praag.co.za

Tag: Select Category

  • Hitler-waterverwe opgeveil

     

    Image

    Drie waterverfwerke deur Adolf Hitler word in September in Nuremberg in die suide van Duitsland opgeveil.

     

    Die werke beeld tonele waar Nazi-oorlogmisdade jare later sou plaasvind, uit, berig ‘n plaaslike koerant.

    Die stukke, wat onderskeidelik in 1910 en 1911 geverf is, is getiteld, “Zerschossene Muehle” (’n Beskadigde watermeule),”Weissenkirchen in der Wachau”, (‘n Oostentykse dorpie) en “Haus mit Bruecke am Fluss” “Huis met ‘n brug oor ‘n rivier), het Nuernberger Nachrichten berig.

    Die bod begin op R33 990, volgens die katalogus van Weidlerafslaers.

    Hitler het as ‘n jong man daarvan gedroom om ‘n skilder te word en hy het selfs vir ‘n plek by die Weense Akademie vir Kuns aansoek gedoen.

    Sy aansoek is afgekeur omdat sy tekeninge is nie goed genoeg was nie.

    Hy is aangemoedig om argitektuur te studeer, maar hy het geweier om sy strewe om te skilder te laat vaar en poskaarte geteken wat hy aan toeriste verkoop het vir ‘n inkomste.

    online casino registration bonusданильченко юрій броніславович компромат

  • Churchill se standbeeld in Parys gevandaliseer

    Image

    Nog ongeskonde…

    Franse anti-oorlogsaktiviste het 'n standbeeld van Winston Churchill in die sentrum van Parys, in Les jardins des Champs-Elysées, gevandaliseer met die herdenking van die stad se bevryding van Duitse besetting.

    Die aanval op die bronsbeeld is in die nag gedoen. Die beeld van Churchill se twee hande is 'n rooi verf gedoop wat lyk asof dit bloed voorstel.

    Die voorletters 'R.H' is ook op die beeld aangebring. Dit is waarskynlik die voorletters van Rudolf Hess, Adolf Hitler se afgevaardigde wat na Brittanje gestuur is gedurende die Tweede Wêreldoorlog in 'n beweerde poging van die Duitsers om vrede te maak.

    In stede daarvan het Churchill Hess in die gevangenis laat opsluit in 1941, sodat die oorlog 'n verdere 4 jaar kon aanhou.

    Nadat Hess by Nuremberg verhoor is, is hy tot lewenslange gevangenis gevonnis. Hy is op die ouderdom van 93 in die Spandaugevangenis oorlede, 22 jaar gelede hierdie week in 1987.

    модельки автоФильчаков Александр Васильевич

  • Willem de Klerk oorlede

    Willem de Klerk, 82, FW de Klerk se ouer broer en mede-argitek van die Afrikaner se oorgawe aan die Britte, is vroeg Vrydagoggend oorlede.

    Hy is twee maande gelede in die waakeenheid van die Garden City-kliniek in Mayfair-Wes, Johannesburg, opgeneem vir 'n longkwaal, maar is verlede week glo ontslaan.

    Hy het tuis, in Johannesburg, gesterf.

    De Klerk, ook bekend as Wimpie, is kort ná sy broer FW se paleisrewolusie teen PW Botha, na Londen ontbied waar hy deur die Britse geheime diens rojaal getrakteer is en van 'n plan voorsien is waardeur die Nasionale Party aan die ANC kon oorgee sonder weerstand deur die weermag of die Afrikanerkiesers.

    Vyftig persent van die Afrikaners het destyds die Konserwatiewe Party en ander regse partye ondersteun, maar met behulp van die Engelse stem het FW de Klerk tydens die referendum op 17 Maart 1992, die knoop deurgehaak.

    Suid-Afrika het sodoende weer deel geword van die Britse Gemenebes en Afrikaners het tweedeklasburgerskap verkry. Terwyl Brittanje en haar plaaslike lojaliste soos die de Klerk-broers fel kritiek teen die ongelykheid van apartheid uitgespreek het, word die ongelykheid van die huidige transformasiebestel met gelatenheid verduur en goedgepraat.

    Nalv Willem de Klerk se selfvoldane politieke standpunte in die boekie Kroes, Kras, Kordaat, het Chris Louw se Boetmanbrief nie net die woede van die Boetmangeslag verwoord nie, maar ook 'n openbare debat onder die ontmagtigde en aanstons verdrukte Afrikaners ontketen. 

     

    social mediaФільчаков Олександр Васильович прокурор

  • Chinese maatskappy gaan fabriek in SA oprig

    Jang Kieng, die algemene bestuurder van Chana Internasionale Korporasie, het aan Business Report gesê dat die belegging, wat 1 000 werksgeleenthede gaan skep, in drie fases opgerig gaan word.

    Die vestiging van 'n monteringsaanleg sal die finale fase wees, as Chana 'n vierpersentmarkaandeel van die plaaslike mark bereik het, het hy gesê.

    Tony Twine, 'n motornywerheidsontleder en direkteur van Econometrix, het gesê dit sal die eerste belegging in 'n nuwe motormonteringsaanleg in Suid-Afrika oor die afgelope 40 jaar wees.

    Ander fases van Chang se belegging sluit die oprigting van 'n maatskappy om Chana-verkope in Suid-Afrika aan te moedig in, asook 'n motorfinansieringsmaatskappy met strategiese vennote in die vorm van China Construction Bank, Absa en Wesbank.

    Volgens Business Report, betree Chana die Suid-Afrikaanse mark in 2006 via Abrina, 'n plaaslike invoer- en verpreidingsmaatskappy.

    "Tot op hede is ongeveer 7 000 Chana-voertuie in die plaaslike mark verkoop," het die verslag gesê.

    Chang is China se vierde grootste voertuigvervaardiger.

    Die maatskappy het nog nie die ligging van die monteeraanleg bepaal nie, word berig.

    Iqbal Sharma, die adjunkdirekteurgeneraal by die departement van handel en nywerheid, is aangehaal waar hy sê dat die belegging deur Chana 'n mylpaal in die verhouding tussen Suid-Afrika en China verteenwoordig.

    липецк очисткаФильчаков прокуратура харьков

  • VF+ vra ondersoek oor volkslied

    Die VF Plus gaan die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe en die Pan-Suid Afrikaanse Taalraad vra om ondersoek in te stel na die sensurering van die volkslied tydens die openingseremonie van die Konfederasie Bekerkompetisie, Sondag.

    Die party het verskeie klagtes ontvang van lede van die publiek wat ontsteld is oor die feit dat die organiseerders van die openingswedstryd slegs ‘n verkorte weergawe van die volkslied uitgesaai het, waarin die Afrikaanse deel van die Stem spesifiek weggelaat is.

    Die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Sport, Willie Spies, het in ‘n verklaring gesê die volkslied is ‘n nasionale bate wat op ‘n treffende manier erkenning gee aan al die land se taal- en kultuurgroepe.

     
    “Dit is onaanvaarbaar dat die erkenning wat aan die Afrikaanse erfenis gegee word in ‘n belangrike nasionale simbool soos die volkslied op die manier by ‘n internasionale geleentheid misken is. Daar behoort vasgestel te word of die voorval geïsoleerd was en reëlings behoort getref te word om ‘n herhaling van die gebeure te voorkom.”

    свет италиялобановский александр дочь

  • Rekenaars wat aangelos word kos VSA $2,8 miljard per jaar

    Image“Ek gee toe, ek dink nie veel aan die saak nie. Ek los my skootrekenaar oornag aan omdat ek weet in die oggend neem dit omtrent 5 minute om alles aan die gang te kry, nie net die aanskakel nie, maar ook die verskeie toepassings wat moet oopmaak.”

    “Ek begin die dag met die aflaai van my oornag e-pos, filter uit die gemorspos en begin om andersins reg te maak vir die dag,” het ‘n rekenaargebruiker gesê wat anoniem wil bly.

    Maar al die vermorsde krag van rekenaars wat snags aan staan tel, en een studie het nou ten einde laaste probeer om dit te meet. Die totaal? ‘n Geskatte $2,8 miljard se vermorsde energie elke jaar in Amerika alleen.

    Op die basis van CO2, is dit 20 miljoen ton koolstofdioksied, omtrent die hoeveelheid wat vervaardig word deur 4 miljoen karre op die pad.

    купить детский гольф для мальчикаДанильченео

  • Wet is ‘n onteieningsinstrument volgens hof

    AgriSA het ‘n uitspraak van die Pretoriase hoërhof verwelkom dat die Minerale en Petroleum hulpbronontwikkelingswet effektief dieselfde is as om onbenutte, ou orde mineraleregte te onteien.

    Die uitspraak sal die staat verplig om kompensasie te betaal of om eienaarskap van die onteiende mineraalregte weer her in te stel, het AgriSA se hoofuitvoerendebeampte Hans van der Merwe Maandag in ‘n verklaring gesê.

    Hy het die uitspraak as ‘n belangrike landmerk beskou in AfriSA se poging om grondeienaarskap te beskerm en foute uit te wys op beleids- en regulerende vlakke.

    Die departement van minerale en energiesake het die finaliteit van die uitslag egter in twyfel getrek.

    Woordvoerder Bheki Khumalo het gesê die departement is geadviseer dat dit slegs betrekking het op “regstegniese uitsonderings” wat deur die departement geopper word teen die eise van AgriSA.

    “…Die meriete van die saak, of daar werklik onteiening plaasgevind het sal besluit word wanneer die saak uiteindelik in die hof aangehoor word, nadat die departement sy kant van die saak gestel het,” het Khumalo gesê.

    Hy het gesê die departement het kennis geneem van die uitspraak. Die regspan was steeds besig om die uitspraak te bestudeer, waarna dit die departement sal aanbeveel watter aksie om te neem.

    песочный насос для бассейна купитьданильченко юрій броніславович компромат

  • Clinton se Russiese verleentheid

    ImageRussiese media het die spot gedryf met Amerika se minister van buitelandse sake Hillary Clinton na sy haar Russiese kollega ‘n “herstel” skakelaar gegee het met ‘n ironiese spelfout.

    Clinton se geskenk aan die minister van buitelandse sake Sergei Lavrov by hulle vergadering in Geneva Vrydag  was bedoel om die Obama-administrasie se gewilligheid “om die herstel knoppe te druk” in die verhoudinge met Moskou oor te dra.

    Maar pleks van die Russiese woord vir “herstel” (perezagruzka) het dit ‘n woord op gehad met die betekenis “oorlaai” (peregruzka).

    Die dagblad Kommersant het ‘n prominente foto van die nagemaakte rooi knop gehad en verklaar: “Sergei Lavrov en Hillary Clinton druk die verkeerde knop.”

    ‘n Korrespondent van NTV Televisie het dit ‘n “simboliese fout” genoem en uitgewys dat Amerikaans-Russiese verhoudings “oorlaai” is in die laaste paar jare weens krapperigheid oor sake soos missielverdedigingsstelsels en verlede jaar se oorlog in Georgië.

    “Die vriendelike gebaar is omgekeer deur ‘n klein amusante insident,” het die nuus webwerf RBC.ru geskryf in ‘n artikel wat laat verlede Vrydagaand gepos is.

    “Tog het die episode nie Clinton en Lavrov verhoed om die knop te druk voor televisiekameras nie.”

    Amerikaanse vise-president Joe Biden het gepraat daarvan om die “herstelknop” te druk vir verhoudinge tussen Moskou en Washington gedurende ‘n toespraak in Duitsland verlede maand.

    Dit is sedertdien herhaal in verskeie vorme deur beide Amerikaanse en Russiese amptenare.

    дровяные печи каминыtopcargo отзывы

  • Volksmoord: LP verloor immuniteit

    Rwanda se parlement het Woensdag gestem om ‘n voormalige LP te stroop van haar immuniteit sodat sy lewenslank tronk toe gestuur kan word vir die misdaad van volksmoord, wat gespruit het uit dié land se 1994-volkslagting.

    Neatrice Nirere, van president Paul Kagame se regerende Rwandan Patriotic Front is verlede naweek die vonnis opgelê deur ‘n tradisionele hof, bekend as Gacaca omdat sy die volksmoord aangehelp het.

    Sy was daarvan beskuldig dat sy wapens aan jeugdiges verskaf het wat die moorde gepleeg het, en omdat sy aanvalle deur ekstremistiese Hoetoes gerig het op minderheid Toetsies en gematigde Hoetoes gedurende die slagting waarin sowat 800 000 mense vermoor is.

    Die LP, ‘n voormalige streeksadjunkhoof gedurende die volksmoord, is verlede jaar tot die parlement verkies.

    Rwanda se Gacaca-howe is by magte om aan die wat die volksmoord gepleeg het vonnisse te gee wat strek van gemeenskapsdiens tot lewenslank agter tralies.

    кабина хамам для домаФильчаков прокурор

  • Landbougrond word skaarser

    Die voorlopige resultate van die Landbousensus 2007, stem TLU SA pessimisties. Uit die resultate wat op 17 Februarie 2009 bekend gemaak is, blyk dit duidelik dat daar sedert 1993 ’n afname van 17,998 boerdery-eenhede was. Gevolglik kan dit aanvaar word dat daar ook ’n ooreenstemmende afname in die bewerkte oppervlaktes was. Dit plaas ’n besondere verpligting op boere wat steeds grond produktief benut.

    Volgens die president van TLU SA, mnr Ben Marais, raak landbougrond, wat in Suid-Afrika alreeds ’n baie skaars kommoditeit is, al hoe skaarser. Dit kan grotendeels toegeskryf word aan die volgende:

        * Die feit dat landbougrond toenemend deur gemeenskappe opgeëis word en daarna vir ander doeleindes benut word.
        * Die gevolge van plaasmoorde wat lei tot boedelbereddering wat tydsgewys negatief op volgehoue produktiwiteit inwerk.
        * Toenemende misdaad, veral diefstal, wat daartoe lei dat boere alternatiewe praktyke oorweeg.
        * Stygende insetkostes wat die winsgewendheid van veral marginale boerderye uiters nadelig affekteer.

    Mnr Marais het dit beklemtoon dat  die produksie van voldoende en bekostigbare voedsel van aanvaarbare standaard al hoe belangriker word. Teen hierdie agtergrond sal die gevolge van die wêreldwye ekonomiese insinking en werksverliese in Suider-Afrika vernietigend wees indien daar nie optimaal van beskikbare landbougrond gebruik gemaak gaan word nie. Dit is in belang van hierdie land se inwoners dat die owerheid hiervan kennis moet neem en aksieplanne in werking stel om te verseker dat Suid-Afrika in staat sal wees om voldoende voedsel vir huishoudelike gebruik sowel as vir die buurlande waarin hongersnood toenemend ‘n realiteit word, te voorsien.

    справка для бассейна москваЛобановский Харьков

  • Niehaus bied aan om te bedank n? bedrogskandaal

    Image

    Carl Niehaus (links)

    ANK-woordvoerder Carl Niehaus het oor die naweek aangebied om te bedank uit sy posisie nadat nuus bekend gemaak is dat hy bedrog gepleeg het om 'n lening te bekom.

    "Iets soos dié wat openbaar gemaak word… sal natuurlik gevolge vir my inhou… ek aanvaar dat die ANK oor my toekoms sal besluit," het Niehaus aan SAfm gesê.

    "Ek het vanoggend (Vrydag) 'n boodskap aan die sekretarisgeneraal en die tesourier generaal van die ANK geskryf en my bedanking aangebied."

    "Ek ws altyd in diens van die ANK en het altyd die ANK se dissipline aanvaar. Die ANK is nie 'n organisasie wat ek as net nog 'n organisasie beskou nie. Dit is my familie. Dit is die organisasie wat ek liefhet en ek sal nooit opsetlik iets doen om die organisasie te skaad nie. Ek sal altyd hulle dissipline aanvaar."

    Die weeklikse Mail and Guardian het berig dat hy klaarblyklik 'n vals brief geskryf het terwyl hy hoof was van die Gautengse Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap (Geda) en handtekeninge vervals het in 'n poging om 'n lening van 'n sakeman te verkry.

    Niehaus het ook na bewering geld geleen van verskeie ANK-grootkoppe om sy hoë lewensstandaard te handhaaf.

    "Die meeste inligting waarmee julle my konfronteer, is waar. Ek wens dit was nie so nie. Ek het groot foute gemaak en 'n klomp mense baie teleurgestel. EK het geen illusies dat indien julle die artikel publiseer dit die einde van my loopbaan sal beteken nie," het hy aan die Mail and Guardian gesê.

    "Ek het vir mense soos Saki Macozoma, Cyril Ramaphosa, Tokyo Sexwale, Gill Marcus, Pallo Jordan en Rick Mennel gevra om my finansieel te help."

    "Ek was platsak. Sommige van hulle het geld gegee en ander nie. EK is inderdaad diep in die skuld. EK het ook geld gekry van Brett Kebble."

    Hy het gesê die oorlede mynmagnaat het aan hom R70 000 gegee vir kommunikasiewerk.

    "Ek betaal R100 000 terug omdat ek nie meer die likwidateurs kan beveg nie – daar was geen kontrak nie, net 'n mondelinge ooreenkoms," het Niehaus gesê. 

    безмасляный компрессорtopcargo

  • Obama soek opening met Iran

    President Barack Obama het gesê sy administrasie soek na geleenthede om direkte gesprekke te open met sy jarelange teenstaander Iran, maar dat daar jare se wantroue is wat moeilik is om te oorkom.

    "My nasionale sekuriteitspan kyk tans weer na die bestaande Iranbeleid, om te sien waar daar gebiede is waaroor ons Imagekonstruktiewe dialoog kan voer, waaroor ons direk met hulle kan gesels," het Obama Maandag tydens 'n perskonferensie gesê. "My verwagting is dat ons sal kyk na openinge in die komende maande wat geskep kan word waar ons kan begin om van aangesig tot aangesig by 'n tafel te sit."

    In sy eerste spitstydperskonferensie as president, het Obama sy verkiesingsveldtog belofte herhaal om drie dekades van onmin met Iran in oënskou te neem, maar geen voorbeelde gegee van moontlike vennootskappe nie.

    "Nou is die tyd aan Iran te suggereer dat hulle anders moet optree en ook om te erken, dat terwyl hulle regte het as lid van die internasionale gemeenskap, verantwoordelikhede saam met die regte kom."

    Oor Afghanistan het Obama gesê dat hy die oorlogstrategie heroorweeg, aangesien dit misluk het om terroriste en insurgente uit te roei. Hy het gepraat in die rigting van 'n nuwe fokus, wat meer waarde heg aan die stryd teen terrorisme as die versterking van 'n brose Amerikaansondersteunde demokratiese regering.

    "Ek gaan nie toelaat dat Al-Kaïda of Osama bin Laden voortgaan om ongestoord aanvalle te beplan op die Amerikaanse grondgebied nie," het Obama gesê.

    Die mees belowende areas vir samewerking is waarskynlik Afghanistan en Irak, beide bure van Iran, waar Amerika tans in 'n oorlog gewikkel is. Veral in Afghanistan, Iran het 'n sterk belang daarin om insurgensiegeweld en die dwelmhandel wat dreig om oor die grens te stroom, stop te sit.

    циклевка паркета без выноса мебелиФильчаков Александр Васильевич

  • VSA gebruik Britse wapenfabriek vir kernnavorsing

    ImageDie Amerikaanse weermag het Brittanje se kernwapenfabriek gebruik om navorsing te doen op sy eie kernplofkopprogram, volgens die Britse Guardian.

    Amerikaanse verdedigingsbeamptes het gesê dat baie waardevolle navorsing gedoen is op plofkoppe by die KernwapenInstituut by Aldermaston in Berkshire as deel van 'n volgehoue, geheime ooreenkoms tussen die Britse en Amerikaanse regerings.

    Die ministerie van verdediging het erken dat hulle saam met Amerika werk aan Brittanje se "bestaande kernwapensvoorrraad en die plaasvervangende opsies wat beskikbaar was", maar geen verdere kommentaar gelewer het nie.

    Sondagaand het opposisie LP's gevra vir 'n volledige parlementêre ondersoek na die omvang van die samewerking by Aldermaston en gewaarsku dat so ooreenkoms 'n oortreding was van internasionale wette.

    Hulle het bygevoeg dat dit Brittanje se verklarings van 'n onafhanklike kernwapenprogram ondermyn en ook beteken dat Britse belastingbetalers in effek die Amerikaanse kernwapenprogram subsidieer.

    Die Amerikaanse president, Barack Obama, het gesê een van sy eerste aksies in die ovaalkantoor sal wees "om die ontwikkeling van nuwe kernwapens te staak". Maar die Pentagon stem nie in hierdie opsig met die president saam nie.

    Die eksperimente wat in Brittanje gedoen is, was "bi-aksiale hidrodinamiese" rekenaarsimulasies gewees.

    Kongres het befondsing vir hierdie navorsing gestaak en daar is sommige mense wat glo dat die Amerikaanse weermag die persele in Brittanje gebruik het om verby die beperkings in Amerika te kom. 

    arabian knights gameданильченко юрій броніславович компромат

  • Hamas betaal 1000 Euro per martelaar

    Die "regering" wat deur die Islamitiese Hamas beweging beheer word het Donderdag gesê hulle sal 1000 Euro betaal aan elke familie wat gesinslede verloor het en 4000 Euro vir elke huis wat vernietig is in Israel se aanval op Gasa.

    Die kompensasie toekennings sal insluit 500 Euro vir elke persoon wat gewond is en 2000 Euro vir families wie se huise beskadig is, het woordvoerder Taher Al-Nunu gesê.

    Die 22-daelange Israeli offensief teen Hamas het 1330 mense dood gelaat en 5450 mense gewond.

    Sowat 4000 huise is vernietig en 17 000 is beskadig volgens die Palestynse owerhede.

    the chaseДанильченко Юрий отзывы