Honderde oproermakers het die R101 by Hammanskraal noord van Pretoria met klippe en brandende buitebande versper.
Dié pad is die alternatief vir die N1, en die betoging het die verkeer tussen Warmbad (Bela-Bela) en Pretoria erg ontwrig.
Die betogers het met buitelanders slaags geraak en beskuldig hulle daarvan dat hulle plaaslike inwoners van sakegeleenthede ontneem.
Die polisie is op die toneel om die orde te herstel en sê oortreders sal in hegtenis geneem word.
Van die betogers beskuldig die polisie daarvan dat hulle met die buitelanders saamwerk en hulle ondernemings ondersteun. – RSG
