Honderde oproermakers het die R101 by Hammanskraal noord van Pretoria met klippe en brandende buitebande versper.
Dié pad is die alternatief vir die N1, en die betoging het die verkeer tussen Warmbad (Bela-Bela) en Pretoria erg ontwrig.
Die betogers het met buitelanders slaags geraak en beskuldig hulle daarvan dat hulle plaaslike inwoners van sakegeleenthede ontneem.
Die polisie is op die toneel om die orde te herstel en sê oortreders sal in hegtenis geneem word.
Van die betogers beskuldig die polisie daarvan dat hulle met die buitelanders saamwerk en hulle ondernemings ondersteun. – RSG

Ek oorweeg dit om terug te trek na my huis in die dorp/stad, maar as mens sulke goed ‘n paar keer per dag lees en die ander berigte van misdaad kom die twyfel weer. Sal ek weer daar aanpas? Hier sluit ek nie ‘n deur nie en slaap oop vensters. Daar is dit weer agter slot en grendel. Maar en of ander tyd moet mens besluite in jou lewe maak wat vir almal in die familie die beste is. Sal ‘n hels aanpassing wees, maar nou ja ,mens moet seker doen wat jy moet doen.
Waar woon jy Seg Net???
Ek dog jy sit in JHB.
Arnieann ek bly in die Kalahari anderkant Mier tussen Namibië en die Kalahari Gemsbok park op die Botswana grens. So 280km vanaf Upington
Kyk, jy is so ver van moeilikheid as wat ‘n man kan kry, ek beny jou al raak dit baie warm daar 🙂
Marthinus in die somer gee hulle die grade so 3-4 grade laer as wat dit werklik is deur na die weerburo om nie die toeriste, wat park toe wil kom, af te skrik met die hitte nie. Ja ons het al ‘n paar boere planne hier gemaak vir die hitte, maar ‘n waterverkoeler werk die beste in die huis, vergeet maar hier van ‘n lugversorger in die dag. Die ding vries baie gou op.
Misdaad ken ons nie hier nie. Wild strikke kry mens so af en toe, maar niks om oor huistoe te skryf nie.
Die kalahari het maar sy tekortkominge by sommiges.
Wrakke wat die omgewing ontsier.
Brandewyn wat vloei uit verveeldheid.
Bestaans en of oorlewingsboerdery.
Agterlikheid en ‘n lae IK wat spelling, woordeskat en redenasievermoë betref.
Uitermatige hoë testosteroon vlakke. Aangetrokke voel oor die kleurgrens.
Lae selfbeeld.
Jaloesie daarmee gepaard gaande met ‘n minderwaardigheidskompleks.
Daar word gese: Die Kalahari is hemels vir ‘n bees maar hel vir ‘n vrou.
Dit natuurlik beinvloed die testosteroon draer ten slegte.
Is jou stem weg of is ek met blindheid beslaan. Seg wat jy wil seg.
Ek mis die Kalahari as ek jou so hoor praat. Ek dink ek moet dalk terugaan na die Molopo. Jy het die naxbas vergeet en die koel sand tussen jou tone vroeg oggend
Krygspraktisyn ja baie min mens ken die Naba, word uitgespreek met ‘n tongklap aan die begin van na. Lyk baie soos ‘n aartappel en smaak heerlik. Kom ook nie elke jaar voor nie, die reën moet op die regte rye val dan kry jy dit hier aan by einde April begin Mei maand. Dra gen blaar nie en mens moet baie mooi kyk om hulle te kry, maak net ‘n bars in die grond. Dit is ‘n swam tipe van ding en indien dit lank aan lug en son blootgestel word word verdwyn dit en word dit weer ‘n spoor. Hierdie jaar niks gekry nie.
Nou weet ek dat jy kan Google.
Jy mag my vermy, my kommentaar en al my ander poste – ek doen dieselfde met jou van hier af.
As klein seun word jou voete so hard dat jy op dorings kan stap sonder om dit te voel – en die van die Naba het jy gegoogle.
Geen groete
Johan van Wyk
Ja Johan ek het die naba foto op Google gekry. Wat is nou daarmee verkeerd. Kom ek vertel jou nog iets van die naba. en kyk gerus of jy dit op die internet kry. Hulle verskil van kleur, hang af van die grond kleur af. Jy kry hulle gewoonlik digby graspolle aangesien die spoor daarteen waai. Kry hulle net op spesifieke plekke. Verskillende grotes. Kom net vir ongeveer drie weke voor en verdwyn dan. Verskillende maniere van gaarmaak? Maak toe met grond en maak vuur daarop. Sorg dat dit baie goed afgewas word, gebruik sagte borsel aangesien dit baie vol fyn sand is. Ook lekker as jy hulle skywe sny en in pan braai. Kom in geen ander plek in die wêreld voor nie Kan ook in oond gebak word of in soutwater gekook word. Wat kan ek jou nog vertel van hulle vra net wat jy nog wil weet.
Dan kry mens nog iets wat baie mense nie ken nie en dit is die Duiwelsklou.
Johan ek is nie ‘n d0nnrs leuenaar nie my vriend. Wat sal dit my enigsins baat?
Seg Net – verwys na die vetplantjie wat soos n bees se klou lyk?
Nee Riempies die duiwelsklou lyk so.Het dit op Google gekry iemand my weer beskuldig. Dit sit baie aan die dier se pelse vas en moet afgeknip word, is ‘n soort doring. Ek weet hulle maak een of ander pil of iets van sy wortel vir rumatiek. Kom ook net is die Nood Kaap en Namibia voor sover ek weet.
Johan kyk waar kry jy hierdie fotos op Google of liewer op die web.
Ek gee nie n hel om waar die foto’s vandaan kom nie. Ek verlang Kalahari toe. Anderkant Tweerevier duskant die 21 duin pad agter Koes. Diep Kalahari toe. Seg Net ek het baie nabas gesoek as kind na die reen so in die koelte van die langbeen boesman. Geloop en Karakoel aanjaag kamp toe in die duinstraat. Ek sit in die vere en verlang na die rooiduine.
Dankie vir die help onthou
Krygpraktisyn en die kalahari se wit en rooi sand – langs mekaar wat nooit meng nie – en die brul sand, wat so whoem whoem as jy so op dit afgly – was n leeftyd terug daarop maar sal die herinneringe altyd saam met my dra.
Riempies Brulsand is net anderkant Olifantshoek op die Upington pad.
Seg Net my oupa het n groot lorrie gehad met n tent daarop waarmee hulle twee keer n jaar Nagmaal toe is 90 myl na die dorp – oupa en ouma het ons familie wat kom kuier het met hierdie lorrie geneem om vir ons die wit sand en Rooisand Brulsand natuurwonder te gaan wys sommer daar oornag die manne op elkeen se bulsak buite en die “vroumense” binne in die lorrrie en weer die volgende dag terug plaastoe gery. Ek weet nie hoe ons gery het nie ek was nog baie klein.
Riempies daar is nou ‘n geriewe, vir oornag, maar baie min het verander. Die moete werd om daar aan te gaan vir ‘n dag en moontlik oorslaap. Dit raak baie vervelig.
Kryg, vergeet om te seg, het kaalvoet geloop in di somer toe ons nog klein was. Het van koelte na koelte gehardloop, as jy ‘n nat bol beesmis sien het jy met albei voete daarin gaan staan en dan lekker verder geloop vir so ‘n rukkie. Dan maar weer dieselfde storie.
O, ja Arnieann daardie tyd het die koeie in die Carlton hotel gewy indien jy wonder.
Ek’s jaloers. Ek sê altyd as ek my buurman kan raaksien dan is hy te naby –
Seg Net, werk jy nie meer vir ANCpers nie? Ek is seker jy het op ‘n kol vir die ouens gewerk, of is ek nou weer verkeerd.
Boerewitman waar kom jy daaraan my vriend? Ek kan nie eers op hulle nuus kommentaar lewer nie is verban van al hulle forums.
Moenie worry nie, net lus om iemand om te krap. Wil net gou sê, die flou koeie gaan op hul dinges kry vandag, het julle plek vir ‘n nuwe republiek? Jy was maar skaars gewees op ‘n kol.
Boere nee jong die pienkes kry op hulle moer. Jantjies skop swak vir die Leeus. Man ek was bietjie besig gewees om ‘n paar goedjies in plek te kry, om die werk bietjie makliker te maak. Swartes is mos nie meer hier nie en ons Blankes doen nou alles self. Oorweeg dit om dorp se kant toe te trek, maar die tyd sal leer.
Jy kan maar krap, ek kan sulke goed vat. Ek word lelik aangevat deur van die ouens soos Arnieann en Johan di Landbouer.
13 – 0 Blou kalwers gaan grooooot pak kry.
Lekker krap verder
Werk jy dan nie meer vir media24 nie? Ek is seker ek is nie verkeerd nie?!
Ek is seker jy vra daardie vraag vir die verkeerde ou.
Ag man, dit gebeur as jy bo 60 is, raak so ‘n bietjie dom partykeer. Het bedoel Seg Net.