‘Hy het dooierus op my kind gevat’

Deel op

Vanmôre was ek, Steve Hofmeyr en Joost van der Westhuizen by die Randfonteinse landdroshof om teen misdaad te betoog, veral na aanleiding van die grusame en koelbloedige moord op Danielle Esterhuizen. Op 20 Desember 2006 het twee swart mans verby haar geloop waar sy op haar ma se skoot langs ‘n dam gesit het. Haar pa en ‘n vriend was besig om vis te vang.

Deel op

Hierna het een van hulle ‘n pistool uitgepluk en, soos Anel Esterhuizen dit teenoor my gestel het tydens ons gesprek na afloop van die betoging: “…voor ons kom sit en dooierus op my kind geneem. Die gat agter in haar kop waar die koeël uitgegaan het, was so groot…” Sy wys met albei hande omtrent ‘n gaping van 5 cm in deursnee.

Ek wil nog later breedvoerig oor die hele insident skryf as ek al die feite van dié koelbloedige kindermoord tot my beskikking het. Intussen enkele indrukke oor vandag.

As iemand wat self die vader van drie klein kinders is, kan ek my nie die smart en woede van Diederick en Anel Esterhuizen voorstel nie. Hoe reageer mens as jou kind voor jou oë deur ‘n maniak doodgeskiet word? Maar as ek die moordenaar ‘n maniak noem, seën ek hom eintlik met die onderskeiding van ‘n sielkundige afwyking. Die probleem is dat hierdie tipe bloedbeluste individu heeltemal normaal is. In die geweldskultuur wat onder die ANC-bewind posgevat word en gestimuleer word deur sy toeskietlike houding teenoor die moordbendes wat die land teister, het doodmaak ‘n soort tydverdryf geword vir ‘n groot deel van die bevolking.

Geen reënboognasie hier nie...
Geen reënboognasie hier nie…

Tydens die paar woorde wat ek met die skare mense buite die hof gepraat het, bewus van die intense pyn wat die Esterhuizen-gesin moet ervaar en die onmag van woorde om die tragedie van klein Danielle se dood te beskryf, het ek gesê dat dié soort wandaad geensins verskil van die gruweldade wat elders in Afrika in die Ituri-provinsie van die Kongo of die Darfoer-streek in die Soedan gepleeg word nie.

Eintlik sou mens meer betogers verwag het as die honderd of tweehonderd wat opgedaag het. Hulle was meesal Afrikaners, blankes dus. Mense wat omgee, vir die vermoorde dogtertjie en haar ouers, sekerlik, maar ook vir die stel reëls wat beskawing heet. Wet en orde. Die eenvoudige, landelike plesier om iewers langs ‘n dam te mag visvang sonder dat daar op jou kind geskiet sal word.

Tydens die vingerete wat ‘n vriend van die gesin vir ons by sy firma nie ver van die hof af nie gereël het, noem Diederick wat swaar dra aan ‘n skuldgevoel oor sy dogter se dood, dat hy nooit weer aan ‘n visstok wil raak nie.

Danielle
Danielle

Watter kranksinnige samelewing het die sogenaamde nuwe Suid-Afrika nie geword waar vaders bang is om aan visstokke te vat weens die aaklige herinnering wat dit oproep en waar moeders oor die koeëlgate in hul vyfjariges se koppe moet praat nie! Geruime tyd reeds spook die vraag by my: is ‘n politieke stelsel soos “demokrasie” wat by ons tot ‘n morele beginsel verhef is – moontlik ons enigste morele beginsel – die hoë prys werd wat ons tans betaal?

Een van die vrouebetogers voor die hof se plakkaat lui:

DANIELLE SE
WREDE DOOD
LÊ EK VOOR
DIE REGERING

En natuurlik is die sentiment wat sy verwoord honderd persent korrek. Die omstandighede, die klimaat, die verval in die strafregstelsel en veral die transformasie van die polisie, kan alles net so voor die deur van die ANC-bewind gelê word.

Nog ‘n lid van die publiek sê voor ‘n kamera: “Ons is kwaad. En ek is kwaad omdat ons so lou hierso is, met wat hier gebeur het. Ek dink dis tyd dat Mbeki ons nou ‘n antwoord gee: waarnatoe gaan ons nou met hierdie misdaad? Hy kan nie net apaties bly staan nie. Ons wil nou waaragtig weet wat hy nou gaan doen omtrent hierdie saak.”

En ek verstaan sy frustrasie. Want ek het ook die indruk gekry mense ís “lou”. ‘n Kind is gruwelik vermoor en ons praat amper daaroor soos ons span wat ‘n rugbywedstryd verloor het. Meer nog: die polities korrekte diskoers wat ons inhok en ontman en van nugtere denke ontneem verhoed ons om selfs na die mees basiese feite rondom ‘n moord soos dié te verwys. Totdat ek persoonlik met Anel Esterhuizen gepraat het, sou ek in geen koerant gelees het dat die moordenaar tot reg voor haar en Danielle geloop het en “dooierus op haar kind gevat het” nie. Die media dis ‘n afgewaterde weergawe aan ons op, juis sodat ons emosieloos en apaties en “lou” moet bly want die groot maatskappye, waaronder die mediagroepe, het vrede gemaak met die idee van ‘n eenpartystaat, selfs ‘n eenpartystaat waarin kinders uitgewis word.

Nietemin glo ek dat die golf van misnoeë en woede rondom geweldsmisdaad, wat in baie gevalle niks minder as etniese suiwering is nie, besig is om te styg en binnekort breekpunt gaan bereik. Maar soos ek ook vandag tydens my spreukbeurt geargumenteer het, moet ons beheer neem oor ons eie veiligheid.

Ons het geen ander keuse nie, want ons kan nie meer op die polisie of die staat vertrou om ons te beskerm nie. Hoeveel moorde, ook van onskuldige kinders, moet plaasvind alvorens ons gaan begin saamstaan?справкаФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.