
‘n Stenograaf Dianne Reidy in die Amerikaanse Kongres het lede laat Woensdagaand op die stertkant van die skuldplafonstem onkant betrap toe sy na die podium gestap het om die Vrymesselaars aan te val.
“Alle lof aan God,” het me Reidy gesê. “Hy sal nie bespot word nie. Hy sal nie bespot word nie. Raak my nie aan nie. Hy sal nie bespot word nie.”
Sy het gesê Amerika kan nie twee meesters dien nie.
Fox News sê me Reidy is al lank werksaam op Capitol Hill en skaars die radikale partydige soort. Haar onderbreking het veroorsaak dat verskeie lede erg onthuts was. Party het haar geestesgesondheid bevraagteken. Die kabelnetwerk het ook berig dat me Reidy gestuur is vir ‘n geestelikegesondheidsevaluering kort ná die voorval .
Onder haar stellings, soos vasgelê op klank : “Die grootste misleiding hier is dat dit nie een nasie onder God is nie. Dit was nog nooit. As dit was, sou dit nie gewees het nie. Nee, dit sou nie gewees het nie. Die Grondwet is nie geskryf deur ‘n Vrymesselaar nie. Hulle gaan teen God. Jy kan nie twee meesters dien nie. Jy kan nie twee meesters dien nie. Alle lof aan God, die Here Jesus Christus. Loof Hom vir ewig.”
“Ek dink daar is baie simpatie, omdat iets duidelik daar gebeur het,” sê Gerry Connolly. Ander lede het haar as vriendelik en gaaf beskryf. Sy is al byna 20 jaar daar werksaam.
“Julle is almal kinders van die duiwel,“ het die stenograaf uitgeroep voordat sy uit begelei is. Een kommentator het droogweg opgemerk dat daar “vir die een kort klein oomblik het eintlik gesonde verstand en dapperheid op die Huis vloer aanwesig was”.
