‘n Span Franse deskundiges is op pad na die Ivoorkus om plaaslike ondersoekers by te staan. Die segspersoon vir die Europese Unie, Johannes Laitenberger, het voorts op ‘n perskonferensie sy hoop uitgespreek dat lig spoedig op die omstandighede van die raaiselagtige moord gewerp sal word.
Niaucel was, voordat hy vier jaar gelede ‘n loopbaan as diplomaat aanvaar het, ‘n polisieman verbonde aan die DST, oftewel die Franse teenspioenasiediens. Hy was gemoeid met veiligheidsaangeleenthede in die Ivoorkus namens die EU ten tye van sy dood.
In 2004 was dit Niaucel wat hoofsaaklik verantwoordelik was vir die ontruiming van 8 000 Franse burgers uit die Ivoorkus mbv ‘n lugbrug nadat Franse skole en boekwinkels deur plaaslike inwoners in ‘n opwelling van anti-wit gevoel in puin gelê is.
