]
In die Botman-kraniologie is visuele regstelling die jongste gier. Daar word sonder meer aangeneem dat wittes op die US-kampus tuisvoel, want hulle was mos nog altyd daar. Daar word glad nie in ag geneem dat blankes sistematies etnies en kultuur- (insluitende taal-) gewys doelbewus ontheem word nie. Weens die toenemende verswarting en verengelsing van die US voel blankes elke jaar al hoe meer ontuis en inderdaad onveilig op die kampus. Wanneer Botman die ideaal koester van ‘n kampus waar almal welkom en tuis voel, waar daar geen plek vir ‘n onderskeid tussen “ons” en “hulle” is nie, waar almal een groot geïntegreerde, uitgebreide Matie-familie is, dink hy net aan wat ter bevoordeling van nie-wittes gedoen kan word.
Dit is in hierdie selektiewe en per slot van sake anti-blanke perspektief dat geboue nie na Jan Smuts of DF Malan vernoem mag word nie. Botman gaan van die ANC-standpunt uit dat die name van sulke blanke politici vir nie-wittes aanstootlik is. As hierdie twee geboue ingevolge visuele regstelling na bv Nelson Mandela en Steve Biko hernoem word, sou Botman myns insiens geen beswaar hê nie, want vanuit die ideologiese hoek waaruit hy kyk, kan hierdie twee kamerade nie aanstoot gee nie. As daar wittes is wat beswaar sou opper, kan kort mette met hulle gemaak word deur hulle rassiste te noem. Om teen te werp dat die universiteitsverskynsel van Westerse oorsprong is en met beskawing (en nie met terrorisme nie) geassosieer word, sou (waarskynlik) geen indruk op Botman maak nie.
Dat die name van Westersgesinde blankes, bv veral ‘n Afrikaner soos DF Malan, aanstootlikheidstatus by Botman het, blyk uit sy bostaande aangehaalde opmerking oor Malan. Dat die vernoeming van ANC-kamerade, daarenteen, aan die Botman-US heeltemal aanvaarbaar is, blyk uit die feit dat ‘n afdeling van die fakulteit teologie die naam van Beyers Naudé dra en ‘n afdeling van die mediese fakulteit dié van Desmond Tutu. Daar word sonder meer maar verkeerdelik aanvaar dat die gebruik van sulke name geen Matie vervreem nie.
Die studentesentrum heet tans die Neelsie, vernoem na ‘n stryder vir Afrikaans, CJ Langenhoven. Maar soos ons hierbo gesien het, minag Botman die “language roots” van die US. Uit die ANC-gesindheid wat met die Naudé- en Tutu-benamings geopenbaar word, sal dit seker nie lank wees voordat visuele regstelling die Neelsie tref nie. Almal wat as nie-rassiste gereken wil wees, sal lippediens moet bewys wanneer die Neelsie as bv die Nelson hernoem word.
Ek wou vandag eintlik graag oor ander onderwerpe as Afrikaans en die Universiteit Stellenbosch (US) geskryf het. As ek uitstel, sou my reaksie op onlangse berigte egter inboet aan aktualiteit. Sowel Afrikaans as die US is vir die Afrikanersaak so belangrik dat ek verplig voel om nog ‘n rubriek hieraan te wy.
Die US het onlangs sy kort kursusse in koerante geadverteer. In die ellelange lys (200 kursusse) is daar net enkeles (11) wat ‘n Afrikaanse benaming het maar hulle aanbiedingstaal word as Afr/Eng aangedui. Selfs die kursus vernoem na Elize Botha het ‘n Engelse naam, maar word Afr/Eng aangebied. Die “Emerging Maties Course” se benaming is eweneens Engels en die aanbieding is Afr/Eng. Tensy daar aparte byeenkomste in hierdie twee tale is (wat onwaarskynlik is), beteken dit dat al 200 kort kursusse uitsluitlik of hoofsaaklik in Engels aangebied word.
Die rede wat vir hierdie toedrag van sake aangevoer word, sal waarskynlik wees dat die voertaal deur die aanvraag bepaal word. Dit beteken egter dat die tirannie van die meerderheid van deurslaggewende belang is; dat die Afrikaanssprekende minderheid verontrief word en dat hulle hulle na die gerief of eise van die meerderheid moet skik. Die punt wat ek wil stel, is dat uit die aanbiedingswyse van hierdie kort kursusse daar feitlik geen oorblywende aanduiding meer is van die US wat eens daarop kon roem dat hy die bakermat* van Afrikaans is nie. (* Pieter Kapp, Maties en Afrikaans, 2013, p 75.) Onder die leiding van Russel Botman is daarin geslaag om die US in oortreffende mate te verengels. Op 19 deser skryf Dosent Sonder Grys Skoene, Stellenbosch, in Die Burger: “Die realiteit is dat slegs 10% tot 20% van die voorgraadse lesings by Maties in Afrikaans is” (p 15).
Aan ‘n ander eens Afrikaanse universiteit is die situasie soortgelyk. Die Universiteit Pretoria (UP) het ook onlangs sy kort kursusse geadverteer (bv Sake-Rapport, 25 Mei, p 13). Nie ‘n enkele van die 123 kursusse het ‘n Afrikaanse naam nie. Die naaste wat daaraan gekom word, is “Afrikaans for beginners.” Naas hierdie kort kursusse word 16 aanlynkursusse geadverteer. In slegs een geval, “Biblical counselling,” word genoem: “This course is also presented in Afrikaans”. Onderaan die advertensie staan: “Let wel: Alle kursusse word in Engels aangebied.” Die UP-afdeling wat hiermee gemoeid is, heet “CE at UP” of “CEATUP”, met CE wat seker ‘n afkorting vir “continuing education” is. Daar is hier dus nie eens ‘n pretensie van Afrikaans-wees nie. Kontrasteer dit met die UP-rektor, Cheryl de la Rey, en Beeld se poging om die indruk te wek dat alles wel met Afrikaans is; dat Afrikaans aan UP “woema” het (Praag 13 deser).
Die aanbieding van kort kursusse deur universiteite het eers in die nuwe Suid-Afrika momentum gekry. Dit volg uit die (grootlikse) dwaalleer dat ‘n universiteit naas onderrig en navorsing ook gemeenskapsdiens moet verrig. In die praktyk kom dit daarop neer dat die universiteit goed vir nie-wittes, veral swartes, moet wees deur aktiwiteite en selfs dienste te verrig wat die owerheid versuim om te doen. Maar daar is vir universiteite ook finansiële aansporing om allerhande kort kursusse aan te bied. Die ANC-regering verwag dat universiteite, afgesien van gemeenskapsdiens, ook ander ekstra laste moet dra (bv dat eens Afrikaanse universiteite sonder enige addisionele vergoeding ook Engels as onderrigtaal moet hê). Terselfdertyd neem die staatsubsidie aan universiteite in reële terme af. Deur kort kursusse aan die publiek te verkoop, verdien sowel die betrokke dosente as die universiteit ekstra geld.
Wat in die praktyk gebeur, is dat bv die owerheid en maatskappye van hulle werknemers in werkstyd stuur om van hierdie kursusse by te woon. Die werkgewer betaal die kursusgeld en die werknemer ontvang ‘n universiteitsertifikaat wat aandui dat hy/sy die kursus bygewoon het. Van die kant van die werknemer word daar geen prestasie (bv om in ‘n toets of eksamen te slaag) verwag nie. Dit is voldoende as hy/sy (laat) vir die byeenkomste opgedaag het. Nou kan die werknemer daarop aanspraak maak, met die sertifikaat as bewys, dat hy/sy aan bv die US of UP studeer het, selfs al het hy/sy nie naastenby matriek nie. As hy/sy bv die bogenoemde “Emerging Maties Course” bygewoon het, kan hierdie werknemer voortaan die volgende formele “kwalifikasie” agter sy/haar naam skryf: EMC (US). Die tragedie is dat die kameraad wat in bv die staatsdiens in ‘n hoë pos sit en oor aanstellings en bevorderings besluit ‘n grondige kennis van bv die AK47-geweer kan hê, maar dalk geen benul het van universiteitskwalifikasies nie. EMC (US) kan dus aanleiding tot oordadige voordele vir die werknemer gee. Met minder as dit kan ‘n mens deesdae moontlik selfs ‘n minister word.
Dit behoort duidelik te wees dat die aanbieding van kort kursusse die akademiese aansien van ‘n universiteit kan benadeel. Ek het geen beswaar as ‘n universiteit ter inligting van die publiek bv openbare lesings aanbied nie. Maar daar moet nie sertifikate uitgedeel word aan diegene wat dit bywoon nie. Deur kort kursusse teen ekstra vergoeding aan te bied, word die eintlike taak van ‘n dosent, naamlik tersiêre, akademiese onderrig en navorsing, verwater. Papiergebaseerde kwalifikasie-inflasie moet teengestaan word.
In die ou Suid-Afrika was die akademiese situasie veel beter. Die ideaal was dat universiteite grade, technikons diplomas en kolleges sertifikate toeken. Die ANC-regering, by name Kader Asmal as onderwysminister, het die hele opset deurmekaar gekrap deur kolleges te sluit, technikons tot universiteite te verklaar en selfs technikons en universiteite te laat saamsmelt. Universiteite en technikons behoort wesenlik te verskil. Aan technikons moet studente afgerig word om take uit te voer. Afgestudeerdes moet beroepe kan beoefen wat min teoretiese begronding vereis. Aan universiteite moet studente onderrig word in onderwerpe en beroepe wat ‘n deeglike teoretiese onderbou gegrond op navorsing het. Soos in die geval van primêre en sekondêre onderwys het tersiêre onderrig sedert 1994 plaaslik kommerwekkend agteruitgegaan
Maar laat ek terugkeer na my eintlike onderwerp: Afrikaans aan die US. Een van my griewe is dat geen dosent in die US se Departement Afrikaans en Nederlands die moed van sy of haar oortuiging het om die verengelsing van die US openlik en daadwerklik te bestry deur ‘n veldtog daarteen te voer nie. Die taalstryd is deur dosente in ander dissiplines gevoer (bv deur die historikus Hermann Giliomee). Minstens een Afrikaans-dosent, die Afrikaanse skryfster Marlene van Niekerk, steun reeds sedert Chris Brink se rektorskap (2002-2007) die verengelsing van die US. Sy het “Afrikaans as ‘n geformaliseerde kreool van Nederlands” bestempel (Kapp p 85). Van Niekerk het haar in 2005 aan die US-Woordfees onttrek uit protes teen Dan Roodt se deelname (p 107). Later in 2005 was Van Niekerk die enigste Afrikaans-dosent wat haar steun aan tweetalige klasse, waarin Engels ten koste van Afrikaans bevoordeel word, toegesê het (p 119). ‘n Bespreking van Kapp se uitstekende boek is op 6 April op Praag gepubliseer.
Nog iemand in die US se Departement Afrikaans wat ‘n twyfelagtige agenda het, is Gerda Odendaal. In haar doktorale proefskrif bepleit sy die herstandaardisering van Afrikaans. Haar motivering is klaarblyklik van ‘n politieke aard. Myns insiens word die verbruining van Standaardafrikaans deur ‘n doelbewuste onwittingsproses deur haar voorgestaan (Praag 2 Februarie).
Die Vriende van Afrikaans (VVA), onder die leiding van Amanda de Stadler, is in Stellenbosch gesetel. Sy is ‘n direksielid van die Afrikaanse Taalraad. Dit is sy wat vir Afrikaans ‘n nuwe baadjie wil aantrek. Haar ideaal is klaarblyklik Son-Afrikaans, dus verkaapsing. Met die oog hierop het sy drie Son-joernaliste, onder andere Jason Eldridge, genooi om ‘n VVA-byeenkoms toe te spreek (Praag 16 Februarie).
Amanda is die eggenote van Leon de Stadler, ‘n hoogleraar in Afrikaanse taalkunde, wat tans die direkteur van die US-Taalsentrum is. In daardie hoedanigheid stel daardie Leon hom vry van deelname aan die Afrikaanse taalstryd. In werklikheid het hy Chris Brink se beleid van ‘n tweetalige US ten koste van Afrikaans gesteun. Tans openbaar hy ‘n soortgelyke entoesiasme vir Russel Botman se meertaligheidsbeleid, wat Xhosa insluit. Ek het voorheen oor Leon de Stadler se eienaardige verhouding met Afrikaans geskryf (Praag 7.11.2012).
In Kapp se genoemde boek is daar talle verwysings na die myns insiens oneervolle rol wat Leon de Stadler met betrekking tot Afrikaans as onderrigtaal aan die US speel. Hy het hom bv net ‘n enkele keer verwerdig om met die Konvokasie-bestuur van die US in gesprek te tree en wel eers in 2007 (p 156). In 2009, in die Botman-era, het hy “openbare en eerlike debat as ‘n gevaar vir Afrikaans beskryf en gespog dat die US se taalbeleid ‘die leiding neem onder Suid-Afrikaanse universiteite’ want dit is ‘n ‘unieke innoverende taalbeplanningsprogram'” (p 180). Leon de Stadler “veg vir mense, nie vir ‘n taal nie” (p 185). “Die US volg ‘n goed bestuurde model” (p 220). Die genoemde leiding, uniekheid, innovasie, beplanning en goeie bestuur benadeel Afrikaans deurlopend, maar daarvoor voel Leon de Stadler skynbaar vere.
Wat ek probeer aantoon, is dat daar deesdae aan die US ‘n eienaardige gesindheid teenoor Afrikaans geopenbaar word. Die duidelikste kenmerk is distansiëring van Afrikaans, wat in die afskaling van Afrikaans as onderrig- en voertaal vergestalt word. Daarin speel Afrikaanssprekende blankes, insluitende Afrikaans-dosente, ‘n leidende rol. Wanneer wel gepoog word om Afrikaans te bevorder, is dit nie noodwendig Standaardafrikaans nie, maar eerder (soos by die Afrikaanse Taalraad by monde van veral Michael le Cordeur) die mengeltaal Kaaps. Onlangs het twee van die bogenoemde name weer opgeduik: Gerda Odendaal en (in die VVA-tradisie) Jason Eldridge (LitNet 4 deser).
Op 24 April is ‘n middagetegesprek, “Afrikaans: 100 jaar as onderrigtaal,” op die US-kampus aangebied. Odendaal het as gespreksleier en Eldridge as gespreksgenoot en gasspreker opgetree. Die titel verwys na die besluit van die Kaapse Provinsiale Raad op 23 April 1914 om, op versoek van CJ Langenhoven, Afrikaans as onderrigmedium in skole tot standerd 4 goed te keur. Voordat Langenhoven ‘n kampvegter vir Afrikaans geword het, het hy in 1893 Engels korrek beskryf as “the future language of South Africa,” waaraan die US deesdae met soveel oorgawe meedoen.
Gedurende daardie middaguur het Odendaal die meeste van die praatwerk gedoen. Wat Afrikaans betref het sy haar weer bewys as iemand wat, in die woorde van Langenhoven, “die briek vasdraai teen die steil opdra’ende uit.” Sy het bv haar historiese oorsig in goeie Standaardafrikaans gelewer. Toe sy Eldridge aanspreek, het sy dadelik oorgeslaan na loslit-Afrikaans en gepraat van “deal” en “writer’s block.” Is dit nie paternalisties nie? Daarna tree die kenmerkende Odendaal-gesindheid na vore.
“Dink jy nie, en jy mag eerlik wees, wit Afrikaanssprekendes is ten minste deels te blameer daarvoor dat so baie bruin ouers deesdae eerder verkies om hulle kinders in Engels te laat onderrig nie? Want vir dekades het wit Afrikaanssprekendes so te sê die bestaan van bruin Afrikaanssprekendes misken deur hulle nie te betrek by besluite oor en liggame vir Afrikaans nie. So het selfs Langenhoven by meer as een geleentheid na Afrikaans as ‘witmanstaal’ verwys.” Odendaal plaas blankes doelbewus in die beskuldigdebank en laat bruines wat hulle kinders na Engelse skole stuur skotvry daarvan afkom. By implikasie neem sy die lede van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) kwalik omdat Gideon Malberbe in 1875 tydens die stigting van die GRA nie sy huishulp en sy tuinhulp inspraak toegelaat het nie.
Langenhoven word soos volg aangehaal: dat Afrikaans “die enigste witmanstaal [is] wat nie onmiddellik oor die see kom nie” en Afrikaans is “die éen enigste witmanstaal wat in Suid-Afrika gemaak is en nie oor die seewater gekom het nie.” Langenhoven het in die era voor die oordrewe aandrang op inklusiwiteit en multikulturaliteit gelewe. Wat hy gesê het, is duidelik en ook feitelik korrek. Afrikaans is ‘n witmanstaal, of witmenstaal, soos dit deesdae nie-seksisties heet. Hy het nie beweer dat net blankes Afrikaans praat nie. Ook is sy stelling dat blankes die taal gemaak (dus gevestig, uitgebou en gekoester) het, heeltemal korrek. Blankes het hierin ‘n veel groter aandeel as enige ander etniese groep gehad en dit geld steeds. Afrikaans is volgens Langenhoven “die uitgedrukte siel van ons volk.” Dit is presies wat Afrikaans nie meer aan die US is nie. Dit is ook wat Afrikaans by ‘n goeiende getal (veral ontwikkelde) bruines nie is nie (Praag 17 deser).
Odendaal soek steun vir haar voorgestelde herstandaardisering van Afrikaans. “Sou ‘n mens kon sê dat bruin Afrikaanssprekendes nie soseer ‘n probleem het met Afrikaans nie, maar eerder met Standaardafrikaans?” Sy haal Michael le Cordeur aan wat beweer “baie bruin Afrikaanssprekendes ‘steeds soos bywoners in hul eie taal voel’, omdat Afrikaans in sy ‘wit’ vorm gestandaardiseer is. Dink jy die feit dat Standaardafrikaans vir baie bruin sprekers te ver verwyderd van hulle alledaagse taalgebruik is, het daartoe bygedra dat hulle eerder besluit om Engels te gebruik?” Odendaal volhard dus in haar pogings om van blanke Afrikaanssprekendes die sondebokke te maak.
Eldridge het na Odendaal se lang relaas ‘n kort toespraak gelewer. Tot sy eer het hy nie op Odendaal se wysneusige opmerkings en vrae gereageer nie. Hy het nie die aas gevat wat paternalisties na hom gegooi is nie. Dit is nie heeltemal duidelik of sy verwysing na “‘n uiters onverdraagsame vorm van Afrikaans” na Standaardafrikaans verwys nie. Hy het genoem dat sy kind in ‘n Afrikaanse skool is omdat hy as ouer (en seker sy vrou ook) lief vir Afrikaans is. “‘n Taal wat al meer as 100 jaar ons brood en botter vir die siel is.” Hy het ook gespot met die soort Engels wat sommige mede-bruines praat maar dat hulle desnieteenstaande Afrikaans steeds as skeltaal gebruik. Die volgende Engelse woorde het hy heeltemal onnodig bygesleep: mood swings, job, boring, tool, anyway, baggage.
Ten spyte van Odendaal se uitlokking het Eldridge hom nie aan anti-blanke opmerkings skuldig gemaak nie. In hierdie opsig het haar strategie nie die verlangde resultate gelewer nie. Op die keper beskou is Odendaal en van die ander Stellenbossers wat hierbo genoem is se omgang met Afrikaans eienaardig en eintlik ongesond. Op so ‘n manier word die heil van Afrikaans nie bevorder en sy toekoms nie verseker nie.