Klein teenoor groot denke

Gedurende die 70’ger jare het mediese studente se sosiologiese onderbou die boek “Society Today” (wat nie meer beskikbaar is vandag nie),  ingesluit waarin die konsep van “Local vs International” beskryf is. Alhoewel die konteks meer rondom nie-kreatiewe teenoor kreatiewe denke gegaan het, het dit die onderskeid gevestig van klein teenoor groot deurdat hierdie teenstrydighede as ’n normale suigstokkie teenoor ’n ontploffende suigstokkie uitgebeeld is.

theron_johann2Die bestuurswetenskap het die gedagte van “Local vs International” verder verfyn deur die gewraakte voorkoms van “local company men” (of bestuurders wat slegs na binne lojaal is), af te speel teen bestuurders wat meer  na buite lojaal is (of meer oop is vir internasionale of alternatiewe idees). Vir ondersteunende verwysings sien hier.

In die 19de eeu was geen van hierdie geformaliseerde konsepte bekend nie alhoewel daar uit die middeleeuse feudale stelsels duidelike onderskeid getref was tussen heersers en werkers. Dié heersers kan dan as “internationalist” en werkers as “local” beskryf word. Daarom was die vestiging van Suid-Afrika as ’n entiteit eers moontlik in die 20ste eeu nl. 1910 met die Unie van Suid-Afrika (Sien Dave Steward van die FW de Klerk Instituut se video oor SA se geskiedenis.)

Hierdie uitslag was slegs moontlik omdat die Britse heersers oop was vir nuwe idees terwyl die binnelands strydende groepe glad nie daaraan kon dink nie, of die vermoë gehad het om eers die landsgrense te trek nie.

Op hierdie stadium het die Afrikaner ’n jong en onvolwasse stamkultuur gehad waar hulle kort tevore hulself probeer regeer het – weg van die Britse juk –  terwyl die Kerk-Staat-balans gevaarlik oorgehel het ten gunste van die Kerk. Dit is duidelik merkbaar in die ononderbroke groei van die Kerk sedert 1652. Die samebindende tradisie tussen geografies wydverspreide boere is weerspieël deur die tipiese 3 maandelikse kontrei-nagmaaldienste en was/is onlosmaaklik deel van die Afrikanerpsige en -opvoedingskultus. Dit was egter ’n plaaslike Kerk vir plaaslike mense en die hele konsep kan as lokaal identifiseer word dermate dat die politieke voorstel van apartheid (klaarblyklik) eintlik van “dominee” DF Malan af gekom het. Op daardie stadium was “segregasie” egter die aanvaarde internasionale konsep en daarmee het die probleem a.g.v. die verskil in internasionaal teenoor lokaal of groot teenoor klein na vore gekom. Die uiteinde van hierdie geloofsgebaseerde “klein” denke het finaal die Afrikaner benadeel met die oorhandiging van mag aan die ANC in 1994. Daarom is die moderator van die NG Kerk Johan Heyns vermoor en FW de Klerk van hoogverraad aangekla.

In die 21ste eeu het die “World Economic Forum” ’n jaarlikse verslag begin uitbring waarin die rangorde van mededingendheid van nasies op wetenskaplike wyse bepaal word. Of die konsep van mededingendheid korrek is of nie, hierdie verslag tref baie duidelik onderskeid tussen 1ste en 3-dewêreldlande deur die twee groepe onderskeidelik as “innoverend” en “funksioneel” te identifiseer. Aangesien dit wetenskaplik gegrond is, kan niemand dit as polities of nie-polities korrek beskou nie. Wat interessant is, is dat hierdie onderskeid terugspring na die gedagte van groot teenoor klein denke soos hierbo beskryf. Met ander woorde, ontwikkelde lande dink groot en ontwikkellende lande dink klein. Dit word gemeet aan kreatiwiteit oftewel, die vermoë om te ontwerp. Aangesien Suid-Afrika alles invoer – moet Suid-Afrika dus funksioneel mededingend wees en kan ons wesenlik nie self dinge ontwerp nie en daarom is die denke “klein”. Kyk maar na die Rooivalk-gevegshelikopter – dit is wel ontwerp in Suid-Afrika – maar waar is daardie ontwerpskundigheid nou? Die land se politieke en sakeverteenwoordigers maak meer geld deur dinge in te voer en daarom word ontwerpskundigheid nie aangemoedig nie – selfs nie eers onder wittes nie.

Rakende politiek in Suid-Afrika is die hedendaagse populêre hoofstroomneiging dus weg van groot denke na klein denke toe. Een voorbeeld is Naspers wat internasionaal groot dink maar op die plaaslike front daardie internasionale denke aktief afdruk te gunste van lokale denke, lokale politiek en lokale geld. Politieke aktivisme is duidelik nie teenoor die regering van die dag nie, maar meer teenoor die gedagte van lokale denke waar dit as onkreatiewe denke beskou word. Hierdie narratief bots egter met die “kreatiewe” uitkoms van lokalisering en desentraliserende filosofiese denke waarbinne die konsep van selfbeskikking gesien kan word en wat veroorsaak dat politieke partye by mekaar verbypraat en waar ons verval in die Derrida-strik van binêre denke.

Die gedagte van hiërargie teenoor netwerkgebaseerde organisatoriese oplossings kan beskou word as een “groot” denke wat uitvloei uit die selfbeskikkingskonsep. Dis amper soos om ’n projek te bestuur waar die projek die firma verteenwoordig sonder om die firma te verteenwoordig maar tog ’n lewe van sy eie het. Hierdie lewe is moontlik sonder hiërargiese inmenging van Staat of Kerk. Dit kan dus beskou word as groot denke vir die Afrikaner vorentoe.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Johan

    Uitstekend! So toepaslik op ons ander (gemeenskaplike en persoonlike) belange waar dit kan help met ‘n kopskuif weg van die groefdenke.
    Dankie vir die artikel.

    • betzie

      Net jammer dat die ‘ klein ‘ denkers nie hier lees nie .

      • Lei my nie in versoeking nie… (Ek het nou stil geglimlag toe ek jou skrywe gelees het. Klassiek 😉

        • betzie

          Jy laat my ook dikwels glimlag , al verwoord ek dit meesal nie hier nie . Soms oorweldig weemoed oor menswees my dermate dat ek moet swyg .

          • Betzie…, jou Menswees het stil voor my tastende hande verby gestol… Verstil…

            Hoorbaar – dog klankloos!

            In daardie een Sin het jy meer gesê, as wat ek nog ooit uit jou hand se
            siel, spoelklippies-braille gelees het…. Die kosbaarste Woorde vir my is…

          • betzie

            Dankie vir jou egte eieining , Dolk . Soms , net soms , voel dit asof tyd stilstaan , vir n moment , n werklike ewigheidsmoment ……. gevul met suiwering . Jy is n besondere mens .

          • Jy is in die eerste plek ‘n sonderlinge, besonderse mens – elke mens is Betzie… Party net minder as ander… Knipogend gesê.

            Stilte, Siele, Woorde. En tog… Die nie-verwoorde, onsienlike waardes van die individuele menslike “Wese” – jou gees. (Ook.)

            Ai… Toe ons nog jonk was… Was ons waarlik vry… Van ander – van onsself! Hoe soepel het my siel tussendeur, tollende, saam met Woorde geswem, gebaljaar…

            Sou ons in “mekaar” se arms lê en lag – sonder om skuldig te voel of, om “lelike” gedagtes te hê. Sou fluisterlose wolke ons betower… Sou ‘n leë, swaaiende swaai ons nie met eensaamheid oorstelp gelaat het nie.

            Ek moet gaan slaap…

            Dit is so heerlik vir my om net van die onderwerp te dwaal – net vir een, gevriesde, kosbare sielsoomblik… – om die warm wasem van ‘n Siel teen my wang te voel…

          • betzie

            Nostalgie laat mens week
            in helder onthou
            anderkant die molm
            soos in
            Aanduur daal
            op Doornkloof

          • Ek lees gange vol skadu’s in jou skrywe…
            Proe nat wimpers…
            Wanneer jy jou toe-oë tuur opskort…

            Jy weet… Ek sal altyd my hart se trippe-tone stappies deel met my naaste…

            Met voete, voetjies?…, al swaaiende gesels.
            In die oopte. Omdat oop, nie seermaak nie.
            Vergewe my – indien my woorde soos raaisels klink…

            Dis maar hoe ek meestal skryf. Dis aangenaam om tussen-deur die politiek vir ‘n wyle sommer net kon deel… Dit, wat ons almal in gemeen het… Met Woorde, woorde wie se siels-geritsel nooit verstil nie Betzie.

            Baie seën en vrede is my bede vir jou en elkeen.

      • Rooikop

        Die klein denkers kan nie lees nie.

        • Jy sal verbaas wees! Dis juis hulle wat lees – van hul-papiertjies-af toesprake…

  • Riempies

    Johann Jy praat feite – Ons word egter gekortwiek deur ANCse grypwette – wette wat ons mensereg al vir 20 jaar vertrap, ons sal eers hierdie wette moet aanspreek voor ons werklik sal kan uitblink en ons volle potensiaal kan verwesenlik. Dit is n wesenlike inhibeerder as jy iets wil skep en ontwikkel en jy moet dit gratis deel met n parasiet, en verplig word om dom mense aan te stel wat geen voordeel vir jou besigheid inhou nie.

  • Gas

    Die voorbeeld van Naspers wat “groot” dink na buite is verkeerd. Die bestuur is onder die invloed van die VSA wat VIR hulle dink. Die bestuur onder Voos Lekker pas Amerikaanse groot denke namens sy intellektuele base hier toe. Hy is nie opgewasse daarvoor nie. Daar is niks in daardie organisasie wat iets beteken vir Afrikaners nie. Dis een enorme psy-ops teen ons. Die sukses van Naspers kom van die netwerk van biljoenêrs en banksters waarvan ou Voos deel is. Hulle sukses is tot ons nadeel.

  • emiel

    Een van die groot probleme onder vele Suid Afrikaanse blankes/Afrikaners is die totale gebrek aan visie/ambisie, of soos johan uitwys “groot denke”, Dit is amper asof blankes die Afrika waardes van hulle swart landgenote aangeneem het waar sport en vermaak hoogty vier terwyl agteraf gekla word oor swak dienslewering.

  • jan

    Johann
    verstaan ek reg dat Smuts die beste voorbeeld van Groot denke was met sy ‘holisme’ en Verwoerd die van Klein denke met die Christelike veelvolkige demokrasie? [Analoog of digitale politieke modelle?}
    Dis dinamiese dinge met groot kragte en baie beweging.soos wilde perde.

    Noem voorbeelde asb jong.

    Vir my is die verskil in die onvergelykbare sukses van die digitale model van Verwoerd teenoor die Smuts se WO11 se holistiese katastrofe.

    • Rooikop

      Smuts was ‘n ramp vir hierdie land en nasie – eerder die kwien se voete gesoen as om vir sy eie mense om te gee.