Leon Lemmer: Britse en Amerikaanse misleiding oor die Katyn-massamoord

Die Katyn-massaslagting het gedurende die Tweede Wêreldoorlog en daarna opslae gemaak. Katyn word Kah-thin uitgespreek (Daniel Ford, bron hier onder, Kindle 214). Ek gaan hierdie gebeurtenis belig om aan te toon hoe regerings en die massamedia inligting weerhou of verdraai om die publiek te mislei. JK Zawodny se boek, Death in the forest: The story of the Katyn forest massacre (Pickle Partners Publishing, 1962, 258p; Amazon Kindle $5,69) , is deur Goolding beskryf as “one of the most complete accounts of Katyn” (Matthew Goolding, bron hier onder, Kindle 55). Maar van Zawodny se inligting is na meer as ‘n halfeeu verouderd. Eugenia Maresch se boek, Katyn 1940: The documentary evidence of the West’s betrayal (Stroud: The History Press, 2010, 288p; Amazon Kindle $13,67), is gebaseer op nuwe argivale inligting. George Sanford se boek, Katyn and the Soviet massacre of 1940: Truth, justice and memory (Abingdon: Routledge, 2005, 273p; Amazon Kindle $49,49), word deur Goolding beskryf as “the most important recent work about this topic” (77). Sanford se boek is egter onbetaalbaar duur.

Vir die doeleindes van hierdie rubriek maak ek van twee ander boeke gebruik. Uit die Amerikaanse oogpunt gebruik ek Daniel Ford se boek, A death in the forest: The US Congress investigates the murder of 22 000 Polish prisoners of war in the Katyn massacres of 1940 – Was Stalin or Hitler guilty? (Durham NH, Warbird Books, 2014, 82p; Amazon Kindle $3,41). ‘n Groot voordeel van Ford se boek is dat dit die kern weergee van die Amerikaanse Departement van Verdediging se verslag van 2 162 bladsye na aanleiding van verhore wat in 1951/52 gehou is: The Katyn forest massacre (Progressive Management, 2013; Amazon Kindle $6,83). Die Britse gesigspunt word belig in Matthew Goolding se boek, Katyn: A British dilemma (2014, 45p; Amazon Kindle $3,41). Ford en Goolding se boeke het die voordeel dat hulle, naas die verskillende invalshoeke, die jongste inligting bevat.

Die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) het op 1 September 1939 begin toe Duitsland oorlog teen Pole verklaar het. Op 13 September het die Sowjetunie die nie-aanvalsverdrag met Pole opgehef. Sowel Duitse as Sowjettroepe het hulle gehaas om soveel moontlik Poolse grondgebied te beset. Albei wou die onafhanklike Pole, wat in 1918 na die Eerste Wêreldoorlog voorwaardelik tot stand gekom het, vernietig. Die Sowjetunie en Duitsland het op 28 September 1939 ‘n nie-aanvalsverdrag gesluit; die Molotov-Ribbentrop-verdrag, waarmee Poolse grondgebied tussen die Sowjetunie en Duitsland verdeel is. Die besetting van die stad Lwów (tans Lviv, in die verre weste van die huidige Oekraïne), in die suide van die destydse Pole, was vir albei lande van strategiese belang. Die Duitsers wou verhoed dat Poolse burgers na Roemenië in die suide vlug terwyl die Sowjetunie sy wesgrens so gou moontlik verder weswaarts wou verskuif. Die Poolse bewind het die stad suksesvol teen die Duitse aanslag verdedig maar is deur die Sowjetmagte oorweldig.

Nikita Khruschev (1894-1971, Sowjetstaatshoof 1953-1964) was in 1939 as die Russiese goewerneur van die Oekraïne in bevel van die Sowjetbesette Poolse grondgebied. Die Russiese geheime polisiediens, die NKVD (“Peoples’ Commissariat of Internal Affairs”), het baie Pole krygsgevange geneem; nie net soldate en polisiemanne nie, maar ook die leiers in die gemeenskap, die intelligensia of elite; dus enigeen wat teen die Sowjetbesetting weerstand kon bied of kon help om ‘n onafhanklike Pole te laat herrys. “Kozielsk, located east of Smolensk, imprisoned 5 000; Starobielsk, near Kharkov, held 4 000 Polish officers; and Ostashkov, near Kalinin, where 6 400 Poles were interned” (Ford 315), dus 15 400 altesame. “They comprised the elite of the Polish military and civilian leaders” (Ford 331). “These prisoners remained at the three camps from September-October 1939, until April-May 1940” (Ford 331).

In die 21 maande wat die aanvanklike Sowjet besetting van Poland geduur het, is honderd duisende Pole gevange gehou in “some hundred-odd camps in Poland’s eastern territories and the western provinces of the Soviet territory” (Ford 315). “Perhaps one hundred thousand Polish civilian had been arrested and sent into the Gulag* in 1940 and 1941” (Ford 446). Die Pole wat in die Sowjet-Poolse Oorlog (1919-1921) geveg het, waarin die Pole hulle grondgebied grootliks suksesvol verdedig het, moes dit veral ontgeld. Op 22 Junie 1941 het die Duitse regering sy nie-aanvalsverdrag met die Sowjetunie verbreek, die gebied met Operasie Barbarossa binnegeval en spoedig Pole, insluitende Lwów (Lviv), verower. In daardie stad het die Duitsers toe die lyke van sowat 7 000 vermoorde Pole in die Brygidki-tronk gevind (Ford 242). [* Gulag: “Russian term for the system of prisons and labour camps used to silence dissidents and opponents of the Soviet regime” (Collins World Encyclopedia, 2003, p 405.]

Die Russies-Finse of Winteroorlog (1939-1940) het baie krygsgevangenes opgelewer. Saam met die wêreldoorlog-krygsgevangenes het die Sowjetowerheid meer prisoniers gehad as wat hy kon hanteer. Te Bykovnia (naby Kiëv) en Kharkov, is baie Pole om die lewe gebring. Ford skryf: “Those from southeastern Poland are buried at Bykovnia near Kiev … and many or all of their names are known. Those from the northeast were presumably executed in present-day Belarus, but their names and whereabouts [are] still a mystery” (904). Daar was ander plekke in die Oekraïne, Belarus en Rusland waar ook massamoorde teen Pole gepleeg is. Met die uitsondering van Katyn is hierdie grafte nog nie opgespoor nie.

Die Duitse magte het in Operasie Barbarossa ooswaarts tot by bv Leningrad (nou Sint Peterburg) gevorder. Die Sowjetowerheid het dermate bedreig gevoel dat hy toe bereid was om hulp uit enige oord teen die Duitsers te aanvaar, selfs van Poolse soldate wat krygsgevangenes was. Op 30 Julie 1941 is ‘n Sowjet-Poolse ooreenkoms hieroor aangegaan, wat diplomatieke bande ingesluit het. “Under this agreement, all Poles interned in Soviet prison camps within the territory of the USSR were to be released by the Soviets” (Ford 294). Die militêre verdrag tussen die Poolse en Sowjetregering is op 14 Augustus 1941 gesluit. Op 16 Augustus 1941 het die Poolse militêre bevelvoerder, generaal Wladyslaw Anders, wat uit ‘n Moskouse tronk vrygelaat is, begin om na Poolse soldate te soek wat deur die Russe krygsgevange geneem is. Hy kon baie van hulle nie opspoor nie. Sowat 8 300 Poolse soldate het verdwyn (Goolding 232). By navraag kon bv die Sovietstaatshoof, Josef Stalin, sy minister van buitelandse sake, Vyacheslav Molotov, en die NKVD-hoof, Lavrentiy Beria, geen bevredigende verduideling verskaf nie.

Die Duitse opmars teen die Sowjetmagte is in Januarie 1943 by Stalingrad (tans Volgograd) gestuit. Terwyl die Duitse troepe reeds besig was om die aftog in Rusland te blaas, het hulle op massagrafte in die Katyn-woud, 18 kilometer wes van Smolensk, in Rusland, afgekom. Hierdie vonds is op 13 April 1943 bekend gemaak. Die Duitsers het die Sovietunie van hierdie massaslagting beskuldig. “The Russians immediately put out the counter-claim that the atrocity was actually a German one – suggesting, among other novelties, that the bodies were actually those of murdered Jews, dressed in Polish uniforms. To their shame, the American and British governments accepted the Russian version” omdat Westerse belange “called for cooperation with the Soviet Union in the common crusade against Nazi Germany ” (Ford 249).

Die Poolse regering in ballingskap in Londen, met Wladyslaw Sikorski as eerste minister, het die Internasionale Rooi Kruis op 15 April 1943 gevra om ‘n neutrale ondersoek in te stel. “The Poles were ‘extremely unfortunate in that the Germans also asked the Red Cross to investigate at exactly the same time, which allowed the Soviets to depict their wholly independent moves as being part of a coordinated conspiracy’ … British people took to the idea, especially as popularity of Stalin was at an all-time high” (Goolding 586) sedert die Slag van Stalingrad. “Among civilians, a most common sentiment was an almost unbridled admiration for the Soviet Union in general, and for the Red Army in particular” (Goolding 615).

“On April 19, 1943, the Soviet newspaper, Pravda, carried a front-page editorial which attacked the Polish Government’s request for assistance of the International Red Cross in ‘investigating something that never happened'” (Ford 561). Hierdie versoek van die Poolse regering en die felheid van sy anti-Sowjetpropaganda oor Katyn het daartoe aanleiding gegee dat die Sowjetunie op 25 April 1943 diplomatieke bande met die Poolse regering verbreek het. Die Sowjetunie het nie meer die Pole se steun nodig gehad nie. Al die Poolse krygsgevangenes is tot Sowjetonderdane verklaar. Dit was duidelik dat die Sowjetunie permanente beheer oor Pole wou verkry. “The Western Powers proved incapable of countering this pressure with equal energy. They were obsessed by anxiety as to the loyalty of the Soviet ally and feared to provide him with an excuse for a separate deal with Germany” (Goolding 120). “On April 30, 1943, a medical commission of leading representatives of medical jurisprudence and criminology from 12 European universities and neutral countries, selected by the Germans, signed a protocol establishing these Polish officers were massacred in the Spring of 1940” (Ford 302).

Wat het in 1940 met hierdie Pole gebeur? Om die samewerking van Poolse aangehoudenes in Sowjet-krygsgevangekampe te verkry, is die gerug onder hulle versprei dat hulle huis toe gaan (Ford 347). Die gevangenes van die Kozielsk-kamp is per trein na Gniezdovo-stasie, 18 kilometer wes van Smolensk, vervoer en vandaar 3 kilometer per bus na die Katyn-woud (Ford 371). Oor die sewe massagrafte word gesê: “4 143 bodies [were] exhumed at Katyn, and another 110 found but not exhumed” (Ford 818). Daar is ‘n groot mate van konsensus dat die moorde van Maart tot Mei 1940 gepleeg is (Goolding 377). Ford voeg by: “In addition to the roughly 5 000 Poles buried in the Katyn Forest itself, some 20 000 Polish prisoners were murdered at other sites in the Soviet Union” (825).

Duitse soldate het die massagrafte by Katyn in 1943 ontdek en wou dit onder die Rooi Kruis se aandag gebring, maar Geallieerde en Sowjetpropaganda het hulle daarvoor geblameer.

Daar was eintlik drie “Katyns”, een elk vir die drie Poolse krygsgevangenekampe Kozielsk, Starobielsk en Ostashkov (Ford 404). Slegs sowat 400 van hierdie 15 400 prisoniers het die oorlog oorleef (Ford 347). Die Poolse prisoniers in die Ostashkov-kamp is in die Witsee by Tver verdrink (Ford 396, 404). “The prisoners in Ostahkov were placed on two very old barges, and when the barges were towed out to sea they were destroyed by Russian artillery fire” (Ford 404). Die amptelike Amerikaanse verslag lui: “We are equally certain that the 15 000 Polish officers – those interned at Starobielsk and Ostashkov – were executed in a similar brutal manner. Those from Starobielsk were disposed of near Kharkov, and those from Ostashkov met a similar fate. Testimony was presented by several witnesses that the Osthashkov prisoners were placed on barges and drowned in the White Sea. Thus the committee believes that there are at least two other ‘Katyns’ in Russia” (Ford 896). “The committee … wish to impress … that the investigation of the Katyn massacre barely scratches the surface of numerous crimes against humanity perpetrated by totalitarian powers” (Ford 921). Die komitee noem dit “Katynism” (Ford 929).

Tydens die oorlog was Winston Churchill die Britse eerste minister en Anthony Eden die minister van buitelandse sake. “Churchill advised Sikorski against provoking the Soviets” (Goolding 165). Eden “had done all he could to persuade the Poles to treat this [Katyn] as a German propaganda move designed to sow discord between the allies … The [British] War Cabinet was already concerned that this business would hamper their efforts to use Polish troops for fighting Germany in the Middle East” (Goolding 174). “The British were primarily concerned with maintaining Allied unity, despite suspecting that the Soviets were indeed responsible for the Katyn killings” (Goolding 222). “The anger and unconvincing terms of Russian denials suggest a sense of guilt” (Goolding 232).

“Churchill claimed to Stalin that ‘the Polish press will be disciplined in future'” (Goolding 543). Churchill het in ‘n kabinetsvergadering gesê: “No Government which had accepted our hospitality had any right to publish articles of a character which conflicted with the general policy of the united nations and which would create difficulties for the Government” (Goolding 648). “It must … be remembered that Poland was the reason Britain initially went to war” (Goolding 578). Die Britse regering het die Amerikaanse regering versoek “to promote Germany as ‘enemy No 1′” (Goolding 250). In die Britse parlement het Eden op 4 Mei 1943 gesê: “His Majesty’s Government have no wish to attribute blame for these events to anyone except the common enemy” (Goolding 258).

George Sanford skryf in sy bogenoemde boek: “The official and public policy was to use the inconsistencies and gaps in the Katyn evidence to justify a policy of non-attribution of guilt” (Goolding 275). Dít ten spyte van Owen O’Malley, die Britse ambassadeur by die Poolse regering in ballingskap, se verslag van 24 Mei 1943 waarin hy skryf: “I think most of us are more than half convinced that a large number of Polish officers were indeed murdered by the Russian authorities” (Goolding 290). “O’Malley seems distressed that their morals have been tested so brutally in order to continue their good relationship with an important ally” (Goolding 290). Goolding skryf: “I would argue that this report from O’Malley marks a momentous acceptance from many British officials regarding the probability of Soviet responsibility for the massacre. There was also an acceptance that they were themselves involved in a cover-up, expressing some melodramatic mourning for the loss of their ‘English’ morals” (307).

Alexander Cadogan, die Britse adjunkminister van buitelandse sake, het die Nuremberg-verhoor vooruitgeloop met hierdie opmerking: “The other disturbing thought is that we may eventually, by agreement and in collaboration with the Russians, proceed to the trial and perhaps execution of Axis ‘war criminals’ while condemning this atrocity. I confess I shall find that extremely difficult to swallow” (Goolding 307).

“The policy of the British Government headed by Churchill was to ‘suspend judgement’. The fact that this suspension of judgement was merely a way of continuing the cover-up troubled Foreign Office members, but it didn’t force them to change their policies. They were desperate to encourage all parties to refrain from public comment” (Goolding 322). Sanford word soos volg aangehaal: “The liberal moralism of the British elites made it psychologically impossible, quite apart from their definition of the National interest, for them to accept, at least publicly, that their Soviet ally was a mass murderer. They, therefore, had to reject what would normally have been accepted as overwhelming evidence of proof of Soviet guilt for the Katyn massacre” (Goolding 329). V Rockwell, Anthony Eden se biograaf, het geskryf: “The British public suffered ‘a fit of immorality in which few were concerned with anything except winning the war and keeping the alliance with Russia intact'” (Goolding 656).

Naas hoedanig die aanvanklike reaksie in Britse regeringskringe oor Katyn was, het Goolding ook ondersoek ingestel na die houding van ander Britse instelling van April tot Junie 1943 oor die Katyn-gebeure. Die Britse radiodiens, die BBC, het anders as bv die Duitse senders, geen woord oor Katyn gerep nie (Goolding 335). Op 15 April 1943 “the German Home Service discussed the response from Allied nations: ‘The murder of some 12 000 Polish officers has not made the slightest impression so far on the British news services. Whereas London as a rule pretends [to] stand guard over the moral behaviour of humanity it pretends to be hard of hearing in the Katyn case'” (Goolding 411). Die BBC se standpunt was soos volg: “The BBC, whilst maintaining its independence, entered into a gentleman’s agreement with the government to accept official guidance in their treatment of public affairs. That is to say they undertook to conform to official policy, whilst reserving the right to execute it in their own way” (Goolding 350).

Gedurende die oorlog was die Britse pers onderhewig aan streng sensuur. Regulasies “prohibited the publication of information useful to an enemy and … empowered the Home Secretary to suppress a newspaper which systematically published matter calculated to foment opposition to the prosecution of the war” (Goolding 467). The Times het berig dat die Poolse regering die Internasionale Rooi Kruis gevra het om ondersoek in the stel. Time Magazine het gemeld “there is no way of knowing whether the German story is true” (Goolding 486). “Stalin himself won Time Magazine‘s ‘Man of the Year’ 1942″ (Goolding 568). “The British mainstream press seem to be fairly responsive to Government requests, usually keeping their articles to a neutral tone. The most extreme example I have found is the Guardian article postulating German guilt” (Goolding 534).

“On January 24, 1944, the Soviet Special Commission To Investigate the Katyn Massacre released its own report stating that the Nazi Germans had committed the atrocity after the Poles fell captive to the Nazis in July-August 1941” (Ford 310). Die Russe het soos volg beweer: “The Poles interned in the three camps had been transferred by the Russians to other camps in the vicinity of Smolensk during March and April 1940 and were taken prisoner by the Germans during the Russian retreat. The Russians flatly accused the Germans of executing ’11 000′ Polish officers in 1941” (Ford 569).

“On July 1 and 2, 1946, the International Military Tribunal at Nuremberg heard testimony from both German and Russian witnesses concerning the Katyn massacre. No decision as to guilt was announced by the tribunal” (Ford 310). ‘n Britse minister, Rab Butler, “argues the British hid from the limelight at Nuremberg, stating that they ‘had no direct evidence on the subject [Katyn] in their own possession.’ They let the Soviets control the prosecution, which was ultimately a sham” (Goolding 314). Een van die Nazi-beskuldigdes, Hans Frank, het in sy Nuremberg getuienis hierop gesinspeel: “Germany’s guilt had been erased ‘by the conduct of our war-time enemies towards our nation and its soldiers.’ Such conduct had been entirely excluded from the trial, he was saying, a lopsided justice. Mass crimes ‘of the most frightful sort’ had been committed against Germans” (Philippe Sands, East West Street: On the origins of genocide and crimes against humanity, London: Weidenfeld & Nicolson, 2016, Kindle 5434).

Die Koue Oorlog tussen die Weste en die Sowjetunie het in 1948 met die Berlynse blokkade begin en het in 1950-1953 uiting in ‘n militêre konflik gevind toe Noord-Korea met Josef Stalin se goedkeuring Suid-Korea binnegeval het (Ford 256). Eers in 1951 en 1952 het die Amerikaanse Kongres verhore oor die Katyn-menseslagting gehou, dus meer as ‘n dekade nadat die gebeure plaasgevind het. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die Weste die steun van die Sowjetunie in die oorlog teen Nazi-Duitsland nodig gehad. Tydens die Koreaanse Oorlog was dit nie meer nodig nie en was die Sowjetunie die vyand van die Weste. Die Amerikaanse Katyn-ondersoekspan is nie in die Sowjetunie toegelaat nie.

Daar is bevind dat die Katyn-slagoffers individueel met ‘n pistool van agter in die kop geskiet is. Duitse koeëls is gebruik. Die Duitse koeëls is deur die Russe as argument gebruik om die skuld op die Duitsers te pak. Ford verskaf egter die volgende verduideliking: “The NKVD favored the compact Walther PPK semi-outomatic for this work, because the German pistol’s recoil was less severe than that of the Russian service revolver, the Belgian-designed Nagant. An executioner might have to kill two hundred and fifty men a night; the standard-issue revolver would have bruised his hand so badly that he couldn’t have used it the following day. The PPK was also a bit lighter and, with its cartridges stacked in the hand-grip, more nicely balanced. The same weapon was favored by the German Gestapo and by the American covert agency, the Office of Strategic Services. In this manner, the NKVD murdered the Polish officers, sergeants, policemen, and civilian leaders” (216). “In all, the NKVD eliminated almost half the Polish officer corps – part of Stalin’s long-range effort to prevent the resurgence of an independent Poland” (Ford 229)

Goolding verwys tereg na die skynheiligheid (“hypocrisy”) van die Britse en Amerikaanse regerings oor die Katyn-massamoord (79). Goolding noem, met spesifieke verwysing na die Britte, die gebeure as “damaging the perception of Britain as a moral idol” (103). Die Britte het nog nie verskoning vir sy verskroeide aarde-beleid en konsentrasiekampe gevra nie. Sedert die Anglo-Boere-oorlog weet Afrikaners om nie Britse regerings te vertrou nie. Sedert die betrokkenheid van die Suid-Afrikaanse weermag in Angola weet Afrikaners om nie Amerikaanse regerings te vertrou nie. Ook nie Russiese regerings nie. “We hear so much about Germany’s conquests, and so little about Russia’s parallel aggressions” (Ford 142).

Op 17 Maart 1992 het die Suid-Afrikaanse blanke kiesers in ‘n referendum ten gunste van magsdeling gestem. Reeds op 5 Oktober 1992 het Pieter de Lange, die voorsitter van die Afrikaner-Broederbond, te kenne gegee dat dit in werklikheid om magsoorgawe gaan; dat “magsprysgawe” ‘n “gesuiwerde” staanplek aan wit mense sal gee. “Al sê die politici ook wat, blankes moet aanvaar dat hul magsprysgawe permanent sal wees” (JC Steyn, Afrikanerjoernaal: ‘n Vervolgverhaal in 365 episodes, Pretoria: FAK, 2016, p 386). Sedertdien weet Afrikaners om nie die NP-regering te vertrou nie; sekerlik ook nie die ANC-regering nie. (Ek hoop om volgende keer oor Steyn se boek te skryf.)

Volgens Russiese argivale inligting is 21 857 Poolse krygsgevangenes tydens die Tweede Wêreldoorlog deur die Sowjetunie vermoor (Ford 223). “A more recent CIA analysis suggests that the total may have been as high as 25 000, and that the killings continued past May 1940” (Ford 323). “The Russians only formally admitting guilt in 1990″ (Gooding 39).

Kyk ook dié video oor die Katyn-slagting op die PRAAG-YouTube-kanaal:

<iframe width=”560″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/P05H4NFj0MM” frameborder=”0″ allowfullscreen></iframe>

Leon Lemmer: Jaap Durand se herinneringe aan die ‘bevrydingstryd’

As teologiedosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) vanaf 1973 en daarna as viserektor aan dieselfde inrigting (1981-1996) het Jaap Durand (gebore in 1934) bekendheid as bevrydingsteoloog verwerf, onder meer weens sy leidende aandeel in die formulering van die Belydenis van Belhar en sy verheerliking van Dietrich Bonhoeffer (1906-1945) as ‘n martelaar wat teen die Nazi-bewind in opstand gekom het. Durand het studente aangemoedig om hulle ingelyks teen die “apartheidsregime” te verset. In sy jongste boek, Protesstem: oomblikke van herinnering (Wellington: Bybelkor, 2016, 264p, R190), is dit duidelik dat dit vir hom eerder om linkse politiek as akademiese oorwegings gegaan het. “Ons identiteit hang saam met ons herinnerings” (p 9).

In die eerste hoofstuk noem die outeur dat die teks nie ‘n outobiografie is nie (10), al kom outobiografiese inligting daarin voor. Sy eerste vrou kom oor as iemand wat polities selfs meer militant as hy was. Sy drie kinders het polities ook die verlangde solidariteit betoon (156-157, 165-166, 186-187). Durand het darem twee swaers met “regse politieke opvattings” (195). Hy verwys na homself as ‘n Afrikaner (153, 210), maar dit beteken nie veel meer nie as dat hy ‘n blanke Afrikaanssprekende is. Hy het bv van jongs af geweier om iets met volkspele te make te hê (22). Sy hele oriëntasie is ter bevoordeling van bruines en swartes. “Die amaXhosa het my mense geword” (29). “Ek het hulle liefgekry” (48). “Swart mense inderdaad mense en nie vreemde wesens was nie” (57). Dit lyk nie asof sy liefde konserwatiewe blankes insluit nie. Hy het geen goeie woord vir die blanke politieke bewind van weleer en geen slegte woord vir die huidige politieke opset nie. “Die apartheidsituasie in die land het … my … met afsku vervul” (61). Hy wou “‘n verskil maak” (225). “Ek [het] op my manier na verandering gesoek” (227). Die naaste wat Durand aan kritiek op die ANC kom, is deur sy teleurstelling uit te spreek dat Thabo Mbeki deur Jacob Zuma vervang is (191-192).

Toe Durand in 1975/6 drie maande in Amerika was, was sy versugting “om veral met swart Amerikaanse teoloë gesprekke te kan voer” (81). Hy was onder meer “by die Universiteit Howard in Washington, waar byna uitsluitlik swart studente deur swart personeel onderrig word” (82). Durand veroordeel hierdie opset egter nie as die uitdrukking van rassisme of rassesegregasie nie. Vir wittes en swartes geld daar myns insiens glad te dikwels verskillende maatstawwe. Hy verwys eerder na “wit Amerikaners se onbegrip van die swart Amerikaners se reële lewensnood” (82). Die Universiteit Howard herinner aan die huidige druk op eens blanke Suid-Afrikaanse universiteite om te verswart terwyl tradisioneel swart universiteite ongesteurd kan voortgaan om byna uitsluitlik swart te bly. Van die skandaligste skuiwe wat die ANC-regering ooit gemaak het, was om ruim studiebeursgeld aan die Universiteit Howard te skenk; glo as ‘n gebaar van vergoeding vir die skade wat Amerika in 2005 weens die orkaan Katrina gely het. Geen haan het oor hierdie skenking gekraai nie.

Durand begin sy vertelling met verwysing na Sharpeville (1960). Sy magisterverhaling handel oor Johannes Calvyn (1509-1564) se “reg van verset teen ‘n owerheid” (25). In Durand se doktorale proefskrif word beweer: “‘n kerk wat op rassegrondslag verdeeld was, nie die toets van die Christelike evangelie kan deurstaan nie” (12). Die NG Kerk-familie moet volgens hom een word. Afrikaans as kerktaal sal myns insiens ernstig deur ‘n samesmelting van die NGK en die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) benadeel word, maar daarvoor gee Durand blykbaar nie ‘n snars om nie. Durand word aan sy teologievriende geken. Willie Jonker, Beyers Naudé en Bennie Keet word reeds in hoofstuk 2 genoem en daar word goedkeurend na die bundel Vertraagde aksie en die Wêreldraad van Kerke se Cottesloe-beraad (1960) verwys.

Regse teoloë word geëtiketteer, bv Koot Vorster as “die groot indoena van die NG Kerk” (16) en Kosie Gericke as die “biskop van Stellenbosch” (17). Eugene Terreblanche het hom by Kodesa glo skuldig aan “hansworsagtige optrede” gemaak (207). PW Botha word deur Durand “die Groot Krokidil” genoem (158). Al diesulke sal seker kwalifiseer vir die etiket van “konserwatiewe konkelaars” (122). Daarteenoor is daar “die formidabele Nelson Mandela” (203). Aan die UWK is daar na Durand as “die ajatolla” verwys (121). In Die Kerkbode was daar ‘n “hoogheilige artikel oor die teologiese regverdiging van die bedeling in Suid-Afrika” (62). Die Kweekskool op Stellenbosch word “die teologiese krip van die NG Kerk” genoem (22). Durand verwerp die idee van “ewige en onveranderlike beginsels” (24). Hy was nie iemand “wat baie aan beginsels geglo het” nie (22).

Aan die Kweekskool het Durand ‘n tweede doktorsgraad verwerf. Sy proefskrif handel oor Thomas van Aquino (1225-1274) maar sy konserwatiewe promotor, FJM Potgieter, het glo “geen snars van my eintlike bedoelings begryp … nie” (73). Durand verwys na sy “totale verwydering van die teologie wat in die NG Kerk bedryf is” (63). Die meeste van sy publikasies handel oor “die skerpste moontlike afwysing van ‘n ‘apartheidsteologie'” (189). Daar is glo met “bedrieglike subtiliteit … in apartheidsdenke met die Bybel omgegaan” (84). By Durand is daar geen woord van veroordeling vir die toestand waarin teologiese opleiding in die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch verval het nie. Maar hy dink nogtans dat sy pa se “sin vir reg en regverdigheid” (19) in hom wortel geskiet het (20).

Durand roem daarop dat hy nooit as ‘n NGK-predikant gedien het nie. Te Cala in die Transkei en in Kwazakhele, Port Elizabeth, was hy as sendeling in diens van die NG Kerk in Afrika. Hy het toe bewus geword van “die andersheid van die mense rondom jou” (30). “Tog het die wit personeel in hulle klein wit wêreldjie geleef” (32). Hy noem dit die “apartheidsmentaliteit in die sendingwerk van die NG Kerk” (33). Maar die bevrydingsteoloog David Bosch het nie hierdie mentaliteit gehad nie (33). As teologiedosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland was Durand in diens van die NG Sendingkerk. Hy woon op Stellenbosch. “omdat Bellville ons nie juis aangestaan [het] as blyplek nie, veral omdat daar aan ons vertel is dat dit ‘n redelik verkrampte plek was om te woon” (142). Linkse politiek oefen in talle opsigte ‘n deurslaggewende invloed op sy lewe uit. Hy is ‘n lidmaat van die Rynse gemeente van die VGK op Stellenbosch (82). Hy beskuldig die NGK van “skynheiligheid” (78). Apartheid is glo deel “van ‘n soort volksteologie” (94). Sy oortuiging is “dat die stryd teen apartheid in Suid-Afrika ten diepste ‘n religieuse stryd was” (94).

Die Belydenis van Belhar word deur Durand as “die sluitpunt” van sy lewe beskou (70). Hy wy ‘n hele hoofstuk daaraan. Hy stel glad nie belang in wat positief oor apartheid gesê kan word nie. “Ek het my bly afvra: Wat is teologies verkeerd met apartheid?” (84). Hy was vasberade “om na ‘n onomstootlike teologiese argument te soek dat apartheid of afsonderlike ontwikkeling, selfs in sy ideaalste vorm (as daar ooit so iets sou kon wees in die hande van sondige mense) die evangelie van Jesus Christus weerspreek” (85). Dat hy naarstiglik moes soek, dui daarop dat daar nie ‘n voor die hand liggende teologiese fout met apartheid is nie. Na ‘n soektog het Durand uiteindelik “die teologiese grondfout van die apartheidsdenke” (86) gevind: “Apartheid is in stryd met die versoening omdat die uitgangspunt daarvan is dat mense onversoenbaar is. Daarom moet hulle uitmekaar gehou word … Die gedagte dat daar in die ‘apart’ ‘n fundamentele fout opgesluit lê vir hulle wat versoening in Christus bely, het nooit by hulle opgekom nie” (87).

Het dit al ooit by Durand opgekom dat die Universiteit Howard ‘n toonbeeld van die apartfout is? Die onversoenbaarheid van mense kan myns insiens ook aan hulle sondigheid toegeskryf word, al was hulle hoe opreg in hulle geloofsbelydenis. In die onvolmaakte aardse werklikheid kan rassesegregasie ‘n voortreflike bydrae tot groter rus en vrede en harmonie lewer. Die hoogs gewelddadige samelewing waarin ons ons bevind en wat tot oorlopens toe vol haat is, toon dat die afskaffing van apartheid nie magiese versoening bewerkstellig het nie. Apartheid kan nie die enigste sondebok wees vir die onverkwiklike situasie waarin ons ons sedert 1990 bevind nie. Dit lyk asof daar êrens ‘n grondfout in Durand se redenasie is. Op die koop toe sit ons met ‘n onbekwame, ondoeltreffende, korrupte, immorele ANC-regering waarvan die einde nie in sig is nie.

Die oggend na Durand se vermeende ontdekking van die grondfout het hy sy finalejaar-teologiestudente gevra om onderling oor “die basiese teologiese beswaar teen apartheid” te gesels (88). Een van die studente was die “besonder knap” Russel Botman (88). Hierna het Durand ‘n beskrywingspunt vir die komende Sinode van die NG Sendingkerk geformuleer. Daarvolgens is die gedwonge skeiding van mense op grond van ras en kleur in stryd met die evangelie van versoening, word wit mense daardeur bevoorreg, geskied geregtigheid dus nie aan almal nie en word die menswaardigheid van die nie-bevoorregtes aangetas (89-90). Dié voorstel is in 1978 deur die Sinode aanvaar (91). Durand se formulering is suiwere bevrydingsteologie. Dit word egter nie in die nuwe Suid-Afrika toegepas wanneer op grond van ras en kleur teen blankes gediskrimineer en swartes bevoorreg word nie; ook nie as ongeregtigheid aan blankes geskied en hulle menswaardigheid met tweederangse burgerskap aangetas word nie.

Allan Boesak is tot voorsitter van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke verkies. Hy het “die besluit van die NG Sendingkerk se Sinode van 1978 voorgedra en ‘n groot rol gespeel in die besluit wat sou volg, naamlik dat die teologiese regverdiging van apartheid kettery is en dat dit ‘n staat van belydenis daarstel. ‘n Staat van belydenis beteken eenvoudig dat ‘n dwaling so erg is dat die kerk nie anders kan as om oor die aangeleentheid ‘n belydenis af te lê nie” (95). Durand was sekerlik trots op die sneeubal-effek wat sy sinodevoorlegging internasionaal gehad het, asook die rol wat sy dissipel Boesak daarin gespeel het. Ook dat net blankes in die beskuldigde bank geplaas is en dat die veroordeling van bv terrorisme nie eens deur die Wêreldbond oorweeg is nie.

Die volgende stap was om ‘n belydenis te formuleer. Hierdie pil is soos volg versuiker: “Die Belydenis van Belhar was … nie gerig teen die NG Kerk as sodanig nie, maar teen die vals teologie wat deur baie in die kerk, hoewel nie deur almal nie, aangehang is” (100). ‘n Onderskeid word dus tussen die progressiewe skape en die konserwatiewe bokke gemaak. Toe die NGK later nie sonder meer die Belydenis van Belhar wou aanneem nie, het Durand dit “‘n kerkregterlike slenter” genoem (101). Hierdie groot voorstander van gelykheid, van bv een mens, een stem in die politiek, wou hê die Belydenis van Belhar moet op ‘n ondemokratiese manier aan alle NGK-lidmate afgedwing word. Met so ‘n prosedure sou hy daarin geslaag het om nog groter verdeeldheid in die NGK te saai as wat hy reeds bewerkstellig het. Durand is van mening “dat God sy kerk nie demokraties nie, maar deur sy Woord en Gees regeer” (102); uiteraard soos vertolk deur Jaap Durand.

Durand as viserektor en Dirkie Smit, sy opvolger as teologiedosent aan die UWK, het opdrag gekry om ‘n konsepbelydenis op te stel. (96). Wat hierna gebeur het, is soos volg verwoord: “Die basisteks is die geesteskind van Jaap Durand wat deur Dirkie Smit verwerk is” (98). “Die belydenis … handel oor die eenheid van die kerk, die onderlinge versoening tussen mense en ten slotte geregtigheid” (97). Die kernbegrippe is dus kerkeenheid, versoening en geregtigheid. Die verskynsel van susterkerke is as “‘n verskeurde kerk” – en nie as (gesonde) kerklike verskeidenheid nie – geëtiketteer (96). “‘n Verdeelde kerk het onlosmaaklik saamgehang met ‘n gees van onversoenlikheid en onwilligheid om oor rasse- en kultuurgrense heen saam as gelowiges die pad te stap” (96). “Die idee van die onversoenbaarheid van mense [het] direk gelei tot ‘n beleid van afsonderlikheid waarin noodwendig onreg gepleeg is teenoor die noodlydendes, die armes en die ellendiges” (97). In die geval van die laasgenoemde drie groepe is klaarblyklik (veral) aan nie-wittes gedink. Aan hulle is spesiale status in die oë van God toegeken, pleks daarvan om daardie verlangde bevoordeling aan die opstellers en instemmers van die belydenis toe te skryf. In artikel 4 van hierdie belydenis staan dat God “op ‘n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is.” Die volledige teks van die belydenis is op die internet beskikbaar.

In werklikheid is ons terug by George Orwell (1903-1950) se waarneming dat party (mense) meer gelyk as ander is. Ingevolge die bevrydingsteologie borduur Durand soos volg voort op wat in die Belydenis van Belhar staan: “In die 20ste eeu het ‘n verdere implikasie van die evangelie van die kruis van Christus al hoe meer deel geword van Christene se oortuiging dat die nood van mense wat in armoede, ellende en verdrukking leef, die besondere sorg van God mag verwag, en juis daarom ook van ons” (242). Die VGK stel aanvaarding van die Belydenis van Belhar op ‘n buffelagtige manier as ‘n ononderhandelbare voorwaarde vir samesmelting met die NGK. Teen hierdie VGK-liefdeloosheid opper Durand geen beswaar nie.

‘n Hele hoofstuk handel oor die “apartheidsregime” se Veiligheidsdiens. “Hulle het wel informante gebruik. Van hierdie tipes was daar seker baie meer as wat ek besef het” (43). Die ironie is dat Durand ook sterk op informante en skinder vir inligting aangewese was ten einde apartheid en die blanke politieke bewind te ondergrawe. Hy kon nie verstaan waarom die Veiligheidsdiens in sy doen en late belangstel nie omdat hy syns insiens “hoegenaamd nie kan kwalifiseer as ‘n persoon wat ‘n gevaar vir die staat inhou nie” (106). Maar dan erken hy dat hy “probeer het om die situasie in ons land te verander” (115). Juis daarom het hy “beleef dat ek binne kerklike kringe (spesifiek binne die NG Kerk en veral onder die kerkleiding) beskou is as ‘n persoon wat ‘n gevaar vir die staat inhou en die staat ondermyn” (115). Dat Durand nie (heeltemal) onskuldig was aan wat op die UWK-kampus plaasgevind het nie, bv die studente-onrus, blyk uit die volgende. Hy was verbaas dat sy aanstelling as viserektor vanaf 1981 so gou ministerieel goedgekeur is “ten spyte van wat alles tussen 1973 [sy eerste jaar as dosent] en 1980 gebeur het, die rol wat die Fakulteit Teologie in hierdie tyd gespeel het en my eie rol daarin” (121). Hy beskryf homself immers as een van die “meestanders in die struggle” (133).

Toe meeluisterapparaat in sy viserektorskantoor ontdek word, het hy dit as “vermetelheid” beskou (136). “Die hoof van kampusveiligheid [het] afgeluister” (137). Durand het gewonder: “Wat het ek nie alles self gesê nie!” (137), iets waaroor iemand wat ‘n regeringsondersteuner was hom nie sou bekommer het nie. Durand het die afluistering teen veral een administratiewebeampte gehou wie se naam (dalk as vergelding) herhaaldelik in die teks genoem word. Durand se informante word egter nie by die naam genoem nie. Hy het gedreig om as viserektor te bedank en dan die UWK, wat hy ‘n “apartheidskepping” genoem het, in die pers in die verleentheid te stel. Sy afdreiging het die verlangde gevolge gehad. Die betrokke amptenaar is ontslaan en Durand het toe nie bedank nie. “‘n Geskikte afsluiting van ‘n saak van meeluistering onder die ou rergime” (141).

Die 1976 het die opstand in Soweto plaasgevind. “Dit sou spoedig oorspoel na die Wes-Kaap en tot groot onrus op die kampus van UWK lei. Die owerhede het egter hierdie opstande gewelddadig onderdruk. Die swartbewussynsbeweging van Steve Biko [1946-1977] het sterk aanklank by die studente gevind. Vir die studente van die teologiese fakulteit was dit ‘n groot uitdaging [ANC-terminologie!] om as senior leiers onder die studente hulle eie posisie te bepaal en te bevestig. Dit was dan ook hulle wat die grootste slagoffers was van die owerheid se optrede, waaronder intimidasie en veral aanhouding sonder verhoor” (85). Suiwer akademies was hierdie studente se posisie myns insiens egter dat hulle aan die UWK was om te studeer en nie om klasse te ontwrig, optogte te hou en skade aan te rig nie. Die studente se politieke aktivisme het blykbaar groot genoegdoening aan Durand verskaf.

“Dit was veral opvallend dat die teologiestudente aan die spits gestaan het van verskeie studente-aksies” (143). “Omdat die teologiestudente aan die spits van hierdie aksie[s] gestaan het, het dit beteken die dosente in teologie moes noodwendig [?] wys waar hulle staan” (144). Omdat sommige van die dosente konserwatief en behoudend en nie uitgesproke anti-regering was nie, het dit Durand en “Bernard Lategan gelaat om die studente die ondersteuning te gee wat onder dié omstandighede moontlik was” (144). Van hierdie twee was Durand polities die radikaalste linksgesind. Later, toe Lategan in Duitsland was, was Durand “die enigste persoon in die [teologie]fakulteit … wat my openlik by die studente geskaar het … Die vertroulike byeenkomste wat ons [met die studente] gereël het om die situasie te bespreek [eerder as om dit te ontlont], na die studente te luister [eerder as om hulle die leviete voor te lees] en hulle optrede te monitor (as dit die regte woord is) [dalk eerder: om hulle tot optrede aan te hits?], het bekend geword onder diegene wat in beheer van die veiligheidsituasie in die land was … Baie duidelik word aan my gestel dat ek onder geen omstandighede in aanraking mag kom met die studente wat in aanhouding was nie” (152).

Toe Durand nog ‘n sendeling was, het hy gesien hoe studente van die Universiteit Kaapstad by die parlementsgebou betoog. Hy het die polisie verkwalik omdat hulle die studente agtervolg het tot in die Anglikaanse katedraal waarheen hulle gevlug het (63). In 1976 was Durand se vrou ‘n assistente in die UWK se teologiebiblioteek. Sy het skuiling aan studente-kwaaddoeners in die boekmagasyne verskaf (147). Sedert diensaanvaarding het mevrou Durand “baie vinnig ‘n besonderse verhouding met die studente opgebou; nie alleen deur die mooi manier waarop sy hulle gehelp het om die literatuur te vind wat hulle nodig gehad het nie, maar ook op verskeie ander maniere was sy soos ‘n ma vir hulle gewees. Dit is dus verstaanbaar dat hulle tydens die spanning op die kampus en met die gevaarlike toestande wat met die polisie se teenwoordigheid ontwikkel het, hulle dikwels tot haar gewend het, onder meer om skuiling in die biblioteek te soek” (148-149). Die Durand-egpaar het ongetwyfeld solidariteit met die studente teen die polisie geopenbaar. Soos Van der Ross en daarna Jakes Gerwel was hulle onbehulpsaam met die bestryding van (politiek-gemotiveerde) misdaad.

Dit is waar “die baie konserwatiewe hoofbibliotekaris, ‘n sekere mnr de Kock” (149), in die prentjie kom. Aan die einde van 1976 is mevrou Durand “ewe hoflik in kennis gestel dat haar pos in die biblioteek afgeskaf is en dat haar dienste dus nie meer benodig word nie” (149). Eers in 1978 is ‘n ander biblioteekassistent aangestel (149). Durand verkwalik klaarblyklik vir De Kock vir die diensbeëindiging van mevrou Durand en gooi dit oor ‘n politieke boeg, naamlik die konserwatisme van De Kock. Die vraag is of hier nie gewoon in die akademiese belang van die universiteit opgetree is nie. Andries de Kock (1930-1999) was ‘n uitnemende bibliotekaris en ‘n Israeliet sonder bedrog. Dit is hy wat bv die voorstelle van die argitekte vir ‘n nuwe gebou aangepas het om ‘n prakties funksionerende biblioteek moontlik te maak. Maar dit het met die UWK as akademiese inrigting te make terwyl Durand se aandag op die politiek toegespits is.

Die 1976-onluste op die UWK-kampus word deur Durand nie as danig erg voorgestel nie. “Die feit bly staan dat die toestande op die kampus in 1976 nog geensins buite beheer geraak het nie en nie by benadering die afmetings aangeneem het soos later in die baie oproerige tagtigerjare nie” (154). Dus eers in die 1980’s, toe Durand die viserektor was, sou die UWK “die leidende kampus” in politieke onrus word (146); “een van die sentrums van die opstand teen die staatsowerheid” (159). Ek het die indruk dat hierdie wantoestand Durand eerder verbly as beskaam het. Met die 1976-UWK-onluste moet daar egter nie so ligtelik omgegaan word soos wat Durand doen nie. Ek het voorheen in besonderhede hieroor geskryf na aanleiding van Cornelius C Thomas se boek, Wakker wakker en aan die brand: Waarneminge van ‘n studente-aktivis, UWK, 1976 (Praag 21.12.2014). Klaarblyklik het dit deesdae prestigewaarde om ‘n anti-apartheidsaktivis of -vandalis of selfs ‘n -terroris te wees.

“Die wit beheer van die universiteit [was] die eintlike steen des aanstoots vir die studente” (143). Dit is ‘n rasgebaseerde beswaar. Toe Richard van der Ross as die eerste bruin UWK-rektor (1975-1986) aangestel is, was die ironie dat sy aanstelling juis heeltemal in ooreenstemming met die apartheidsbeleid was. Daarna het die studente egter die doelpale verskuif. Van der Ross is uitgekryt as ‘n verteenwoordiger van die regering. Die anargistiese studente het enige gesagsuitoefening uitgedaag. Om nie as regeringsgesant beskou te word nie, het Van der Ross – uit eie erkenning in sy outobiografie – geweier om met die staat se veiligheidsmagte saam te werk

Dit is glo polisieteenwoordigheid wat ‘n gevaarlike situasie op die kampus geskep het; nie die opruiende gedrag van die studente nie. Insgelyks vind Durand dit “absoluut gek” dat wit mans in die nag tydens onrus vrywillig blanke woonbuurte gepatroleer het (150). Durand het “geweier om enigiets daarmee te doen te hê … hulle optrede is belaglik … hulle optrede was onnodig konfronterend” (151). Verset teen boosheid word blykbaar as uit die bose beskou. Dit is sodanige houding wat tot die roemlose ondergang van die blanke politieke bewind gelei het. “Van die kant van die struggle-aktiviste is alles in die stryd gewerp om die land onregeerbaar te maak. Ongelukkig [!] vir hulle het die polisie en weermag die wit gebiede in groot mate teen grootskaalse ontwrigting beveilig” (166). As die veiligheidsmagte nagelaat het om Durand se gedrag te monitor, sou hulle myns insiens hulle plig skromelik versuim het.

Durand het die aanbod van die minister van polisie om orde op die kampus te handhaaf as “stiksienig” beskou en selfs met die dwase voorstel gekom (wat onlangs op ‘n ander kampus ook in die huidige studente-onrus opgeduik het) dat die UWK eerder vir vyf jaar summier gesluit moet word (162). Wat Durand betref moet die kampus sonder owerheidsbeskerming aan die genade van anargistiese studente oorgelaat word. Anders sou hy sy “eie beeld enorme skade aangedoen het” (163). Dus, eerder skade aan die universiteit (wat baie geld verg) as skade aan sy ego (wat kosteloos geskied). Oor die wenslikheid (eintlik noodsaaklikheid) van polisiehulp skryf Durand: “Die wit mense, insluitende baie van my vriende, sou miskien nog verstaan het, maar nie die bruin en swart wêreld met wie ek my in daardie stadium onherroeplik verbind het nie. Ek kon nie met eerlikheid sê dat ek nou vir hulle bevryding [dus nie akademiese vorming nie] binne die dominante wit gemeenskap gaan werk nie … Die mense wat vir my belangrik was, insluitende medestanders by die universiteit wat hulle lojaliteit teenoor my daadwerklik betoon het, sou so iets as verraad beskou het” (163).

Dit het vir Durand gegaan om wat vir hom met sy beperkte insig belangrik was; nie om wat in die akademiese belang van die UWK of moontlik ten bate van die land in sy geheel was nie. Let op hoe hoogs subjektief/irrasioneel sy benadering was: “Binne-in my was daar ‘n diep gevoel van onbehaaglikheid, selfs van woede, oor die onreg wat in ons land gepleeg word, en in die UWK het ek ‘n instansie gesien wat, ten spyte van al sy probleme, foute en onbeholpenhede, een van die bes moontlike agente van verandering kon wees” (163). Hier het ons dus ‘n viserektor wat die universiteit nie primêr as ‘n instrument vir die akademiese vorming van studente beskou het nie, maar as ‘n staatsgefinansierde voertuig vir politieke verandering. Hy het ook die slegte tradisie help skep, wat tydens die onlangse student-onrus telkens opgeduik het, dat daar nie bevele aan studente gegee word nie. Die nuwe wonderkuur was om eerder “met die studente te onderhandel” (171). Dit was ook “onderhandelings” wat die doodsklok vir blanke politieke mag gelui het.

In 1980 is van Durand se “groot vriende” en “politieke geesgenote,” naamlik Jakes Gerwel en ses ander UWK-personeellede, gearresteer. Hoewel Durand toe nog nie visierektor was nie, het hy hom aangematig om alle “gewillige” personeellede op te roep tot ‘n vergadering gedurende die etensuur. Hy het ‘n brief opgestel gerig aan die staatshoof, PW Botha, waarin versoek word dat die aangehoudenes aangekla of vrygelaat word (255). 218 personeellede, waaronder net 10 dosente (eintlik professore?), het die brief saam met Durand onderteken (157). Die UWK was fluks op pad na sy “doelgerigte beleid om ‘n universiteit te wees wat sy lot ingooi by die onderdruktes van ons land” (135). Die UWK se blanke prokureur is bv met ‘n bruin prokureursfirma vervang (135). Kinders uit die hoërskole is openlik by die UWK-studente se massavergaderings betrek (159). Dit het uiteraard gehelp om onrus in veral bruin skole te stig. Durand het klaarblyklik geen beswaar hierteen gehad nie omdat dit die soort politieke verandering wat hy wou hê, aangehelp het.

Hierna het dit van kwaad tot erger gegaan. In 1985 het UWK-studente petrolbomme in die Moslem-gebedskamer op die kampus gemaak (174). Die idee was om die polisie in ‘n hinderlaag te lei en hulle dan met petrolbomme te bestook (175). “Die een oplossing was natuurlik: Skakel die polisie en lig hulle in oor die hinderlaag wat op hulle wag” (176). Dit sou egter “beteken dat die studente vir goed die vertroue wat hulle nog in ons as bestuur gehad het, sou verloor” (176). Die probleem is met behulp van studenteraadslede ontlont (179). Tugstappe is nooit eens teen die misdadige studente oorweeg nie. Hulle het hulle immers vir politieke verandering beywer; iets wat viserektor Durand (onvoorwaardelik) gesteun het.

In 1986 is ‘n aantal UWK-studente by die polisiestasie in Bellville aangehou. Iemand kom toe “met die briljante idee vorendag dat ons [die universiteitsbestuur en -personeel] saam met die studente [na die polisiestasie] moet stap” (183) met rektor Van der Ross en natuurlik viserektor Durand vooraan. “Van almal – studente én personeel – [is] verwag [!]… om aan die optog deel te neem” (183). Dít is sekerlik strydig met (akademiese) vryheid. Van der Ross het “‘n gedenkwaardige dag” afgesluit met die woorde: “Today, UWC has come of age!” (182). Van der Ross “was meesterlik in sy lofbetuiging van ‘n universiteit wat in sy geheel – akademiese personeel, administratiewe beamptes en studente – solidêr teenoor die regering en sy onderdrukkende maatreëls te staan gekom het. Dit was die UWK se ‘coming of age'” (185). Durand noem die gebeurtenis “‘n hoogtepunt in die geskiedenis van die UWK” (182). “Teen hierdie tyd het die universiteitsbestuur al by soveel geleenthede getoon dat hulle … ten minste die studente se politieke aspirasies deel” (183). Hoe bedenklik is dit nie as so iets as ‘n hoogtepunt gereken word in die geskiedenis van ‘n instansie wat veronderstel is om ‘n akademiese inrigting te wees. Ingevolge die politieke klimaat wat daar geheers het, het die UWK aan die einde van Durand se dienstermyn in 1996 ‘n eredoktorsgraad aan hom toegeken (187). Durand is myns insiens egter iemand wat by voorkeur eerder linkse politiek as die akademie gedien het.

Na die aftrede van Van der Ross het die marxis en ANC-aktivis, Jakes Gerwel, in 1987 die UWK-rektor geword met Durand steeds ‘n viserektor. “Jakes het die daaglikse administrasie van die universiteit, insluitende die bouprogram, aan my oorgelaat” (191). Gerwel het hom in selfs groter mate as Durand met nie-akademiese bedrywighede besiggehou. Reeds in 1986 het hierdie twee mense ANC-leiers in Lusaka ontmoet. Wie het hulle reis- en verblyfskoste betaal? Die ‘apartheidsregime'”? Hulle vernaamste “kontak” was Thabo Mbeki. “Ons het nagte om met hom gesels en na video’s gekyk wat in Suid-Afrika verbode was” (191). Durand en Gerwel was uiteraard ook Dakar-gangers. “Vir ‘n tyd lank was ons die swart skape van die wit samelewing, nie dat dit my juis gepla het nie” (201).

In die voorlaaste hoofstuk vertel Durand hoeveel moeite hy gedoen het om van die ANC die valse versekering te ontvang dat hierdie instansie die idee van ‘n Afrikaner-volkstaat simpatiek gesind is. Durand het onder andere met Constand Viljoen se tweelingbroer, Braam, gesprek gevoer. “Ek skaam my om dit vandag te erken, maar daardie dag was ek bang dat iemand my dalk sou herken terwyl ek met die ‘generaal’ gesels wat regse Afrikaners se held is” (216). Durand, wat volgens eie erkenning swartes lief het (kyk hier bo), wil nie eens saam met ‘n regse persoon gesien wees nie. Wat hom betref kan blankes maar verswelg en ondergeploeg word: “Christene, as hulle errnstig is oor hulle Christenwees op die politieke terrein, bereid moet wees om die pad van selfverloëning te stap en nie ten alle koste, en daarom [?] ten koste van ander, te probeer vasklem aan selfbehoud nie” (228). “Ons almal [?] weet God het ons van ‘n afgrond [bv ‘n burgeroorlog (207)] gered” (249). By Durand is daar klaarblyklik geen skuldgevoelens oor die soort regering waarmee Suid-Afrika tans opgesaal sit en die toestand waarin die land verval het nie en nog minder oor sy aandeel daarin. Hy is myns insiens ‘n onboetvaardige en onredbare kernkameraad.

Durand se uiters linkse politiek en die uitvloeisel daarvan, te wete bevrydingsteologie, is vir my verwerplik. Maar sy doelbewuste aantasting van die wese van die universiteit en die akademiese lewe is net so afkeuringswaardig. Durand gee ‘n sekerlik heeltemal onbedoelde groot kompliment aan die “apartheidsregime” wanneer hy skryf: “Die regering het sover moontlik die indruk probeer skep dat hulle aan die UWK ‘n sekere mate van onafhanklikheid gun en dat hulle nie sonder meer sou inmeng met die besluite van die Universiteitsraad oor die algemene rigting wat die universiteit moet inslaan nie” (121). Die NP-regering het die outonomie van universiteite sover moontlik eerbiedig. Dit is waarom mense soos Durand en Gerwel met so baie politiekery ten koste van die akademie weggekom het. Vergelyk dit met die huidige tragiese situasie waarin die ANC-regering weier om enige universitêre onafhanklikheid te erken en die rektore, sonder ‘n enkele vermeldingswaardige uitsondering, hulle daarin berus.

Sonder enige kritiek noem Durand dat Gerwel as rektor die UWK tot “the intellectual home of the left” verklaar het (191). Albei het die universiteit as ‘n verlengstuk van hulle linkse politiek beskou. Dit is waarom ANC-kamerade soos Kader Asmal, Dullah Omar en Trevor Manuel daar aangestel is. Akademiese pretensie is om linkse politieke redes laat vaar en die wese van die universiteit, naamlik dat daar ‘n vrye wisseling van idees moet wees, is verder aangetas. Hier het ons met ware vermetelheid te make. Van die “apartheidsregime” is verwag om vir hierdie anti-blanke politieke sirkus te betaal. Maar dan kom Durand met hierdie klagte: “Die regering het alles in sy vermoë gedoen om die UWK uit blote wraaksug finansieel te knyp” (181). Hy gee egter geen redes waarom die NP-regering gedreig het om die UWK se staatsubsidie in te kort of op te skort nie (181).

Omdat die UWK deur Durand en Gerwel as ‘n instrument vir politieke verandering misbruik is, is besluit om – in weerwil van die Suid-Afrikaanse kiesers se wense dat die UWK ‘n universiteit vir bruin studente moet wees – die universiteit in twee opsigte “oop” te verklaar. Enersyds is swartes aangemoedig om hulle vir studie aan te meld. Andersyds is die toelatingsvereistes verlaag deur nie matrikulasievrystelling te vereis nie. Oor die verlaging van akademiese standaarde sou Durand hom seker nie bekommer het nie. Politieke opportunisme het voorkeur gekry.

Mense soos Durand en Gerwel het die NP-regering doelbewus uitgetart maar terselfdertyd verwag/geëis dat hulle eie salarisse en die ernorme bedryfskoste van die UWK sonder beswaar deur die staat betaal moet word. Dit is wat ek blatante vermetelheid noem. Les bes swyg Durand oor die verengelsing van die UWK. In hierdie Afrikaanse boek word Afrikaans glad nie aan die orde gestel nie. Dit bly vir my onbegryplik waarom Hermann Giliomee in 2006 vir Durand en Gerwel by die Vlottenburg-beraad oor die status van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch betrek het. Dit was om van wolwe skaapwagters te maak.

In die voorwerk noem die uitgewer dat sy publikasies vir “gelowiges, gemeentelede en leiers van ons land” bedoel is (3). Hou dus in gedagte dat Durand se heilsboodskap aan ons gebring word danksy die welwillende samewerking van Bybelkor.

Leon Lemmer: Birobidzhan, die Joodse tuisland in Rusland

Dit is nie algemeen bekend nie dat daar sedert 1934 ‘n selfregerende Joodse gebied (“oblast”) in die verre ooste van Rusland aan die grens met China is. Hier moet Kosakke* die Chinese buite probeer hou. Die eerste Joodse setlaars het in 1928 daar aangekom, deur bv armoede uit die Oekraïne en Belarus gedryf. Die naam Birobidzhan is ‘n samevoeging van die name van twee plaaslike riviere, die Bira en die Bidzhan. Hierdie dorp is in 1937 gestig en het die hoofstad geword. Die oblast word gewoonlik Birobidzhan genoem maar die naam van die hele gebied, 36 000 vierkante kilometers groot, is eintlik Yevreyskaya. Die hoofstad het om die spoorwegstasie Tikhonkaya** gegroei, wat in 1912 as deel van die Transsiberiese spoorlyn gebou is. Aanvanklik was daar geen behoorlike toegangspaaie nie. [* “Kosak” is ‘n Turkse woord vir “lid van ‘n krygshaftige Suid-Russiese volkstam, veral beroemd as ruiters” (HAT). ** Tikhonkaya beteken letterlik “‘Little Quiet One,’ which was someone’s polite way of saying ‘godforsaken'” (Gessen, bron hier onder, Kindle 860).]

Die hoofstad lê aan die Bira-rivier, ‘n tak van die Amoek-rivier. Dit is ‘n hoogs bergagtige gebied met moerasagtige valleie wat as onherbergsaam en met muskiete besmet, beskryf word. Dalk verduidelik dit waarom hierdie terrein as ‘n Joodse tuisland verklaar is; “it’s so far away from everything” (1571) en “Jews were effectively exiled and tied to this land at the end of the earth” (1652). Ander etniese groepe in Rusland, asook in die destydse Sowjetunie, het geografies beter grondgebiede gekry, bv die Tatarstan-republiek, waar ongeveer die helfte van die inwoners Moslems is, met Kazan as die hoofstad.

Afrikaners wat ‘n tuisland begeer, kan in die voorbeeld van Birobidzhan belangstel. As inligting daaroor op die internet nagegaan word, is daar egter talle teenstrydighede, so asof werklik betroubare eerstehandse inligting skaars is. Ek het dit dus verwelkom toe Masha Gessen se boek, Where the Jews aren’t: The sad and absurd story of Birobidzhan, Russia’s Jewish autonomous region (New York: Schocken, 2016, 192p; Amazon Kindle $15,95), onlangs gepubliseer is. Gessen is in Rusland gebore maar het as tiener in 1981 saam met haar ouers na Amerika geëmigreer. Die boek het in die reeks Jewish Encounters verskyn, “a project devoted to the promotion of Jewish literature, culture, and ideas” (3). Wat ook opval, is dat die outeur nie net Joodsheid nie, maar ook haarself soms tussen die leser en die onderwerp plaas, bv sy verwys na “my partner and … three kids … The parliament was discussing ways to remove children from LGBT [lesbian, gay, bisexual, transgender] families” (236).

“I lived in the United States until I was in my mid-twenties, then returned to Moscow – first as an American reporter, an outsider, but gradually turning native again. When I wrote the first draft of this book, in 2010, I was raising two children in Russia, a country whose Jewish culture had been virtually erased … The virulent anti-Semitism I remembered from my childhood was gone … When should the Jews stay put and when should the Jews run? How do we know where we will be safe? Does departure ever signal cowardice?” (222). In Desember 2013 is Gessen terug na Amerika (236). “This time, the choice did not have to do with being Jewish: the Kremlin had unleashed a campaign against gays, and my partner and I happened to be that, too” (236).

Gessen het bevind dat die Russe polities onbetroubaar is. Die keersy is dat sommige Jode in baie lande, bv Suid-Afrika, hulleself insgelyks as polities onbetroubaar bewys het. Die Jode is met ‘n tuisland in Rusland vergoed vanweë “their perceived support of the Bolsheviks and disloyalty to the czar” (519). Maar dit het nie alle Jode gegeld nie. Die bolsjewistiese regering het dadelik begin met “the process of putting its Jewish house in order, screening out the Zionists and the Hebraists for their predominantly anti-Bolshevik stand and pulling the Yiddishists into the fold” (572). In bv Amerika word politieke verdeeldheid steeds by Jode aangetref. Sommige is bv kommunisties of liberalisties terwyl ander konserwatief of regsgesind is.

Daar is opsigte waarin die Jode my aan Afrikaners herinner, bv dat hulle ‘n minderheidsgroep is in al die lande (behalwe Israel), dat hulle gehaat word en dat daar teen hulle gediskrimineer word. Byvoorbeeld, in Rusland, “Jews faced extreme hurdles gaining admission to universities and obtaining jobs; the study of Hebrew and most forms of Jewish communal life were criminalized” (134). Die posisie van Afrikaners en Afrikaans is tans nie veel beter nie. Gessen noem dat Amerika, Kanada en Australië asiel aan Russiese Jode verleen, maar “the countries of Western Europe were not giving out visas to Jews fleeing Russia” (140). Dit maak dit des te meer absurd as Europa eerder Moslem-inkommers toelaat.

“The Jewish writers who grew up in the Russian Empire at the turn of the twentieth century were steeped in many living languages. Hebrew was the language of their studies and, for many of them, of their wildest dreams. Yiddish* was the language of their homes and, more often than not, their streets. It also turned out to be the best language for describing what went on and what was said, sung, and felt in those streets. Russian was the language of higher education and secular discussion” (327).

[* Jiddisj: “Taal van baie Jode, met ‘n woordeskat ontleen aan Duits, Balto-Slawiese dialekte en Hebreeus; Jode-Duits” (HAT). Jiddisj word nie as ‘n variant van Duits gepropageer nie. Insgelyks behoort die mengeltaal Kaaps nie as ‘n variant van Afrikaans erken te word nie. Maar dit is presies wat bv die Afrikaanse Taalraad, die Afrikaanse Taalmuseum en -monument asook die ATKV polities korrek doen en die gedrukte Afrikaanse koerante sing dieselfde deuntjie. Kaaps normaliseer die besoedeling van Afrikaans met Engelse woorde en uitdrukkings en bevorder die ondergang van Afrikaans. In “The last lesson” (beskikbaar op die internet) skryf Alphonse Daudet (1840-1897): “When a people are enslaved, as long as they hold vast to their language it is as if they had the key to their prison.” Dié Daudet-teks kan Afrikaanslojaliste tot trane beweeg en hulle aanspoor om die hanskakies te verdoem wat Afrikaans in ons skole en aan ons universiteite en elders vernietig.]

Die bolsjewistiese staat het in 1917 tot stand gekom. “Soon after coming to power, the Bolshevik government adopted a strategy of trying to harness nationalism to preserve the empire rather than pull it apart – by granting each self-identified ethnic group a form of autonomy, ranging from a national village soviet at the bottom to a national republic at the top” (810). “The Russian Empire would be reconstituted as a federation of national autonomies – a Jewish autonomy, one among many, for the Jews, after centuries of discrimination and decades of pogroms, would finally be treated like any other ethnic group” (188). Verskeie Joodse nedersettings in die vorm van kollektiewe plase het met die geldelike ondersteuning van Amerikaanse Jode in die Krim-skiereiland en in Suid-Oekraïne tot stand gekom (810).

Die Jode sou in Birobidzhan sosiale en kulturele outonomie verkry, “which would include education in a Jewish language [and] community self-rule” (379). Maar daar was beperkings. Jode sou toegelaat word om hulle kulturele erfenis uit te leef maar grootliks sekulêr. Judaïsme* en Sionisme** was nie vir Josef Stalin (1879-1953, diktator sedert 1928) aanvaarbaar nie. Judaïsme het teen die staats-ateïsme ingedruis en Sionisme teen Russiese nasionalisme. [* Judaïsme: “Godsdienstige leer en instellings van die Jode” (HAT). ** Sionisme: “Oorspronklik, strewe van, beweging onder die Jode om hul eie staat in Palestina te stig, en tans [sedert 1948] om hierdie staat te ontwikkel” (HAT).]

“In the late 1920s and early 1930s, tens of thousands of Jews moved to Birobidzhan, chased from the shtetlach* by poverty, hunger, and fear. They were enticed to come, greeted upon arrival, and written about breathlessly by a small group of intellectuals who envisioned building a country like no other: a home forged by the Jews for the Jews, a place where the Jews worked the land, a place where the Jews had nothing to fear but the cruel climate and the Siberian tiger. They envisioned turning Yiddish, the ‘jargon’ of their households, into the universal language of secular Judaism … In the 1930s, Yiddish was, briefly, the unofficial state language of Birobidzhan. The short period of state-building ended in the mid-1930s with arrests and purges of the Communist Party and the cultural elite … The Birobidzhan project went silent” (195). Dit verwys veral na Stalin se “great purge” van 1936-1938 weens sy “newfound fear of foreigners” (1217). [* Shtetlach: “A small Jewish town or village in Eastern Europe” (The Free Dictionary).]

“Following the Second World War [1939-1945], Russia was the only European country whose Jewish population numbered not in the hundreds or even thousands but in the millions” (188). Birobidzhan het toe “a new influx of Jews” ervaar, maar “another wave of arrests swept through Birobidzhan in the late 1940s” (209). Jode is toe eerder na Siberië verband as na Birobidzhan gestuur. Dit was ‘n terugslag vir die Jode in vergelyking met Stalin se houding tydens die Tweede Wêreldoorlog toe hy kon staatmaak op die steun van die Jode teen die Nazi’s. “The Jews [were] no longer needed to organize international support for the war effort; in the new postwar disposition they had become more suspect than they had ever been before … with the founding, in 1948, of the State of Israel, the Jews, in Stalin’s eyes, became, like the other minority nations of the Soviet Union, potentially allied with a foreign power. They became internal enemies” (1530). “Of the roughly five million Soviet Jews, half had been murdered; perhaps as many as half of the rest had been displaced” (1543).

Gessen het Birobidzhan blykbaar slegs ‘n enkele keer vir enkele dae in 2009 besoek. Sedertdien het sy gesukkel om vorm en inhoud aan die teks te gee, met weglating van baie van die inligting wat op die internet beskikbaar is. ‘n Duidelike beeld en begrip van Birobidzhan kristalliseer nie. Vir die leser is dit moeilik om van die inligting in die aanvangshoofstukke in verband met Birobidzhan te bring, bv wat sy wydloping oor Simon Dubnow (1860-1941), David Bergelson (1884-1952) en judaïsme geskryf het. Dubnow het “secular Judaism as the basis for national identity” voorgestaan. Gessen voeg by: “I recognized [it] as the foundation of my own Jewishness” (343). Dubnow het verduidelik: “We aim only to negate the supremacy of religion, but not to eliminate it from the storehouse of national cultural treasures” (365). Dit lyk asof die outeur gesukkel het om die karige (nuwe) inligting wat sy oor Birobidzhan versamel het tot boeklengte aan te dik. Die teks vloei nie. Van haar kan gesê word, sy “not only spoke with an accent, but also wrote with one” (321).

“My Soviet documents specified that, regardless of my citizenship, my ‘nationality’ was Jewish” (350). Vir Afrikaners kan dit ‘n handige onderskeid wees: dat ons Suid-Afrikaanse burgerskap het, maar dat ons nasionaliteit Afrikanerskap is. Dubnow het van die Jode gesê (en dit geld ook Afrikaners): “They had no trappings of a nation – only the essence of one” (350) en daarna geskryf: “When a people loses not only its political independence but also its land, when the storm of history uproots it and removes it far from its natural homeland and it becomes dispersed and scattered in alien lands, and in addition loses its unifying language; if, despite the fact that the external national bonds have been destroyed, such a nation still maintains itself for many years, creates an independent existence, reveals a stubborn determination to carry on its autonomous development – such a people has reached the highest stage of cultural-historical individuality, and may be said to be indestructible, if only it clings forcefully to its national will. We have many examples in history of nations that have become despersed among other nations. We find only one instance, however, of a people that has survived for thousands of years despite dispersion and loss of homeland. This unique people is the people of Israel” (350). Dit is inderdaad ‘n buitengewone en moontlik unieke prestasie, hoewel ondertrouery en assimilasie ook by die Jode voorgekom het en steeds voorkom. Ek wens ek kon dieselfde mate van onvernietigbaarheid en nasionale wil aan Afrikaners toedig en dieselfde hoop dat Afrikaners plaaslik, asook ons diaspora* in ander lande, as Afrikaners sal voortbestaan. My waarnemings dui eerder op die teendeel. Byvoorbeeld, dink aan die Afrikaners in Argentinië wat binne enkele geslagte Spaans en selfs Rooms-Katoliek geword het. [* Diaspora: “Verstrooiing, nie saamwoon met geloofsgenote” (HAT).]

Bergelson het hom by die kommuniste geskaar: “He realized that he was already a prisoner of Soviet reality” (1491). Terselfdertyd het hy alles moontlik gedoen om die belange van die Birobidzhan-tuisland vir Jode te bevorder, hoewel hy hom nooit self daar gevestig het nie. Hy was teen die Sioniste en hulle vooropstelling van Hebreeus gekant omdat hulle “no use for Yiddish” gelaat het nie, terwyl hy sy werke in hierdie “endangered language” geskryf het (721). Bergelson was ontsteld oor die onverskilligheid van baie Jode jeens hierdie tuislandprojek (wat herinner aan talle Afrikaners se huidige houding jeens bv Orania): “Jewish communities in Russia decide that there are no longer Jews in the world.” “He accused Soviet Jews of ‘scratching off their own Jewishness until blood starts to run'” (620, 1363). Dit is soos sommige blanke Afrikaanssprekendes wat deesdae om die dood nie as Afrikaners geïdentifiseer wil wees nie, maar as Suid-Afrikaners, Afrikane en wêreldburgers.

Soos Dubnow is Bergelson deur die Stalin-bewind vermoor weens hulle vermeende “Yiddish nationalist conspiracy” (1797), omdat hulle gedink het “Birobidzhan, and not the Soviet Union, is a homeland for Jews” (1810). Hulle het gedink Birobidzhan sou ‘n Joodse republiek word. Om by ‘n owerheid te kruip, is nie altyd lonend nie. “Russification” het oorgeneem en “Yiddish was abolished as the primary language of instruction” in Birobidzhan (1870), soortgelyk aan die verengelsing en afrikanisering wat in Suid-Afrika ervaar word. Na hulle aankoms in Amerika in 1981 wou Gessen se ouers ook enigiets behalwe Jode wees: “All my parents wanted was the option, finally, of not being Jewish” (2384).

In 1930 was daar sowat 30 000 Jode in Birobidzhan, ‘n kwart van die bevolking. In 2009 was daar volgens Gessen slegs 4% Jode, “four times the percentage of Jews in the general population of the Soviet Union. In absolute figures, that was about nine thousand” (2302). Op die internet word die getal Jode in Birobidzhan in die 2010-sensus egter as 1628 of ongeveer 1% aangegee. Sedertdien het hierdie getal verder verminder. Enersyds was daar ondertrouery, maar die hoofoorsaak by verre vir die afname in die getal Jode is emigrasie na Israel en Westerse lande in die na-Stalin-era.

Die vestiging van Jode in Birobidzhan in die 1920’s en 1930’s herinner in verskeie opsigte aan die vestiging van die Britse setlaars in die Oos-Kaap ‘n eeu vroeër, in die 1820’s. In albei gevalle is die invoer van vreemdelinge skepties deur die plaaslike bevolking bejeen. Albei moes, sonder dat hulle dit vooraf besef het, as buffer teen vyande dien; teen die Chinese in Rusland en teen die swartes in die Oos-Kaap. Albei immigrante-bevolkings was aanvanklik veronderstel om te boer terwyl die meeste van hulle geen ondervinding van boerdery gehad het nie en die terrein ongeskik daarvoor was. In albei gevalle het baie van die immigrante eerder begin om hulle vorige beroepe te beoefen. Ander het moed opgegee en teruggekeer vanwaar hulle gekom het, bv die Britse setlaar Thomas Pringle (1789-1834) wat in 1826 na Brittanje teruggekeer het. Albei groepe is aanvanklik in tente gehuisves. In albei gevalle is die eerste oeste deur vloede vernietig. Daar was tiere in Rusland en luiperds in die Oos-Kaap, wat veeboerdery bemoeilik het. Albei het kleihutte of -huise gebou om in te woon. Anders as in Rusland is talle setlaars in die Oos-Kaap deur swartes uitgemoor en hulle eiendom vernietig. Daar is ‘n pragtige nuwe boek oor die Britse setlaars beskikbaar, Ralph Goldswain se Roughing it: 1820 settlers in their own words (Cape Town: Tafelberg, 2016, 208p, R285; Amazon Kindle $20,85). Baie van hierdie setlaars het na groot ontberings voortreflike landsburgers geword. Dit grief my dat hulle positiewe nalatenskap deesdae vertrap word deur Algoabaai en die metropolitaanse gebied Nelson Mandela-baai te noem. Selfs die plaaslike universiteit dra die Mandela-naam terwyl hy eintlik niks in en op hierdie gebied tot stand gebring het nie. ‘n Ander boek van Ralph Goldswain is The chronicle of Jeremiah Goldswain (30 Degrees South Publishers, 2015, 328p; Amazon Kindle $11,39).

Gessen noem Birobidzhan “perhaps the worst good idea ever” (147). Maar iets vergelykbaar hiermee word nie eens aan Afrikaners gegun nie. Volgens al die politieke partye wat in die parlement sitting het, mag daar nie so iets soos ‘n Afrikanertuisland of -volks- of -nasiestaat bestaan nie. Dit is sonder meer as ‘n onding verklaar. Nie-behoort, nie-tuisvoel, tuisteloos wees, is ons voorland. ‘n Klein groepie blanke Afrikaanssprekendes het in 1990/94 die grondslag vir ons huidige onverkwiklike situasie gelê. Soos Dubnow dit met verwysing na die Jode gestel het (1327):

“Hy het sy volk in die woestyn gevind, in ‘n onbewoonbare land” (Deuteronomium 32:10).

Karel Combrinck: Israel quo vadis?

Die meeste Afrikaners het ‘n sagte plek vir Israel en die Israeli’s. Dit is omdat hulle parallelle sien tussen ons situasie en hulle s’n: Soos ons, het hulle ook ‘n moderne en ontwikkelde land uitgekap uit ‘n halfwoestyn en dít in die aangesig van vyandige menigtes wat hulle omring. En dan kom daar darem seker ‘n tikkie Bybel ook by. Maar dit is sover as wat die ooreenkomste strek, want daar is meer verskille as parallelle: Ons het nie betekenisvolle en invloedryke Afrikanergemeenskappe in bykans elke land ter wêreld nie, ons beskik nie oor ‘n wêreldwye medianetwerk nie, ons word nie gerugsteun deur ‘n magtige internasionale bank- en finansiële stelsel wat in groot mate deur ons beheer word nie en ons het nie die magtigste land op aarde wat ‘n beskermende hand oor ons hou nie. Inteendeel, het daardie land ‘n sleutelrol gespeel om ons ondergang te bewerkstellig. Ons het ook nie die kundigheid, lewenservaring, taalvaardighede en uitgeslapenheid wat kenmerkend van die Israelse bevolking is nie. En dan, die belangrikste verskil van almal: Die Israeli’s het nie halfpad tou opgegooi nie.

Enigeen wat belangstel in wêreldgebeure sal sekerlik bewus wees van die kardinale rol wat die staat Israel daarin speel. In enige toekomstige globale konflik en dit bly maar steeds ‘n potensiële bedreiging, sal Israel direk of indirek ‘n sentrale plek hê. Reeds lê die oorsaak vir die radikalisering van die Arabiese wêreld, met gepaardgaande terrorisme wêreldwyd, by die Verenigde State van Amerika se volgehoue en onvoorwaardelike steun aan die staat Israel. So is Rusland se hulp aan Sirië direk toe te skryf aan ‘n poging om ‘n teenvoeter te skep vir Amerika se Midde-Oosterse vesting in Israel.

Pas is daar in die Veiligheidsraad van die VN die soveelste resolusie aangeneem waarin die vestiging van Joodse nedersettings oos van die Jordaan in die sg. “besette gebiede ” veroordeel word. Veertien van die vyftien VR-lede het ten gunste van die voorstel gestem. Een, naamlik die VSA, het buite stemming gebly. Hierdie is ‘n nuwigheid betreffende Veiligheidsraadresolusies rakende Israel insoverre as wat die VSA tot dusver konsekwent sy veto teen sulke resolusies uitgeoefen het. Die Israelse eerste minister, mnr Netanyahou, het die weerhouding van die Amerikaanse veto as ‘n dolksteek in die rug beskryf.

In die afwesigheid van die Amerikaanse veto beteken dit dus dat die resolusie aangeneem is en dat Israel se kolonisering van die Oosoewer nou “verbied” word. Polities is die VR-resolusie uiteraard ‘n terugslag vir Israel, maar in die praktyk sal dit waarskynlik geen uitwerking hê nie. Ten spyte van die VSA se weerhouding van sy veto, is dit ondenkbaar dat Amerika bv. sal meedoen aan militêre optrede om die VR-besluit op Israel af te dwing of dergelike optrede selfs sal toelaat. Israel het ook reeds by monde van sy eerste minister, mnr Benjamin Netanyahu, bekendgemaak dat hulle nie aan die resolusie gehoor gaan gee nie.

Interessant van die geskiedenis tussen Israel en die VN is dat daar oor die jare dosyne besluite in die VN geneem is wat aspekte van Israel se beleid veroordeel. Almal het tot dusver op dowe ore geval, danksy Amerikaanse steun. So is daar sedert die stigting van die staat Israel in 1947 digby driehonderd besluite in die Algemene Vergadering geneem wat teen Israelse beleidsrigtings en optredes gemik is, asook tweehonderd-en-dertig resolusies in die Veiligheidsraad. Hierbenewens is Israel sedert 2013 ook nog in 45 resolusies van die VN se Raad op Menseregte veroordeel. Voorts het die Algemene Vergadering van die VN ook ‘n aantal resolusies aangeneem met die strekking dat die strategiese verbintenis tussen die VSA en Israel die Israeli’s aanmoedig om ‘n aggressiewe uitbreidingsbeleid te volg. ‘n Beter illustrasie van die onmag van die Volkereg as bostaande, is moeilik te vinde. Dis duidelik dat die Volkereg en sy hoofinstrument die VN, ‘n tandelose tier is en dat mag ten slotte die deurslaggewende faktor in internasionale betrekkinge bly.

Wat is nou die verklaring vir die weerhouding van ‘n Amerikaanse veto in die jongste VR-resolusie rakende Israel? Dit is alombekend dat mnr Obama geen ooghare het vir mnr Netanyahu nie, maar dat dit genoegsame rede is om die VSA van sy vetoreg in hierdie geval te laat afsien, lyk vergesog. Meer waarskynlik is dat Amerika weet dat sonder aktiewe Amerikaanse steun daar in elk geval geen sprake kan wees van dwangmaatreëls teen Israel nie ongeag van wat die VN besluit en dat dit dus eintlik onnodig is dat hy sy vetoreg hoef uit te oefen, veral aangesien die Amerikaanse veto in resolusies rakende Israel vir Amerika baie vyande wêreldwyd maak. As dit nodig word, sal Amerika enige VN-resolusie waarvan hy nie hou nie bloot verontagsaam. Dit sal natuurlik nie die eerste keer wees dat die VSA die prosedures en beginsels van die Volkereg ignoreer nie. Tydens die oorlog in Irak het die VSA hom gewoon afgevee aan die Volkereg sodat die sekretaris-generaal in 2004 oor die inval gesê het: “I have indicated it was not in conformity with the UN Charter. From our point of view, from the Charter point of view, it was illegal.”

Wat van mnr Trump? Ons staan op die vooraand van die intrede van mnr Trump as president met sy eie beleid en aanslag oor die internasionale politiek. Ons weet natuurlik nog nie wat sy beleid jeens Israel presies gaan behels nie, maar voorlopige aanduidings is dat hy ‘n hoogs simpatieke houding teenoor Israel gaan inneem. Hy het reeds aangedui dat hy ten gunste is van die verskuiwing van die setel van die Israelse regering van die huidige hoofstad, Tel Aviv, na Jerusalem, iets waarvoor die Jode reeds dekades agiteer en op ‘n uiterste provokasie teenoor die Arabiese wêreld sal neerkom.

Sover het ons die een en ander gesê oor die politieke, strategiese en regselemente van die “Israelkwessie”. Ons kyk dus nou na enkele van die meer fundamentele aspekte. In ‘n neutedop: Die staat Israel het tot stand gekom met die sg Balfour-deklarasie. Die Balfour-deklarasie was ‘n brief gedateer 2 November 1917 van die Britse minister van buitelandse sake, Lord Arthur James Balfour, gerig aan Baron Walter Rotschild, waarin hy onder meer die volgende sê:

“His Majesty’s government view with favour the establishment in Palestine of a national home for the Jewish people, and will use their best endeavours to facilitate the achievement of this object, it being clearly understood that nothing shall be done which may prejudice the civil and religious rights of existing non-Jewish communities in Palestine or the rights and political status enjoyed by Jews in any other country .”

En daarmee was al die bestanddele vir ‘n politieke tydbom dus byeen. Sy Majesteit se regering besluit om ‘n Joodse staat te vestig op grondgebied wat aan iemand anders behoort en deur ander mense met ‘n ander taal en geloof bewoon word. Uit die staanspoor was die stigting en bestaan van die staat Israel dus volkeregtelik onwettig. Waarom het Sy Majesteit se regering dan nie die Joodse staat gevestig in Wallis, of Northumbria of in Skotland nie, as hulle dan so vrygewig wou wees? Die rede is natuurlik dat die grondgebied wat tans deur Israel beset word in bybelse tye deur Jode bewoon is. Let wel dat Israel selfs in bybelse tye die grond van ander afgevat het. En as ons darem almal moet terugkeer na die situasie wat geheers het in bybelse tye! Amerikaanse konserwatiewes (die sg. “Christen-Sioniste”) gaan sover as om te glo dat die Jode eers na Israel moet terugkeer voor Jesus se tweede koms sal plaasvind…

Wat was egter die sin van die blote voorwaarde dat niks gedoen mog word wat die siviele en godsdienstige regte van die inheemse nie-Joodse bevolking sou benadeel nie? Wat was Sy Majesteit se regering dan nou van plan om te doen as hierdie voorwaarde nie nagekom was nie en die Palestyne se regte vertrap was, soos inderdaad gebeur het? Was die bedoeling dan om die Balfour-deklarasie op te skeur en die Jode weer terug te bring Engeland toe? Die vraag wat ‘n mens noodwendig moet vra en wat selfs baie Jode wêreldwyd vra, is of dit raadsaam was om die staat Israel hoegenaamd tot stand te bring. Kon daar ooit enige twyfel wees dat wanneer die Jode eers op Palestynse grondgebied gevestig is, hulle noodwendig sou groei en uitbrei en dat die regte van die plaaslike bevolking daardeur geraak sou word?

Net om te verstaan hoe dinge werk : In Julie 2015 is ‘n ooreenkoms onderteken deur die VSA, Duitsland, Frankryk, die VK, ‘n verteenwoordiger van die Europese Unie, Rusland, Sjina en Iran ingevolge waarvan Iran ondeneem om sy militêre kernkragprogram te staak met as teenprestasie die opheffing van ekonomiese en tegnologiese sanksies teen Iran. Die ooreenkoms is deur die Veiligheidsraad van die VN onderskryf. Israel was onversetlik teen die ooreenkoms gekant. Die logika van hierdie teenkanting is uiteraard dat Israel beide sanksies teen Iran en die staking van die Iranese kernkragplan wou hê en hierdie begeerte op die VSA wou afdwing. Deel van die ooreenkoms was dat Iran gereelde inspeksies van sy kernkraginstallasies deur die Internasionale Atoomkrag Agentskap (IAA) moes toelaat wat hulle inderdaad uitgevoer het. Vroeër vanjaar het die IAA verslag gedoen dat die Iranese regering die verbod op verdere ontwikkeling van kernwapens stiptelik nakom. In weerwil van hierdie bevinding en in weerwil van die bestaan van die ooreenkoms dus, het die Amerikaanse Kongres enkele dae gelede besluit om die sanksies teen Iran vir nog tien jaar te verleng. Vanselfsprekend het die Iranese regering aangekondig dat hulle dan ook nie van plan is om die bepalings van die ooreenkoms te eerbiedig nie.

Dis duidelik dat die bedoeling is om die Iranese te provokeer om hulle kernkragprogram te hervat wat noodwendig ‘n reaksie van die VSA sal uitlok. Hierdie is ‘n perfekte voorbeeld van die manier waarop Israel daarin slaag om die wêreld, en veral die VSA te manipuleer.

Die verontagsaming van die ooreenkoms met Iran, insluitend die vereiste van inspeksies, die bevindings waarvan dan geïgnoreer word, herinner sterk aan die situasie voor die oorlog in Irak toe die verslag van mnr Hans Blix aangedui het dat na 700 inspeksies geen tekens van wapens van massa vernietiging in Irak gevind kon word nie, waarna die VSA Irak nogtans binnegeval het.

Dis egter so dat Amerikaanse steun aan Israel geleidelik al hoe meer problematies word. Na baie jare van nek uitsteek om Israel ter wille te wees, en in die proses invloed wêreldwyd in te boet, begin die Amerikaners se geduld moontlik nou stadigaan opraak. Mnr Trump mag miskien opnuut Amerika se onvoorwaardelike steun aan Israel toesê. Daarvoor sal ons moet wag om te sien. Feit is, die een of ander tyd sal mnr Trump se geduld ook opraak.

Ten slotte dus: Ten spyte van die politieke terugslag vir Israel met die jongste VR-resolusie, sal sake in Israel voortgaan soos tevore. Israel sal nie die vestiging van nedersetings aan die Oostekant van die Jordaan staak nie en niemand sal of kan iets doen om hulle daartoe te verplig nie. Wat ook sal voortgaan en miskien nog sal vererger, is die vlaag terroriste-aanslae wêreldwyd teen Joodse en Amerikaanse teikens en teen almal wat as bondgenote van bogenoemdes beskou word: meer en meer gruweldade, meer en meer verminkings, meer en meer bloed, meer en meer trane. Want ongelukkig is dit so dat daar vir die situasie in Israel, benewens die verdeling van die land in twee volkome onafhanklike state, haas geen oplossing is nie en vir hierdie oplossing is die Israeli’s nie te vinde nie. His Majesty’s government was van al hierdie komplikasies niks te wagte nie.

Leon Lemmer: Gelykheid, ‘n utopiese droom

Wat is gelykheid (“equality”)? Dit kan “van dieselfde hoogte” beteken. In die natuur is ‘n vlakte of ‘n plato min of meer gelyk; so ook die wateroppervlak van ‘n meer of die see. Maar berge is nie gelyk nie. Hulle dui juis op die ongelykheid van die aardoppervlak. As riviere gelyk was, sou die water nie vloei nie. As ons na die hemelruim kyk, sien ons bolvormige voorwerpe soos die son, maan en planete. Dan besef ‘n mens dat die planeet Aarde ook ‘n bol is, dus eintlik glad nie gelyk is nie. In die natuur is “die groter prentjie” dus dié van ongelykheid. “Contrary to what some have claimed and are still claiming, the fundamental building block of nature is not equality but inequality” (Martin van Creveld, bron hier onder, Kindle 3893). Eeue lank was die mensdom op die verkeerde spoor toe veronderstel is dat die aarde plat of gelyk is. Dit toon dat die meerderheid mense op ‘n dwaalspoor kan wees. Daarom kan ongekwalifiseerde algemene stemreg in ‘n demokrasie gevaarlik wees.

Wat vir die natuur geld, geld nie noodwendig vir die mens nie. Die mens word immers dikwels die kroon van die skepping of werklikheid genoem. As ‘n skare staan of sit of lê, is die volwasse mense seker min of meer gelyk, dus dieselfde hoogte. Maar die begrip gelykheid, soos gebruik in die politiek, het meer met die mens in sy geheel en veral met sy gees te make. Dit beteken nie dat die liggaam geen rol speel nie. Volgens die mode-ideologie van die oomblik moet sowel liggaamlik as geestelik gestremdes as gelykes, in die sin van “(potensieel) net so goed of bekwaam,” behandel word. Blindes moet dus toegelaat word om in dieselfde mate as siendes wegkruipertjie te speel of vir minerale te prospekteer. Verstandelik gestremdes moet in dieselfde skoolklas as nie-gestremdes kan presteer. In die praktyk is die resultate egter ontnugterend. ‘n Skynplossing vir hierdie probleem word verkry deur ‘n verbod op akademiese rangorde te plaas. Skoliere mag nie weet of selfs vermoed dat sommige van hulle beter as ander presteer nie. Mededinging en gevolglik ook prestasie word ontmoedig. Akademiese onbekwaamheid, selfs waar daar ‘n gebrek aan toewyding is, word met ekstra aandag beloon terwyl die belange van buitengewoon begaafde skoliere, die potensiële leiers in die samelewing, verwaarloos word.

Die getal en veral die gehalte van Martin van Creveld (gebore in 1946) se boeke is indrukwekkend. Ek bepaal my aandag by een van sy jongste werke, Equality: the impossible quest (Kouvola, Finland: Castalia House, 2015, 282p; Amazon Kindle $7,97). In hierdie boek speur Van Creveld die gebrek aan gelykheid van die vroegste tye af tot op hede na. Die veronderstelling van gelykheid maak diskriminasie taboe (Kindle 20). Daar word geredeneer: “Where there is no equality there can be neither justice nor liberty. On the other hand, equality itself is not without its dangers. Should it be pushed too far, it can easily reach the point where it limits, or even eliminates, both liberty and justice” (20). Thomas Hobbes (1588-1679) word soos volg geparafraseer: “Perfect equality, like its concomitant perfect liberty, can only exist when each individual lives alone in a desert, where it is meaningless” (316). Waar daar, soos in die nuwe Suid-Afrika, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging is, word bepaalde etniese groepe, naamlik nie-wittes en veral swartes, vir bevoordeling uitgesonder en kan daar nie sprake van die gelyke behandeling van etniese groepe wees nie. ‘n Kern vergryp in die nuwe Suid-Afrika is dat sommige mense (nie-wittes, veral swartes) op grond van hulle etnisiteit/groepverwantskap bevoordeel word pleks van op grond van individuele verdienstelikheid. Insgelyks word ander mense (veral blankes) suiwer op grond van hulle etnisiteit/groepverwantskap benadeel, sonder inagname van hulle individuele verdienstelikheid. Inter-etnies is daar nie gelykberegtiging nie.

Dit is moeilik om gelykheid te definieer omdat dit in wyd uiteenlopende kontekste gebruik word: “There is equality before God and there is equality here on earth. There is natural equality and there is the kind of equality that human society creates. Some people even want to extend equality to animals and plants as well. There is equality of body and there is equality of mind. There is economic equality and there is equality before the law. There is civic equality and there is political equality and there is equality of opportunity and there is equality in death. There is equality among individuals and there is equality among groups, nations, and races. In Aldous Huxley’s Brave New World [1932] this truth is held to be self-evident that men (and women, though Huxley does not say so) are equal in respect to their bodies’ physico-chemical makeup but in no other way” (33). ‘n Groot mate van DNS-eendersheid sluit egter nie groot kulturele verskille uit nie.

In Suid-Afrika is die blankes ‘n minderheidsgroep. In Amerika is die tradisionele wit meerderheid vinnig besig om ‘n minderheid te word. “Increasingly, society is treating the minority, which in developed Western countries consists of able-bodied heterosexual white males, as if they were less than equal. As so often in history, equality for some can only be achieved by discriminating against all the rest” (95). Hoewel gelykheid deesdae as iets voorgehou word wat letterlik natuurlik is, is die teenoorgestelde in werklikheid die geval. “However much some people may resent the fact, in nature inequality and not equality seems to be the rule” (108). Elkeen behoort te kry wat hy verdien eerder as wat hy begeer (183). Mededinging/kompetisie is ‘n beproefde manier om mense aan te moedig om te presteer, dus om die voordele van dominansie, van beter wees, te geniet (133). Mededinging is egter iets wat in bv sosialistiese SJW-samelewings* ter bestendiging van die gelykheidsmite ontmoedig word. Byvoorbeeld, selfs Karl Marx (1818-1883) het besef dat “egalitarianism is incompatible with the needs of a sophisticated industrial civilization” (308). [* SJW = “Social Justice Warrior”: ‘n geykte Amerikaanse frase wat as etiket gebruik word vir diegene wat hulle op ‘n selektiewe manier beywer vir die bevoordeling van veral sekere etniese en geslagsgroepe (Praag 1.11.2015).]

Van die vroegste tye af was daar ongelykheid. “All human societies recognize differences of age and sex* which translate into differences in the ability to produce food as well as different rights and duties … some of the oldest justifications for inequality originated in magic, spirit-worship, religion, or whatever a sense of the supernatural is called … at first, prophets, sharmans, and assorted micracle-workers were able to translate their knowledge into influence. As influence gradually grew into authority, authority into power, and power into property and privilege, chiefdoms emerged” (424). Religie impliseer “some kind of claim of closeness to the gods” (530), maar ingebou daarin is daar ‘n hiërargie van ongelykheid. “Among humans as well as many animals, inequality, accompanied by deference – meaning inequality that is recognized – was exactly what held the community or group together” (431). In die geskiedenis was ongelykheid “perhaps the most important means of maintaining social order and stamp out any attempt to resist it” (1264). [* In die hedendaagse samelewing word die ontkenning (in beginsel) van enige vorm van geslagsongelykheid of -verskille dermate oordryf dat ons die gevaar loop om almal as mono- of multi-seksueel bestempel te word.]

In antieke Mesopotamië en Egipte was daar “some of the most unequal and most hierarchical despotisms” (496). In antieke Griekeland is mense se plek in die hiërargie deur drie faktore bepaal: “their politico-military prowess, their wealth, and their ancestry” (454). Daar was bv aristokrate en gewone mense (461) en natuurlik ook slawe (600), wat nie-burgers was (648). Vroue is ook nie as burgers erken nie (820). In Sparta “only old men could be elected to the Senate, and … the kingship was hereditary and limited to members of just two families” (593). In Athene was daar mettertyd wel gelykheid voor die wet (641, 668). “In both Sparta and Athens equality … was rather exclusive. Inside each city it only embraced a fairly small part of the population” (827). “What equality existed came at the expense of liberty (in Sparta) and stability (in Athens)” (834).

In ander antieke stadstate rondom die Middellandse See, bv Kartago, was aristokrate in beheer en is vreemdelinge nie as burgers aanvaar nie (850). Rome en sy Ryk was vier en ‘n halwe eeue lank ‘n aristokratiese republiek (863) of monargie (923). Behalwe slawe was daar drie klasse: die senatore, ridders en gewone mense. Gelykheid voor die wet het nie bestaan nie (863). Ongelykheid is as vanselfsprekend aanvaar (883), bv dié van vroue, kinders, slawe en vreemdelinge (897). In die Romeinse Ryk en in mindere mate in antieke Griekeland was daar soms slawe-opstande (1303). “The Romans … were one of the most hierarchical empires in the whole of history. Furthermore, the collapse of Rome laid the basis for European, ie Christian, feudalism”* (524). Die feodale stelsel het burokrasieë omvat wat deur “the crassest forms of inequality” gekenmerk is (530) en het uit “the three classes: warrior-aristocrats … priests … and peasants” bestaan (1196). [* Feudalism: “At the head of the system the crown owned all the land. Beneath the crown, an intricate network of duties and obligations linked royalty, tenants-in-chief (such as barons), under-tenants (knights), and villeins (serfs)” (Collins World Encyclopedia, 2003, p 337).]

Die lede van die vroeë christelike gemeentes het hoofsaaklik uit die laer klasse gekom “and were as egalitarian as any communities have ever been” (1053). Toe die christelike religie egter die staatsgodsdiens geword het, die Kerk “lost no time in building an enormously elaborate hierarchy that consisted of patriarchs, hegemons, cardinals, archbishops, bishops, deacons, and a whole host of less important dignitaries” (1053). Hiërargieë het gehelp om die orde/dissipline te bewaar (1394, 1692). In die kloosters was daar, afgesien van die hoof, egter ‘n groot mate van gelykheid (1394). “Socially the only distinctions are those between veteran monk and novice, guru and student” (1407).

In Oosterse lande het dit onder die invloed van bv Confucius (551-479 vC) om harmonie gegaan en nie om gelykheid nie (998). Hy het hiërargie beklemtoon (4012). Eers vanaf 1912 is die Chinese politiek nie meer op Confucianisme gebaseer nie. Oor gewone mense het Confucius gesê: “They needed to be kept firmly in their place” (1012); ‘n elementêre les wat nog nie deur bv die ANC-regering en die plaaslike universiteitsowerhede geleer is nie. “The Quran itself contains several verses that prohibit believers from questioning social inequalities, claiming that they were instituted by Allah in person,” maar “equality before God … few doubted” (1073). Soos in die geval van die christelike religie “equality before God served as an excuse not to institute it on earth” (1080). Maar anders as in die Rooms-Katolieke Kerk “the Moslem clergy, or ulama, remained surprisingly egalitarian” (1087).

Thomas Hobbes (1588-1679) het geredeneer dat gelykheid net in ‘n “absolute state” afgedwing kon word. John Locke (1632-1704) het gelykheid uit die christelike godsdiens probeer aflei (1753). Thomas Jefferson (1743-1826) het hierby aansluiting gevind met sy uitspraak: “All men are created equal” (1903). In werklikheid vind ons dat kinders in dieselfde gesin van die begin af aansienlik kan verskil, bv wat intelligensie betref. Daarom skryf Van Creveld: “In all of history, nothing could be less self-evident than the idea that everybody was, or ought to be, equal” (2452). Dit geld nie noodwendig slegs individue nie, maar (dalk) ook “rasse” (2452). “To deny that different groups of human beings have different physical characteristics is sheer hypocrisy … True racism consists of three elements. First, there is the notion that the groups in question differ not only physically but mentally … Second, those characteristics are said to be inherent and heritable, so that they pass from one generation to the next. Third, the people of some races are superior to others and are entitled to rule over them … There probably has never been a society that did not hold at least one of these beliefs” (2458).

Volgens Charles Montesquieu (1689-1755) beteken gelykheid “not that everybody should command, or that no one should be commanded, but that we obey or command our equals … for socio-economic equality, political equality was largely meaningless” (1882). Dit verduidelik wat die dryfkrag agter parasitering in die vorm van bv swart ekonomiese bemagtiging in die nuwe Suid-Afrika is. In die menseregteverklaring van die Franse Revolusie (1789) staan: “Men are born and remain free and equal in rights” (1956). Die slagspreuk van vryheid, gelykheid en broederskap het weerklank in opstande onder kleinboere/”peasants” (1359) en slawe gevind (1316) met chaotiese gevolge, want “equality and liberty are, in principle, incompatible” (1760). Die Vichy-regering in Frankryk (1940-1944) het ‘n heeltemal ander slagspreuk gehad: “Work, family, fatherland” (1984).

“The idea of equality goes back to ancient Athens, and that of liberalism to the ancient Roman libertas” (2079). Die term “sosialisme” is in 1832 die eerste keer gebruik en “kommunisme” agt jaar later. “Both terms have in common that they refer to ideologies intended to combat the kind of socio-economic inequality which democracy and liberalism barely touched” (2079). “Vladimir Lenin [1870-1924] drew a clear line between socialism and communism. Socialists hoped to achieve their goals gradually, peacefully, and by democratic means as more people voted for them. Not so communists, who believed they could only do so by setting up a tight body of disciplined party members, engaging in bloody revolution, and imposing the dictatorship of the proletariat” (2218). “Proletariaat” beteken letterlik “die klas wat nie eiendom besit nie”. Dit is hierdie massa, die gepeupel, wat weens ongekwalifiseerde algemene stemreg in 1994 in groot mate (skynbaar) beheer oor die lot van Suid-Afrika oorgeneem het. Karl Marx het voorspel dat so ‘n gebeurtenis “led to the creation of the dictatorship of the proletariat or, to be precise, of a small clique of determined leaders who claimed to represent it” (2313).

Burgerlike of politieke gelykheid bring egter nie outomaties sosio-ekonomiese gelykheid mee nie (2225), vandaar die talle maatreëls van die ANC-regering om blanke besittings aan swartes te verkwansel. Sosio-ekonomiese gelykheid is tot ‘n mensereg verhef (3483). Oor Suid-Afrika skryf Van Creveld: “Today, especially when it comes to government work, instead of whites discriminating against blacks, blacks in power often discriminate against whites” (2751). Hy vra tereg: “Is there really any reason why some should be entitled to something regardless of work, merit, or accomplishment?” (2272).

Sedert 1965 word in Amerika en toenemend in die res van die wêreld vereis dat sogenaamde benadeeldes “be treated equally with everybody else and be given special rights … equal opportunity is essential, but not enough” (3217). “This is equality with a vengeance … often it made the more equal more equal still” (3239). “Equality was manipulated to favor the less equal” (3258). “Being white, male and heterosexual gradually became a handicap” (3245). “To cite George Orwell [1903-1950]… people who fall into any of these three categories have been turned into unpersons” (3258); [ie have been] “dehumanized” (3333).

In hulle Kommunistiese Manifes (1848) maak Marx en Engels (1820-1895) daarop aanspraak dat werkers geen vaderland het nie. “Did not Lenin and his successors declare themselves to be ‘internationalists’?” (2582). Dalk verduidelik dit waarom bv Suid-Afrikaanse universiteite deesdae eerder van Afrika en van die hele wêreld wil wees en neersien op plaaslikheid/parogialiteit. Die bevordering van veral Afrikanerkultuur word as die toppunt van bekrompenheid/benepenheid geëtiketteer. “Starting in 2001 more than seventy public universities have introduced admission standards designed to make the less equal more so and the more equal less so” (3293). “To make some people more equal others are systematically being made less so” (3306).

Mense kan nie lewe sonder om onderskeide (bv tussen ons en hulle) te maak nie. Slegs as ‘n mensegroep heeltemal vry van onderskeide was, sou die utopiese droom van gelykheid werklikheid word. “Where there are no distinctions there can be no superiority” (1896). In die geskiedenis is die kwessie van gelykheid aanvanklik selde genoem. “Too often people could not even imagine it” (1685). “Maintaining equality over time is at least as hard as establishing it” (1889). “Whatever equality was established never lasted for long” (1288). “Generally the more homogeneous an empire, ethnically speaking, the longer it lasted” (1251).

Wanneer almal kameradelik broers en susters word, word daar steeds ‘n onderskeid gemaak. En as daar net broers is? Selfs dan word ‘n verskil soos ongelykheid nie noodwendig uitgesluit nie. Dink bv aan wat Albert Schweitzer (1875-1965) gesê het: “The African is my brother, but he is my younger brother by several centuries” (Frank S Pepper, Contemporary biographical quotations, London: Sphere Books, 1986, p 248). Verskille in ontwikkeling word deesdae dikwels ontken of verswyg. Daarom het Van Creveld reg wanneer hy skryf: “Man is the animal that invents its own past” (2079). Waar sal ons uiteindelik gelykheid vind? “Death is the great equalizer” (3654). Selfs dít is nie in alle opsigte waar nie. In die nuwe Suid-Afrika ervaar ons daagliks hoe sommige dooies gehuldig word: “Heroes are transformed into villains, villians into heroes. Equilibrium, meaning a situation in which all are equal, is never achieved in death any more than it is in life” (3769).

By mense is sowel gelykheid as eendersheid mites, oftewel wensdenkery. Maar hierdie onrealistiese begeerte is onderliggend aan die ras- en geslagskwotas wat in sport en aan universiteite en in feitlik iedere sektor van die Suid-Afrikaanse samelewing opgedring word. Maar kwotas geld uitsluitlik ter bevoordeling van nie-wittes, veral swartes. Daarom kon die Suid-Afrikaanse sokkerspan tydens die Wêreldtoernooi, wat in 2010 plaaslik aangebied is, doelbewus as ‘n toonbeeld van swart nasionalisme alle blanke spelers uitsluit. Blankes moet voortaan in al die nasionale krieketspanne ‘n minderheid (hoogstens 5 uit 11) wees. Die ANC-regering skryf voor dat sportsoorte soos krieket en rugby geen internasionale byeenkomste plaaslik mag aanbied alvorens hulle genoegsaam getransformeer het nie. Tydens apartheid is politieke inmenging in sport veroordeel en is blanke spanne verbied om internasionaal mee te ding. Deesdae word erge politieke inmenging sonder meer geduld omdat dit onder meer ter bevoordeling van swartes en ter benadeling van blankes bedryf word.

Veralgemenend kan gesê word dat dit lyk asof party etniese groepe of individue opbou en ander afbreek. Daar mag nie gesê word dat een beter as die ander is nie, maar hulle verskil sekerlik. Waarom is daar geen debat oor of die misdadigers wat by die vernietiging van skole, universiteite, treine, ens, betrokke is die demografie weerspieël nie? Waarom word daar nooit verskoning gevra vir sulke wandade en misdade nie? Dit lyk asof etniese groepe en individue nie bloot verskil nie, maar selfs hemelsbreed kan verskil. Hulle is so ver van gelykheid en eendersheid verwyderd dat een die ander nie naatloos kan vervang sonder skouspelagtige verbetering of ernstige insinking nie.

Wat ek probeer aantoon het, is dat daar hedendaags die neiging is om gelykheid en by implikasie eendersheid te beklemtoon en ongelykheid en verskille te ignoreer. Ter wille van ewewig behoort ons daarop aangewese te wees om ook ongelykhede en verskille te erken. Sommige ongelykhede en verskille is dalk vatbaar vir verandering terwyl ander so stewig ingebed kan wees dat transformasiepogings vrugteloos blyk te wees.

Leon Lemmer: Oor politieke korrektheid in kuns

Kerstyd word met mooi en aangename dinge soos geluk en vrede geassosieer. ‘n Mens kan jouself afvra in hoeverre sulke mooiheid nog in ons brutale en hoogs ontaarde samelewing moontlik is; seker hoofsaaklik in gesinsverband. Ek onthou hoe Swart Piet in die goeie ou dae sonder om te mor of te kla vir Kersvader onbaatsugtig bygestaan het deur die rendiere te versorg en die skoorstene skoon te maak. In die nuwe Suid-Afrika het Swart Piet spoorloos verdwyn. Skynbaar het die breuk gekom toe hy op gelyke status met Kersvader aangedring het. Daar word beweer dat Swart Piet by ‘n vakbond aangesluit en trekarbeid veroordeel het. Hy is laas gesien toe hy in ‘n onpadwaardige minibus vertrek het. Daar is darem nog ‘n Swart Piet in Nederland maar polities korrek is hy deesdae wit. In die hedendaagse samelewing is blankes die enigstes wat sonder bohaai ‘n onderdanige rol vervul.

Tradisioneel was Kersfees op mooi dinge ingestel. Die wysgerige studie van kuns en skoonheid (“beauty”) staan as estetika bekend. Dit is deel van waardefilosofie of aksiologie. Iets, bv ‘n voorwerp of handeling, is waardevol as dit bv nodig is of verkies word. Waarde word toegeken ingevolge goed of sleg, reg of verkeerd, mooi of lelik, verhewe of banaal, vry of gebonde, ens. Waardes vind aansluiting by kennis, betekenis, waar- en valsheid, heiligheid en onheiligheid, ens. Naas waardefilosofie is daar dus ander wysgerige dissiplines soos logika, kennisleer (of epistemologie) en metafisika. Naas estetika is etiek ‘n belangrike deel van waardefilosofie. In estetika is skoonheid ‘n belangrike soort waarde, maar dit gaan nie net om skoonheid by mense en hulle skeppings (bv geboue, motors) nie. Die natuur (bv blomme, ‘n sonsondergang) kan ook mooi wees. Etiek, daarenteen, is uitsluitlik op menslike gedrag of handeling ingestel; wat mense doen of nie doen nie (bv die kwessie van behoort/”ought”) maar etiket en goeie maniere word uitgesluit. Daardie handelinge of gebrek aan handeling word geëvalueer as goed of sleg, reg of verkeerd, wenslik of onwenslik, deugdelik of ondeugdelik, ens. Naas estetika en etiek is daar algemene waardefilosofie omdat bv die weer of ‘n gebou bv goed of sleg kan wees.

Waarde kan enersyds intrinsiek (dus wesenlik) of inherent (dus eie aan) en andersyds bv relasioneel, instrumenteel of bydraend wees. Ek gaan my aandag voortaan tot estetika beperk. Om duidelikheid oor sekere sake te verkry, is dit wenslik dat ons die aandag verder tot die skone of hoë kunste (“fine arts”) beperk; dus, blote kundigheid of bedrewenheid (“skill”), soos by ambagsmanne (“artisans, craftsmen”), word uitgesluit. Beoefenaars van die skone kunste moet naas kundigheid ook oor bv verbeelding of intuïsie en skeppingsvermoë of kreatiwiteit (dus oorspronklikheid) beskik. Dit bring die kwessie van smaak (“taste”) ter sprake en ook elegansie en styl. In kuns speel die sintuie, dus waarneming of persepsie, ‘n rol, maar ook die intellek en sekerlik ook emosie of gevoel.

In die skilderkuns was voorstellingsvermoë (“representation”) aanvanklik van deurslaggewende belang. Skilders moes in staat wees om wat hulle in die sintuiglike werklikheid waarneem so getrou moontlik weer te gee. Dit word realistiese of figuratiewe kuns genoem. Veral na die uitvinding van fotografie kom nie-figuratiewe kuns algemeen voor, bv verwringing van die werklikheid en abstrakte kuns. In nie-figuratiewe kuns word daar nie gepoog om die sintuiglike of natuurlike werklikheid (getrou) na te boots nie, al slaag nie-figuratiewe en selfs abstrakte kunswerke soms juis vanweë die mate waarin assosiasie met die natuurlike werklikheid behoue gebly het. Baie klem word deesdae op moontlike verskille tussen die bedoeling of intensie van die skilder en die reaksie of respons van kykers gelê.

Estetika is ‘n buitengewoon problematiese studieterrein. “I find aesthetics to be at the same time one of the most interesting and one of the most pointless branches of philosophy. Interesting because it helps us to attend to the various ways in which art matters; pointless because art is too varied for there to be any hope of defining what it is or what gives it value. Nevertheless, much of philosophy’s value derives not from its ability to deliver neat answers, but in its power to make us attend to what matters, what we might otherwise have missed. If, at best, aesthetics can come up with a menu of possibilities, some of which apply to some works of art, some of which to others, that is not a worthless achievement” (Julian Baggini, Philosophy: All that matters, London: Hodder Education, 2012, p 97; Amazon Kindle $7,10).

Wat ek tot dusver geskryf het, is sterk veralgemenend maar kan die tradisionele benadering tot die skone kunste genoem word; dus voordat die hedendaagse ontaarding plaasgevind het. Van deurslaggewende belang vir die doeleindes van hierdie rubriek is verskille in benadering tot kuns, hetsy uit die oogpunt van die kunstenaar of die waarnemers. Daar is onder meer hierdie twee moontlikhede. Enersyds kan kuns (primêr) om kunsonthalwe (“art for art’s sake”) beoefen word, dus om sigself (“disinterested”), as iets wat selfgeldend (“self-justifying”) is; dus kuns as iets wat begeer word of die moeite werd is omdat dit aan bv die skilder en die kykers bv emosionele en/of intellektuele bevrediging en plesier verskaf. Andersyds kan kuns (primêr) om nie-estetiese, bv instrumentele, redes beoefen word, bv om geld te maak of propaganda te versprei. Dit bring hierdie rubriek by ‘n punt waarby uitgekom moes word.

Tot dusver is wat ek geskryf het veral met die skilderkuns in verband gebring. Daar is egter baie ander soorte skone kuns. Byvoorbeeld, letterkunde is ook ‘n kunssoort. ‘n Skrywer kan bv ‘n roman of gedig om bv kuns- of propaganda-onthalwe skryf. Plaaslik het skrywers soos André P Brink en Antjie Krog geen geheim daarvan gemaak nie dat hulle (onder meer) om politieke redes skryf. Dit is soortgelyk aan die sosialistiese realisme of materialisme van die marxiste, wat ‘n didaktiese funksie aan kunstenaars opdring, wat op sy beurt vrye selfuitdrukking en individualiteit aan bande lê. Materiële en omgewingsfaktore, bv ekonomiese omstandighede, beïnvloed of bepaal glo kulturele (insluitende kuns-) uitdrukking. Ingevolge sosialistiese realisme moet bv leidende kommuniste tot helde verhef word en ‘n blink toekoms optimisties en entoesiasties aan die inwoners van kommunistiese lande voorgehou word. Deesdae vind sosialistiese realisme in nie-kommunistiese lande uitdrukking in kulturele marxisme. Kulturele marxisme vind uitdrukking in bv multikulturaliteit, politieke korrektheid en die verheerliking van homoseksualiteit. (Terloops, Jakes Gerwel, ‘n self-erkende marxis, het toe hy ‘n Afrikaansdosent was graag gesê dat hy nie Afrikaans doseer nie maar literatuursosiologie. Onder die dekmantel van Afrikaanse letterkunde het hy marxistiese ideologie gepropageer. Om die voorstanders van Standaardafrikaans te tart, verkies Krog die woord “beautiful” bo “mooi”.)

Sohrab Ahmari het onlangs* ‘n boek oor politieke korrektheid in die skone kunste gepubliseer: The New Philistines: How identity politics disfigure the arts (London: Biteback Publishing, 2016, 144p; Amazon Kindle $5,26). Die Filistyne is die mense wat in die bybelse tyd oorlog teen die Israeliete gevoer het. Daar word egter ook ander betekenisse aan die woord geheg. Filistyn: “Lid van ‘n vyandige groep mense” en “Bekrompe, kleingeestige persoon; kultuurlose mens” (HAT). Byvoorbeeld, die kritikus Matthew Arnold (1822-1888) was voortdurend in ‘n stryd met die Filistyne gewikkel. Arnold het hom daarvoor beywer om ‘n nuwe kultuur gebaseer op artistieke en intellektuele waardes in victoriaanse Engeland tot stand te bring. [* ‘n Vroeëre boek oor dieselfde onderwerp is Roger Kimball se The rape of the masters: How political correctness sabotages art (Encounter Books, 2005, 225p; Amazon Kindle $11,39).]

In die boektitel word daar ook na “identity politics” verwys. ‘n Mens se identiteit is wat jy individueel en groepgewys is. In die hedendaagse (veral Westerse) wêreld word identiteit verideologiseer en veral verpolitiseer. Mense se identiteit word tot enkele kenmerke gereduseer: veral etnisiteit/velkleur, geslag (manlik of vroulik) en seksualiteit.* Met die oog op bevoordeling word daardie kenmerke dan deur aktiviste selektief oorbeklemtoon. Dit gaan vir hulle nie om alle mense nie, maar om nie-wit en veral swart mense. Dit gaan nie om mans nie, maar om vroue. Dit gaan nie om heteroseksuele nie, maar om homoseksuele. Hierdie groepe word uitgelig omdat hulle na bewering benadeel is en nou bevoordeel moet word. Die nuwe uitgeworpenes is heteroseksuele, blanke, Westerse mans. Omdat laasgenoemdes tot skurke verklaar is, moet die “Western artistic canon” waarin veral hulle kunswerke erkenning kry, glo hersien word. “The things we hold dearest are trampled and desecrated” (Kindle 81). ‘n Soortgelyke gees vind plaaslik uitdrukking in die studente-onrus. [* Al hoe meer soorte homo- en/of andersoortige seksualiteit word by “gender dissidents” onderskei. Ahmari verskaf hierdie beginletters: LGBTTQQFAGPBDSM. As dalk oor die F gewonder word, dit beteken “Flexual” (402).]

Ingevolge identiteitspolitiek kan ‘n mens dubbel benadeel wees, bv as jy ‘n swart vrou is. As jy daarby ook lesbies is, kan jy op drievoudige benadeling en dus drievoudige bevoordeling aanspraak maak. Hierdie onderlinge versterking van twee of drie benadelingskategorieë word interseksionaliteit genoem. Diegene wat (militante) feminisme dryf, is dikwels lesbiërs, dus mense wat op dubbele benadeling en dubbele bevoordeling aanspraak kan maak. In identiteitspolitiek is burgerlike en menseregte hoog op die agenda. Aan veral Amerikaanse universiteite word kursusse in identiteitspolitiek aangebied, bv Black Studies, Women’s Studies, Queer Studies, ens.

‘n Ander woord in die boektitel waarop ek die aandag wil vestig, is “disfigure”. Dit is duidelik iets anders as die tradisionele figuratiewe en nie-fuguratiewe kuns waarna ek hierbo verwys het. Hierdie soort verwringing is ‘n skending van skone kuns omdat dit skoonheid inkort en selfs ignoreer. In die opdrag voor in die boek verwys die outeur na Spreuke 5:18: “Sing die lof van jou eie fontein, verheug jou oor jou eie vrou,” waarmee hy seker probeer sê: Wees jou normale self; moenie toelaat dat verdorwe byderwetsheid jou mislei nie. Om sake te vereenvoudig, het ek hierbo veral na skilderkuns verwys. Ahmari span sy net wyer en betrek ook ander skone kunste: “The book ranges freely over the visual, performing and literary arts, drawing examples from dance, film, painting, theatre and the novel, as well as newer forms such as installation, performance art and video. The emphasis is on high art, the kind on display at museums, art institutes and serious galleries” (43).

Sohrab Ahmari is ‘n Rooms-Katolieke Irannees wat Amerikaanse burgerskap verkry het en as joernalis vir die Wall Street Journal in Londen werk. Hy is van huis uit afwysend teenoor verdorwe kuns en onthuts oor die ontaarding van Westerse kultuur. In sy boek wek hy die indruk van ‘n belese esteet wat die moed het om tradisionele estetiese en morele waardes te bepleit, al maak dit hom ongewild by progressiewe Bohemers.

Hy skryf oor die hedendaagse kunswêreld soos hy dit eerstehands in veral Londen ervaar, bv in kunsgalerye, kunsmuseums en teateropvoerings. “The word ‘beauty’ isn’t part of its lexicon. Sincerity, formal rigour and cohesion, the quest for truth, the sacred and the trancendent – none of these concerns, once thought timeless, is on the radar among the artists and critics who rule the contemporary art scene. These ideals have all been thrust aside to make room for the art world’s one totem, its alpha and omega: identity politics” (28). “The identitarians think they already have the answers: a set of all-purpose formulas about race, gender, class and sexuality, on one hand, and power and privilege, on the other” (35).

“This degree of politisation means that Western art no longer fulfils its central role, to serve as a mirror and repository of the human spirit. The state of affairs should worry not just artists and art lovers, but anyone who cares about the future of Western civilisation” (35). “Identity politics came to disfigure our culture … [and] shapes popular culture … compliance with its edicts is increasingly the measure by which we judge movies and TV” (43). Die outeur besef dat identiteitspolitiek nie die enigste sondaar is nie. Daar is ook “the wider collapse of critical standards, the deleterious effects of social media on our attention spans, the sense that art has no new frontiers left to cross” (43), ens.

Identiteitspolitiek is een van die euwels wat Westerse kuns onvry maak. “Much of our art is so doctrinaire, so incapable of conveying any meaning other than the imperatives of identity politics” (58). “Throughout the book, I write of beauty and truth to which all art should aspire” (58). Hy besef dat skoonheid en waarheid ingewikkelde begrippe is maar wil nie daaroor uitwei nie. Skoonheid en waarheid word in die wysbegeerte in veral twee dissiplines, estetika en kennisleer, aangespreek. “Contemporary identitarian art rejects the very possibility of objective, universally accessible beauty and truth … So long as you reject the rejection of universal truth and objective beauty, you are in my camp” (66). Daar is kunswerke wat tydlose skoonheid het en hulle status as meesterstukke verdien. Ons hoef nie altyd saam te stem oor wat mooi is nie, maar dit is objektief (dus sonder bv ideologiese oorwegings) waar dat bv die huise in Constantia mooier as dié in Khayelitsha is.

In die Globe-teater, waar Shakespeare-werke opgevoer word, word daar polities korrek gestrewe na “50/50 gender parity among actors onstage, regardless of the ramifications for storytelling, performance or meaning” (133). Dit is soortgelyk aan die plaaslike sportkwotas wat voorskryf hoeveel spelers nie-wit moet wees en hoeveel van die nie-wittes swart moet wees. Emma Rice, die artistieke direktrise van die Globe sê: “It’s the next stage for feminism and it’s the next stage for society to smash down the last pillars that are against us. Also, my generation have come of age and come into positions of power and we have to use it for good. That’s certainly what I intend to do” (141). “For Rice, directing on Shakespeare’s stage would be a fundamentally political enterprise. It would be about winning and using ‘power’ to promote feminist ends and ‘smash down’ opponents, including the Bard [Shakespeare] himself” (148).

Nog ‘n voorskrif van Rice is: “The plays would have to be made more ‘relevant’ … she finds the Bard tedious and inaccessible … ‘He was writing 400 years ago, there is no way in the world every line can still be relevant.’ The plays are too long, the language too archaic” (148). “‘Relevant’ in 2016, aesthetically and politically, meant the production lost sight completely of Shakespeare’s timeless genius … Relevance meant rewriting the play – and not just rewriting, but bad rewriting” (179). Plekverwysings is na Londen, “a cheap wink at a London audience. Worse was the vulgar contemporary slang marring the dialogue … Relevance also meant punctuating scenes with song-and-dance routines … The entire action, moreover, was accompanied by Indian music” (179). Die polities korrekte bedoeling was “to bash the ‘dominant’ culture … opposing the ‘oppressive’ mainstream” (194).

Daar was bv “fairies as Versailles coutiers-turned-transvestite-zombies with nipple tassels and grotesquely elongated forehead masks” (194). Die hedendaagse dwelm- en verkragtingskultuur word ook bygesleep; dinge wat vreemd aan Shakespeare se werke is (202). “Helena was Helenus, a gay man” (210) gevolglik word ‘n “gay relationship” uitgebeeld (217). “It is Pohypnol that drags Demetrius out of the closet, reconciling him with his homosexuality and his repressed love for Helenus” (217). Die outeur noem hierdie aanpassings van Shapespeare “P[olitically] C[orrect] cant” (210). Die Shakespeare-teks word in Rice se vertolking “just another ‘contemporary issue to explore'” (225).

“This last is identitarian art’s greatest injustice against the culture since social power dynamics and collective identity are all that such art knows and cares about, its practitioners can’t grapple with individuality, with things of the soul, with the inner life – the very things that draw most of us to art in the first place” (225). Dit is hierdie kenmerke wat Shakespeare se werke “timeless and universal” maak (225). Maar identiteitspolitiek breek dit af. “Identity politics now pervade every medium and mode of art, from architecture to dance to film to painting to theatre to video, from the highest avant-garde to the lowest schlock” (233).

“What unites the identitarians who lord over the art world is the belief that art is primarily, even solely, a political enterprise. That was also the premise of Socialist Realism” (233). “Today’s identitarian art puts a high premium on shock value and ironic subversion … the revered subjects are women, racial and sexual minorities victimised by and/or bravely resisting patriarchy, heteronormality and other Western depredations … these groups … become political types, stand-ins for ideological causes, almost always left wing, rather than individual souls” (240).

“Identitarian art finds justification in the work of a new class of hyper-ideological critics, much as the old Soviet hatchet-men upheld Socialist Realism. Today it is a new generation of journalists, academics and social-media personalities who defend the primacy of group identity in art … [They] care little for art history and aesthetics. What they are blessed with is lots of opinions about everything – all of which invariably revolve around race, gender and class, power and privilege. Call them the New Philistines” (250).

“Artforum is the leading US contemporary arts magazine and the intellectual home of America’s tenured avant-garde” (258). “For its editors and contributors, art is mainly a vehicle for advancing an ideological agenda: a heady mix of radical feminism, racial grievance, anti-capitalism and queer theory” (265). “‘Queer’ is as much an identity as an activity aimed at disrupting stable identity. You can be queer, but it is also something you do. ‘It’s a verb,’ as one of the contributors to Artforum’s identity issue put it. You can queer places where gender norms are performed: the family, the strip club or the church. Or you can queer places where artistic norms are performed: the art gallery, the museum, the literary text or the theatre” (265).

“To ‘queer art’ means to disavow aesthetic achievement as a primary aim of the artist. Traditional criticism, formal criteria, even the way artists, curators and viewers interact in the white cube – all of these things are extensions of the institutional and ‘discursive’ structures that oppress us, according to queer theorists. Beauty itself is suspect. After all, if something as fundamental as gender has no basis in biology or human nature but is just a script imposed by power relations, if there is nothing essentially masculine or feminine, as queer theorists believe, then beauty’s status is even more precarious. ‘Beauty’ is whatever those in power – straight, wealthy white men, basically – say it is. Nothing is inherently or objectively beautiful. The British artist Grayson Perry summed this up nicely: … ‘To judge a work on its aesthetic merit is to buy into some discredited, fusty hierarchy, tainted with sexism, racism, colonialism and class privilege’ … It is hard to overstate the awful influence of these ideas on contemporary art. Queer theory treats judgements about beauty, quality and form as impositions of power. And of course to speak of a ‘soul’ or the inner life is nonsensical … Queering art means, in short, the subjugation of art to ideology … The identitarians of Artforum, however, see themselves pursuing social justice, a cause that overrides the passé demands of form, aesthetics and self-expression” (273).

In Artforum word ineengestrengelde taal gebruik, dikwels “Foucauldian* lingo” (318), sodat die presiese betekenis moeilik agterhaalbaar is. In hierdie konteks verwys die outeur na George Orwell wat gewaarsku het dat taal “becomes ugly and inaccurate because our thoughts are foolish, but the slovenliness of our language makes it easier for us to have foolish thoughts” (288). Orwell se opstel, “Politics and the English language” (1946), is myns insiens een van die bestes wat ooit oor Engels en taal in die algemeen geskryf is. Hy was eintlik ‘n voorloper van die grootliks Britse linguistiese wysbegeerte. Daar is baie meer substansie in Orwell se nalatenskap as bloot Animal Farm en Nineteen Eighty-Four. [* Eintlik “Foucaultian”. Michel Foucault (1926-1984) was ‘n linksgesinde Franse filosoof, anargis en homoseksueel wat aan vigs dood is en baie oor bv magsdinamika te sê gehad het.]

“Discussions among in-the-know artists, academics en critics … all agree about nearly everything: everyone knows that ‘neoliberalism’ is something bad; that liberal democracy is merely a more subtle form of tyranny; that Western societies are racist and sexist by design” (295). Nêrens ontleed die outeur liberalisme en demokrasie nie. ‘n Myns insiens ernstige gebrek in sy boek is dat hy hierdie twee verskynsels sonder meer as goed omarm; heel moontlik omdat hy uit die onderdrukkende teokrasie in Iran ontsnap het. Dit is nie prakties om hierdie saak hier verder te bespreek nie. Die beste is om bloot in gedagte te hou dat vryheid vir die ware kunstenaar belangrik is; dat sy skeppingsvermoë nie ten beste kan gedy in ‘n korset soos sosialistiese realisme of identiteitspolitiek nie.

“Arguments aren’t presented in point-counterpoint fashion … or in any logical sequence. Identitarian theory provides a common grammar or set of rules, and the point of the game is to signal political correctness. You can dip in and out of the stream of jargon as you please; it always flows in the same direction” (303). Huey Copeland het dit teen bv “homophobia, antiblackness, sexism, misogyny” wat hy “forms of violence” noem (303). Kobena Mercer praat in hierdie konteks van “culture wars” (310). “Copeland worried, the wider culture has yet to be fully transformed. We still aren’t nearly identitarian enough … the real crux of the matter [is]: What is art’s role in this political project? … the abstruse language disguised something very raw and simple – the desire for political mastery” (318).

“As with Emma Rice at Shakespeare’s Globe, here again it became clear that political power is the purpose and true measure of art in the identitarian mind. The question is never, ‘Does this piece of art express something true, beautiful or good?’ or even, ‘Do I enjoy this?’ … the criteria identitarians apply to art all have to do with power dynamics. The most important of these are intersectionality, visibility, individualism and legibility. To define these concepts is to expose the illiberalism of the ideas behind them” (325). Die rol wat politieke mag (“power”) hier speel, toon duidelik dat identiteitspolitiek ‘n manifestasie van kulturele marxisme is. (Aan die Universiteit Stellenbosch het sowel Russel Botman as Wim de Villiers te kenne gegee dat hulle die samelewing wil verander – glad nie noodwendig verbeter nie – klaarblyklik ooreenkomstig die wense van die marxisties-deurweekte ANC.)

Hier bo het ek reeds na interseksionaliteit verwys. “Intersectionality describes a method of investigating various social situations to determine which group is more oppressed and therefore has the better moral claim. As [Michelle] Kuo defined it, intersectionality ‘addresses the ways in which different kinds of discrimination overlap – how we never experience racism or gender bias in isolation – and treats identities as inseparable from institutional power.’ Think of it as a sort of grievance Olympics” (325). Gestel daar is in ‘n Franse klaskamer konflik tussen ‘n dosent wat ‘n vrou en gay is en ‘n student wat ‘n Moslem en Arabier is. Ingevolge magsdinamiek is die student vanweë bv kolonialisme en kapitalisme glo die mees benadeelde (333). “It is on account of intersectionality that identitarians insist that only whites can be racist” (333).

“Identitarian art devotes a great deal of energy to intersectionality, especially when it tries to uncover the racism, colonialism, sexism, transphobia, heteronormativity etc etc that are allegedly embedded in the art world itself: in the museums, in the collectors’ markets, in curatorial decisions and so on. Intersectionality provides the political script for these inquisitions, and if you know the oppression hierarchy among various group identities, you can easily figure out what the artist is trying to say … intersectionality … is one of the main culprits behind the sheer predictability of identitarian art” (341).

Oor sigbaarheid (“visibility”) word daar soos volg in identiteitspolitiek geredeneer: “Hitherto, certain groups of people have been marginalised or excluded from the culture on account of their race, sex, class and so on, and the injustices committed against them have likewise remained hidden” (348). Dit is die rede waarom hierdie groepe hulle deesdae alewig op die voorgrond dring. Dit help ‘n mens om te verstaan waarom die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) nie die Genootskap van Regte Afrikaners en die twee mense wat die ontwerp van die Taalmonument beïnvloed het (CJ Langenhoven en NP van Wyk Louw) huldig nie maar onlangs verkies het om eerder ‘n byeenkoms oor die destydse slawerny te hou en jaarliks ‘n rieldanskompetisie aan te bied. Die ATM doen alles moontlik om bruin mense te betrek. Terselfdertyd word geen spesiale poging aangewend om die museum of monument of Afrikaans as Afrikanernalatenskap en -prestasie te bemark nie. Afrikaners se eiendomsreg op Afrikaans en op die Taalmonument behoort erken te word, nie net in die onderwerpe van die voordragte wat aangebied word nie, maar ook in gereelde bv boeremusiek-, volkspele- en jukskeibyeenkomste. Wat doen die ATM vir die Voortrekkerbeweging? Die ATKV borg die rieldanskompetisie. Waarom nie ook Afrikanerbyeenkomste nie?

“In the 1980s and ’90s the identitarians adopted visibility as a goal … Nav Haq has written, ‘For artists, there was a deep desire to be made visible – identifiable – exactly for who they were. Subsequently, it could be said that they were offered the conditions to position the defining factor of their marginalisation – ie their race, gender, sexuality – as being something intrinsic to their art'” (387). Ron Karenga van die Black Arts Movement skryf: “Black Art must be for the people, by the people and from the people … all art that does not discuss or contribute to revolutionary change is invalid” (394).

“Identitarian art … has little patience for individualism … This … is another facet of identitarian art’s illiberalism” (441). Hannah Black skryf: “Art is not a space of pure self-expression” (441). MaarAhmari redeneer tereg: “Liberal culture insists there is something in each of us, something unique and immutable, that can’t be reduced to group identities such as race, nationality, gender, sexuality – in short, to collectivity” (448).

Identiteitspolitiek verafsku kuns wat universeel en tydloos verstaanbaar is, dus leesbaarheid (“legibility”) het (456, 510). Hieroor skryf Ahmari: Hedendaagse kuns is soms onleesbaar “owing to the loss of technical mastery and the erosion of standards. To be clear, legible art doesn’t have to be simple, populist, or conventionally beautiful. Such art doesn’t even need to be figurative or narrative-driven. I am not crying out for idyllic landscapes with ducks and geese (though these things have their rightful place) … But art shouldn’t be inept or ugly, and too often today outré politics justify plainly inept art” (471). Die ware kunstenaar “wrestles with the timeless and transcendent things in the world. The identitarians know, too, that their ideology can’t supplant the pure joy we take in the energetic brushstroke, in the playful line, in shape and colour, in the nobility of the human form, in the ecstasies of the human body in motion, in self-expression unbound – both for their own sake and for the deeper things they say about our love of beauty” (510).

In sy voorlaaste hoofstuk skryf Ahmari onder meer oor ‘n Acosta. In ‘n onlangse opvoering “he lies seductively on the floor and asks a mostly white audience to count as he twerks more than a thousand times – one twerk for every African-American killed by the police in the US in 2015” (746). “The twerk … is a hip-hop dance, in which the dancer squats low to the ground and rapidly thrusts and gyrates the derrière” (684). Sou ‘n blanke akteur toegelaat word om dieselfde oor bv plaasmoorde voor ‘n swart gehoor te doen?

In die laaste hoofstuk skryf Ahmari: “For many people in the West, all thinking about culture has been reduced to a single mental reflex: art is worthwhile if it validates the narratives, identities and feelings of ‘maginalised’ groups or, conversely, lays bare the injustices of the ‘mainstream'” (795). Na aanleiding van die voorafgaande vra hy: “Is it any wonder … that Americans and Europeans are increasingly embracing nationalist parties and illiberal movements – or why Donald Trump, Marine Le Pen, Viktor Orbán and their like are making significant gains at the ballot box?” (819). “They can do identity politics, too: it’s called white nationalism” (830).

Jare gelede toe Marilyn Martin die direkteur van die Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad was, was sy gaande oor die skilderye van wat sy as dié van ‘n onbekende swart kunstenaar beskou het. Daarna het dit geblyk dat dit die werk van ‘n miskende blanke skilder is wat ‘n swart naam en van op sy skilderye aangebring het om te toets of die keuring ingevolge kuns of politiek gedoen word. Wat ons hier en in Ahmari se boek mee te make het, is simptomaties van ‘n kultureel siek samelewing.

Gelukkig geld dit nie almal in die samelewing nie. Konserwatiewe, tradisievaste burgers, soos in regse geledere aangetref word, is goed teen skadelike ideologie verskans. Maar hulle moet desnieteenstaande waaksaam wees, want hulle word in die massamedia (pers, radio, rolprent, televisie, internet) en elders, bv by opvoerings, “kunstefeeste” en self by die Afrikaanse Taalmonument, dikwels blootgestel aan politieke korrektheid en verwante hedendaagse ideologiese euwels. Gelukkig is daar steeds kunstenaars, soos skilders, wat in hulle ateljees ongesteurd voortgaan om kuns om kunsonthalwe te beoefen en daar is gelukkig ook kopers vir wie mooi steeds mooi en nie-ideologies is.

Is hy ‘n regte Moslem?

Oeps! Verkeerde hand.

Oor die hele wêreld het mense geskok en met afsku gereageer toe die Russiese ambassadeur in Turkye, Andrei Karlof op 19 Desember plotseling in die rug geskiet was deur die 22-jarige jihadistryder Mevlüt Mert Altintas. Sonder ‘n skyn van kans het die ambassadeur – wat besig was om in ‘n kunsgalery ‘n toespraak te lewer – inmekaargesak soos wat die koeëls vanagter deur sy borskas gebars het.

Gewapenderhand en onder luide paniek het die skutter homself as Islamis voorgehou met sy uitinge van “Allahoe Akbar!”, oftewel “God is groot”. Daarmee het hy ook opmerklik sy wysvinger in die lug gesteek om sy oortuiging nog sterker by die publiek oor te bring. Die hoofstroommedia het ongesensureer hierdie beeld aan miljoene kykers aan die wêreld gebring om hierdie gruwel nog verder op ons netvlies te brand.

En dis hier waar ek in my naiëwe onskuld onraad begin ruik het.

Dit is bekend dat Islamiste hul wysvinger in die lug steek om hulself dusdanig te identifiseer (Let wel, die begrip “Islamis” verwys uitsluitend na radikale en militante Moslems). Hierdie handgebaar staan bekend as die Sjahada, en beteken dat daar geen ander god as Allah is nie. Die gebruik van hierdie teken het veral begin toeneem met die opkoms van die Islamiste van die laaste paar jaar.

Hierdie gebaar word altyd met de regterhand gemaak. Die jong Turkse Islamis het egter met sy linkerhand hierdie gebaar gemaak, en dit is ‘n growwe belediging.

Aangesien die linkerhand in die Islamitiese tradisie gebruik word om hul sitvlak af te vee, is enige vorm van verwysing met hierdie hand ‘n belediging. Selfs om na iemand te waai met die linkerhand word onder Moslems as onwelgevallig beskou, laat staan nog die verwysing na die allerhoogste.

Ten minste doen Obama dit reg.

Vandaar onstaan by my die vermoede dat hierdie pistoolswaaiende knaap geen ware gelowige is nie, maar iemand is wat ingesit is om ‘n streep te trek deur die verhoudinge tussen Rusland en Turkye, wat ‘n bietjie te vriendlik begin word het. Laat ons nie vergeet nie dat Turkye nog steeds ‘n formidabele NAVO-lid is en op Amerika na oor die grootste weermag in daardie Noord-Atlantiese blok beskik. Deur ‘n gespanne situasie te skep tussen Turkye en Rusland kan ‘n poging wees om hierdie verlore skaap weer terug in die NAVO kamp te lok teen Rusland.

Amerika se rol in die Midde-Ooste word steeds minder duidelik. Aan die een kant wil hulle van die Siriese leier Basjar al-Assad ontslae raak, maar tegelykertyd meen hulle teen die Islamitiese Staat te baklei. Turkye, Jordanië en die Golfstate het belang daarby om Sirië te breek, aangesien Sirië, Iran en die Hezbollah in Libanon ‘n Sjihitiese as vorm,  wat die aartsvyande van die Soennimoslems is, waar die eersgenoemde lande – en ISIL – ook aan behoort. Toegegee, Sirië is ‘n ingewikkelde kwessie, met ‘n meerderheid Soennimoslems, maar Assad is as Alawiet (sy stamverwantskap) ook geneig na die Sjihitiese oortuiging selfs al is hy sekulêr en tolerant teenoor minderhede.

Die radikale ISIL kon egter die hele tyd op Amerikaanse steun reken, totdat hulle in 2014 hul mandaat oortree het en in Mosul in Noord-Irak begin optree het, wat Amerikaanse oliebelange aldaar in gevaar gebring het.

As gevolg van Amerika se onduidelike en onbetroubare rol – laat staan nog die seer wonde van die mislukte Gülen staatsgreep van enkele maande gelede – vind Turkye ‘n beter bondgenoot in Rusland as in hul eie NAVO lede. Hulle voel dat Amerika hulle bedrieg het, en ISIL weet ook nie meer of hulle op daardie land kan vertrou nie. Een oomblik ontvang hulle wapens en finansiële steun van die VS en die Golfstate, en die ander oomblik word hulle aan hul lot oorgelaat en word slagoffer van die Siriese teenoffensief. Die “gematigde rebelle” het egter ook radikale oortuigings, maar hulle is nie dieselfde as ISIL nie. Die laasgenoemde is baie beter georganiseer en het veel groter ambisies, terwyl die sogenaamde gematigdes – wat eintlik ewe bloeddorstig is – slegs op plaaslike vlak vrede vir hulself wil bewerkstellig.

Die situasie raak steeds meer Orwelliaans, met geen duidelike vriend of vyand nie. Rusland moet oppas om nie in dieselfde verwarring betrokke te raak nie.

Hulle moet wel bedagsaam wees dat sulke taktieke van bruikbare idiote om belangrike diplomate te vermoor meestal vanuit ‘n skadunetwerk georganiseer word, soortgelyk aan die Serwiese student Gavrilo Princip wat ‘n lid van die Swart Hand was. Soos ons weet het hierdie netwerk genoeg mag gehad om die hele Europa in ‘n bloedbad te omskep in 1914.

Net soos wat Rusland gehelp het om van Sirië se chemiese wapens op diplomatieke wyse ontslae te raak – tot die groot verdriet van die VS – kom ons hoop dat Poetin en Sergei Lawrof weer hul kaarte reg sal speel met hierdie nuutste poging om Rusland in ‘n oorlog te lok.

Leon Lemmer: Van slawerny tot progressiewe arbeid?

Daar is ‘n literêre werk wat deur Edmund Wilson (1895-1972) bestempel is as die belangrikste boek wat in die Amerikaanse Konfederasie geskryf is. Hy verwys na Mary Boykin Chesnut (1823-1886) se Diary (edited by Isabella D Martin and Myrta Lockett Avary, Digireads, 1905/2014, 214p; Amazon Kindle $1,13). Chesnut se pa, Stephan Miller (1788-1838), was die goewerneur van Suid-Carolina en later ‘n senator in Washington DC. Haar man, James Chesnut (1815-1885), was voor die uitbreek die die Amerikaanse Burgeroorlog (1861-1865) eweneens ‘n senator en daarna ‘n adjudant vir die president van die Konfederasie, Jefferson Davis (1808-1889), en ‘n generaal in die konfederale leër. “It was always his luck to arrive in the nick of time and be present at a great battle” (Kindle 2451).

Die Konfederasie verwys na die sewe (later elf) suidelike Amerikaanse state wat van die Unie weggebreek en Richmond, Virginia, as hoofstad gehad het. In hierdie suidelike state is geredeneer dat hulle vrywillig by die Unie aangesluit het, dat die sentrale regering in Washington DC net beperkte gesag oor hulle in ‘n aantal duidelik omskrewe sake het en dat iedere staat die vryheid het om van die Unie weg te breek. Daarenteen was die president van die VSA, Abraham Lincoln (1809-1865, president 1861-1865), van mening dat die Unie ten alle koste behoue moet bly; dat daar ‘n sterk sentrale regering en ‘n enkele Amerikaanse nasie moet wees. Toe sommige van die suidelike state van die Unie wegbreek, het die Burgeroorlog gevolg.

Mary Chesnut het in die hoogste politieke kringe in die Konfederasie beweeg. Sy en haar man en die presidensiële Davis-egpaar was huisvriende. Hulle was baie patrioties en het dwarsdeur die oorlog bly glo dat hulle saak reg is. “The real ammunition of our war is faith in ourselves and enthusiasm in our cause” (2504). “Our people are brave, our cause is just; our spirit and our patient endurance beyond reproach” (2622).”I would rather live in Siberia, worse still, in Sahara, than live in a country surrendered to Yankees” (2253). Yankees is die naam vir die inwoners van die noordelike state. Die suidelike state het bloot op hulle vryheid, hulle reg om alleen gelaat te word, aangedring terwyl die Unie, met Lincoln aan die spits, ‘n oorlog ter verowering teen hulle gevoer het.

“Madame, your country is invaded” (620). “If we could only separate … and not have a horrid fight for divorce” (468). “We would be only too grateful to be left alone” (1580). Suid-Carolina is ‘n “poor, little, hot-blooded, headstrong, rash, and troublesome sister State” genoem (730). Die suidelike state was landbou-georiënteerd en afhanklik van slawe-arbeid; iets wat nie in dieselfde mate vir die noordelike state met hulle nywerhede gegeld het nie. Slawerny was nie die oorsaak van die Burgeroorlog nie, maar Lincoln het die slawe in die Konfederasie enersyds tot opstand aangehits en hulle andersyds aangemoedig om na die noorde te dros sodat hy hulle onder meer teen die konfederale soldate kon gebruik. In die dagboek word daar verwys na ‘n “black regiment” (4218). Vir die suidelike state was dit ‘n geval van “Yankees in front and negroes in the rear” (627). Lincoln het hom, soos FW de Klerk meer as ‘n eeu later, in so ‘n mate vasgeverf met sy uitlatings oor die swartes dat die slawe na die Burgeroorlog as vrye wesens oor die land losgelaat is.

Die outeur blyk ‘n goed ingeligte, intelligente persoon te wees wat sowel Frans as Duits magtig was. Sy was ‘n fyn waarnemer. “I am a tolerably close observer, a faithful watcher have I been from my youth upward of men and manners. Society has been for me only an enlarged field for character study” (4717). Hoewel Chesnut gelowig was, was sy nie eng godsdienstig nie. Sy was teen slawerny gekant. “Slavery has to go, of course, and joy go with it” (1151). Hulle huwelik was kinderloos. “Women have such a contempt for a childless wife” (2030). “Of course, I know nothing of children: in point of fact, am awfully afraid of them” (3541). Daar is tekens van feminisme by haar te bespeur.

Die dagboek is goed geskryf en die lesers leer haar ken as iemand wat maklik lag. “The reason I can not bear Mrs Chesnut is that she laughs at everything and at everybody” (2720). “If I laugh at any mortal thing it is that I may not weep” (4762). Sy was dikwels depressief en siek en het maklik gehuil. “I cried with a will” (5570). “This woman cries with her whole heart, just as she laughs” (4887). Die dagboekinskrywings dek die tydperk 8 November 1860 tot 2 Augustus 1865. “For the first time in my life no books can interest me. Life is so real, so utterly earnest, that fiction is flat” (2491). “I write daily for my own diversion. These mémoires pour servir may at some future day afford facts about these times and prove useful to more important people than I am” (1984).

Die Chesnut-egpaar het as welvarende plaaseienaars die oorlog binnegegaan maar na die oorlog as verarmdes gespook om te oorleef. Inflasie het sy tol geëis. “You take your money to market in the market basket, and bring home what you buy in your pocket-book” (3974). “The loss of our private fortune the smallest part” (3798). “Our best and bravest are under the sod” (4672). “All that pleasant company are dead, and our world, the only world we cared for, literally kicked to pieces” (3342). “Hearts do break in silence, without a word or a sigh” (4404). Van party gewonde soldate het min ledemate, ens, oorgebly. Van een van hulle is gesê: “He has body enough left to hold his soul” (3941). “They were awfully smashed-up, objects of misery, wounded, maimed, diseased” (4482). “War leads to love-making … the farce is ‘Cupid on Crutches'” (4040).

Die Konfederasie het tevergeefs op buitelandse steun gehoop. “From the outside no help indeed cometh to this beleaguered land” (1969). Die aanvoerder van die Unie-magte, William Sherman (1820-1891), word in die noordelike state geloof, maar hy het ‘n beleid van verskroeide aarde in die Konfederasie gevolg. Chesnut noem hom “vandal Sherman” (4952). “My husband said Nature is a wonderful renovator” (5385). “Nature is so luxuriant here, she soon covers the ravages of savages” (5392).

In die Konfederasie was daar een opsie wat nooit oorweeg sou word nie, naamlik Britse herkolonisering. “The British are the most conceited nation in the world, the most self-sufficient, self-satisfied, and arrogant. But each individual man does not blow his own penny whistle; they brag wholesale” (1862). “It is a crowning misdemeanor for us to hold still in slavery those Africans whom they [the British] brought here from Africa, or sold to us when they found it did not pay to own them themselves. Gradually, they slid or sold them off down here; or freed them prospectively, giving themselves years in which to get rid of them in a remunerative way” (1882). Tydens die Burgeroorlog moes die suiderlinge William Howard Russell (1820-1907) as joernalis van die Londense koerant, The Times, verduur. Hy het met “three P’s – pen, paper, prejudices” – gekom (970).

Die heel eerste dagboekinskrywing noem dat Lincoln tot Amerikaanse president verkies is. Iemand het gesê: “Now that the black radical Republicans have the power I suppose they will Brown us all” (232). Die Republikeinse Party was teen slawerny gekant en in daardie sin pro-swart. “Brown” verwys na John Brown (1850-1859) wat slawerny wou afskaf deur opstande te stook. “Now if slavery is as disagreeable to negroes as we think it, why don’t they all march over the border where they would be received with open arms? It amazes me. I am always studying these creatures. They are to me inscrutable in their way and past finding out. Our negroes were not ripe for John Brown” (1391).

Die outeur het gesien hoe ‘n swart slavin opgeveil word. “She seemed delighted with it all” (375). Oor ‘n slaaf: “He is awfully grateful to us for buying him” (3535). Daar is verwag dat die slawe tydens die Burgeroorlog in algehele opstand sou kom, maar “not by one word or look can we detect any change in the demeanor of these negro servants” (696). “They don’t go to the enemy, because they are comfortable as they are, and expect to be free anyway” (3163). ‘n Slavin het gesê: “We were comfortable every way — good house, everything” (783). ‘n Slaaf het in lewensgevaar vir sy eienaar “a bucket of ham and rice,” wat hy gekook het, op die slagveld geneem (1378).

“The best way to take negroes to your heart is to get as far away from them as possible. As far as I can see, Southern women do all that missionaries could do to prevent and alleviate evils. The social evil has not been suppressed in old England or in New England, in London or in Boston. People in those places expect more virtue from a plantation African than they can insure in practise among themselves with their own high moral surroundings … The Northern men and women who came here were always hardest, for they expect an African to work and behave as a white man. We do not” (2044).

“Mrs Preston and I were talking of negroes and cows. A negro, no matter how sensible he is on any other subject, can never be convinced that there is any necessity to feed a cow. ‘Turn ’em out, and let ’em grass. Grass good nuff for cow'” (2583). “Evas are mostly in the heaven of Mrs [Harriet Beecher] Stowe’s [1811-1896, Uncle Tom’s Cabin, 1852] imagination. People can’t love things dirty, ugly, and repulsive, simply because they ought to do so, but they can be good to them at a distance; that’s easy. You see, I can not rise very high; I can only judge by what I see” (2057).

Teen die einde van die oorlog het die aanslag op die konfederale hoofstad, Richmond, begin. “Am I the same poor soul who fell on her knees and prayed, and wept, and fainted, as the first gun boomed from Fort Sumter? Once more we have repulsed the enemy. But it is humiliating, indeed, that he can come and threaten us at our very gates whenever he so pleases. If a forlorn negro had not led them astray (and they hanged him for it) on Tuesday night, unmolested, they would have walked into Richmond” (4107).

Na die oorlog skryf Chesnut: “These negroes are unchanged” (5345). “The fidelity of the negroes is the principal topic. There seems to be not a single case of a negro who betrayed his master, and yet they showed a natural and exultant joy at being free. After we left Winnsboro negroes were seen in the fields plowing and hoeing corn, just as in antebellum times. The fields in that respect looked quite cheerful. We did not pass in the line of Sherman’s savages, and so saw some houses standing” (5398). “Nothing is left to us now but the bare land, and the debts contracted for the support of hundreds of negroes during the war … The negroes would be a good riddance. A hired man would be a good deal cheaper than a man whose father and mother, wife and twelve children have to be fed, clothed, housed, and nursed, their taxes paid, and their doctor’s bills, all for his half-done, slovenly, lazy work. For years we have thought negroes a nuisance that did not pay. They pretend exuberant loyalty to us now. Only one man of Mr Chesnut’s left the plantation with the Yankees” (5431).

“The negroes have flocked to the Yankee squad which has recently come, but they were snubbed, the rampant freedmen. ‘Stay where you are,’ say the Yanks. ‘We have nothing for you.’ And they sadly ‘peruse’ their way. Now that they have picked up that word ‘peruse,’ they use it in season and out. When we met Mrs Preston’s William we asked, ‘Where are you going?’ ‘Perusing my way to Columbia,’ he answered. When the Yanks said they had no rations for idle negroes, John Walker answered mildly, ‘This is not at all what we expected.’ The colored women, dressed in their gaudiest array, carried bouquets to the Yankees, making the day a jubilee. But in this house there is not the slightest change. Every negro has known for months that he or she was free, but I do not see one particle of change in their manner. They are, perhaps, more circumspect, polite, and quiet, but that is all. Otherwise all goes on in antebellum status quo. Every day I expect to miss some familiar face, but so far have been disappointed” (5516).

“Went to our plantation, the Hermitage, yesterday. Saw no change; not a soul was absent from his or her post. I said, ‘Good colored folks, when are you going to kick off the traces and be free?’ In their furious emotional way, they swore devotion to us all to their dying day … ‘Well, William, what do you want?’ asked my husband. ‘Only to look at you, master; it does me good” (5542). Hedendaagse Amerikaanse swartes stel slawerny heeltemal anders voor as in Chesnut se eerstehandse verslag; dermate dat hulle op kompensasie aandring. Insgelyks stel Suid-Afrikaanse swartes apartheid so wreedaardig en verontmenslikend moontlik voor ten einde soveel moontlik bevoordeel te word.

Chesnut wek die indruk dat slawerny ‘n parasitiese stelsel ten koste van slawe-eienaars was. Hedendaagse Amerikaanse swartes, daarenteen, stel slawerny voor as ‘n uitbuitende opset waarin hulle voorgeslagte nie na behore vir hulle arbeid vergoed is nie. Daar word dan met vergesogte eise gekom waarvolgens huidige vrygebore swartes vir die beweerde benadeling van slawe vergoed moet word. Sonder dat individuele swartes iets hoef te doen, maak groeplidmaatskap hulle glo geregtig op terugbetaling. Dié geld moet opgedok word deur ander mense as die (veral blanke) dooies wat glo destyds onregmatig deur slawerny bevoordeel is.

Lank na emansipasie in 1865 het Amerikaanse swartes op groot skaal begin koerskies uit die suide na die noorde en weste van Amerika. Hulle het ten minste aanvanklik vryelik die sekuriteit van kos, huisvesting, ens, in ruil vir hulle arbeid verkies. Hierdie etniese groep het klaarblyklik nie in dieselfde mate as blankes waarde aan vryheid geheg nie. In Afrika is na bewering tradisioneel net sowat ‘n kwart van die swart bevolking nie deur hulle medeswartes verslaaf nie (Hinton Rowan Helper, The negroes in Negroland, New York: GW Carleton, 1868, 225p; Amazon Kindle $1,13, 541, 560, 1745). “Slavery in Africa as a national institution … seems to have existed always” (655).

“The liability to fall into a condition of servitude is not so frightful in Africa as it is where there is a higher appreciation of personal liberty; nor does the same odium attach to the term slave as is attached to it among civilized men. The African sees very little difference between the authority exercised over him by one whom he acknowledges as his master and the petty tyranny which is exercised by most African chiefs over their subjects; and so long as he is worked moderately, and treated kindly, he has but little cause for dissatisfaction, and not infrequently by his own choice places himself in this condition” (570). Die voorafgaande twee sinne is heeltemal in ooreenstemming met Chesnut se standpunt.

Slawerny het voor- en nadele gehad. Ek mik na ‘n konstruktiewe aanwending van die positiewe aspekte in die hedendaagse Suid-Afrika. Naas Helper se boek is daar ‘n ander bron waarna ek by ‘n vorige geleentheid verwys het. William Buckley “proposed, several years before Governor Reagan offered his hard-nosed welfare-reform program in California, that all welfare recipients be required to do ‘street cleaning and general prettification work’ for the city. Here was the first conservative enunciation of the workfare principle, or as Buckley put it rather crudely, ‘No workee, no dolee'” (Lee Edwards, William F Buckley Jr: The maker of a movement, Wilmington: Intercollegiate Studies Insitute, 2014, 208p; Amazon Kindle $11,39, 1249).

In Suid-Afrika word protes, wat dikwels gewelddadige afmetings aanneem, as ‘n fundamentele mensereg beskou, seker omdat geweld in die DNS van die ANC is. Dit misken ‘n fundamenteler beginsel: dat iets in ruil vir niks ‘n onding is. Diegene wat nie vir dienste betaal nie behoort geen reg te hê om oor gebrekkige of geen dienste te betoog nie. Nie-betalers behoort verplig te word om iets in ruil vir dienste, huisvesting, ens, te doen, bv strate te vee, rommel op te tel en plante te versorg.

Deesdae is die Amerikaanse middestede die nuwe plantasies waar swartes aangetref word. “Under slavery, blacks had to work; today’s blacks don’t have to work to inhabit the progressive plantation” (Dinesh D’Souza, Hillary’s America, Washington: Regnery Publishing, 2016, 256p; Amazon Kindle $19,24, 366). Die verskil tussen enersyds die hedendaagse werkloosheidstoelae en andersyds vergoeding vir werk is so klein dat baie mense verkies om nie te werk nie. Staatstoelaes aan gestremdes en bejaardes kan geregverdig word, maar nie oorkompensasie aan diegene wat nie (wil) werk nie. In Suid-Afrika is die wanverhouding tussen diegene wat ‘n bate vir die samelewing is en diegene wat ‘n (finansiële) las vir die land is veel groter as in Amerika. Hierdie situasie versleg eksponensieel. Die huidige beleid van staatsaalmoese is nie volhoubaar nie.

Nelson Mandela het graag beweer dat Suid-Afrika se mense die land se grootste bate is. Hy het dit gedoen om populêr te wees en natuurlik ook omdat hy en sy politieke party meerderheidsteun geniet het. Maar in ‘n land waarin die meeste mense onproduktief is en baie van hulle roofbou toepas, dus afbreek pleks van opbou, is ruim die helfte van die inwoners eerder ‘n ekonomiese las as ‘n bate. Maniere moet gevind word om die onproduktiewes en sosiaal skadelikes tot ‘n voorbeeldige leefwyse te transformeer. Dit kan gedoen word deur minder rojaal enersyds met staatstoelaes en andersyds met bv minimum vergoeding te wees. Die nie-produktiewes is soos die spoorwegnetwerke: hulle is daar maar hulle word nie na behore benut nie.

Onder diegene wat in die nuwe Suid-Afrika as politieke leiers ontpop het, is daar ‘n hele aantal tronkvoëls wat oorsimpatiek jeens misdadigers is. Anders as in sommige beskaafde lande is sake in die nuwe Suid-Afrika so bewimpel dat prisoniers niks in ruil vir hulle onderhoud hoef te doen nie en hulle boonop stemreg het. In die goeie ou dae kon dikwels gesien word hoe bandiete op paaie of plase werk. ‘n Bewaarder het hulle opgepas en hy het die reg gehad om enigeen wat probeer ontsnap, te skiet. Toe was dit nie nodig dat daardie bewaarders superbewaarders moes hê om oor hulle toesig te hou nie. Ontsnappings het selde indien ooit plaasgevind. Prisoniers en onwettige immigrante behoort verplig te word om werk in ruil vir hulle onderhoud te doen, of daar behoort ten minste sodanige opsie te wees, wat dalk vir baie van hulle aanvaarbaar sal wees.

Weens die huidige preokkupasie met menseregte, bv vryheid, kan slawerny kwalik in sy oorspronklike vorm teruggebring word. Maar dit is moontlik dat baie werkloses die sekuriteit van ‘n werk en ‘n inkomste sal verkies bo die kreperende vryheid van leeglê. Dit het sielkundig groot voordele om eerder ‘n nuttige burger as ‘n oorlas te wees. Daarmee word selfrespek teruggewen. As staatstoelaes ingekort word, moet leeglêers eerder tot werk as misdaad verplig word. Dit kan deur strenger en doeltreffender wetstoepassing bewerkstellig word.

Wanneer die ANC iets doen wat weersin by sommige wek, word ‘n mooi klinkende naam daarvoor uitgedink. Vandale en terroriste word “vryheidsvegters” genoem. Swart oorheersing word “demokrasie” genoem. “Demografies verteenwoordigend” beteken minstens 80% swart. Die akademiese agteruitgang van universiteite word “transformasie” genoem. Rassediskriminasie teen en benadeling van blankes word “regstellende aksie”, “bemagtiging”, ens, genoem. ‘n Stelsel wat werkloses tot werk verplig of selfs net aanmoedig, sal deur liberaliste afgeskiet word. Dit sou onvanpas en dalk selfteenstrydig wees om dit “liberale arbeid” te noem. Maar “progressiewe arbeid” klink vir my na ‘n gepaste benaming. Werkkolonies behoort geskep te word waar werkloses vir ‘n bepaalde tydperk en teen vasgestelde vergoeding gekontrakteer word. Nuttige werk, soos die herstel van paaie, kan deur hulle onderneem word. Daar moet liewer in landsbelang gedink word en nie ingevolge oordrewe menseregte, soos vryheid sonder verantwoordelikheid, nie.

In propaganda word ons wysgemaak dat “vryheidsvegters” vir ons die salige staat van demokrasie, in die vorm van swart oorheersing, besorg het. Isaiah Berlin (1909-1997) het vryheid as die afwesigheid van inmenging gedefinieer. Philip Pettit het vryheid as nie-dominansie herdefinieer (Jason Brennan, Against democracy, Princeton University Press, 2016; 304p; Amazon Kindle $18,43, 1745). Die waarheid is dat die belange van blankes in die nuwe Suid-Afrika nie net aan voortdurende inmenging deur die swart regering blootgestel is nie, maar ook aan naakte dominansie. Vir blankes is die nuwe Suid-Afrika ‘n era van onvryheid, dus in daardie opsig soos slawerny. Dink aan hoe blanke sakemanne en boere verplig word om van hulle eiendom, sonder enige teenprestasie van swartes, aan swartes af te staan. Vryheid vereis regte wat ons vrywaar teen inmenging en dominansie. Sodanige regte bestaan nie. Maar dan kom mense soos FW de Klerk en Leon Wessels en vertel herhaaldelik dat ons in ons noppies met die grondwet moet wees.

Karel Combrinck: Ras en beskawing

‘n Stelling dat meeste, indien nie alle nie, menslike ondernemings deur die eeue heen in mislukkings geëindig het, sal seker sommiges na die pen laat gryp met beskuldings van “negatief” of “pessimisties” of selfs “rassisties”. (Alles waarmee die konformerende elite nie saamstem nie is outomaties “rassisties”.) Tog het feite die manier om hardnekkig te wil terugveg teen ideologieë en dogmas van allerlei aard.

Kom ons noem kortliks enkele gevalle van reusagtige mislukkings: Die ryk van Aleksander, die Persiese ryk, die epiese tog van Hannibal oor die Alpe in ‘n poging om die rug van Romeinse heerskappy te gaan knak, maar wat uitgeloop het op die sloping van sy glorieryke stad Kartago, die ondergang van die einste Romeinse Ryk en die Bisantynse ryk, die monumentale ramp van die Kruistogte, die selfverterende Franse Rewolusie, die rampspoedige Napoleontiese avontuur wat hom in Rusland te pletter geloop het, die Wêreldoorlog van 1914-18 met die Bolsjewistiese Rewolusie as gevolg, die Wêreldoorlog van 1938-1945, met inbegrip van die rampspoedige Duitse veldtog in Rusland.

Die Egiptiese beskawing, miskien die grootste van almal, het in 332 v.C. na ‘n bestaan van bykans drieduisend jaar met die verowering deur Aleksander tot ‘n val gekom. Die laaste “Farao”, Cleopatra Philopator (69-30 v.C.) was, soos ons weet, geen Egiptenaar nie, maar wel ‘n Griek.

Wat van die Geallieerde inval in Normandië in Junie 1944? Hieroor sal daar uiteenlopende menings wees, na gelang van die oogpunt waaruit dit beoordeel word. Uit die oogpunt van die Angel-Saksiese wêreldling en die Amerikaanse globale geldempaaier was dit natuurlik ‘n groot sukses. Uit die oogpunt van die nasiestaat en die voortbestaan van die wit ras en die wit beskawing was dit moontlik die grootste ramp van almal.

En wat het oorgebly van die Britse Ryk na die soort van beheerde inploffing wat daar plaasgevind het? Binne die leeftyd van baie van ons hier was Brittanje nog ‘n magtige wêreldryk. Baie van ons onthou nog die “winds of change”-toespraak van Harold Macmillan in die parlement in Kaapstad op 3 Februarie 1960 waarin hy by implikasie die einde van die ryk aangekondig het. Vandag het die empaaier weggekrimp tot ‘n benoude eilandjie, oorbevolk deur Indiërs, Pakistani’s en Nigeriërs met ‘n buitensporige bank- en finansiële sektor, so op die patroon van ‘n Hong Kong of ‘n Singapoer — rykdom wat in ‘n paar hande gekonsentreer is en wat die oorblyfsel is van die roofbou wat hulle in die voormalige kolonies beoefen het. Soos Marcus Antonius in sy begrafnisrede vir Julius Caesar gesê het :

Are all your conquests, glories, triumphs, spoils,
Shrunk to this little measure (Shakespeare, Julius Caesar Bedryf I Ton. 8)

En les bes, wat het van ons geword ? Driehonderd-en-vyftig jaar van opoffering, toewyding, swaarkry, veg, vasbyt, opbou, beplan, vertrou, alles, alles tevergeefs? Maar daaroor is al genoeg gesê.

Die vraag ontstaan: watter soort ramp staar die Westerse beskawing volgende in die gesig en is dit ‘n katastrofe waarvan ons ooit weer sal kan herstel?

Twee scenario’s doen hulle voor :

Die eerste moontlike katastrofe wat die mensdom kan tref, is dié van ‘n massale uitdelging deur vuur en swawel, om dit so te noem. Ons het onlangs hierdie bedreiging naelskraap vrygespring toe die halfbesete Hillary Clinton in die Amerikaanse presidentsverkiesing die onderspit gedelf het. Die gewapende konflik met Rusland waarheen sy op pad was, sou outomaties ook op ‘n konfrontasie met Sjina uitloop en so ‘n konfrontasie sou eenvoudig ‘n kernoorlog en die uitwissing van die menslike ras en trouens van bykans alle lewe op aarde beteken.

Maar daar is ook ander maniere om die beskawing te vernietig en uiteindelik die vernietiging van die mens self te bewerkstellig.

In sy mylpaalgedig uit 1925, The Hollow Men, skryf T. S. Eliot:

This is the way the world ends
This is the way the world ends
This is the way the world ends
Not with a bang but a whimper.

Dit is dus duidelik dat Eliot meer as een wyse oorweeg het waarop die wêreld tot ‘n einde kan kom. Dit is ook duidelik dat hy ‘n gewelddadige en vernietigende konfrontasie (bang) as een so ‘n moontlikheid oorweeg het, maar dat hy tot die gevolgtrekking geraak het dat die wêreld eerder in die teendeel hiervan, nl. ‘n kreuntjie (whimper) tot sy einde sal kom.

Wat beteken die kreuntjie dus presies? Dis nie altyd maklik om presiese betekenisse aan die uitinge van digters te heg nie, maar uit Eliot se werke in die algemeen, asook die titel van die gedig, wil dit blyk dat hy ‘n soort geestelike en morele verval in gedagte kon gehad het, dws ‘n beskawing wat sy ankers byster geraak het en van sy waardes en sy natuurlike aard vervreem geraak het en dus van binne uitgehol is.

Sonder om dus betekenisse aan Eliott te wil toedig, wat hy self miskien nie in gedagte gehad het nie, of net deels in gedagte gehad het, word aan die hand gedoen dat in die tydvak waarin ons leef, die kwessie van verlies van kulturele identiteit moontlik die hoofsaaklike bedreiging geword het van ons beskawing en uiteindelik van die mensdom self, wat dus ten slotte gedoem is tot uitwissing in die vorm van ‘n magtelose kreun.

Hoe kan die skouspel van honderdduisende ” vlugtelinge” vanuit die derde wêreld wat Europa oorstroom, wat op sypaadjies woon, die landskap besmeer en besoedel met vullis en rommel, in swembaddens ontlas en wat wit vrouens en meisies verkrag en molesteer anders beskryf word as ‘n kreun van die Westerse beskawing of wat daarvan oorgebly het?

En wie praat van verlies aan kulturele identiteit, praat noodwendig ook van verlies aan rasse-identiteit.

In sy artikel van 10 Desember op Praag haal Leon Lemmer soos volg aan uit ‘n werk oor multikulturalisme van twee Amerikaanse akademici, David O Sacks en Peter A Thiel :

“Multiculturalism filled the vacuum created by the elimination of the West” (963). “Multiculturalism amounts to nothing less than a war on Western civilization and, beyond it, a war on the very idea of civilization.”

In nog ‘n artikel van Leon Lemmer, (Samuel Huntington oor die botsing van beskawings van 5 Nov. 2016) verskyn die volgende aanhaling :

” …if the purpose of education is to impart knowledge, then its purpose is to impart Western civilization. “

Met hierdie sienswyses is ons dit natuurlik roerend eens. Maar wat die Amerikaanse professore nie durf sê nie, is dat ons Westerse beskawing en die blanke ras eintlik twee woorde is vir dieselfde ding. Daarom moet dit vir enige regdenkende mens duidelik wees dat ‘n aanval teen die een ‘n aanslag teen die ander is. Wie die Westerse kultuur wil beveilig, moet hom noodwendig vir die voortbestaan van die blanke ras ook beywer. In stede hiervan beleef ons dekades reeds ‘n vernietigende tweeledige aanval teen beide die wit ras en die Westerse kultuur.

Kyk gerus maar weer na die foto by die Praagberig Olifant in die wiskunde-klaskamer van 9 Desember. Watter hoop op voortbestaan kan daar wees vir ‘n samelewing soos daar uitgebeeld? Watter soort samelewing en watter soort beskawing kan op so ‘n manier voortduur? Anders gestel, is voortbestaan van so ‘n aard hoegenaamd die moeite werd?

Na elke kolossale fiasko in die geskiedenis probeer mense om redes daarvoor te soek en om maniere te vind om ‘n herhaling van dieselfde soort katastrofe te voorkom. Meesal word dan net weer nuwe foute gemaak waaruit die daaropvolgende ramp dan op sy beurt ontstaan.

Na die Tweede Wêreldoorlog het die Westerse samelewings, onderhewig aan hewige propaganda, die feit, of die mite, verkondig dat die oorlog hoofsaaklik die gevolg was van rasse-onverdraagsamheid. Duidelik was rasse-oorwegings nie die oorsaak van die Tweede Wêreldoorlog nie, hoewel sulke oorwegings met verloop van die oorlog wel prominensie verkry het. Feit is egter dat propaganda die wêreld juis dít wysgemaak het: Rasseverskille veroorsaak konflikte en selfs wêreldoorloë. En vandaar dus die volgende mite in die proses van ideologiese breinspoeling: Rasseverskille bestaan nie.

So dit is dan die verhaal van die modepolitiek: rassespanning gee aanleiding tot oorloë. Daar is ‘n soort konsensus om te fokus op hierdie een element van potensiële internasionale struweling ten koste van ander oorsake wat ons letterlik aan die keel gryp. In die proses word ons beskawing wat heel duidelik eng verbonde is aan ons ras, vreugdevol opgeoffer.

In die vernietigingsproses van ons beskawing is daar die snelle manier van ‘n gewelddadige konfrontasie en daar is die langsamer metode van rassevermenging en dus van rasse-uitwissing.

Die groot meerderheid van die linkse wêreld, wat die afgelope dekades die kern uitmaak van die moderne modepolitiek, verkies die langsamer proses.

Nog ‘n gedig kom hier in gedagte:

Fire and ice ( Robert Frost 1920)

Some say the world will end in fire ,
Some say in ice.
From what I’ve tasted of desire
I hold with those who favor fire.
But if it were to perish twice ,
I think I know enough of hate
To say that for destruction ice
Is also great
And would suffice .

Die program van rassevermenging en dus van rasse-uitwissing is in groot mate gebore uit haat vir die wit ras, waaraan die wit ras ras natuurlik self lustig meedoen. Om ons voortbestaan as beskawing onherroeplik te vernietig, is daar dus ‘n kernoorlog of daar is rassevermenging. Daar is vuur of daar is ys. Maar die een is so dodelik soos die ander.

Is daar ten slotte ‘n positiewe noot waarop ‘n mens ‘n stuk soos hierdie kan afsluit? Nouliks. Gaan die verkiesing van mnr Trump tot Amerikaanse President, asook die opkoms van behoudende en volksgerigte elemente in Europa die wiel ver genoeg laat draai om die vernietiging van die blanke beskawing te stuit? Ons kan maar net bly hoop.

Gustav Venter: Laat ons net nie hopeloos wees nie

Daar is ʼn nuwe Grootman in Twitteranië, sy naam is Donald Trump, en ons mense wil iets van hom hê. “Meneer Trump,” soos ʼn verteenwoordigende twiet dit uitdruk, “wat gaan u oor die blanke uitwissing in Suid-Afrika doen?”

Ek wil my nou nie aanmatig om namens die verkose president van die VSA te praat nie, maar ek kan met groot sekerheid sê wat hy daaromtrent gaan doen: Nie veel nie. Sy eerste, allesoorheersende prioriteit is om Amerika te beveilig en reg te ruk. Dis ʼn groot land met baie wat reggeruk moet word en ons wens hom sterkte toe daarmee. Suid-Afrika is ʼn dowwe inskrywing baie laag op daardie prioriteitslys.

Selfs al sou hy aangegryp wees deur die pleidooie uit Suid-Afrika, wat staan hom te doen? Gaan hy die ANC-regering skerp betig? En dan wat? Gaan hulle lipbewend om verskoning vra? En dan wat? Gaan die rampokkers en monsters in hierdie land tot inkeer kom en ophou plase aanval? As jy dit glo, stuur asseblief vir Haas Das en Loeloeraai groete as jy hulle weer sien. Dit sal binnekort wees.

So, indien nie die hoofman van Trump Tower nie, wie moet omsien dat daar minder blankes vermoor word? Wel, die enigste mense wat iets daaromtrent kán doen: ek en jy. Hoe?

Kom ons begin by die mees elementêre, primitiefste, mees voor-die-hand-liggende stap: Selfbeskerming. Kry vir jou ʼn persoonlike vuurwapen, oefen om dit te gebruik en dra dit aan jou. Meneer, as jy nie ten minste ʼn 9-millimeter pistool of ʼn .357 Magnum-rewolwer pal in jou onmiddellike omgewing het nie, is jou vrou met ʼn dwaas getroud.

Ek dra ʼn knoorse pistool aan my. Soms kom mense dit agter en is snedig daaroor. Nou maar goed dan. Ek kan snedigheid verwerk; sal dit nie kan doen as my lamsakkigheid of fyngevoeligheid enige skade aan my vrou veroorsaak het nie.

As jy en ek en dan almal van ons bewapen is, kan ons stelselmatig werk aan ʼn vuurwapenkultuur. Ons moet begin om die wapenloses onder ons in die openbaar te betig. Wys hulle en verguis hulle. Glo my, as die rampokkers van hierdie land eers verstaan dat ʼn aanslag op ʼn blanke persoon ʼn kortpad na ʼn ontmoeting met ʼn koeël is, sal hulle nie meer so entoesiasties oor hulle afgryslike bedryf wees nie.

Dit help ook nie dat net die man van die huis ʼn yster het nie. ʼn Vuurwapen vir vroutjie is belangriker as ʼn skottelgoedwasser. Te duur? ʼn Skaflike pistool is goedkoper as die gemiddelde televisiestel — en minder skadelik. Kry vir jou vrou ʼn kortroer en leer haar om te skiet. Sy sal jou hoogag daarvoor. (Vrouens leer boonop vinniger om te skiet as mans.)

Jou verantwoordelikheid eindig nie daar nie. Daar is buurtwagte om by aan te sluit, plaaspatrollies om te ry, netwerke om op te rig, sosiale mediaveldtogte om te bedryf, verhore van aangekeerde aanvallers om by te betoog, selfoonnoodknoppies om te aktiveer, huisbeveiligingsplanne om uit te werk…

Jy het nie die reg om te tjank vir internasionale ingryping as jy nie hierdie dinge doen nie. Hoekom moet iemand anders vir jou verrig wat jy self kan vermag maar weier om te doen?

Ek verfoei die geneul van Afrikaners op internasionale forums. Ek gee jou my woord, hulle sal eerder bereid wees om te help as hulle sien ons is bereid om self ons probleme op te los.

Al die haat van Jacob, Julius, hulle geesgenote en al die naywer en aggressie van die plaasaanvallerskorps laat my nie vir ʼn sekonde twyfel aan die toekoms van ons volk nie. Wat my egter onrustig stem, is wanneer ons mense lamsakkig word.

Hulpeloosheid is nie ons krisis nie. Hopeloosheid is.