
Die internasionale gemeenskap het gister se tereuraanval op die Nakumatt Westgatewinkelsentrum in Nairobi in Kenia skerp veroordeel.
Minstens 39 mense is in die aanval dood en meer as 150 is beseer. Volgens die Rooikruis sal dié aantal moontlik styg.
Twee Kanadese burgers, onder wie ‘n diplomaat, is in die aanval dood. Volgens berigte het twee Franse burgers ook omgekom.
Die Amerikaanse departement van Buitelandse Sake sê hy het inligting ontvang dat Amerikaanse burgers onder die beseerdes is.
‘n Britse oud-soldaat sê hy het ten minste vier mense gesien wat omgekom het, waaronder ook ‘n kind.
Die Britse minister van Buitelande Sake, William Hague het bekendgemaak dat ‘n spesiale diplomatieke reaksiespan onderweg na Kenia is.
Die Keniaanse president, Uhuru Kenyatta het vroeër gesê van sy familielede het ook in die aanval omgekom.
Die Somaliese Al Shabaab-rebellegroep het verantwoordelikheid op Twitter aanvaar vir die aanval. Dit is die ergste tereurdaad in 15 jaar in die land.
‘n Woordvoerder vir Al Shabaab het gesê hulle eis dat Kenia sy troepe uit Somalië onttrek.
“Kenia het ons land in Oktober 2011 binnegeval en die dood van baie onskuldige burgerlikes met hul militêre vliegtuie veroorsaak,“ het Sjeg Ali Mohamoed Rage in ‘n verklaring gesê.
“Ons het Kenia gewaarsku oor die aanval, maar hulle ïgnoreer [ons], gebruik steeds geweld teen ons land, terwyl hulle ons onskuldige burgerlikes doodmaak,“ het hy woedend gesê.
“Dit het daartoe gelei dat die Mujahedin wraakaanvalle op Kenia uitgevoer het. Vandag, het ‘n eenheid van die Al Shabaab Mujahedin ‘n belangrike sentrum in Kenia aangeval,” het hy bygevoeg.

Another day in Africa.
“Uhuru Kenyatta het vroeër gesê van sy familielede het ook in die aanval omgekom.” en was jou pappie nie verantwoordelik vir die UHURU waartydens duisende mense onskuldig vermoor is nie??!!
VSA sit agter die Somalie konflik, dit is een van die 7 lande wat moet val.