Nuwe boek oor DF Malan belig eietydse Afrikanerprobleme

deur Christo Landman

Lindie Koorts het pas ‘n indrukwekkende boek van 492 bladsye oor die lewe en denke van dr. D F Malan, in lewe eerste minister van die Unie van SA van 1948 tot 1953, geskryf. Daar is gebruik gemaak van 2127 verwysings uit 117 boekbronne, 24 tydskrifartikels en 12 proefskrifte.

Dr Christo Landman
Dr Christo Landman

Dr. Malan was ‘n boorling van Riebeeck-Wes op die plaas Allesverloren! Hy was ‘n buurseun van Jan Smuts wat 4 jaar ouer as Malan was. Hy slaag sy teologiese admissie-eksamen in 1896 en verwerf daarna sy meestersgraad in die Filosofie (p. 28). Hy het oor die filosofie/denke van Immanuel Kant geskrywe (p. 30). Hy doen sy doktorsgraad onder Hugo Visscher (p. 63). Eers was hy predikant van die NGK in Heidelberg en later (1906) Montagu (p. 70). In 1915 het hy redakteur van Die Burger geword (p. 134). Hy gebruik dan ook Die Burger om vir die volk te preek (p.164). Malan was die minister van binnelandse sake in die Hertzogregering (p.222) en na 1948 eerste minister van die Unie.

Titel: DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme
Skrywer: Lindie Koorts
Kategorie: Biografie: Histories, polities en militêr
ISBN: 9780624055853
Datum Vrygestel: 27 Februarie 2014
Prys (insl. BTW): R 350.00
Formaat: Sagteband, 496pp

Ideologies was Malan Calvinisties en Gereformeerd, alhoewel hy nie sin in die Neo-Calvinisme van Abraham Kuyper gehad het nie. Lg. het die Bybel as die absolute Woord van God gesien, terwyl Malan geglo het dat God allegorieë, legendes en mites gebruik om sy boodskap aan die mens oorgedra te kry. Hy het in die rigting van die Duitse Idealisme oorgeleun (p. 30). Hy onderskryf die denke van Johann Gottlieb Fichte wat taal as die uiting van ‘n sielshoedanigheid tipeer (p. 61). Hy was ook ‘n student van Georg Berkeley (Ierse Biskop) se Idealisme (p. 63). Die taalaktivisme van Gustav Preller het hom beïndruk (p. 68). Hy beskou godsdiens en politiek as teenstrydig (p. 52). Die stryd in SA is een van (p. 68):

  • Afrikanernasionalisme teen;
  • Britse imperialisme en teen;
  • Swart barbarisme.

Wat treffend van die lewe en geskiedenis van Malan is, is dat, alhoewel elke tydsgewrig uniek en eiesoortig verloop, elke eerste minister van SA sedert 1910 enorme probleme op sy sopbord gehad het. Malan se fokus was grootliks op die Afrikaner gerig en wat dit betref het die Afrikaner sedert die volksplanting ‘n lewe van stryd en oorlewing gevoer.

Disse op die Malan-spyskaart was, onder meer:

  • Die oorlewing van die Afrikaner en die opkoms van Afrikaner nasionalisme;
  • die Republikeinse ideaal;
  • die armblanke-vraagstuk;
  • onderlinge verdeeldheid en wantroue in Afrikanergeledere;
  • die verhouding Afrikaner-Engelssprekendes en Britse imperialisme;
  • opkoms van die Bolsjewisme.

koorts_df_malanDie oorlewing van die Afrikaner en die opkoms van Afrikaner nasionalisme

Die vereniging van Afrikaners was die hoofdoelwit van Malan. Die volkskerk speel ‘n belangrike rol in die skep van nasionalisme (p. 59). Hy het geglo dat die kerk ‘n bindende faktor moes wees om van die Afrikaners ‘n hegte eenheid te maak (p. 127). Daarom was hy ‘n voorstander van aparte eredienste (1857) vir wit en bruin (p. 59). Die mens het ‘n roeping om die Here binne eie kulturele ruimtes te dien (p. 59).

Malan het geglo dat nasionalisme onkeerbaar was … ja, so onkeerbaar as om die water van die Zambezi met ‘n hand te keer, òf om die vloed van die oseaan met ‘n besem terug te vee, òf om die oostewind met ‘n sif te tem.

Die mislukking van die Afrikanereenheidskomitee (p. 378) was vir Malan ‘n onaangename gebeurtenis. Hierdie liggaam sou raadgewend wees, aksies koördineer, onenigheid besweer en samewerking bevorder. Persone wat hierdie aksie laat misluk het, was, onder meer drs. Piet Meyer en Nic Diederichs (p. 378). Volgens Malan is die pad van SA bestrooi met versoeningspogings (p. 381).

Die Republikeinse ideaal

Onder Malan het die (Herenigde) Nasionale Party ‘n onderskeid gemaak tussen (p.173):

  • onafhanklikheid as beginsel en
  • republikanisme as regeringsvorm

Malan wou die grootste afstand moontlik tussen die Afrikaners en die Britse kroon bewerkstellig (p. 177). Hierdie afstand het behels dat die Afrikaner sy eie regeringsvorm moes kon kies (p. 178).

Armblanke vraagstuk

In die politiek van Malan moes die verstedelikte armblankes na die platteland teruggaan en grond gegee word (p. 166). Dit moes geskied deur middel van staatsgrond, maar ook onteiening.

Malan steun op die Carnegieverslag insake blanke Afrikanerarmoede en bevorder die ideaal van geskeie woonbuurtes (p. 327).

Onderlinge verdeeldheid en wantroue in Afrikanergeledere

Malan het dikwels gekla oor die gebrek aan dissipline in Afrikanergeledere (p. 171).

In Utrecht waar hy studeer het, het hy met president Paul Kruger kennis gemaak (p. 50). Ander besoekers na Nederland was: generaals Louis Botha, Koos de la Rey en Christiaan de Wet. President Steyn wat ook Nederland besoek het, het ‘n groot indruk op hom gemaak (p. 62).

Malan se verhouding met JBM Hertzog was gespanne. Hertzog het bv. Afrikanerskap en Suid-Afrikanerskap as wisselterme gebruik (p. 104). Hertzog was so diplomaties soos ‘n weermagtenk en taktvol soos ‘n kanon (p. 105). Hertzog het tevergeefs probeer om Malan by die Smeltersinisiatief tussen die Nattes en Sappe te betrek. Malan verset hom ook teen Louis Botha se konsiliasiepolitiek (p. 121).

Oor Jan Smuts het Malan geen goeie woord nie. Toe Malan en andere ‘n petisie insake die begenadiging van die doodsvonnis vir Jopie Fourie aan Smuts wou oorhandig, het Smuts in sy huis weggekruip (p. 125).

Ironies genoeg het Malan ‘n nouer samewerking en vertroue ervaar met minister Klasie Havenga (leier van die meer gematigde Afrikanerparty) as met die politieke heethoofde van Transvaal (J G Strydom en andere).
In Malan se betrokkenheid by die politiek van verdeeldheid in verskillende instellinge, is gepoog om aansluitende samewerking te bewerkstellig tussen (p 369):

  • Nasionale Party
  • Reddingsdaadfonds
  • Handhawersbond
  • Die Ossewabrandwag (leier: JFJ van Rensburg)
  • Die FAK

Volgens Malan was verraad om elke hoek en draai te vind (p. 372). Disinformasie was aan die orde. Die Malaniete is dikwels voorgestel as Malanazi’s. Malan wat nooit pro-Hitler was nie het by geleentheid verklaar dat sommige Afrikaners so pro-Hitler geraak het, dat geoordeel is dat Hitler ‘n pro-Afrikaner-simpatiseerder was (p. 374).

Die verhouding Afrikaner-Engelssprekendes en Britse imperialisme

Die Jamesoninval van 1895 in Transvaal het Malan met weersin vervul (p. 31). Hy beskou Engelstalige Suid-Afrikaners as pragmatiste sonder funderende beginsels (p. 55). Malan het gemengde huwelike tussen Afrikaners en Engelstaliges teengestaan (p. 94). Malan het aan ‘n twee-spoorbeleid van Afrikaners en Engelssprekendes geglo (p. 105).

Opkoms van die Bolsjewisme

Malan word geskets as iemand wat beide anti-kapitalisties en anti-sosialisties was (p. 27). Die kommunisme is daarop gerig om die christelike beskawing te verwoes (p. 384).

Apartheid en die Bruinmense asook die Swartes

Swart politiek was vóór 1948 klaarblyklik nie ‘n hoofitem op die politieke agenda van Malan nie. Die Burgerkoerant het die begrip die eerste keer in 1943 gebruik (p. 385). Dit sou die Engelse idee van segregasie vervang. Apartheid lê ten grondslag van die NGK se Sendingsbeleid en waarborg lewensruimtes vir alle kultuurgemeenskappe. In 1947 het die NGK ‘n pleidooi vir ‘n omvattende rassebeleid teen verbastering gelewer (p. 394).

Sy standpunt was dat kleur op andersoortigheid dui en nie op meerderwaardigheid nie (p. 390): dit is ‘n God-gewilde orde. Selfbehoud van die groep is die eerste wet van die natuur (p. 393).

Sy houding jeens die bruinmense was paternalisties (p. 93). Hy het die voogdyskapsbeginsel as rigsnoer geneem (p. 93). Die kleurlinge was nie deel van die Afrikanerdom nie, maar dan tog deel van die Westerse beskawing (p. 216).

Dit is in die regeertyd van Malan wat die beleid van industriële segregasie aanvaar is (p. 211). Die behoeftes van swart “onbeskaafdes” en van half-beskaafdes is anders gesien as dié van die witmense (p. 211).

Malan bied apartheid aan as sinvolle alternatief vir die Britse segregasie-idee. Komponente van apartheid sluit in (p. 329):

  • Territoriale grense
  • Politieke afsonderlikheid
  • Industriële geskeidenheid

Ander sake

Ander sake waarmee Malan moes worstel, het ingesluit:

  • Die Mynwerkerstaking 1922 (p. 205)
  • Die Wetsontwerp op Vroueregte 1923 (p.202)
  • Die verkiesingsooreenkoms met die sosialistiese Arbeiders (1924) (p. 222)
  • Die vlagkwessie sonder die Engelse Union Jack waarteen die Engelse in verset gekom het (p. 223)
  • Die Wetsontwerp op Emigrasie van Indiërs terug na Indië (p. 247)
  • Opponering van die sosiaal-sosialistiese Gryshemde (1933).
  • Simboliese Ossewatrek (1938) (p. 246).
  • Inwyding van die Voortrekkermonument (1939) (p. 247)
  • Die Tweede Wêreldoorlog (p. 348).
  • Skeuring van die NP na samesmelting (p. 362)
  • Die Tweede Ekonomiese Volkskongres (1939) en stigting van die Reddingsdaadfonds (1940) (p. 368)

Malan se hoogtepunt was toe hy die Nasionale Party in 1948, met die hulp van Klasie Havenga, na oorwinning gelei het. In daardie verkiesing het die HNP van Malan en Havenga tesame 79 setels en die Verenigde Party van Smuts en die Arbeiders 71 setels verwerf (p. 397). In die 1953-verkiesing het Malan 30 setels meer as die Verenigde Party gekry (p. 417).

Malan het op 74 jaar eerste minister geword (p. 400). In sy regeertyd is die volgende apartheidswette op die wetboek geplaas (p. 401):

  • Verbod op Gemengde Huwelike (1949)
  • Ontugwet (1950) wat seksuele verbintenisse oor die kleurgrens ‘n misdaad gemaak het
  • Die Groepsgebiedewet
  • Die Bevolkingsregistrasiewet (1950)
  • Die Wet op die Onderdrukking van die Kommunisme (1950)
  • Die Wet op die Afsonderlike Verteenwoordiging van Kiesers (1951)

Dr. Daniel Francois Malan bedank na veertig jaar in die politiek. Sy grootste ondersteuningsbasis was in die Kaap, waar leiers soos dr. Eben Dönges, Paul Sauer en Eric Louw sy hande gesterk het. Sauer wou hy eers minister maak nadat hy behoorlik gekatkiseer en voorgestel is.

‘n Laagtepunt in die politieke lewe van DF Malan was dat sy keuse van Klasie Havenga as sy opvolger deur die Transvalers (Strijdom en Verwoerd, onder meer) afgewys is en dat JG Strijdom as eerste minister verkies is.

DF Malan sterf op 7 Februarie 1959.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Gas

    Dankie vir die kosbare stukkie geskiedenis. Ek hou besonders baie van Malan se apartheidswette.

  • Gas

    Piet
    Van der Byl skryf in sy Top hat to Velskoen (Howard Timmins,
    Kaapstad) (p. 101) oor die Goudstandaardkrisis en koalisieregering:
    “Daar het drie groot Afrikaners in die Volksraad gesit, elkeen
    getrou aan sy beginsels: (genl. J.B.M.) Hertzog met sy hartstogtelike
    en patolgiese haat vir (Jan) Smuts, laasgenoemde wat ‘n sardoniese
    minagting en afkeer van die vorige had, wyl Malan, net so slim en
    grondig eerlik, bereid was om te wag en terug te hou dat die ander
    twee hulle uitbrand.

    “Malan,
    hoewel ‘n mens met ‘n vlugge verstand, het buitengewooon stadig
    beweeg en gepraat, totdat hy gevoel het die oomblik om toe slaan het
    aangebreek. Bereid om sy party tot die uiterste toe te suiwer en dan
    te herbou, sou hy doen aan Hertzog wat laasgenoemde gedoen het,
    eerstens aan Botha, en in 1924 aan Smuts, en uiteindelik self die mag
    te gryp. Dus het hy in dié krisis ook gewag, na alles met albei
    verskil maar nooit sy planne laat blyk nie. Sy aanslag sou in 1939
    dieselfde wees toe hy Smuts geopponeer het en hom by Hertzog skaar.
    Nege jaar later sou hy ook Smuts ontsetel. Ek glo eerlikwaar al
    daardie mense het in beste belang van die land opgetree.”

    Miskien
    is die verskyning van hierdie werk en ook die vermelding van Abraham
    Kuyper, ook teoloog, se optrede in die politiek dalk goed om iets te
    skryf oor kerklikes se optrede in die politiek. Hoe lyk Nederland se
    kerklikes se rol in die na-Kuyper-era in die Nederlandse poltiek? Net
    verkondigers van die bevrydingsteologie?

    Sou
    politieke wetenskaplikes aanvoer Malan se bewindsaanvaarding het die
    Afrikanervolk na die grootste politieke maar ook kerklike
    (protestantse) hoogtepunt gelei?

    Hoe
    en waar sal die politieke en kerklike waarnemer dr. A.P. Treurnicht
    plaas? Piet van der Kooi (“Treurnicht praat”) ontleed nie dr.
    Treurnicht se bydrae in sulke voeë nie, “Treurnicht praat” is
    immers net ‘n versameling van toesprake en standpunte van Treurnicht,
    en nie die ontleding daarvan nie.

    In
    dr. Treurnicht se KP-koukus was predikante (Andrew Gerber en Wynand
    van Wyk). In die NP-koukus onthou ek vir Piet Badenhorst en Dawie de
    Villiers.

    In
    die regse Afrikanerpolitiek sou ds. Cassie Aucamp (Gereformemedre
    Kerk-predikant) as leier van die Afrikaner-Eenheidsbeweging (AEB) hom
    na die konkoksiestaat se parlement begeef. Waar hy volgens vele
    aanduidings nie hond haar af kon maak nie.

    Was/is
    daar nog predikante uit Gereformeerde kerkverband in die Kaapse
    parlement? Of het daardie era finaal tot ‘n einde gekom? Of dink die
    georganiseerde Protestants-Afrikaner-geloofsgemeenskap dat hy nie
    meer ‘n rol te speel het in die NSA nie, die belagging wat die SA
    Raad van Kerke geword het, ‘n bevestiging van hierdie uitgdiende rol?
    En is dit hoe dit gaan met ‘n protestantse geloofsgemeenskap en volk
    op die vooraand van die uittrek van ook daardie wortels uit Afrika?
    Sien ons met die verdwyning van Afrikaner- (en Engelse kerklikes
    (Alex Boraine) uit die Kaapse parlement die laaste stuiptrekkings van
    hierdie “ware gereformeerde leër (Jan van Riebeeck) in Afrika?

    • Andy

      Ai, dankie vir hierdie lekker klomp losloop gedagtes wat in n neute dop saamgevat is om tog uiteindelik sin te maak in jou siening van baie uiteenlopende sienings. Dit prikkel mens om meer na te vors.
      Ek hou hiervan want gedurende daardie tyd was ek maar nog nat agter die ore.

      • Gas

        Daar is die African Christian Democratic Party (ACDP) se teenwoordigheid in die SA Parlement, maar met sy treurige steun. (Het gelees êrens – Piet Pretorius ? – die ACDP is ‘n skepping van die ou NI, wat die vraag laat ontstaan, is dit ‘n skepping van die CIA). Interessant is dat die georganiseerde Jodedom in die land aangesê is om in die afgelope verkiesing vir die ACDP te stem.
        Wat Afrikaner-geestelike invloed, ‘n mens huiwer om dit nog kerklike invloed te noem, in die SA politiek betref, wil dit voorkom of die groot magte en kragte deesdae uitgaan van wat genoem word die Israel-hipotese (of Israel-visie).
        Aanhangers van die (hoofsaaklik Britse) Israel-visie is op elke behoudendfe Afrikanerwebwerf bedrywig. Dit lyk of die Blanke Weste besig is om sy voormalige Christelike beskouing te verstam (of te verras) volgens die model van die Israel-hipotese. Dat die Israel-hipotese in die SA Parlement onwelkom is, is geen verrassing (in ‘n ander sin) nie, die plek is ‘n plek van aanbidding van die multi-kultus – sodat en opdat pan-Afrikanisme kan seëvier – net die Jode wat van die situasie kan uitbuit, hoofsaaklik deur die (hoewel tanende?) invloed van die SA Kommunistiese Party (weer eens pas sowat ‘n derde van Zuma se aanstellings in sy kabinet uit die SAKP).
        Het die eenwêrelddrywers gebeurlikheidsbeplanning vir hierdie verwikkeling, nie net in ons land nie maar in die kakuasiese wêreld in die geheel gedoen? Dit lyk so. Kyk na die nuwe aanvaarbaarheid wat regse standpunte in die pas afgelope verkiesings in Wes-Europa geniet het en dat dit blykbaar weer plousibel is om ‘n Nazi te wees. Kyk ook in die oostelike kaukasiese hinterland, plekke soos die Oekraïene, waar Joodse oligarge saam met nazi-partye meewerk om regimes omver te werp sonder om ‘n oog te knip.
        Die vraag is net, wat beteken sulke verwikkelinge vir byvoorbeeld die “ware gereformeerde leer” wat eens in Wes-Europa en Amerika geheers het en op Jan van Riebeeck se paar skepies in Tafelbaai aangekom het.

        • Gas II

          Beste Gas, die ‘ware gereformeerde leer’ is gebaseer op Johannes Calvyn (‘n jood) se interpretasies van die Bybel. Alhoewel die breuk met die katolieke ‘n baie goeie stap was, is daar steeds katolieke reste in die gereformeerde leer. Die gereformeerde vrymesselaars predikante het die leer van Calvyn die eerste paar honderd jaar in stand gehou tot veral met die kerkleier, jood Johan Heyns(kovitch), en Ds Solly. Die Evangelie is nie so moelik dat mense / instellings dit hoef te interpreteer nie. ‘n Paar katolieke reste sluit in: klein doop, Sondag aanbidding, interpretasies wat kerke afdwing, Kersfees, ensomeer. Die AB se lede is so gewerf dat die leer wet geword het in alle samelewingsinstellings. Google en toenemende kennis is egter besig om mense te bevry sodat die wie bereid is om die waarheid te soek in die Bybel en geskiedenis dit kan kry. Jood soos hulle vandag aanvaar word en Israeliete is nie dieselfde nie. Self in die Bybelse tyd was daar die Huis van Juda en die Huis van Israel. Israel is gelyk aan blanke volke – doen maar die navording

  • Willy

    Ek kyk die anderdag na my oorlede oupa wat geveg het in die Boereoorlog se fotos. Gelukkig het ek eersterangse stories by hom gehoor wanneer ons twee in die veld gestap het. Hy is op ‘n hoë ouderdom dood.

    Soos ek na sy fotos kyk kan ek nie help om te dink dat ons krygers vir ewig weg is. Soos ek Christo Landman se artikel lees, kan ek nie help om te dink dat leiers wat opgestaan het vir die Boerevolk weg is. Vir altyd. Of nie, as daar ‘n wonderwerk gaan plaasvind.

    Hierdie boek moet ek in my hande vashou.

    • Kalium_Chloraat

      Vat van die dele in die boek met ‘n bietjie sout. Ek hoop dat met die tyd die man sal kom wat ons sal lei, maar die tyd is nog nie hier nie. Die afgelope verkiesing het dit vir my gewys. Eers as ons mense nie meer planne het nie sal die tyd kom.

      • Willy

        Dankie Kalium, ek sal so maak.

  • Guest

    Ook hierdie boek verdien ‘n ereplek in my boekrak. Dankie Christo vir ‘n herinnering aan vervloeë se dae.

  • Rooikop

    Smuts – die engelse boetie wat ZA in die NWO wou inlei.
    Verder is daar duidelik te veel kruisvryery van predikante en die politiek. Die politiek en die kerk hoort nie saam nie.

    • Willy

      Stem saam met jou, Rooikop.

    • Karel Combrinck

      Stem.

  • Kalium_Chloraat

    Ek het die boek. Wou dit nie eers koop nie, want Gillomee maak dit goed, maar later toe koop ek. Interessant en goed nagevors, maar die skrywer se onderrok hang plek plek uit. My gunsteling is waar sy gese het dat Malan se familie uitgebreid dog paternalisties was. Sy speel ook die rol van die Broederbond heeltemal af en noem nie eers hul betrokkenheid tussen die samesprekings tussen Malan en Klasie Havenga nie. Wennie du Plessis word ook as ‘n harde regse voorgestel wat totaal deur Malan geignoreer was. Dis natuurlik nie heeltemal die waarheid nie. Die skrywer het ook knaend te doen met die “jong turke” soos CR Swart en sy maats. Sy verduidelik ook Roos se opportunisme en die ongeluk wat hy veroorsaak het met die Goudstandaars baie goed. Ek soek al lank vir die storie rondom die spesifieke episode

    Dit is egter ‘n redelike goeie boek as mens ander boeke oor Malan en sy tyd ook gelees het.

  • Karel Combrinck

    ‘n Faktor wat ‘n mens nie genoeg kan beklemtoon nie, is dié van leierskap. In die tyd van dr Malan en ander Afrikanerleiers, was daar maar netsoveel van die probleme wat ons vandag ook het, belangeloosheid, verdeeldheid, vyandigheid uit alle oorde. En tog het leiers met visie soos dr Malan, dr Verwoerd en andere daarin geslaag om die volk te mobiliseer en op koers te plaas. Bestaan sulke leiers nou ook? Moelik om te sê. Feit is ‘n ware leier laat uit die aard van die saak van hom hoor as hy daar is. Dus is daar miskien nie op die oomblik iemand nie. ‘n Ware leier sal wel vroeër of later sy verskyning maak en die dag dit gebeur is ons op pad.

    • Johann Theron

      Ek weet nie wat sanik almal oor die leiers nie. Daar is nie leiers nie. Selfs in Malan se tyd was daar sommer ‘n klomp wat gewedywer het vir die salarissie. Mense moet self inisiatief neem en as hulle raamwerke soek, moet hulle vir Praag kontak.

      • Karel Combrinck

        Maar dis juis waaroor ons sanik Johann, as ons dan sanik, omdat daar nie leiers is nie. Of, miskien dat daar niemand is wat leierskap wil neem nie. Jy is natuurlik reg dat elkeen van ons sy deel moet doen, maar elkeen van ons sal miskien sy deel beter doen as daar leierskap is om rigting te gee. Die verskil tussen sukses en mislukking in die politiek is en bly leierskap. Ek sien jou punt in dat dit nie help om ons te beklae oor dinge waaraan ons niks kan doen nie. Maar dan moet ons maar ophou om te praat en te skryf want aan die meeste dinge in hierdie land kan ons niks doen nie.

        • Johann Theron

          Daar is ‘n probleem met binere denke in die Weste. Daar is ook ‘n onvermoe van derdewereldlande om vernuwend te dink, wat SA insluit. Sien al die dinge wat vloei van die ou na die nuwe wereld wat goedere en gedagtes en paradigmas insluit. Dink dan aan die kort tydjies van enkele dekades wat die Afrikaners bestaan en hulself kon bestuur binne die raamwerk van bg. Dink jy vir een oomblik dat iemand alles kan verstaan sintetiseer en kom met oplossings? Die worstelinge wat Christo van praat was hoofsaaklik om juis simplistiese oplossings te soek wat totaal oorheers was deur ou wereldse invloede soos Christendom. Die interessante hierin was dat die binere invloed onderskei tussen God en mens, of tussen moraliteit en wetenskap ens wat alles net nog meer deurmekaar maak. Ek sou voorstel dat daar tussenspel tussen alles is soos bv dat om by skoonheid en suiwerheid uit te kom, mens eers die 10 gebooie moet verstaan en nie soos Calvyn verwag dat die 10 gebooie alles is nie. As mens kreatief wil wees, moet jy darem seker eers iets weet.

  • jan

    Dis nou my pa se tyd se dinge…
    .
    As ek so subjektief terug sit en dink oor die toekoms met die hulp van kosbare retrospektroskoop instrumente soos hierdie boek dan dink ek aan die volgende:

    Hoedat ons Calvinistiese volkskarakter deur twee magtig Baalkultusse verskeur is.

    Eerstens die hollandse vrymesselaars van superskelm Piet Retief en 60 jaar later die ingelse super wrede gay Bokryer Baalkultus wat de ABO se verskroeide aarde veroorsaak het. Groteste gewapede rowery elfs die ingelse verwys daarna as “… the darkest hour in the whole British History.”.

    Tweedens
    na nog 60 jaar word ons Afrikaners / Boere in die arms gedryf van nog groter en nog wreder Nazi Baalkultus met rampspoedige gevolge, nadat hulle die laaste Christen demokraat Verwoerd vermoor het.

    Nou sit ons met ‘n Tsafendastan rampokkerstaat.- die teater van die absurde.

    Nou is die uitstaande feit duidelik dat ons beste en veiligste en gelukkigste tyd in Afika se geskedenis deur Christen Demokrasie veroorsaak is.- aldus die enigste opossing vir ons haaglike omstandigdhede.

    Laat ons dus die nuwe toekoms bou op beproefde suksesse.van die verlede.

  • Johann Theron

    Ek stem nogal saam en wil byvoeg dat wedywering die pad is na die skoonheid wat ons eintlik voor wens. ( ek dink nie vryheid is ons hoogste ideaal nie al staan dit so geskryf) Dit geld vir besigheid, sport en grond -alles. Ekonomies is dit Schumpeter en Baumol, in sport is daar Jake White en ander, Maar in politiek soek ek nog na historiese rolmodel of konsep.