praag.co.za

Duitse pedofiel-priester kry borg in SA

Written by

in

,

katoliekSuid-Afrika het ‘n Duitse Katolieke priester wat vir kindermolestering deur Duitsland gesoek word, op borgtog vrygelaat, maar hy sal in November weens soortgelyke dade verhoor word.

Die priester, wie se identiteit nie gegee is nie, is in sy vyftigs en van Aachen in die weste van Duitsland. Hy is in hegtenis geneem op 13 September toe hy die hof Brits verlaat het.

Hy het verskyn vir aanranding en dade van onsedelikheid.

Sy inhegtensiname kom ná ‘n internasionale lasbrief en ‘n Duitse uitleweringsversoek ‘n paar jaar gelede uitgereik is, het bronne vertroud met die saak gesê.

Borgtog is vasgestel op R5000 en hy is voorwaardelik vrygelaat. Hy woon by die Ishowe–bisdom in Kwazulu-Natal.

Die Suid-Afrikaanse verhoor sal op 8 November begin. Ná November se verhoor sal die priester uitgelewer kan word aan Duitsland.

Die dade van onsedelikheid is na bewering in 2008 met vier seuns gepleeg wat toe tussen nege en 10 was, van hulle van Duitse oorsprong, tydens ‘n Katolieke jeugkamp naby Johannesburg.

Hulle het gekla dat die priester hulle na sy bed genooi het en onvanpas betas het. – Sapa/AFP

Comments

8 responses to “Duitse pedofiel-priester kry borg in SA”

  1. Seg Net Avatar
    Seg Net

    In die land kan jy enigiets doen en borg kry solank dit nie teen swart dreg is nie.

  2. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Borgtog???
    ‘n Ongesproke toestemming om te vlug terwyl jy die kans het.

    1. Trippie Trip Avatar
      Trippie Trip

      … of hom die geleentheid te gee om NOG kinders se lewens te verwoes.
      Hierdie regstelsel van Suid-Afrika maak my siek !

      1. Arnieann Avatar
        Arnieann

        “Jungle justus” verstaan ek word dit genoem.

  3. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    een welkome gast als reclamebord voor de kinderverkrachtingsindustrie in SA, met wortels in de perfect gecomposteerde etnisch culturele achtergrond, als niche van de door anc geleide geweldsmisdaad onder druk komend toeristen sector ?

    Overigens dient bij de generalistische modieuze verdoemenis van geloof, kerk en religie met de stok van kindermisbruik, door de atheïst en de ‘verlichte geest, wel rekening te worden gehouden met en onderscheid te worden gemaakt in de nòg verdergaande misbruik gevallen onder beheer van de nieuwe absolutistisch sociale staat. Het geval van de Litouwer Robert M in Amsterdam staat niet op zich.
    De pot verwijt de ketel dat ie zwart ziet.

  4. Eric Bornman Avatar
    Eric Bornman

    Weereens n bewys dat NSA deur die Jesuite en RK Kerk beheer word,
    Hulle priesters (volgens hulle) is gelyk aan Jesus en kan nie sondig nie…….
    ook n bewys dat hulle agter die stigting van Islam sit, dieselfde wanpraktyke kom na vore.

Leave a Reply