Nege mense het doodgebrand toe twee motors in vlamme uitgebars het ná ‘n botsing op die N12 in die Noordwes, het die polisie gesê.
Kol. Sabata Mokgwabonehet gesê die ongeluk het tussen Christiana en Warrenton plaasgevind.
‘n Bakkie met vier insittendes was vanaf Christiana onderweg toe dit Saterdagoggend omstreeks 01:30 reg van voor teen ‘n minibus met vyf passasiers gebots het.
“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie,” het Mokgwabone gesê. – Sapa
Kanselier Angela Merkel se konserwatiewe party het Duitsland se verkiesing gewen, net kort van ‘n volstrekte meerderheid.
Haar konserwatiewe blok het ongeveer 41,5 % van die stemme getrek, maar haar liberale vennote het nie die parlement gehaal nie.
Daar word vermoed sy is waarskynlik in ‘n koalisie met die Sosiale Demokrate ( SPD ), wat 26% ingepalm het, sal tree.
Die resultate het getoon dat die liberale Vrye Demokratiese Party ( FDP ) net 4,8% se stemme kon trek, ‘n ramp vir die junior koalisie-vennoot wat nou vir die eerste keer in Duitsland se post- oorlog geskiedenis, geen nasionale verteenwoordiging in die parlement sal hê nie.
Voorsitter van die party Philipp Roesler het dit as “die bitterste, hartseerste uur van die Vrye Demokratiese Party” beskryf.
Die FDP is verslaan deur die Groen Party ( 8,4 %) en die voormalige kommunistiese Linkse Party ( 8,6 %). Die nuwe Alternative fuer Deutschland ( AFD ), wat onttrekking uit die euro-geldeenheid voorstaan het 4,7% gekry, ook net kort van die parlementêre drumpel.
Merkel het gesê dit is te vroeg om te sê presies wat hulle gaan doen om ‘n koalisie te vorm.
Korrespondente sê dat die 59 -jarige kanselier die kompleksiteit van die vorming van ‘n regering vroeër benadruk het.
Buitelandse militêre magte ondersteun sedert 2011 Keniaanse troepe teen die al-Shabab-rebelle in Somalië. Al-Shababis aan Al Kaida verbonde.
‘n Keniaanse militêre woordvoerder, majoor Emmanuel Chirchir, het twee jaar gelede gesê “een van die vennote”, moontlik die Verenigde State van Amerika of Frankryk, het lugaanvalle geloods wat die dood van ‘n aantal al-Shabab-militante veroorsaak het. Die Franse vloot het rebelle se posisies vanaf die see aangeval, het die Keniaanse weermag destyds in ‘n verklaring gesê .
Twee senior Amerikaanse amptenare in Washington het egter gesê dat nóg die Verenigde State van Amerika of die Sentrale Intelligensie-agentskap lugaanvalle teen Somalië geloods het.
Amerikaanse amptenare in Kenia het geweier om kommentaar te lewer . ‘n Franse diplomaat in die Verenigde State van Amerika het nie op telefoonoproepe gereageer nie.
Indien Western militêre magte inderdaad die konflik betree het, sê ontleders, kan dit ‘n keerpunt verteenwoordig. Die groep beheer die suide van Somalië.
“Almal is in die [oorlogs]teater,” het Chirchir in ‘n telefoniese onderhoud bevestig. Die Amerikaanse weermag het voorheen aanvalle in Somalië geloods.
Amerikaanse amptenare was in 2011 bekommerd oor die vooruitsig dat al-Shabab militante in Kenia se hoofstad, Nairobi, sal wraak neem, en moontlik op Westerlinge fokus en het waarskuwings gerig dat inkopiesentrums moontlike teikens mag wees..
Die Keniaanse leër is tans gewikkel in ‘n stryd om die jongste gyselaarsdrama in ‘n winkelsentrum in Nairobi te ontlont. Ontploffings en geweervuur is sedert gisteraand al ‘n paar keer gehoor. ‘n Onbekende aantal mans, wat aan die militante groep al-Shabab verbonde is, hou nog sowat 10 gyselaars aan.
Die jongste dodetal is 69, maar polisiebronne vrees dat die dodetal baie hoër kan wees. ‘n Suid-Afrikaner is ook in die aanval dood.
Die Suid-Afrikaanse burger, James Thomas van Kaapstad, is glo tydens die aanval doodgeskiet. Thomas was in Kenia op ‘n sakebesoek vir die maatskappy, EcoVentures International.
Ander Suid-Afrikaners wat aanvanklik in die winkelsentrum vasgekeer was, is luidens berigte later bevry.
Sowat 10 gyselaars word nog in die winkelsentrum aangehou. Die Keniaanse weermag sê hulle doen alles in hul vermoë om die oorblywende gyselaars lewend uit te bring.
Die meeste van die gyselaars wat in die winkelsentrum vasgekeer was, is gered en die grootste gedeelte van die kompleks is beveilig.
Al-Shabab het in Januarie vanjaar ‘n fotovan ‘n vermeende Fransespesmagsoldaat wat vermoor is inmislukteaanval, op Twitter rondgestuur om die Franse president te tart.
Die dooieFransesoldaatis met sy vermeende wapensen toerustingafgeneem.
Driefoto’sopgelaai wat‘n witman toon geklee in ‘n militêrebroek en‘n bloed-deurweektehempomring deur driegewere, ammunisieenbeskermende toerusting.‘n Helmlê tussensy bene.
Inelk vandie foto’s is ‘n silwerhangertjie, ‘n kruisie,om diesoldaat seneksigbaar.Al-Shababhet in syboodskap gesê:“‘n Terugkeervan die Kruistogte, maar diekruiskonhom nie redvan die swaard nie.“
Radio en TV-persoonlikheid Sorisha Naidoo is nie vies vir Winnie Madikizela-Mandela se openbare kritiek oor haar vinnige gewigsverlies nie.
Madikizela-Mandela het die 300 gaste teenwoordig by die bekendstelling van ‘n boek hierdie week vertel Naidoo is “te maer”. Die “moeder van die nasie” het gesê dis nie die swart ideaal nie omdat swart mense in Afrika van vet vroue hou.
“Ek is net nie gelukkig dat my dogter so maer is nie … sy moet na Johannesburg kom vir ‘n week, sodat ons haar goed kan voed,” het sy gesê.
Die kommentaar is gemaak nadat Naidoo, die vrou van die omstrede sakeman Vivian Reddy, Winnie genooi het om te praat by die boekbekendstelling by Sibaya Casino Dinsdagaand. Naidoo het voorheen kritiek gekry vir haar velbleikproduk, wat deur Madikizela-Mandela onderskryf word .
In reaksie hierop het sy gesê: “Wit mense kan sonbrand, maar daar is ‘n probleem wanneer swartes en Indiërs hul velle bleik?”
Suid-Afrikahet‘n DuitseKatolieke priester watvir kindermolesteringdeur Duitsland gesoek word,opborgtog vrygelaat, maar hy sal inNovemberweens soortgelykedadeverhoor word.
Die priester, wie se identiteitnie gegee is nie, isinsyvyftigs envanAachenindie weste van Duitsland. Hyis in hegtenis geneemop 13 Septembertoe hy die hofBrits verlaat het.
Hy het verskyn viraanranding endade vanonsedelikheid.
Sy inhegtensiname kom ná ‘n internasionalelasbriefen‘n Duitseuitleweringsversoek‘n paar jaargelede uitgereik is, hetbronnevertroud met die saakgesê.
Borgtog isvasgestel opR5000en hy is voorwaardelik vrygelaat. Hy woon by dieIshowe–bisdom inKwazulu-Natal.
Die Suid-Afrikaanseverhoorsal op 8 November begin. NáNovemberseverhoor sal diepriesteruitgelewer kan word aanDuitsland.
Diedade vanonsedelikheidisna bewering in 2008met vier seunsgepleeg wat toe tussen negeen10 was, van hulle van Duitseoorsprong,tydens ‘n Katoliekejeugkamp nabyJohannesburg.
Hullehet gekla dat die priesterhulle na sy bed genooi het en onvanpasbetas het. – Sapa/AFP
Meer as 200 taxis en busse is tydens ‘n padwaardigheidsoperasie in Johannesburg geskut.
Beamptes van die Padverkeerbestuurskorporasie het by taxi-staanplekke en busstasies in die stad besoek afgelê. Hulle sê bykans die helfte van alle taxis wat nagegaan is, het nie ‘n padwaardigheidstoets geslaag nie.
Die waarnemende hoof van die padverkeerbestuurskorporasie, Gilberto Martins het sy skok uitgespreek oor die toestand van sommige van die voertuie.
Hy sê van die probleme sluit in dat sommige taxis se wiele is nie behoorlik vasgedraai nie, terwyl ander taxis se sitplekke nie vasgeskroef is nie en dus vorentoe skuif as die taxibestuurders rem trap.
Die KwaZulu-Natalse verkeersowerheid het ook dié naweek ‘n vragmotor geskut wat aan Sagekal Logistics behoort – dieselfde maatskappy wat die vragmotor besit het wat twee weke gelede in die gru-ongeluk in Pinetown betrokke was.
Drie-en-twintig mense is in die ongeluk dood. Daar is bevind dat die vragmotor wat geskut is, onpadwaardig was weens onklaar remme.
Dit het na bewering die N3-hoofweg by Key Ridge tussen Pinetown en Pietermaritzburg versper, nadat dit sonder brandstof gaan staan het. – RSG
‘n Paniekbevange ma en haar baba vlug uit die Westgate-winkelsentrum
Die internasionale gemeenskap het gister se tereuraanval op die Nakumatt Westgatewinkelsentrum in Nairobi in Kenia skerp veroordeel.
Minstens 39 mense is in die aanval dood en meer as 150 is beseer. Volgens die Rooikruis sal dié aantal moontlik styg.
Twee Kanadese burgers, onder wie ‘n diplomaat, is in die aanval dood. Volgens berigte het twee Franse burgers ook omgekom.
Die Amerikaanse departement van Buitelandse Sake sê hy het inligting ontvang dat Amerikaanse burgers onder die beseerdes is.
‘n Britse oud-soldaat sê hy het ten minste vier mense gesien wat omgekom het, waaronder ook ‘n kind.
Die Britse minister van Buitelande Sake, William Hague het bekendgemaak dat ‘n spesiale diplomatieke reaksiespan onderweg na Kenia is.
Die Keniaanse president, Uhuru Kenyatta het vroeër gesê van sy familielede het ook in die aanval omgekom.
Die Somaliese Al Shabaab-rebellegroep het verantwoordelikheid op Twitter aanvaar vir die aanval. Dit is die ergste tereurdaad in 15 jaar in die land.
‘n Woordvoerder virAlShabaabhet gesê hulle eis datKeniasy troepeuit Somalië onttrek.
“Kenia het ons landinOktober 2011binnegevalen die dood van baie onskuldigeburgerlikesmet hulmilitêrevliegtuie veroorsaak,“ het SjegAliMohamoedRagein‘n verklaring gesê.
“Ons het Keniagewaarskuoor dieaanval, maarhulle ïgnoreer[ons],gebruik steeds geweld teen ons land, terwylhulle onsonskuldige burgerlikes doodmaak,“ het hy woedendgesê.
“Dit het daartoe gelei dat dieMujahedinwraakaanvalleopKenia uitgevoer het.Vandag, het ‘n eenheidvan dieAl ShabaabMujahedin‘n belangrikesentrum in Kenia aangeval,” het hybygevoeg.
Mense sal hulle menswaardigheid verloor sonder waardes wat in die Christelike geloof vervat is, sonder hul eiesoortige morele standaarde wat oor duisende jare vorm aangeneem het, het President Wladimir Poetin gesê.
“Ons glo dat dit natuurlik en gepas is om daardie waardes te verdedig. Enige minderheid verdien respek vir sy kenmerkende identiteit, maar die regte van die meerderheid moet nie bevraagteken word nie,” het Poetin gesê tydens ‘n byeenkoms van die Valdai-besprekingsklub .
Hy glo dat Rusland nie vorentoe kan beweeg sonder kulturele en nasionale selfbeskikking nie. Anders sal die land sal nie in staat wees om te reageer op eksterne of interne uitdagings nie, en sal nie suksesvol kan wees in ‘n globale kompetisie nie.
“Gebeure wat plaasvind in die wêreld verteenwoordig ernstige uitdagings vir die Russiese identiteit. Daar is buitelandse beleids- en morele aspekte hier ter sake. Ons sien tans hoe baie Euro-Atlantiese lande ‘n doelgerigte pad stap om afstand te doen van hul wortels, insluitende Christelike waardes, wat onderliggend aan die Westerse beskawing is,” het Poetin gesê .
“Dit behels die ontkenning van morele beginsels en ‘n tradisionele identiteit – nasionaal, kultureel, godsdienstig of selfs seksueel,” het hy gesê.
“Beleidsrigtings word nagestreef wat groot gesinne en dieselfde geslag paartjies in dieselfde kategorie plaas, geloof in God en die geloof in Satan. Vergrype van politieke korrektheid het die punt bereik waar daar ernstige besprekings gevoer word oor die registrasie van partye wat propaganda van pedofilie as hul doel stel. Mense in baie Europese lande is skaam en bang om te praat oor hul godsdiens, vakansiedae word afgeskaf of ander name gegee, name wat skaam die aard van die vakansie verberg, en aggressiewe pogings word aangewend om hierdie model op die res van die wêreld af te dwing,” het Poetin gesê.
“Dit is ‘n direkte pad na agteruitgang en primitiwiteit, wat tot diep demografiese en morele krisisse lei,” het hy gesê.
“Wat kan ‘n beter aanduiding van ‘n morele krisis in die menslike samelewing wees as sy verlies van die vermoë om self voort te plant?” het Poetin gesê. – Interfax
Gemeet teen die agtergrond van Suid-Afrika se kil behandeling van die Europese Unie (EU), veral rakende die eensydige terugtrede uit bilaterale beleggingsverdrae, sal die Vryheidsfront Plus die beoogde nuwe Beleggingswet fyn monitor om seker te maak dit voldoen aan die vereistes van die land se EU-handelsvennote, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.
Dit het die afgelope maande reeds duidelik geblyk dat die EU, en in besonder belangrike lidlande soos Duitsland, geen geheim daarvan maak dat hulle glad nie ingenome is met die behandeling wat hulle van Suid-Afrika kry nie. Duitsland is veral bekommerd oor wat die uitwerking vir beleggings in Suid-Afrika gaan wees indien die regering nie sy bilaterale beleggingsverdrag met Duitsland hernieu nie.
Die protes wat adv. Alberts aangeteken het teen die moontlikheid dat die ANC-regering moontlik nie sy bilaterale beleggingsverdrag met Duitsland gaan hernieu nie, het so wyd weerklink dat Duitsland se ambassadeur in Suid-Afrika, dr. Horst Freitag, hom genooi het om oor die aangeleentheid te gesels.
Volgens adv. Alberts sal hy die regering se oënskynlike ‘obsessie’ met Brics met die ambassadeur bespreek om te verhinder dat Suid-Afrika sy tradisionele handelsvennote versaak.
Dr. Freitag het in ‘n onlangse toespraak gesê dit is ‘ononderhandelbaar’ vir voornemende beleggers om in ‘n omgewing te belê waar daar nie onnodige risiko’s is nie.
Hy het ook gewaarsku dat dit veel moeiliker is om vertroue met ‘n handelsvennoot op te bou as om dit te verbreek.
Volgens adv. Alberts is die verhoudinge tussen Suid-Afrika en sy handelsvennote van die EU reeds in sulke troebel water dat die land gewis beleggings sal verloor indien die beoogde Beleggingswet, wat alle bilaterale beleggingsverdrae gaan vervang, nie die regte seine aan die EU stuur nie.
Ander kwessies wat adv. Alberts met dr. Freitag sal bespreek, gaan rondom probleme wat ‘n effek het op Suid-Afrika se makro-ekonomie, soos die ANC se obsessie oor grond sonder om die ekonomiese impak van blindelingse hervorming in ag te neem.
Op die agenda sal ook wees plaasmoorde wat die landbousektor wesenlik beïnvloed en die algemene ekonomiese rigting van die ANC wat deur rasgegronde ingrypings soos Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en regstellende aksie die ekonomie verwring en dooddruk.
“Ons moet hieroor gesels aangesien die land geweldige sosiaal-ekonomiese uitdagings het rakende armoedeverligting in die algemeen wat alle rasse, swart en wit, raak,” sê adv. Alberts.