Die olifant in die wiskunde-klaskamer

Deel op

Minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het eensydig besluit om die wiskunde slaagsyfer in Suid-Afrika van 40% te verminder tot 20%.

‘n Formele verklaring is uitgereik deur die Departement, om die spesiale aanpassing aan te kondig. Die Departement sê hulle besef dat die huidige stel vereistes ‘n groot aantal leerlinge negatief sal beïnvloed.

Die olifant in die vertek is die gebrek aan swart prestasie, maar al die betrokkenes probeer oudergewoonte ander redes verstrek om dit weg te steek.

Die DA meen in sommige gevalle, moet net sekere leerlinge vrygestel word van die verlangde vlak van prestasie, maar ‘n “radikale verandering” in die wiskunde slaagvereistes is nie die antwoord nie. Dit is natuurlik ‘n onsinnige voorstel.

Afrikaanse skole wat net meer as 5 persent van die land se skole uitmaak, behaal 28 persent van alle wiskunde onderskeidings.

Die verhouding van die aantal onderskeidings by Afrikaanse skole is 500 persent beter as by die res. Dit is waarskynlik een van die vele redes waarom die Departement aanhoudend dreig om die 358 skole oop te stel vir Engels sodat swart kinders daartoe toegang kan verkry.

Net so het Frankryk se immigrante die land in die jongste internasionale onderwysranglys in die verleentheid gestel. Dit het ‘n totaal van vyf plekke gedaal sedert ‘n vorige verslag ses jaar gelede.

Met die onderwysstelsel wat oorlaai raak deur immigrante, het die land twee plekke gedaal tot 27 uit 72 in die nuwe Pisa onderwysranglys, wat Dinsdag vrygestel is.

Frankryk se leerlinge kon net ‘n gemiddelde 495 punte behaal, terwyl die gemiddeld onder OECD lande meet as 493.

Die vaardigheid van hoërskoolleerlinge in Frankryk is nou soortgelyk aan die VSA, Oostenryk, Swede en Spanje wat ook nie homogene bevolkings het nie.

TIMSS navorsingsgroep het bevind dat veral Franse 10-jarige leerlinge nou aan die onderkant van die klas in Europa staan wanneer dit kom by wiskunde, en tweede laaste na Ciprus in wetenskap.

In vergelyking is dit weer die “agtergeblewenes”, diegene wat uit immigrante huise kom, wat so beroerd doen.

“Die verskil tussen die twee groepe is veral merkbaar in Frankryk, waar die verhouding tussen prestasie en sosio-ekonomiese agtergrond van die studente een van die grootste is onder die lande wat deelgeneem het,” het die studie gesê.

Singapoer is bo-aan vir sy onderrig van wetenskap, lees en wiskunde. Die studente behaal ‘n gemiddeld van 556 punte, ver bo die 493 gemiddelde vir die OECD.

Die vyf top-presterende lande in die PISA toetse was Singapoer, Japan, Estland, Taiwan en Finland, almal relatief homogene lande.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.