Suid-Afrika het ‘n Duitse Katolieke priester wat vir kindermolestering deur Duitsland gesoek word, op borgtog vrygelaat, maar hy sal in November weens soortgelyke dade verhoor word.
Die priester, wie se identiteit nie gegee is nie, is in sy vyftigs en van Aachen in die weste van Duitsland. Hy is in hegtenis geneem op 13 September toe hy die hof Brits verlaat het.
Hy het verskyn vir aanranding en dade van onsedelikheid.
Sy inhegtensiname kom ná ‘n internasionale lasbrief en ‘n Duitse uitleweringsversoek ‘n paar jaar gelede uitgereik is, het bronne vertroud met die saak gesê.
Borgtog is vasgestel op R5000 en hy is voorwaardelik vrygelaat. Hy woon by die Ishowe–bisdom in Kwazulu-Natal.
Die Suid-Afrikaanse verhoor sal op 8 November begin. Ná November se verhoor sal die priester uitgelewer kan word aan Duitsland.
Die dade van onsedelikheid is na bewering in 2008 met vier seuns gepleeg wat toe tussen nege en 10 was, van hulle van Duitse oorsprong, tydens ‘n Katolieke jeugkamp naby Johannesburg.
Hulle het gekla dat die priester hulle na sy bed genooi het en onvanpas betas het. – Sapa/AFP
