Dan Roodt: Rasseoorlog woed van Dallas tot Pretoria

Ná die swartmagsluipskutter Micah Johnson vyf blanke polisiemanne in Dallas doodgeskiet het, het die rassespanning wêreldwyd verhoog. Volgens die polisiehoof van Dallas, David O. Brown, het Johnson het aan polisie gesê dat hy “onsteld is oor witmense. Die verdagte het verklaar dat hy witmense wil doodmaak, veral wit polisiebeamptes.”

In Suid-Afrika was daar al vele sulke voorvalle van swart moordenaars wat blankes doodgemaak en die ras van hul slagoffer as motivering vir hul misdaad aangedui het. William Kekana, die 20-jarige swartman wat die hele Rawstone-gesin in Pretoria in 2003 vermoor het, waaronder die een jaar oue baba Kayla, het ook gesê dat hy hulle gedood het “omdat hulle blankes was”. Toe ek in my rubriek in die Sondagkoerant Rapport destyds daaroor wou skryf, het Tim du Plessis geweier om dit te publiseer en my dienste as rubriekskrywer beëindig, in ‘n tipiese reaksie van linkse sensuur en onverdraagsaamheid. Daarna het Leopold Scholtz, Max du Preez, Piet Croucamp, Marlene van Niekerk en ander my jare lank vervolg omdat ek glo ‘n “rassis” was, bloot omdat ek die aandag gevestig het op dié nuwe verskynsel: dat swartes blankes begin doodmaak op grond van ‘n rassebewussyn.

In die hof het William Kekana “apartheid” aangevoer as verskoning vir sy moorde. Hierna het die vroueregter, Monica Leeuw, aan hom gevra:

“Het jy gesê dat jy ‘n blanke dame vermoor en verkrag het, asook haar kind doodgemaak het, vanweë apartheid?”

Hierna het Kekana geantwoord:

“Wel, nadat die ou dame (Rawstone) haar selfoon in die motor geantwoord het, is sy geskiet. Daarna het ons alles gedoen wat ons gedoen het omdat hulle wit was.”

The Star het die volgende dag ‘n voorbladberig daaroor geplaas met die titel:

“I killed them because they were white.”

Toe die Berlynse Muur in 1989 afgebreek is en Oos-Europese kommunisme in duie gestort het, het vele meningskrywers en historici gedink dat dit “die einde van die geskiedenis” was en dat die links-regs-konflik van die afgelope twee eeue sedert die Franse Revolusie iets van die verlede was. Daar sou voortaan net ‘n wêreld bestaan wat uit skakeringe van Regs bestaan, van hoofstroomkonserwatisme en liberale demokrasie tot nasionalisme, met slegs gematigde Europese sosialiste en Amerikaanse liberale aan die linkerkant van die politieke sentrum.

Hoe het ons ons nie misgis nie! Want in die plek van die ou revolusionêre marxisme-leninisme of maoïsme het nou ‘n “nuwe Links” gekom: rasgedrewe, radikaal en antiwit. Die marxiste-leniniste het in die naam van “klas” gemoor; die nuwe multikulturele Links dood in die naam van ras.

In Suid-Afrika het ons die revolusionêre politieke party, die EFF, wat openlik teen blankes uitvaar en al hul eiendom wil konfiskeer. Trouens, dit is deel van die party se verkiesingsmanifes dat blankes nie meer grond moet besit nie. Onlangs het die partyleier, Julius Malema, wat ‘n rooi, kwasi-militêre uniform dra, gesê dat “blanke kinders ondergeskik aan swart kinders moet wees”.

By die links-liberale Johannesburgse dagblad Beeld bestaan daar aanhangers van die swart nasionalistiese revolusionêr, Frantz Fanon. Omdat Media24-joernaliste gewoonlik nie baie slim is nie, lees hulle geen boeke nie, ook nie die geskrifte van hul ideologiese profete nie. Onlangs sien ek toevallig ‘n TV-gesprek tussen Bettie Kemp en Pieter du Toit, die “nasionale nuushoof & politieke redakteur: Netwerk24” waarin hy na Fanon verwys het as iemand “wat gelykheid tussen wit en swart wil sien”. Dis nou al ‘n paar dekades sedert ek as student Fanon se boek Les damnés de la terre in Nederlandse vertaling as De verworpenen der aarde by Boekhandel De Jong in Braamfontein gekoop en gelees het, maar nêrens kan ek onthou dat Fanon ooit so ‘n stelling gemaak het nie. Nog minder sou dit as ‘n opsomming van Fanon se radikale antiwit filosofie kon deurgaan.

As ‘n mens “Fanonisme” in ‘n neutedop sou moes opsom, veral soos dit in “De verworepenen der aarde” na vore kom, berus dit op die beginsel dat “die koloniale blanke wêreld deur swart of gekleurde geweld gereinig sal word”. Onder die “koloniale blanke wêreld” kan ons ook die totale Westerse kultuur verstaan. Hoewel Fanon deur Karl Marx beïnvloed is en ook deur die kommunistiese uitgewer in Frankryk, François Maspero, uitgegee is, is hy veel radikaler as Karl Marx. Die vader van kommunisme wou net die ekonomiese stelsel op aarde verander; onderliggend aan Fanon se denke is ‘n soort “totale transformasie” wat alle aspekte van ons bestaan (ekonomie, politieke, kultuur, selfs biologie en ras) raak. Die middel daartoe is geweld, wat ‘n mens selfs terreur sou kon noem:

“Wat is dit geweld dan in werkelijkheid? Dit hebben we gezien; het is het feit dat de gekoloniseerde massa’s intuïtief aanvoelen dat hun bevrijding zich moet, zich alleen kan voltrekken door geweld.” (De verworpenen der aarde, in Nederlands vertaal deur Han Meyer, Bruna Boeken, 1973, bl. 54.)

Verder op dieselfde bladsy praat Fanon van “geweld wat die programpunt van ‘n politieke party kan vorm”.

Op die stadium toe die ANC-SAKP ‘n terreurorganisasie was, was blinde geweld en terreur teen blankes en swart “verraaiers” wat met blankes saamwerk, eintlik die enigste idee wat die party bymekaar gehou het, dit is nou afgesien van Joe Slovo, Ronnie Kasrils en ander se trogloditiese marxisme.

Volgens verskeie berigte, onder andere in die New York Times, is Micah Johnson geïnspireer deur swartmagbewegings soos die Black Panthers. Hy het ook die rooi, swart en groen Pan-Afrikaanse vlag op sy Facebookblad vertoon. Daardie kleure is natuurlik in die “nuwe” Suid-Afrikaanse vlag opgeneem, sodat ons nasionale vlag vandag in wese ‘n swartmagvlag is.

Elders op Facebook het die Black Power Political Organisation ná die skietery in Dallas die volgende boodskap geplaas:

Black Power Political Organization BPPO Sniper assassins in Dallas
Black Power Political Organization BPPO Sniper assassins in Dallas

Die hoofstroommedia en die universiteite is oral in die Westerse wêreld deur Links gekoloniseer. Ná 1989 het almal van hulle van “klas” na “ras” oorgeskakel en “rassisme” (dit wil sê polities onkorrekte houdings of gedrag by blankes, swartes mag maak soos hulle wil) word as die grootste euwel beskou wat daagliks “beveg” moet word.

‘n Mens kan sê dat Links, wat ten spyte van Donald Trump, Marine Le Pen, Geert Wilders en Brexit, steeds oorheers, se obsessie oor ras ‘n nuwe “verdeel-en-heers”-strategie verteenwoordig. In die VSA baklei die blanke meerderheid en swart of Hispanistiese minderhede onderling; in Suid-Afrika is dit die swart meerderheid wat as rassemassa teen die blanke minderheid gemonster word.

Bokant hierdie rasseburgeroorlog wat daagliks in die media aangehits word, troon die fameuse “een persent”, met miljardêrs soos George Soros (VSA) of Nathie Kirsh (Suid-Afrika), wat politieke bewegings en partye befonds en sodoende die “winde van verandering” in hul rigting laat waai. Na bewering befonds George Soros die BLM-beweging (Black Lives Matter) in die VSA wat gedurig op die aanval is oor Amerikaanse polisiegeweld teen swartes. Dat Amerikaanse swartes, al is hulle net dertien persent van die bevolking vir ongeveer die helfte van alle geweldsmisdaad verantwoordelik is, word natuurlik deur BLM en die media verswyg.

Die (swart) polisiehoof van El Paso het so pas Black Lives Matter as ‘n “radikale haatgroep” beskryf en meen dat “die gevolge van Dallas te wyte is aan hul pogings (om swartes op te sweep)”:

Kirsh, wat in Potchefstroom gebore is, maar wat deesdae ‘n burger van Swaziland is wat maatskappye in belastingvrye eilande en state bedryf, het reeds vir Mamphela Ramphele en Julius Malema befonds.

Die lys van politieke groeperings en individue wat deur George Soros se Open Society Foundation gefinansier word, is te lank om op te noem, waaronder Black Lives Matter en die “kleurrevolusies” in Oos-Europa.

Assata Shakur
Assata Shakur

Assata Shakur se naam is ook oor die afgelope paar dae genoem, na aanleiding van die skietery in Dallas. Sy is ‘n voormalige lid van die Black Panther Party en die Black Liberation Army wat ‘n polisieman van die deelstaat New Jersey, Werner Foerster, doodgeskiet het. Sy word steeds as ‘n voortvlugtige in die VSA gesoek en het ‘n tyd lank in Kuba geskuil. Gerugte wil hê dat sy haar tans in Suid-Afrika bevind en die Media24-koerant, City Press, het reeds van haar artikels gepubliseer waarin sy antiwit gevoelens aanhits: Listen up! The European is not your friend. Toe ek by die Persombudsman daaroor beswaar maak, is ek deur City Press geleentheid gegun om daarop te antwoord.

Laat dit insink: Ek as Afrikaanse skrywer mag nie in die blaaie van Media24-koerante skryf nie, of slegs by uitsondering en onder druk van die Persombudsman, maar ‘n voortvlugtige swart terroris soos Assata Shakur, gebore JoAnne Deborah Byron, mag wel.

Soos wat polarisering tussen rasse- en etniese groepe in die VSA, Suid-Afrika en Europa toeneem, gaan die rasseoorlog ‘n werklikheid word. Plaasmoorde en huisaanvalle in Suid-Afrika is deel daarvan.

Micah Johson se aanval op die blanke polisiemanne van Dallas verteenwoordig ‘n verhewiging van die rasseoorlog wat van Links aangeblaas word met begrippe soos “blanke bevoordeling”, “blanke rassisme” en “blanke heerssug” wat volgens Fanon en ander linkse denkers slegs deur naakte swart geweld besweer kan word.

In die VSA blameer Barack Obama en Hillary Clinton reeds die polisie vir die toenemende swart geweld en terreur, net soos wat plaasmoorde en huisaanvalle op blankes in Suid-Afrika aan “die oorblyfsels van apartheid” of “blanke rassisme” toegeskryf word. Op Twitter het mev. Clinton soos volg op die swartmagaanval in Dallas gereageer:

Links het hul sentrale begrip van klasserevolusie vir die rasserevolusie verruil. Daarom kan ons verwag dat terreur nie net deur radikale Moslems gepleeg gaan word nie, maar ook deur swart nasionaliste. Die media met hul meesterverhaal van blanke rassisme en swart lyding skep die teelaarde daarvoor.

Dan Roodt: Roof Bezuidenhout se analogiedenke

Andries “Roof” Bezuidenhout skryf vandag op Netwerk24 dat swart nasionalisme dieselfde pad as Afrikanernasionalisme in Suid-Afrika gaan stap. Ek weet nie of dit net dom mense is en of dit deur Media24 voorgeskryf word nie, maar dié soort “analogiedenke” is op niks gegrond nie. In ‘n rubriek met die titel, “Swart woede begin nou eers” verwoord hy dit só:

As die huidige oplewing van swart nasionalisme in Suid-Afrika dieselfde pad volg as wat Afrikanernasionalisme van weleer gevolg het, kan ’n mens dalk ’n beter voorspelling maak van wat moontlik in die toekoms kan gebeur.

Dit beteken ook dat ons eers oor sowat vier dekades weer oor versoening sal kan praat.

Andries Bezuidenhout is ‘n kulturele marxis wat by Wits gestudeer het en daar in Boerehaat en radikalisme gebreinspoel is. Waarskynlik is hy te bang om te sê wat hy regtig dink, want dan sal Netwerk24 hul laaste lesers verloor. Soos Malema sal hy teen ons uitvaar dat ons swartes se grond gesteel het en dat ons net geweld en ondergang verdien.

Pleks van eerlik te wees en sy EFF-ideologie en marxisme te bely, vermaak hy ons met dié absurde analogie: Swartes maak soos Afrikaners.

Hy kon net sowel gesê het: Swartes maak soos Duitsers. Of Japannese of wie ook al. Dus as ons ‘n atoombom op Soweto sou gooi soos die Amerikaners op Hirosjima, sal die swartes begin Toyotas maak en die wêreldmotormark verower. Dalk nog soesji eet ook, hoewel sommiges soos Kenny Kunene eet mos reeds soesji, solank dit van dames se naakte lywe af is.

Engelse het ons plase, huise, kerke en skole afgebrand, toe bou ons nuwes, asook duisende skole, huise en klinieke vir swartes. Geen Afrikaner het, sover ek weet, nog ‘n swart skool afgebrand nie. Wat nog te sê ‘n Afrikaanse skool?! Net vanjaar in Limpopo het swartes al 25 skole afgebrand. Stel jou dit voor: bietjie petrol en ‘n vuurhoutjie, en siedaar!

Dis woede. Woede wat ons moet verstaan, sal Andries Bezuidenhout en sy mede-marxiste sê. Maar daar is niks aangaande swart woede om te verstaan nie: dit lyk altyd dieselfde, of dit nou Detroit 1967, Soweto 1976 of Vuwani 2016 is. Of mens kan dit probeer ontleed, maar dan moet jy van kinderlik sadistiese gedrag begin praat. En niemand gaan dáárdie ontleding plaas of vir ‘n proefskrif goedkeur nie. Dis mos nie polities korrek nie. En nie-PK is rassisties en as jy eers die R-woord sê, dan vlug almal vir hul lewens.

detroit1967

As swartes Toyotas of Volkswagens wou begin bou, sou hulle al begin het. Dus is daar geen analogie tussen die Afrikaan en die Japannees of die Duitser nie. Nog minder met die Afrikaner. Afrikanernasionalisme het oor ‘n taal, kultuur, selftrots, die ontdekking van ons landskap (Pierneef, Opperman, noem maar op) gegaan, nie oor wraak op die Engelse nie. Hoewel, dis ‘n swakheid sou ek sê: ons móés wraak op die Engelse geneem toe ons kon. Maar daardie kans is verspeel en nou is ons weer onder, heel onder, en aan die ontvangkant van Engelse wraak, swart wraak, kleurlingwraak, Indiërwraak, Jodewraak, noem maar op. Dis nog ‘n ironie: die mense wat vir ons die kwáádste is, die stedelike Joodse gemeenskappe in Johannesburg en Kaapstad, is ook die welvarendste. Hulle skel ons uit in hul ontwerpersklere terwyl hulle in hul koerantjie elke week spog met opskrifte soos “Jews hit Sunday Times rich list in force”.

sa_jode_richlistDieselfde geld die swart elite: hoe ryker hulle word, met ons belastinggeld en staatskontrakte, gratis aandele, ens., hoe meer haat hulle ons.

Andries Roof Bezuidenhout is net ‘n pion, ‘n buiksprekerpop wat die huidige elite se boodskap verkondig en om een of ander rede sien die elite die Afrikanermiddelklas as ‘n bedreiging vir hul mag. Want dalk sien die volk eendag deur hulle, dalk is dit hul grootste vrees…

Dan Roodt: Afrikaans gaan onder weens linksheid van Afrikaner-elite

In die verre verlede toe Beeld nog my briewe geplaas het, was daar ‘n polemiek tussen my en Willie Esterhuyse waarin hy die Afrikaanse taaldebat as “verslane bier” afgemaak het. Op 19 Februarie 2000 het Esterhuyse in sy wysheid geskryf:

“Maar op kultuur-politieke terrein sukkel ons om vordering met debat te maak. Die sogenaamde debat op hierdie terrein, soos die politieke debat onder Afrikaners, is van dieselfde gehalte as ‘n glas bier wat ‘n hele dag in die son gestaan het.

Een van die redes hiervoor is dat ons nog nie die slegte gewoontes van die verlede afgeleer het nie. Byvoorbeeld om van slegsê-tegnieke en skeltaal gebruik te maak en dit as polemiek voor te hou. En dan is daar een tegniek wat ons sedert die dae van apartheid nog nie ontgroei het nie: Verdagmaking.”

Uit hierdie woorde van Esterhuyse, ‘n lid van die (verloopte) Afrikaner-elite, spreek sy minagting vir Afrikaners en ons intellektuele vermoëns helder. Daarom het ek hom ‘n paar dae later op 24 Februarie 2000 met die volgende brief geantwoord:

Afrikaanse denkstorm wóéd

DAN ROODT, Dainfern, skryf:

‘n Mens kan nie anders as om te reageer op een van die mees arrogante en stiksienige artikels wat daar onlangs in Beeld verskyn het nie. Dit is die een onder die opskrif Warm en ou bier deur prof. Willie Esterhuyse wat iewers teen die Simonsberg vaskyk en onbewus is dat daar wel tans ‘n denkstorm in Afrikaans los is soos nog nooit tevore nie.

Die magdom artikels, briewe, konferensies, filosofiekafees, seminare, radiogesprekke, die bestaan van die filosofietydskrif Fragmente, LitNet en ander lewendige webwerwe waarin daar as ‘t ware koorsagtig gedink, geskryf, geargumenteer, gefilosofeer en gedebatteer word, vergelyk hy met “ ‘n glas bier wat ‘n hele dag in die son gestaan het”.

Spesifiek op kultuurpolitieke terrein, waar ons volgens hom “sukkel om vordering met debat te maak”, het mense soos Breyten Breytenbach, Ampie Coetzee, Van Zyl Slabbert, Hein Willemse, Z.B. du Toit, Heindrich Wyngaard, Danie Goosen, Johann Rossouw, Hermann Giliomee, Chris Louw, Deon Geldenhuys, Elirea Bornman, Clinton du Plessis, Joan Hambidge, Koos Kombuis, Peter Louw, Johann Lodewyk Marais, Juanita van Rensburg, Wimpie de Klerk, om maar enkeles te noem, reeds ‘n verskeidenheid insette tot die kultuurdebat gelewer waarin daar heftige meningsverskille bestaan.

Die idee van mense wat mekaar “warm broei en mekaar se ego’s masseer” of “merendeels met mekaar praat” is omtrent so vreemd aan hierdie debat soos goeie ekonomiese bestuur in Zimbabwe die afgelope twintig jaar.

Die ‘gehalte van die debat” mag benede prof. Esterhuyse se eie hoë peil wees, maar dan is dit heel aanvaarbaar vir die invloedrykste lewende filosoof, Jacques Derrida, wat reeds bygedra het tot Fragmente en in Januarie ‘n groepie Afrikaanse denkers in Parys verwelkom het vir ‘n gesprek rondom Heidegger.

Hierdie suurderige afwys van wat ‘n mens eietydse kultuurpolitieke denke in Afrikaans kan noem, sou miskien nog vir onsegbare mistiek kon deurgaan, en kon suggereer dat daar elders gróter woelings van die gees aan die gang was, maar Esterhuyse plaas sy hoop op die sakesektor waar ‘n “lewendige debat” sou plaasvind.

Tensy ons die advertensiespreuk “one nation one beer” as denke beskou, dink ek nie ‘n mens sou debat daar met ‘n mikroskoop kon vind nie.

Ons is al gewoond daaraan dat ekonome die rigting van die aandelebeurs of rentekoerse verkeerd voorspel, dat uitvoerende hoofbeamptes beslissings neem of hofsake voer waarin hul eie ego’s ‘n groter rol speel as enige logika, maar om sakelui as die voorste denkers van ons tyd aan te bied, is ‘n nuwe een.

Vele maatskappyhoofde weet nie eens hoe om ‘n strikdas te knoop nie, wat nog te sê enige Gordiaanse knope van ons samelewing te ontknoop.

By sommige nuutgestigte ondernemings in Johannesburg word daar ‘n verbod geplaas op die woord “bestuur”, omdat dit ‘n gestigmatiseerde term geword het en iets ouderwets en outokraties aandui.

Ek merk dat prof. Esterhuyse verbonde is aan ‘n “Bestuurskool” en dus ewe uit voeling is met die sakesektor as met die Afrikaanse kultuurdebat.

Wat verstommend is, is dat die Afrikaner-elite, waaronder die rubriekskrywers van Beeld, aanhou om hul omhelsing van linkse denke te verdedig deur op die “ou bier” of geyktheid van die argument vir Afrikaans te wys. Intussen is die (sogenaamd “regse”) argument vir Afrikaans en taalvryheid veel meer genuanseerd en intellektueel begrond as die linkse aandrang op Engels en eenvormigheid.

So pas hierdie week het Gerhard van Huyssteen ewe hard as Esterhuyse gekla oor al die artikels ten gunste van die Afrikaanse taalstryd in wat hy “koerante” noem. Blykbaar lees hy nie webblaaie nie, anders sou hy seker nóg moedeloser gewees het, veral as hy Leon Lemmer se uitgebreide reeks artikels oor Afrikaans aan die Universiteit van Stellenbosch sou gelees het. Van Huyssteen gebruik ‘n ander metafoor as Esterhuyse, nie “warm en ou bier” nie, maar “snuiwer as snuif”:

Snuiwer as snuif – só is die universiteitetaalkwessie al getrap. As ek ’n koerant oopslaan en nogmaals ’n analise, artikel, brief of rubriek sien, wil ek weemoedig in my hande ween.

Een van die cliché-besware van Suid-Afrikaanse Engelse teen Afrikaners en Afrikaans is dat ons “parogiaal” is; hulle behoort tot die Empaaier en ‘n universele kultuur, terwyl ons bloot Suid-Afrikaans en plaaslik is. Die Afrikaner-elite het bewustelik of onbewustelik dié beswaar oorgeneem, want in 2000 skryf Willie Esterhuyse in sy Beeld-rubriek:

“In die meeste gevalle behoort die “debatteerders” tot dieselfde kaste. Hulle broei mekaar warm en masseer mekaar se ego’s.”

In dieselfde trant meen Gerhard van Huyssteen in sy Beeld-rubriek vandeesweek:

“Ironie: ’n Groot deel van die huidige taaldebat word in Afrikaans gevoer. Al die slim praatjies en gewigtige argumente is dus in wese ontoeganklik vir die ander partye in die debat.

Ons praat onsself lekker warm.”

Ons weet nie wie “die ander partye in die debat” is nie. Vermoedelik is dit die EFF se “studentebevel” met sy #Afrikaansmustfall-veldtog. Die EFF stel nie belang om te debatteer oor die voortbestaan van Afrikaans nie; die taal moet eenvoudig voor die gebalde swartmagvuis verdwyn. ‘n Debat met die EFF sou neerkom op wat die Franse ‘n “dialoog van dowes” (dialogue de sourds) noem, ‘n gesprek tussen mense wat mekaar nie wil of kán hoor nie. Of dit in Engels of Afrikaans geskied, sou sekerlik geen verskil maak nie.

Ek weet nie in watter sin Van Huyssteen die woord “ironie” gebruik nie, maar sou dit nie soveel te meer ironies gewees het indien ons oor die ondergang van Afrikaans op Engels sou moes debatteer nie? Asof die invloed van Afrikaans so gering geraak het dat ons Engels nodig het om die taal te red, ‘n bietjie soos die Skotte en Walliesers in die Verenigde Koninkryk wat hul vurige nasionalisme meesal in Engels uitdruk omdat die meerderheid van hulle deesdae slegs Engels magtig is en hul moedertale verloor het.

In ‘n opvolgrubriek deur Barnard Beukman beaam hy Van Huyssteen (en Esterhuyse) se mening(s) dat “die taaldebat… uitgeput” is. Die bier is oud en warm, en ons is flou. Beukman gaan steek kers op by die bedenklike Britse leuenaar Tony Blair van “wapens-van-massavernietiging”-faam en die idee van ‘n “derde weg” uit die huidige taalbedeling. Soos dit vir my voorkom, lyk die “derde weg” na ‘n soort draadsittersposisie tussen die stryders vir Afrikaans en die stryders vir Engels. Dit herinner my aan die omie van die FAK wat destyds toe ons Parmalat geboikot het omdat hy Afrikaans van die jogurthouers afgehaal het, geen gelykberegtiging teenoor Engels nie, maar “net ‘n ou klein bietjie Afrikaans” bepleit het. En soos in die handel, sal die “ou klein bietjie Afrikaans” op universiteit al minder en minder word totdat daar uiteindelik niks van oor is nie.

Ook Van Huyssteen, wat hom elders vir ‘n groot kenner van Afrikaans uitgee, is geen taalstryder nie; hy neem bloot aan die taaldebat deel “soos ’n rugbyma wat Saterdag ná Saterdag op die paviljoen sit en brei terwyl sy haar kind se vertoning belangstellend oor die rand van haar bril volg…” Self voel hy hom nie betrokke nie. Amper soos Peter Blum se “rooinekke op Hermanus”

wat koel staan teenoor óns rumoer, kil-vreemd
– nie aanvoel wat óns bedoel, ín ons woel:
hartstog-verleerde, wrok-onbegrypende
sege-moeg, effens geaffronteerde
see-afkykers, agterland-afgekeerdes
wat hoegenaamd niks nie brandelik begeer.

Sekerlik staan die Afrikaner-elite – tans soos in die verlede – onbegrypend teenoor ons “regse harstog” oor ons taal, ons grond, ons land, ons tradisies, ons skole en universiteite wat nou alles voor die onverbiddelike gang van die linkse revolusie moet wyk.

Ná die Brexit-referendum, asook die opkoms van Donald Trump as VS-presidentskandidaat, word daar wêreldwyd gepraat van “die opstand van gewone mense teen die elite”. Self wonder ek wanneer Afrikaners in opstand gaan begin kom teen óns elite wat ons kort-kort en beterweterig teregwys of aansê om in die ry te staan terwyl ons “transformasie” en verengelsing moet ondergaan soos beeste of skape wat gedip gaan word. Dit was Chris Louw se beswaar in sy Boetman-brief, en byna twee dekades later geld dit steeds.

In Beukman se rubriek is daar skielik so ‘n Freudiaanse glips as hy die volgende kwytraak oor diegene wat dalk nie die “derde weg” van iewers in die middel soos ‘n koel en kalm rooinek op Hermanus sou wou inslaan nie:

Volgens die ontleders is dit die ou linkses, want hulle kon nog nooit iets laat werk nie. En die nuwe regses, want hulle kon nog nooit iets doen wat werklik goed is nie.

Hierdie sinnetjie word nie verder omskryf nie, en die leser moet wonder wie die “ou linkses” en “nuwe regses” binne (Suid-)Afrikaanse konteks sou wees. Is Willie Esterhuyse ‘n “ou linkse”? Vir seker het Willie Esterhuyse en ‘n groot deel van die ou NP-Broederbond-elite die marxistiese leerstellinge van Joe Slovo, Harold Wolpe en Rusty Bernstein omhels. Soos Jakes Gerwel, in lewe nog ‘n direkteur van Naspers, keer op keer aan ons verduidelik het, is die Afrikaner bloot ‘n “verbeelde gemeenskap” wat nie in die werklikheid bestaan nie. Trouens, soos die SA Kommunisteparty reeds jare lank argumenteer, is feitlik alles wat Afrikaans is die kunsmatige maaksel van die verderflike Afrikanernasionalisme – ook Standaardafrikaans – en behoort daarom van die aardbol te verdwyn.

Slovo en kie. se revolusie was seker die mees geslaagde in die twintigste eeu, want terwyl die kommunisme in Rusland tot niet is, stoom dit steeds in ons land voort, sy dit dan in ietwat aangepaste, “neo-linkse” gedaante. Ek sou dus reëlreg met Beukman wou verskil en sê dat die “ou linkses” juis die revolusie laat werk het en selfs die Afrikaner-elite oortuig het om hul gewig daarby in te gooi!

Trouens, die “liberale” Beeld is deesdae waarskynlik die mees beginselvaste mondstuk vir marxisme en neo-marxisme in die land, op enkele uitsonderinge soos die Mail & Guardian of die Daily Maverick-webblad na. Wat doen Max du Preez, Amanda Gouws en al die ander “meningsvormers” anders as om ‘n vulgaat-weergawe van Slovoïsme aan die volk op te dring? Lê jou neer by die revolusie en sy verskeidenheid “transformasies”, en aanvaar dit alles as “onvermydelik”, sê hulle. Marx en Engels se idee van die “onvermydelikheid van kommunisme as laaste fase van die geskiedenis” is sedert die val van die Berlynse Muur so effens weerlê, behalwe in Suid-Afrika. Hier volg die revolusie sy eie onverbiddelike logika en wee diegene wat probeer teëstribbel of kritiseer. Hulle sal vinnig die swye opgelê of as “rassiste” gebrandmerk word, wat op dieselfde neerkom.

Die ekstremistiese feminis Christi van der Westhuizen, ‘n vorige redaksielid van Beeld, asook ‘n Beeld-rubriekskryfster, is deesdae – bid jou dit aan – professor van sosiologie aan die Universiteit van Pretoria. In ‘n onlangse artikel wat selfs op die UP se webblad beskikbaar is, sê sy die volgende:

“Hoewel ek die posisie ondersteun dat wit mense, mans en straights in sommige situasies moet stilbly…”

Christi van der Westhuizen en Pierre de Vos: hulle mag maar praat, maar ek en u moet stilbly, synde "wit en heteroseksueel"
Christi van der Westhuizen en Pierre de Vos: hulle mag maar praat, maar ek en u moet stilbly, synde “wit en heteroseksueel”

Ja, u het reg gelees: indien u wit, manlik of heteroseksueel is, moet u liefs “stilbly”. Slegs gekleurdes, vroue en homoseksuele mag praat. Komende van ‘n vorige en dalk huidige verteenwoordiger van die Afrikaner-elite-media, spreek dit boekdele.

Dis nog ‘n ironie: die hoofstroommedia in ons land wat oor “sensuur” by die SAUK begaan is, maar daagliks die strengste moontlike sensuur handhaaf om te sorg dat geen polities onkorrekte mening in druk verskyn of op die lug gehoor geword nie.

Ek dink ons verstaan almal wat “ou links” beteken en dat die Afrikaner-elite hom daarmee versoen het. Maar wie is die “nuwe regses” waarna Beukman verwys?

Ek lei af dat Beukman nie by Wits of Kaapstad gestudeer het nie, dus is hy nie voorgraads met die beginsels van marxisme, in sy klassieke vorm as marxisme-leninisme of in “kulturele” gewaad as feminisme, anti-rassisme en die aftakeling van die blanke, heteroseksuele man, gebreinspoel nie. Soos die meeste ander lede van die Afrikaner-elite, is hy ‘n soort klakkelose linkse, iemand wat “die klok gehoor lui het, maar nie weet waar die bel hang nie”.

Vandaar dan ook sy ietwat lukrake verysing na die “nuwe regses”; dit lyk vir my so ‘n bietjie intellektueel slordig, sonder enige verwysing of selfs heenwysing. Op Twitter het ek hom gevra wat hy hiermee sou bedoel,

maar tot dusver geen antwoord ontvang nie.

Die “nuwe regses” kan seker enigiets vanaf die Franse nouvelle droite met die ongeveer 50 boeke wat iemand soos Alain de Benoist geskryf het om denke rondom identiteit, tradisie en gemeenskap te vernuwe, tot die onlangse “alternatiewe regse” of alt right-beweging in die VSA en Brittanje insluit. Om nie van die vermoorde Pim Fortuyn in Nederland te vergeet nie.

Tot my eie verbasing word my naam dikwels in dieselfde asem as dié van sekere “alternatiewe regse” figure in die VSA genoem. Maar soos die Franse skryfster en redaktrise van die tydskrif Causeur, Elisabeth Lévy, dit stel: “Aujourd’hui, ma seule identité politique, c’est d’être pas-de-gauche.” (Wat min of meer vertaal na: “Tans is my enigste politieke identiteit dat ek nie-links is.”)

Hiermee kan ek saamgaan: Daar is vir my niks aantrekliks aan Links nie. Die geskiedenis van linkse volksmoorde (Sowjetunie, China, Kambodja, Ethiopië, noem maar op) tydens die twintigste eeu, asook die terreur en halssnoermoorde van die ANC-SAKP hier by ons, was genoeg om my vir ewig van enige simpatie vir Links te genees.

Vandag, egter, is die Afrikaner-elite – in navolging van sy nuwe “ou-linkse” meesters in die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty – links, selfs erg links… Terwyl die Afrikaner-elite slegs minagting koester vir ons geskiedenis, identiteit, kookkuns, skilderkuns, argitektuur, monumente, selfs Standaardafrikaans, en die volk self, kan ek nie anders as om my juis aan die kant van die verdrukte, verguisde “gewone” Afrikaner te voel nie. En moet my asseblief nie, à la Gramsci, as ‘n “organiese intellektueel” tipeer nie!

Noem dit “Ockham se skeermes” of gesonde verstand, maar die taalprobleem is baie eenvoudiger as wat dit voorgestel word. Soos soveel keer in die verlede tydens tydperke van vreemde of Britse oorheersing, moet ons vandag kies tussen ons moedertaal en dié wat die owerheid met staatsmag op ons probeer afdwing. Die keuse vir Afrikaans is natuurlik en word gerugsteun deur ‘n magdom internasionale beginsels en voorbeelde, selfs deur die swak grondwet waarmee De Klerk en sy mede-elite-verraaiers ons opgesaal het.

Tydens hul stryd teen die Spaanse Ryk, het ons Nederlandse voorouers die skeldnaam “Geuse” naderhand hul eie gemaak. “Geus” beteken “bedelaar”, maar ook “skurk, skobbejak, misdadiger of deugniet”.

Gedurende die huidige taalstryd poog die vyand insgelyks om diegene wat vir Afrikaans en Afrikaanse instellings kies as “rassiste”, “Nazi’s”, “wit heerssugtiges” en wat nog te stigmatiseer. Dit is deel van die semantiese oorlog wat tussen Afrikaners en die SAKP, asook die (verloopte) Afrikaner-elite woed. Ons is rassiste en hulle is terroriste. Kom ons kyk wie dit die hardste kan skree.

Ten slotte, nog iets: Oor die afgelope aantal dekades het die Afrikaner-elite nog altyd die Afrikaner self as sy vyand gesien! Ons het oor ‘n weermag, polisiemag, buitelandse diens, inligtingsdiens, ens., beskik om ons vyande soos die ANC en SAKP mee te beveg, maar al daardie “wapens” is meesal ongebruik gelaat, of andersins aangewend om ander Afrikaners – veral diegene wat enige gevoel vir hul afkoms, taal en tradisies koester – mee te kasty.

Het dit nie tyd geword dat ons, na die voorbeeld van ons broers in die meeste Westerse lande, óók in opstand teen ons eie elite kom nie?

Want sonder die listige meelopery van die Afrikaner-elite sou die “ou-linkse” ANC-SAKP kwalik destyds in 1994 die land kon oorneem, wat nog te sê met behulp van die huidige mislukte staat kon aanhou regeer!

Miskien is dit die betekenis van ‘n “nuwe Regs”: om jou teen jou eie elite te verset. Téén Cameron en Merkel en Hollande en Hillary… en Willie Esterhuyse en sy geesgenote wat in 20 jaar geen sekerheid oor enigiets kon bereik behalwe dat Afrikaners behoort te verdwyn nie.

Dan Roodt: Tyd om op te staan vir Afrikaans!

Die nuus wat elders berig word, dat sowel Maties as Tukkies van Afrikaans ontslae raak op ‘n swart dag vir Afrikaans, stel Afrikaners voor ‘n onverbiddelike keuse: óf ons moet voortgesette politieke, kulturele en talige oorheersing aanvaar, óf ons moet daarteen in opstand kom. Soos die filosoof Carl Schmitt gesê het:

“Sê my wie jou vyand is, en ek sal jou sê wie jy is.”

Die taaloorlog is verklaar. Oor die afgelope tyd het die vyande van die Afrikaner en veral van ons taal, Afrikaans, openlik na vore getree. Dis nie nodig om hulle hier te lys nie, want ons vermoed almal wie hulle is. Sommige van hulle dra rooi hemde en barette; ander kruip weg agter mooi klinkende frases soos “demokrasie”, “die grondwet”, “toegang vir almal”, en dergelike meer. ‘n Ander groep bestaan uit verloopte Afrikaners wat reeds hul kinders in Engelse skole geplaas het en uit hoofde van hul persoonlike keuse met buitenissige venyn teen Afrikaans organiseer, en eintlik die “vuilwerk” van die meer tradisionele vyande van Afrikaans doen.

Teen hulle almal sal ons ons moet begin verset. Oor die aard en omvang van hierdie verset, moet daar taamlik koud en klinies gedink word. Sekerlik moet daar voortgegaan word met ‘n stryd in die howe en op elke moontlike wettige manier. Hoewel, as ons eerlik is, moet ons erken dat die stelsel dermate teen ons gelaai is, dat wetlike middele haas uitgeput is. Daar word implisiet aanvaar, ook in die howe, dat die Afrikaner so magteloos en skaakmat gestel is dat ons vyande so te sê kan maak wat hulle wil. Demografie is alles en getalle troef elke beginsel.

Oor die verskynsel van Boerehaat in Suid-Afrika – en waarskynlik in Groot Brittanje – kan daar boeke vol geskryf word. Voeg daarby die nuutgevonde vermetelheid van sekere Pedi’s en Zoeloes, en ons sit met ‘n galery vol jillende vyande wat in optrede teen Afrikaans ‘n simboliese manier sien om Afrikaners grondig te verneder. Nie net te verneder nie, maar ons ook te laat verstaan dat ons nie langer in die land of in die samelewing welkom is nie.

Wat PRAAG betref, sal ons aanhou om die goeie stryd te stry en die misnoeë wat die meerderheid Afrikaners voel te verwoord. As een van die openbare gesigte van Afrikaans, moet ons ons by die gehate Engelse grondwet met sy Engelse en swart voorkeure hou, asook by die aardige hoeveelheid wette en maatreëls wat toenemend ons spraakvryheid beperk. Terwyl die ekstremistiese uitlatings en selfs oproepe tot volksmoord van ons vyande natuurlik geduld word, indien nie aangemoedig word nie…

Maar om die spreekwoordelike braaivleisvure, tussen vriende, familie en vertrouelinge, sal elke Afrikaner moet besin oor wat hom volgende te doen staan. Gaan ons dié naakte oorheersing aanvaar waarmee Afrikaans met ‘n pennehaal vanuit die tersiêre stelsel – en volgende uit die skole – verwyder word?

Gaan ons, wat nie die oorheersing van die Britse empaaier wou aanvaar nie, die dwingelandy van die Bantoe-empaaier duld? En indien nie, wat gaan die beste manier wees om dit van ons af te skud? Dis alles kwelvrae waarvoor elkeen van ons sy eie antwoord moet vind.

Gaan daar weer soos in die laat dertigerjare ‘n spontane beweging onder Afrikaners ontstaan, dié keer om die saak van Afrikaans te veg? Ons was al voorheen hier, by dié punt wat Van Wyk Louw in daardie tyd só in ‘n gedig verwoord het:

Julle is die oorheersers en júlle die vertrappers
van ons wat sterk is, maar magteloos verneder;
julle maal ons soos koring; julle eet ons soos brood.
…
Daarom moet julle tot needrigheid genees word,
gebreek word deur ons in ons magtige opstand
tot eenvoudig vreugdes, tot die heilige lye,
tot ’n nuwe onmiddellikheid van die heldere aarde;

Maak geen fout nie: daar word tans tot in die hart van Afrikaans geskiet. Die taal het nog altyd oorleef danksy sy hoë funksies wat hy moeisaam oor langer as ‘n eeu verwerf het. Met die summiere afskaffing van Afrikaans op universiteit, is die stryd in die howe en op bykans elke ander terrein eensklaps óók verlore.

Uit selfverdediging sal ons moet begin dink op watter manier ons Engels – want ongelukkig word die oorlog teen Afrikaans in die naam van Engels gevoer, hoe goedgesind vele Engelssprekendes hier maar veral oorsee ons ook al mag wees – kan seermaak. Dit mag vir ons moeilik wees om die status van Engels as staatstaal en as handelstaal deesdae in ons land aan te tas, maar moontlik is die fisieke infrastruktuur van Engels kwesbaarder as wat ons dink.

Is daar ander meer subtiele maniere om sowel die Britse as die Bantoe-imperialis tot sy sinne te bring, daardie vandale wat tydens die tweede vryheidsoorlog ouerhuise en kerke in ligte laaie gelaat het? Of is ons gedoem om hul resep te volg?

Die staat, die effers en die universiteitsowerhede wat almal uit een mond praat, is besig om ons onberekenbare skade aan te doen deur ons geliefde moedertaal van ons weg te neem. Hiermee ontneem hulle ons ook van ons grootste en mees kosbare ideaal, die strewe om van Afrikaans dié kultuurtaal van Afrika te maak.

As ons aan Engels net vyftig persent van die skade kan aanrig wat daar nou teen Afrikaans gepleeg word, sou ons al baie bereik.

Daar kom ‘n tyd in die lewe van elke volk dat hy teen onreg moet opstaan. Daardie tyd is nóú.

Dan Roodt: Steve Hofmeyr se besoek maak deure in Nederland oop

Wie sou kon dink dat ‘n besoek van Steve Hofmeyr aan Nederland feitlik voorbladnuus in beide daardie land en Suid-Afrika kon wees? Gewoonlik skryf Beeld, Netwerk24 en ander Media24-media – synde anglofiel en polities korrek – skaars oor Nederland en daarom weet Afrikaners so te sê niks van al die interessante debatte in die Nederlandse politiek nie. Die frase “eigen volk eerst” weerklink al tot in die VSA waar mnr. Jared Taylor van American Renaissance dit tydens die onlangse konferensie naby Nashville, Tennessee, gebruik het. Die meeste Nederlanders hou vas aan die tradisie van “Zwarte Piet”, Sinterklaas se swart handlanger wat jaarliks aan die begin van Desember gevier word, ondanks linkse krete van “rassisme”.

Ironies genoeg is Afrikaners – ten minste ons joernalistieke en akademiese elite – vandag links, selfs ekstreemlinks, terwyl Nederlanders soos tienmiljoene ander Europeërs weer hul wortels, taal en tradisie ontdek. Vandaar dan ook die groep “Europa vir nasies en vryheid” in die Europese parlement waartoe beide Geert Wilders en Marine Le Pen se partye behoort. Steve Hofmeyr was insgelyks die gas van die ENV – Europa vir nasies en vryheid. Hier by ons is die heersende ideologie politieke korrektheid, “Madiba”-aanbidding en alles wat daarmee saamgaan. Die vraag is: Hoe verander ons dit en hoe belyn ons ons meer met Nederland en die res van Europa, en lande soos Frankryk, Swede en Oostenryk waar tot ‘n derde van alle kiesers deesdae regs stem en onder die jeug selfs die helfte?

Nederland is ‘n klein, besige landjie waar ‘n magdom dinge gebeur: boeke, sport, politiek, sake. Afrikaners behoort veel meer daarvan kennis te neem, op dieselfde wyse as wat die meer behoudende Nederlanders reeds volg wat ons hier in Suid-Afrika ondergaan. Ek het daaraan gedink dat ons ten minste een keer per jaar ‘n “Nederlandse week” moet hê waartydens ons Nederlandse kaas (!) eet, Nederlands lees, iets van ons gemeenskaplike tradisies soos die V.O.C., Calvinisme en boerdery vier, Nederlanse produkte leer ken, maar ook nader kennis maak met die huidige politieke en maatskaplike debat in Nederland. Dinge soos immigrasie, die bedreiging van Islam, die tradisie van Zwarte Piet – wat van links as “rassisme” aangeval word – en waaroor die Nederlandse media daagliks berig. Dis die voordeel van Nederlands: elke Afrikaner kan Standaardnederlands met gemak volg en verstaan, en andersom met Standaardafrikaans. Vele Nederlanders lees reeds Afrikaanse boeke of webwerwe aanlyn, en ons behoort dieselfde te doen.

Laat die V.O.C. herleef! Bestaan daar nie in Afrikaans die spreekwoord wat lui: “En dan is die Kaap weer Hollands” nie? Die Kasteel in die Kaap is oorspronklik gebou om die Engelse uit te hou, iets wat helaas in die negentiende eeu nie meer moontlik was nie. Maar tussen die energieke, ryk Nederland van vandag en Afrikaners wat steeds ‘n uitgestrekte gebied in Suider-Afrika – dink maar aan Suidwes/Namibië – beset, is daar ‘n wonderskone sinergie moontlik. Via die internet is ons reeds verbind, en bestaan die groter “Dietse volk” van Nederland, Vlaandere en Afrikaner-Suid-Afrika reeds, ten minste virtueel. Terloops, die term “Suid-Afrika” gee my al so ‘n wrang smaak in die mond vanweë die oormatige gebruik van “South African” dat ek al ons land in my geestesoog as “die Afrikaanse Republiek” sien. Mag die Prinsevlag weer wapper as ons, die splinter van Europa in Afrika, weer van ons regmatige erfenis besit neem! Daardie sinsnede, “splinter van Europa”, is gemunt deur die skrywer W.A. de Klerk wat ‘n baie interessante geskiedenis van die Afrikaner in Engels, The Puritans in Africa, geskryf het. Daarin toon hy aan hoe die puriteinse gees wat ons dryf, ewe seer vir die welvaart en welslae van Nederland, maar insgelyks die grote VSA, verantwoordelik is. So pas het ek in Tennessee ‘n paar jong Amerikaners ontmoet wat dieselfde sê, dat die konserwatiewe Suide van Amerika wat juis tans so ‘n ekonomiese opbloei beleef, ook sterk deur Calvinisme beïnvloed is/word.

Self kon ek Steve Hofmeyr se praatjie in Den Haag maklik bygewoon het, want ek was vanaf Nashville af op pad terug Suid-Afrika toe via Frankfurt, met een van die Nederlandse politici wat selfs aangebied het om my op Maastricht naby die Nederlands-Duitse grens per motor te kom haal. Maar ongelukkig had ek geen Schengen-visum nie! Dis nog ‘n nadeel van die “nuwe Suid-Afrikaanse” paspoort: mens het oral duur visums nodig omdat ons nou finaal as behorende tot die derde wêreld gereken word. ‘n Epos na die Nederlandse konsulaat in Washington op die vooraand van my vertrek na Amerika, het tot die antwoord gelei dat ek ten minste twee weke en ‘n persoonlike afspraak by die Nederlandse konsulaat in die VSA nodig het om ‘n visum te verkry. Op Frankfurt wou-wou ek die kans waag om met my antieke Franse bestuurslisensie – wat steeds ‘n geldige vorm van identiteitsbewys oral in die EU is, het ek op die internet vasgestel – my as ‘n Franse burger voor te doen en sodoende verby die Duitse paspoortbeheer te kom, maar toe besluit om die redelike te doen en terug Suid-Afrika toe te vlieg.

Steve het hom in elk geval goed van sy taak gekwyt: hy het die Afrikanergeskiedenis in ‘n neutedop aan die Nederlandse gehoor en media oorgedra, tesame met ons huidige lyding onder plaasmoorde, rassekwotas, omgekeerde diskriminasie, waaronder diskriminasie teen die Afrikaanse taal en kultuur. Daaroor is wyd en syd in Nederland berig. Ek verstout my om te sê dat Steve sodoende met een besoek meer reggekry het as ons ambassade in Nederland onder die destydse NP-Broederbond oor dekades heen en teen ‘n koste van miljoene van ons “ou” Van Riebeeck-rande, wat gelykstaande is aan miljarde van die huidige “Madiba”-rande.

Daarmee het Steve vir ons deure in Nederland geopen wat nou oopgehou moet word. Martin Bosma van die Partij voor de Vrijheid verdien ‘n standbeeld in Suid-Afrika vir alles wat hy tot dusver vir Afrikaners gedoen het. Trouens, op Afrikaansdag 14 Augustus vanjaar moet ons PRAAG se TarenTAAL-prys aan hom uitloof vir al sy harde werk om die Afrikanersaak in Nederland te bevorder! Sonder hom sou Steve se besoek sekerlik nie plaasgevind het nie. Hy gebruik sy party se magtige mediamasjien om die Afrikanersaak in Nederland in die openbaar in te dra. As ons soos Nederland oor ‘n koningin beskik het, het sy sekerlik die man tot ridder geslaan. Op sy minste moet ons Martin Bosma tot ere-Afrikaner verklaar en aan hom die vryheid van Pretoria toestaan, sodra Pretoria bevry is, bygesê. As gebore Nederlander wat boonop in ‘n linkse huis grootgeword het, weet hy reeds veel meer van die Afrikanergeskiedenis as vele van ons tydgenote hier, en voel hom eens met ons stryd.

Dan is daar Geert Wilders, wat vir die hele Westerse wêreld ‘n simbool van verset teen “multikul” en Islamitiese kolonisering geword het, en vir seker dra alles wat Martin Bosma vir ons doen ook sy en die Partij voor de Vrijheid se stille goedkeuring weg.

Vandag berig Netwerk24 dat iemand in Nederland tydens Steve se besoek sou gesê het: “Afrikaners, kom terug na jul stamland.” Oral ter wêreld waar ek kom, het ek egter die teenoorgestelde boodskap: laat al die werklose jong Europeërs ons liewer kom help om ons land terug te kry deur boere op hul plase te beskerm. In die VSA kos dit R300 000 per jaar om aan die geringste universiteit te studeer, selfs R1,5 miljoen per jaar as jy mediese klasse wil volg. Waarom kom studeer jong, regse wit Amerikaners nie by Tukkies of Stellenbosch in Engels en help om skanse teen Afromarxisme en politieke korrektheid op te werp nie? Hulle is so geesdriftig oor ons, hulle sal sommer Afrikaans ook leer, anders as plaaslike Engelse wat saam met swartes (en bruines) op die Rooitaal ten koste van Afrikaans aandring. Dan praat ek nie eens van jong Swede, Franse en Nederlanders nie, wat in Afrikaans net nog ‘n “Europese” taal sien waarmee hulle ewe instinktief as met hul eie identifiseer nie. In Tennessee het ek ‘n bloedjong Fin raakgeloop wat ewe seer in Afrikaans belangstel en alles op die internet volg wat ek skryf. Ek het selfs iemand onlangs al hoor sê dat jong Europeërs soos tydens die Spaanse burgeroorlog in die 1930’s by ‘n Afrikaner-“bevrydingsleër” behoort aan te sluit om hier teen kommunisme en swart oorheersing te kom veg. As ek so na al die “identitêre” jeugbewegings in Europa kyk, asook die Amerikaanse meisies wat my op Twitter volg, dan moet die selfversekerde ANC met sy antiwit haat wat daagliks op ons uitgegiet word, pasop. Dalk is so ‘n scenario van ‘n rasseoorlog in Suid-Afrika waarin jong Europeërs en Amerikaners sy aan sy met ons kom veg, dalk nie so vergesog as wat dit tans klink nie… Die wit Portugese vanuit Mosambiek en Angola, asook Rhodesiërs kon Suid-Afrika toe vlug, maar suid van ons is net die Indiese oseaan en Antarktika. Ons staan met ons rug teen die muur, en daarom sal ‘n toekomstige aanval of volksmoord deur die aspirant-Afrika-krygsheer Julius Malema en sy rooihemp-rebellegroep weerstaan móét word.

Daar is op aarde seker nie nog so ‘n vredeliewende volkie soos Afrikaners nie, maar ons sou dom wees as ons nie die oorlogsugtige geluide rondom ons van die EFF, en selfs linkse verloopte Afrikaners soos Marx du Preez of die Stellenbosch-akademici verreken nie. As die beplande plaasbesettings geskied en hongersnood volg, gaan daar in elk geval anargie en geweld uitbreek. Só het dit in elke postkoloniale Afrikaland gebeur, en Suid-Afrika is mos nou “net nog ‘n Afrikaland” soos ons elke dag verseker word.

Die stryd om Westerse en Europese oorlewing woed wêreldwyd; dit was juis die tema van my praatjie in Nashville, Tennessee. Daarom is kruisbestuiwing en onderlinge saamstaan tussen blankes dwarsdeur die wêreld nodig. Nog nooit het ons egter so ‘n groot behoefte daaraan tussen bloedverwante Nederlanders, Vlaminge en Afrikaners gehad nie!

Dan Roodt: Vanuit Amerika, met liefde

Ná my warrelwindbesoek aan Amerika, waartydens ek seker 50 000 km ver gevlieg het, voel ek opgewonde oor die toekoms. Die VSA is ‘n energieke land waar ook diegene aan die regterkant van die politieke spektrum kliphard besig is om te organiseer om hul land “terug te vat” by die bont versameling linkses, feministe en LGBT-aktiviste wat dit tans beheer, om nie van die huidige swart president Barack Obama te vergeet nie.

My verjaardag op die vliegtuig.
My verjaardag op die vliegtuig

Nog nooit op ‘n oorsese reis is ek met soveel warmte en toegeneentheid ontvang nie. Vanaf die eerste aand toe ek om tien oor nege by die lughawe van Nashville, Tennessee deur ‘n plaaslike sakeman verwelkom is, tot die uiteindelike afskeid, het die Amerikaners so te sê die rooi tapyt vir my uitgerol. “Suidelike gasvryheid,” noem hulle dit. Vandaar dus my titel, wat so effens slaan op daardie Ian Fleming-titel uit toeka se dae, From Russia, with love. Ek vind dit taamlik gepas, want die skrywer van die James Bond-rillers en ek is op dieselfde dag, 26 Mei, gebore – iets wat ek op die vliegtuig tussen Frankfurt en Johannesburg moes vier!

Veral die Amerikaanse jongmense hou Suid-Afrika met ‘n valkoog dop en voel dit eens met ons in ons stryd teen verswelging deur ‘n multikulturele massa. Net vanoggend sien ek ‘n twiet raak van ‘n jeugdige Amerikerin wat ek by die American Renaissance-konferensie ontmoet het.

Karl Marx en Friedrich Engels het mos geskryf dat kommunisme “‘n gees is wat by Europa spook”. Net so is Donald Trump tans ‘n gees wat by Amerika spook. En só het dit gebeur dat die jaarlikse konferensie van American Renaissance naby Nashville, Tennessee tot ‘n rekordgetal van 300 mense van regoor die wêreld aangegroei het, waarskynlik weens die wêreldwye toename in “immigrasiebewustheid” wat deur Trump se presidensiële veldtog ontketen is. Onder die konferensiegangers was daar Britte, Switsers, ‘n Australiër, Finne, asook Amerikaners vanuit die meeste state in die VSA. Daar was ook ongeveer 20 mediaverteenwoordigers, waaronder joernaliste van die Wall Street Journal, Dagens Nyheter in Swede, Voice of America, BuzzFeed, Talking Points Memo, Red Ice, Vice en die Political Cesspool. Op pad terug Nashville toe vanaf die Montgomery Bell Nasionale Park naby Burns, Tennessee, waar die konferensie gehou is, kon ek en die joernalis van die Wall Street Journal uitvoerig notas uitruil. Maar meer daaroor later.

Namens American Renaissance, het mnr. Jared Taylor gesê: “Nog nooit het ek so optimisties gevoel nie; nog nooit was daar so ‘n sterk wind in ons seile nie.”

Die konferensie is gehou in die idilliese Montgomery Bell Nasionale Park vol groen bome en kronkelende staproetes nie te ver van Nashville af nie. Die konferensie het die geleentheid gebied vir intellektuele, aktiviste en gewone mense om te beraadslaag oor sake soos immigrasie, die toekoms van die Westerse beskawing, identiteit en selfs sakegeleenthede. ‘n Vrienskaplike gees het die meeste van die gesprekke gekenmerk en Saterdagaand was daar ‘n partytjie ná die tyd wat tot in die vroeë ure van Sondagoggend aangehou het. Ek het 2 selfoonvideo’s by die partytjie geneem: een van ‘n gesprek met twee jong Amerikaners waarin hulle hul belangstelling en meegevoel met Afrikaners uitspreek, en nog een waarin twee jonge Suiderlinge ‘n bekende volksliedjie sing. Meer en meer kom ek onder die indruk van hoeveel ons en die Suiderlinge in gemeen het: ‘n eeu of meer gelede ‘n oorlog verloor, serdertdien geteiken deur die liberale media, met verlies van hul skole, universiteite, instellings en middestede. Ook hul Konfederasievlag waarop hulle so trots is, word as deur liberale en swartes as ‘n “simbool van rassisme” beskou.

Vyf jaar gelede in 2011 moes die konferensie afgestel word nadat linkse bomdreigemente aan die konferensiehotel in Charlotte, Noord-Carolina gerig is. Sprekers het agterna in die geheim in ‘n ander hotel in Charlotte vergader, van waar verrigtinge gestroom is en toesprake op video opgeneem is. Ek het ook by daardie konferensie gepraat, en hoe het die tye nie verander nie! Vanjaar het slegs drie linkse betogers in die park opgedaag met een van hulle wat ‘n plakkaat vertoon waarop kapitalisme en rassisme gelykgestel word. Dit klink amper soos iets wat die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty so gereeld kwytraak. Koferensiegangers het die betogers met hul selfone afgeneem, met ‘n enkele parkpolisieman wat tussen die slordige betogers en die welgeklede deelnemers aan die konferensie staan. Die omgekeerde korrelasie tussen die aantal konferensiegangers en betogers kan gesien word as ‘n aanduiding van hoe die politieke klimaat in die VSA verander het, met Trump se mediagedrwe gees iewers in die agtergrond.

Soos iemand ná die konferensie opgemerk het, was dit moontlik tot dusver die mees kosmopolitiese en internasionale vergadering van sy soort, met vyf uit die tien sprekers wat nie net nie-Amerikaans was nie, maar ook nie Engels as moedertaal praat nie. Ek (Afrikaans), Filip de Winter en Anke Van dermeersch (Vlaams), Ruuben Kaalep (Esties) en Fernando Cortés (Meksikaans-Spaans) tel onder die nie-Engelssprekendes. Jared Taylor, die leier van American Renaissance en ‘n trotse Suiderling “sonder enige Yankee-bloed in sy familie”, is ook uniek in dié sin dat hy vlot Japannees praat omdat hy in daardie land grootgeword het, asook Frans vanweë die tyd toe hy in Parys by “Science-Po” gestudeer het. Dus was die sprekers ‘n mengsel van Europeërs uit die Ou en Nuwe Wêreld, wat ‘n hartstog vir hul gemeenskaplike erfenis deel, asook ‘n intense besorgdheid oor die toekoms van die blanke, Westerse beskawing.

Interessant is dat sjiek geklede swartvrou ook die konferensie bygewoon het en selfs sjokolade aan ‘n paar van ons uitgedeel het. Ek het dit boeiend en ietwat ironies gevind. Maar, soos spreker ná spreker herhaal het, is geeneen van ons “rassisties” in die stereotipe sin nie; dit is bloot dat ons multikulturalisme en die gedwonge integrasie van onversoenbare kulture en rasse verwerp. Swart nasionalisme is reg, net soos elke ander vorm van nasionalisme.

My algemene indruk is dat die Amerikaners, veral in ‘n suidelike staat soos Tennessee ons baie goedgesind is

Die Joods-Amerikaanse skrywer en Nobelpryswenner wat ek destyds as student gelees het, Saul Bellow, verwys in een van sy romans na die woord “sensibiliteit… wat groot geraak het”. Wel, drie woorde wat “groot geraak het” by die konferensie was identitarian, cuckservative en Alt Right aangesien hulle in sowel die toesprake as in gesprekke oor ontbyt of aandete gehoor is. In Afrikaans sou mens hulle kon vertaal as: identitêr, koekserwatief en altregs. “Identitêr” het aanvanklik in Frankryk gewild geraak en het kennelik die Atlantiese oseaan oorgesteek, terwyl “koekserwatief” en “altregs” tuisgemaakte VS-skeppings is.

Die hunkering om ou of hoofstroom- konseratiewe idees, wat as “koekserwatief” gekenteken word, af te skud, lyk asof dit ‘n nuwe “sensibiliteit” (dankie, mnr. Bellow) na regs definieer. Soos die videowoernaler Paul Ramsey of RamzPaul soos hy op YouTube bekend is Saterdagaand in sy praatjie verduidelik het, is die beweging radikaal, parmantig, vernuwend, oneerbiedig, soms aanstootlik, maar doeltreffend. Dit beskik oor voorgangers in die Amerikaanse “paleokonserwatiewe” beweging, of dalk die Europese “Nuwe Regs” (nouvelle droite) van die sewentiger- en tagtigerjare, dog dit is wesentlik ‘n nuwe verskynsel. Anders as die Amerikaanse “koekserwatiewe” wat hul aan feminisme en politieke korrektheid onderwerp, skram altregs nie daarvan weg om oor geslags- en selfs rasseverskille te praat nie.

Ruuben Kaalep
Ruuben Kaalep

Die jong Estiese politikus en aktivis, Ruuben Kaalep, het die gehoor aan sy lippe gehad oor Estiese nasionalisme in ‘n toespraak wat met intensiteit en digterlike taal gelaai was. Sy plaaslike jeugbeweging het, soos hy dit gestel het, “in ‘n Sowjet-stylstudentekoshuis begin”. Vanaf dié beskeie begin, het dit deur betogings en nagmarse met fakkels aangegroei. Die ou heidense simbool van die Estlanders was ‘n reusepadda wat hul vyande in veldslae verorber het, wat dan later – op tipies altregse wyse – aan die internetmeem Pepe die Padda (Pepe the Frog) gekoppel is. Aangaande die hoofstroompolitiek het Kaalep onder dawerende applous verklaar: “Die hele politieke klas moet geëlimineer word.”

Fernando Cortés het hom voorgestel deur te sê dat hy “‘n Meksikaanse identitêr is wat hier is om met Amerikaanse identêre te praat”. Hy het aan die gehoor uitgelê hoe emigrasie na die Verenigde State deur sy landgenote die belang van multinasionale maatskappye en hul behoefte aan goedkoop arbeid dien, terwyl Meksiko in ‘n toestand van armoede en wydverspreide korrupsie gelaat word. Kortom, oorgrensmigrasie is net so sleg vir Meksiko soos vir Amerika. “Wallstraat besluit wat die Meksikaanse peso die volgende dag werd sal wees”, en sonder ‘n stabiele geldeenheid is spaar of ekonomiese vooruitgang moontlik nie.

Volgens Cortés “neem transnasionale maatskappye Meksikane in diens op sesmaandekontrakte wat $6 per dag betaal. Daar bestaan slegs ‘n plan van die regering en ondernemings om ‘n derdewêreldstaat in Meksiko in stand te hou… Die Meksikaanse regering word deur skelms beheer.”

Die Amerikaner James Edwards en aanbieder van die radioprogram “The Political Cesspool het die hoofstroommedia weens hul politieke korrektheid gekasty. “Net om te oorleef, word vandag as ‘n blanke heerssugtige begrip gesien,” het hy gesê. Mnr. Edwards het gekla oor ‘n Sweedse realiteits-TV-program wat hom eenkeer uitgenooi het om die tradisionele Suidelik-Amerikaanse oogpunt te verteenwoordig. Ná agt uur se verfilming, is hy presies 36 sekondes lugtyd gegun.

Edwards het lede van die pro-Westerse beweging as “makelaars in gesonde verstand” beskryf. Hy het ander aangemoedig om by die beweging aan te sluit deur te sê: “Ek het nog nooit ‘n vriend (as gevolg van my aktivisme) verloor nie. Dit het my vriendekring vergroot. Ek sal vir hulle gaan oorlog maak en hulle sal vir my gaan oorlog maak. My raad is: Raak op enige manier wat jy kan betrokke. Raak deel van die stryd.”

Die Brits gebore skrywer en aktivis Peter Brimelow het gepraat oor “Die Trump-tsoenami en die toekoms van die Amerikaanse nasie”. Brimelow was een van die eerste meningsvormers wat voorspel het dat Trump hom vir die Amerikaanse presidentskap, die magtigste politieke pos ter wêreld, verkiesbaar gaan stel. Hy het herhaal wat hy in sy toespraak by verlede jaar se American Renaissance-konferensie gesê het, naamlik dat ‘n enkele toespraak die politieke klimaat vir ‘n hele tydvak kan verander. Voorbeelde van sulke toesprake sou wees Joseph McCarthy s’n in 1950 oor kommuniste in die Amerikaanse departement van buitelandse sake en Enoch Powell se “Riviere van bloed”-toespraak in 1968. Hoewel Powell uiteindelik gedwing is om die Britse Konserwatiewe Party te verlaat, word daar steeds na sy beroemde toespraak verwys, selfs vandag. Trump se stelling oor die bou van ‘n muur op die grens tussen Meksiko en Amerika het insgelyks die immigrasiedebat in sy land verander, met duisende ondersteuners wat by sy politieke vergaderings sing: “Bou die muur! Bou die muur!”

Volgens Brimelow, “kan een vonk die vuur verskaf. Dit kan een vonk of een politikus wees… Verlede jaar het ek gesê net een toespraak is nodig. Nou sê ek dit kan een verkiesing wees wat die Amerikaanse vulkaan kan laat uitbars.”

Aan die ander kant is Brimelow bekommerd oor die verkiesing van Hillary Clinton as president aangesien “daar ‘n duidelike gevaar van ‘n immigrasieoplewing is indien sy sou wen”. Maar die blanke Amerikaanse kiesers kan moed skep uit die feit dat daar “sewe-en-dertig keer meer blanke as Hispaniërkiesers is”. Etniese en rassestempatrone gaan die toekoms van die Verenigde State bepaal. Terwyl die aantal blanke stemme gedurende die laaste twee verkiesings eintlik afgeneem het, was daar egter in sommige Suidelike state soos Texas sterk steun vir die Republikeinse Party, met 70% van blankes in Texas wat vir die GOP (“Grand Old Party” soos die RP ook genoem word) stem. “Indien blankes op Suidelike vlakke sou stem, sou Trump ‘n wegholoorwinning behaal,” het Peter Brimelow voorspel.

Tydens die dinee Saterdagaand het Brimelow, uitgewer van die webblad vdare.com, my gevra of ek ook bereid sou wees om artikels vir sy blad by te dra, net soos ek al vir American Renaissance gedoen het. Daartoe het ek onmiddellik ingestem, want hierdie is ‘n Amerikaans-Europese beweging met die Afrikaner wat vir die eerste keer in ‘n lang tyd weer deel van ‘n belangrike Westerse denkrigting word. Ons oorlewingstryd hier, asook dié van blanke Amerika en Europa, is één stryd en meeste mense sien dit ook so in.

Jared Taylor het gepoog om te verklaar waarom blankes regoor die wêreld “vir hulself lieg oor ras”. Hulle ignoreer die mees ooglopende maatskaplike verskynsels, soos misdaad of akademiese onderprestasie deur nie-blankes, eenvoudig om die etiket na te kom. “Blankes lieg om hulself om die bos te lei. Blankes is vreesbevange om rassiste genoem te word,” het hy gesê. In dieselfde trant het hy die “Black Lives Matter”-beweging in die VSA as ‘n “spul leuens” (pack of lies) beskryf.

Waar akademici ook al rassekwessies bestudeer, vind hulle “die waarheid te warm om aan te raak”, volgens Taylor. Hy het die geval genoem van professor Putnam van Harvard wat aanvanklik wou bewys dat rassediversiteit groter vertroue tussen mense kweek. Toe hy egter navorsing op voetsoolvlak begin doen, vind hy presies die teenoorgestelde, dat “diversiteit” eintlik gemeenskapsvertroue vernietig. Individue binne ras- of kultureel homogene groepe vertrou mekaar, terwyl die teenoorgestelde onwaar is. Putnam het aanvanklik gepoog om sy bevindinge weg te steek, nog ‘n leuen, maar toe dié uiteindelik uitlek, is hy gedwing om die waarheid te publiseer. As Amerikaanse Suiderling, stel Jared Taylor dit ondubbelsinnig: “Die Suidelike geveg is die geveg van Europa, die VSA en die hele blanke wêreld.”

Aangesien ek direk ná Taylor gepraat het, sou sy sin ‘n goeie inleiding vir my toespraak kon wees daar ek gepoog het om te wys op die parallelle tussen wat in Suid-Afrika en elders in die Westerse en blanke wêreld gebeur. Die Nederlandse Party vir die Vryheid-lid, Martin Bosma, het verlede jaar ‘n boek gepubliseer waarin hy juis beskryf hoe die Afrikanervolk van Suid-Afrika as die “kanarie in die steenkoolmyn” beskou kan word, die eerste Westerse volk wat in ons tyd kon uitsterf as gevolg van multikulturalisme en rasseoorheersing deur swartes.

Ek het uitgewys hoe, tot en met die tweede wêreldoorlog, Suid-Afrika nog altyd deel van die Westerse stelsel was, met ons eerste minister wat beide huise van die Britse parlement in 1942 toegespreek het, met Lloyd George en Winston Churchill wat hul gemeenskaplike bewondering vir hom uitspreek en die hele skare Britse politici wat vir hom hande klap en “He’s a jolly good fellow” sing. Kort daarna het Suid-Afrika egter in onguns verval, en pleks daarvan dat sy bygestaan is om haar rasse- en etniese probleme op te los, is sy verguis, aangeval en geboikot.

Ek het na die eietydse Suid-Afrika as “‘n soort antirassistiese Sowjetunie” verwys, waar dit eenvoudig taboe is om die waarheid oor ras te praat. Daar is gereelde heksejagte teen akademici, skrywers en gewone mense wat dit durf waag om oor swart geweld, korrupsie en onverdraagsaamheid teenoor Europese kultuur en gebruike te kla. Teenoor diegene wat daaraan dink om Suid-Afrika te verlaat, het ek in my toespraak gewaarsku dat hulle deur mev. Merkel in Europa of mev. Clinton in Amerika met dieselfde nonchalance verraai kon word as wat mnr. FW de Klerk ons gedurende sy sogenaamde “onderhandelings” met die ANC en die SAKP verraai het.

Hoewel ons Afrikaners kanaries in ‘n gevaarlike multikulturele eksperiment is, is ons nog nie dooie kanaries nie aangesien ons vir ons eie oorlewing werk, met ‘n renaissance van gewilde musiek, film en die totstandkoming van klein sakeondernemings. Ek het ‘n beroep op die gehoor by in Montgomery Bell Nasionale Park gedoen om met ons handel te dryf en saam met ons te werk om ons eie etniese ekonomie te bou buite die beperkinge van regstellende aksie en rassekwotas in die handel waaraan ons gedurig onderwerp word.

Die twee sprekers van die Vlaamse patriotiese party, die Vlaams Belang, het die gehoor oor die toenemende oorheersing van Islam in België, waaronder die verdrukking van vroue, ingelig. Mnr. Filip de Winter het gesê: “Jy kan nie ‘n eerstewêreldland met ‘n derdewêreldbevolking hê nie. Die Westerse wêreld word binnegeval.” Hy het ook die toelating van Turkye tot EU-lidmaatskap as “suiwer waansin” beskryf. Europa is ‘n swak prooi vir ‘n aggressiewe Islam, die roofdier.

anke_van_dermeersch
Anke Van dermeersch

‘n Ander spreker van die Vlaams Belang, me. Anke Van dermeersch, was ‘n vorige Mejuffrou België en is tans senator in daardie land. Sy het ‘n organisasie Vrouwen tegen Islamisering gestig; dié lei media- en inligtingsveldtogte wat provokatiewe plakkate insluit waarin die vryheid en skoonheid van Europese vroue gevier word. Senator Van dermeersch het verder verduidelik dat “individualisme, materialisme en selfverheerliking die grootste vyande van familiewaardes en daarom ook ons demografie” is. Sy is sterk gekant teen die VN se voorstel dat miljoene Afrika-immigrante na Europa uitgenooi moet word om vir die vrugbaarheid onder die vervangingskoers te vergoed, en dit as “‘n kruipende, aanhoudende volksmoord van Europeërs” beskryf.

In sy afsluitingstoespraak het die veteraan- VS-aktivis en regsgeleerde Sam Dickson vir Angela Merkel daarvan beskuldig dat sy “die ergste verraaier in die geskiedenis van Duitsland is. Sy beskik oor geen land nie.” Hy het die gehoor daaraan herinner dat “die woord ‘rassis’ ‘n semantiese wapen is wat deur die wrede kommunis Leon Trotski in die 1930’s uitgevind is”.

Kort ná die konferensie het Ruuben Kaalep op Engels getwiet:

Ek kon nie anders as om saam te stem, dit ‘n “hou van” te geen en te hertwiet nie.

Opsommenderwys is daar ‘n paar dinge wat my omtrent die kongres bybly:

  • Amerikaners stel oor die algemeen meer in ons Afrikaners as in die Engelssprekende blankes belang, omdat ons heelwat waardes en ervaringe met hulle deel, hoewel hulle bereid sou wees om alle blankes in ons land by te staan.
  • Vanweë my eie en PRAAG se werk, word Afrikaners en by uitbreiding Suid-Afrika gesien as deel van die internasionale “altregse beweging” wat ten doel het om die hele Westerse/Europese wêreld (waarby Rusland ingegrepe is) op ‘n nuwe konserwatiewe, pro-blanke koers te plaas. Ons stryd is hulle s’n, en andersom. Almal verstaan dit. Donald Trump, maar ook Marine Le Pen, Geert Wilders en ander is by verstek die “altregse politici” wat deur ‘n magtige intellektuele en maatskaplike beweging gerugsteun word.
  • Indien dit reg beplan word, kan ons en veral die Amerikaners gesamentlike projekte aanpak om byvoorbeeld blanke armoede in ons land uit te wis, werk te skep, handel te dryf, of selfs om onsself te beveilig. Oor en oor het van die kongresgangers my gevra: “Do you have the right to own guns?” Solank ons gewapen is en oor ‘n goeie inkomste beskik, is daar niks wat die ANC of EFF kan doen om ons uit die land te verdryf nie. Ons sal ons ook teen misdadigers kan verweer. Ongelukkig sukkel baie van ons mense ekonomies, is ongewapen en daarom weerloos teen aanvalle. Dis wat reggemaak moet word.
Prof. James Otteson
Prof. James Otteson

‘n Plek soos Nashville, Tennessee wat nie eens onder die toptienstede in Amerika figureer nie, is welvarend, skoon, goed georganiseer en dinamies. Daar is vier universiteite, streeksbanke, asook allerlei konserwatiewe dinkskrums waarvan ek Dinsdagaand ‘n lesing te Cool Springs net buite Nashville gaan bywoon het. Die titel van die lesing was “The end of socialism” en prof. James Otteson van die Wake Forest-universiteit het ‘n boeiende ontleding aangebied oor waarom sosialisme en staatsinmening meermale misluk terwyl privaat onderneming gewoonlik slaag. Agterna het hy my sy visitekaartjie gegee en daar was ook ander mense by die lesing wat gretig was om met my te gesels, eposadresse uit te ruil, ens.

My algemene indruk is dat die Amerikaners, veral in ‘n suidelike staat soos Tennessee ons baie goedgesind is en graag sal wil sien dat ons oor en weer saamwerk teen verswelging deur die derde wêreld, of deur swart demografie in Suid-Afrika. Die boodskap dat die hele blanke bevolking wêreldwyd bedreig word, word oral gehoor en daarom bestaan daar ‘n nuwe behoefte aan blanke solidariteit, ongeag taal, kultuur of land. Almal wat deel is van die blanke, Europese beskawing moet saamwerk om dit te red, waar ons ons ook al mag bevind.

Sondagoggend was ek so half en half gestrand by Montgomery Bell Nasionale Park, totdat ‘n Ierse ingenieur uit Kalifornië wat so begeester is ná my toespraak dat hy sommer hierheen wil emigreer om ons te kom help om die stryd te stry, my ‘n geleentheid aanbied. Tien minute later sê hy, nee, hier is ‘n joernalis van een van Amerika se grootste koerante wat my sal aanry dan kan ons sommer in die motor op pad Nashville toe gesels. Dis Amerika: dinge gebeur vinnig en spontaan. Hier in Suid-Afrika sal hoofstroomjoernaliste nie eens my eposse beantwoord nie, want nog te sê my ‘n geleentheid aanbied en agterna vir my ‘n bier in die sentrum van Nashville koop. Intussen het die man my Washington toe genooi. Ek dink as ek meer tyd in die VSA deurbring, kry ek nog ‘n afspraak met die president, veral as daardie president se naam dalk binnekort Donald Trump is!

Bygesê: die Amerikaners is gou om uit te vind of jy oor ‘n goeie opvoeding beskik, oor hul eie en die wêreldpolitiek kan saamgesels en beoordeel jou daarvolgens. Anders as by ons, waar onderlinge nyd en afguns dikwels hoogty vier, verleen die Amerikaners geredelik erkenning aan talent of kennis as hulle dit teëkom.

Vir ‘n dag of twee het ek by ‘n gesin in Green Hills, ‘n voorstad van Nashville, tuisgegaan wat my ook bederf het deur my rond te ry en allerlei besienswaardighede te gaan wys, onder meer die lewensgetroue replika van die Parthenon (hier bo). Die dame se ma was Afrikaans en haar pa ‘n Engelsman van Natal, maar sy het op Potgietersrus grootgeword, daar in Afrikaans skoolgegaan en ook op Tukkies gestudeer. Haar man is in Kanada gebore, en het ‘n tyd lank by Wits klasgegee alvorens hulle uit die land weg is. Hul twee seuns wat tans op universiteit is, het in Amerika grootgeword en praat Engels. Maar hulle is baie gretig om hul Afrikaans te verbeter en daarom het ek vir hulle twee Afrikaanse films met Engelse onderskrifte laat kry, wat vir hulle verdere blootstelling aan die taal sal gee. Só leef die Afrikaanse belangstelling in Nashville, Tennessee, waar daar blykbaar ook ander Afrikanergesinne woon.

Terug in Suid-Afrika lees ek al weer die vervelige, voorspelbare, polities korrekte gesanik van Piet Kopdoek en ander in Rapport en wonder: bly ons op dieselfde planeet? Besef mense nie dat die wêreld daarbuite, in Europa – maar veral ook in die magtige VSA – besig is om met rasse skrede te verander nie?

Politieke korrektheid, witskuld, swart oorheersing, dis alles so… iets wat tot gister behoort. Ons is besig om ‘n nuwe tydvak binne te gaan. Dis opwindend, interessant, en vol belofte.

As ek mense hier by ons net dít kan laat verstaan, dan is alles wat ons doen al die moeite werd.

Dan Roodt: Rekenaars vir alle Afrikaners?

Volgens beskikbare statistiek, beskik ongeveer die helfte van Afrikaners nie oor rekenaars nie. Mense het oor die algemeen selfone wat hulle toegang tot die internet gee, maar nie noodwendig ‘n rekenaar nie. Baie gebruik ook rekenaars by die werk.

‘n Idee sou wees om by groot maatskappye hul ou rekenaars in die hande te kry waarvan hulle ontslae raak en hulle bietjie op te gradeer of reg te kry vir arme of werklose Afrikaners sonder rekenaars. Enige rekenaar ná 2005 of so is eintlik goed genoeg, want mens kan ‘n ligte weergawe van Linux daarop laai en dan behoort dit heeltemal goed te wees om aanlyn mee te werk. Ons kan hulle dan gratis versprei of per koerier landwyd laat aflewer teen ‘n minimale koste van ongeveer R100 per rekenaar.

Enigiemand met ‘n rekenaar behoort tussen R5000 en R10 000 per maand van die huis af te kan verdien, want daar is ‘n hele globale wêreld waar ‘n mens jou dienste kan verkoop.

Ons kan ook nuwe aanlynbesighede begin om vir sulke mense werk te skep. Van die besighede kan ook in die buiteland geregistreer wees, dus geen BEE of ander nonsens nie.

Dit kan nog ‘n baie opwindende PRAAG-projek word!

Dan Roodt: Hokaai, mense! Moenie emigreer nie

Nou die dag gesels ek met ‘n studente van Tukkies. Feitlik al die “kinders” – sy praat nog steeds soos op skool, van “kinders” – in haar klas wil ná hul studies uit Suid-Afrika vort. Hulle sien vir hul geen toekoms hier nie. Die gras is groener aan die ander kant van die draad, ens. Sekerlik word hulle dit ook deur hul ouers wysgemaak, want wat weet ‘n jongmens van 19 of 20 jaar oud ook nou?

Ek het daar en dan verduidelik waarom Suid-Afrika steeds die land van melk en heuning is. In weerwil van ons mensgemaakte (as FW ‘n mens is) probleme, bied ons land steeds die hoogste lewensgehalte ter wêreld.

Kom ons begin by die klimaat en die natuur: ‘n Halfuur se ry uit die stad uit, kan jy iewers in ‘n ongerepte omgewing ontspan, na die voëls luister, gaan stap, fietsry of wat ook al. Heel jaar deur. In ‘n plek soos Kanada is dit 9 maande van die jaar so koud dat jy in jou huis of kantoor vasgekluister is. As jou motor in Kanada op die pad gaan staan, kan dit lewensgevaarlik wees, want jy kan binne enkele ure verkluim. Ons het geen aardbewings, orkane, oorstromings, sneeustortings, vulkane of ander natuurrampe nie. In San Francisco, Kalifornië of Auckland, Nieu-Seeland, loop jy gevaar dat jy in ‘n aardbewing sterf.

‘n Mens moet elke dag eet. In die meeste ander lande is voedsel duur of sleg of albei. Die Franse moet hul vleis met allerlei souse doodgooi, anders kan jy dit nie in jou liggaam kry nie. In Amerika is ‘n hamburger omtrent ‘n gourmet-dis, want die res is oneetbaar. In die meeste supermarkte sien jy geen vars kos nie en as jy dit daar vind, is dit omtrent vyf of tien keer die prys wat jy hier sal betaal.

Jy moet ook aantrek. Een van die voordele van die massas swartes in ons land – miskien die enigste – is dat klere betreklik goedkoop is. As jy oordeelkundig in sekere winkels koop, kan jy eintlik vir ‘n appel en ‘n ei soos ‘n Europese aristokraat aantrek. Vanweë ons klimaat, hoef jy ook nie duur wintersklere en stewels te koop nie. Wat voedsel en kleding betref, leef ons in die paradys.

In die onlangse verlede as ek op die kampus van Tukkies gekom het, het dit my opgeval hoe modieus al die studente aantrek. Laggend en sorgvry sit hulle in die kafees of op die grasperk rond. Wat ‘n idilliese studentelewe. Geen kommer oor verhitting, waar die volgende bord kos vandaan gaan kom of waar hulle uiteindelik werk gaan kry nie. In die meeste Europese lande is die werkloosheidskoers onder jongmense 30% of meer. Vele van hulle studeer jare lank sonder dat hulle ooit kan hoop om ‘n behoorlike werk te kry.

Maar daardie sorgvrye studente wat lyk my almal geld het om mooi aan te trek, in redelik nuwe karretjies rond te rits en R20 of meer vir ‘n capuccino te betaal, is dié wat steen en been oor ons land kla en wil emigreer!

Dit bring my by nog ‘n punt: Hoe goedkoop dit is om in Suid-Afrika te studeer. Goed en wel, in sommmige Europese lande soos Duitsland is universiteitstudie gratis, maar verblyf, kos, vervoer en die res is nie. Vergelyk jy egter ons kampusse met dié in die VSA, is klasgeld in Suid-Afrika gemiddeld tien tot vyftien keer goedkoper by ons. As ek ‘n jong Amerikaner was, het ek in Suid-Afrika kom studeer! Die gemiddelde jong Amerikaner begin sy lewe met studieskuld van honderde duisende dollar, miljoene rande in ons geld. Hy kon ‘n huis daarmee gekoop het of sy eie onderneming begin het, maar nou het hy net ‘n stuk papier en nog geen werk nie. Miljoene der miljoene blanke Amerikaners is ook arm, werkloos of kan net by McDonalds of agter die kasregister by Wal-Mart ‘n laag besoldigde betrekking verkry.

So pas het die ANC R41 miljard gestem om nog beurse en lenings aan studente beskikbaar te stel. Ek sê: terwyl Tukkies, Stellenbosch, die PUK en ander nog redelik goed funksioneer, laat ons jongmense almal gaan studeer en goeie kwalifikasies bekom!

Daar is maatskappye van regoor die wêreld in Suid-Afrika wat geld moet maak. Daarvoor het hulle opgeleide mense nodig. Al stem die ANC nou hoeveel wette om blankes in die werkplek te benadeel, gaan maatskappye iewers die oë toeknyp en mense aanstel wat die werk kan doen. In die Sowjetunie het Stalin mense doodgemaak wat sy vyfjaar- ekonomiese planne oortree het, nogtans het baie hulle nie daaraan gesteur nie. Daar gaan ‘n tyd kom dat regstellende aksie net in die staatsdiens sal geld, want die privaat sektor gaan dit toenemend verwerp.

Dus, my boodskap aan Afrikanerjongmense is: Daar wag ‘n blink toekoms in Suid-Afrika, mits jy hardwerkend of goed gekwalifiseer of albei is.

Maar selfs al kan jy nie sonder meer ‘n werk kry wat jou geval nie: Ons land is een van die maklikstes ter wêreld om ‘n eie onderneming te begin. In Europa is daar veel meer rompslomp en kostes as hier. As jy iemand in diens neem, moet jy benewens sy salaris, nog 60% salarisaftrekkings bytel wat aan verskeie staatsagentskappe verskuldig is. Dis nou nog afgesien van gewone belasting en BTW. Deesdae kan jy in Suid-Afrika binne ‘n maand tot ses weke ‘n maatskappy registreer, ‘n bankrekening open en daar gaan jy! Jy kan uitvoer, invoer, goedere of dienste verkoop, en die ANC beskik nóg oor die mannekrag nóg oor die vermoë om ons werklik almal te kan beheer.

Die meeste entrepreneurs waarvan ek weet, betaal die absolute minimum aan belasting. Hulle het slim rekenmeesters en sorg dat hulle nie groot salarisse uit hul besighede onttrek nie. Met die globale geleenthede wat die internet en aanlynverkope bied, kan enige jongmens binne tien jaar lag-lag ‘n miljoenêr word – in dollar of euro.

Wat die gehalte van ons behuising betref, troon Suid-Afrika kop en skouers bo alle ander lande uit. Jy kan deesdae in ‘n veiligheidsbuurt woon waar jy teen die meeste misdaadgevare beskut word, teen ‘n breukdeel van die prys van ‘n piepklein woonstelletjie in die meeste wêreldstede. In Londen of New York sal jy nie eens ‘n toilet kan koop met die prys van ‘n groot huis in Suid-Afrika nie. Nou onlangs het ‘n vriend sy luukse huis in ‘n Johannesburgse veiligheidsbuurt vir iets meer as R5 miljoen verkoop en Australië toe geëmigreer. In sy eie woorde, het hy nou huisvesting in ‘n “kleinerige, stokou huisie soos in Benoni”. Dis nou in Perth. As jy regtig Benoni toe wil trek, doen dit, maar sonder om jou en jou gesin se werlvaart aan die Australiese droom op te offer.

Afgesien nog van al die materiële voordele wat Suid-Afrika bied: fantastiese voedsel, groente en vrugte, klere, huisvesting, ens., beskik ons Afrikaners oor ‘n kultuur wat met dié van enige Europese staat vergelyk kan word. Ons het ons eie taal, letterkunde, musiek, rolprente, kookkuns, styl, argitektuur, tradisies, geskiedenis, noem maar op. Die meeste “nuwe lande” soos die VSA, Kanada, Australië en Nieu-Seeland droom daarvan. Hulle voel minderwaardig teenoor Europeërs, veral die Britte en die Franse, en doen hul bes om hulle na te aap. Voel ons minderwaardig teenoor Britte? Miskien bestaan daar ‘n paar gedekultureerde Naspersjoernaliste wat so voel, maar die deursnee-Afrikaner is trots op wie en wat hy is. In weerwil van ‘n stortvloed propaganda, asook die ANC se meedoënlose verengelsingsbeleid, eet ons nog steeds boerewors en melktert, praat, skryf en sing Afrikaans, en onderhou die vernaamste aspekte van ons tradisie. Hoe kan ‘n mens so iets kosbaars wat oor eeue tot stand gekom het, verruil vir ‘n ersatz, nagebootste lewe in ‘n ander land? Ek sou kon verstaan indien mense sou wou emigreer na Frankryk, Italië of Oostenryk, selfs Nederland, waar jy elke week opera toe kan gaan of museums kan besoek en sodoende ‘n eeue oue, ryk kultuur kan inadem, maar baie min Afrikaners emigreer soontoe. Die meeste vertrek juis na daardie kultuurarm, oppervlakkige, Engelssprekende lande waar jy maar net nog ‘n stuk papier is wat deur die wind aangewaai kom. Jy is niks beter as ‘n Chinees, ‘n Indiër, ‘n Somaliër, ‘n Nigeriër of armoedige Oos-Europeër wat op soek na ‘n beter lewensgehalte na die VSA, Kanada of Australië emigreer nie.

Die enigste verskil vir die Afrikaner-emigrant is egter: Hy aanvaar ‘n verlaging in lewenstandaard en -gehalte! Hy gee iets kosbaars prys vir die illusie van “veiligheid en welvaart”.

Daarmee wil ek nie sê dat Suid-Afrika nie groot probleme het nie. Maar dis probleme wat ons goed verstaan en wat sekere “leiers” doelbewus geskep het. Die oomblik wat ons begin om hulle regtig aan te pak, sal hulle soos mis voor die son verdwyn. Ons word egter verlam deur die Naspersmedia, die ANC se propaganda, die soeke na kitsoplossings (soos emigrasie), sonder dat ons doelgerig en planmatig optree. Aan ‘n groep mense, en veral ‘n volk, wat optree, is daar geen keer nie. Toe Afrikaners dit in die dertiger- veertigerjare van die vorige eeu begin doen het, het ons die land verower. In die vroeë sewentigerjare het Ken Owen van die Sunday Times gevrees dat Engels in Suid-Afrika sou uitsterf want dit word nêrens in die staatsdiens of die parlement gebruik nie. Van daar af het ons tot hier geval waar ons tans so dikwels aan onsself en aan hierdie mooi land wat ons voorouers opgebou het, begin twyfel.

Europa sit met ‘n Moslemprobleem, en gepaardgaande bomme in hul stede. Amerika en Kanada se blanke getalle neem skerp af en binnekort gaan hulle dieselfde soort regering hê as ons in Suid-Afrika, met dié verskil dat hulle doeltreffend verdruk gaan word. Die ANC is te hopeloos om ons doeltreffend te verdruk. Daarom word daar bloot misdadigers of “vryheidsvegters” ingestuur om ons lukraak te vermoor, te verkrag of te beroof. Dis egter ‘n baie primitiewe vorm van verdrukking wat gou-gou opgelos kan word deur tegnologie en beter veiligheidstelsels. Byvoorbeeld bestaan daar reeds stelsels waarmee jy vir ‘n paar rand enigiemand se misdaadrekord aanlyn met behulp van sy ID-nommer kan opkyk. As niemand meer misdadigers in diens neem of naby ons toelaat nie, sal hulle naderhand moet terugkeer na die tuislande toe. Of Zimbabwe toe emigreer.

Swart demografie in ons land het ook myns insiens gestabiliseer, veral weens die Vigsprobleem. Voorheen het die swart bevolking in ons land elke twintig jaar verdubbel, maar tans sukkel dit om verby veertig mijoen te kom. Weliswaar stroom daar steeds onwettige immigrante oor ons grense, maar die plaaslike swartes maak hulle dood en diskrimineer teen hulle. As ek ‘n Nigeriër was, het ek eerder Kanada toe as Suid-Afrika toe gegaan.

As ons genoeg werk vir ons eie mense kan skep, kan ons selfs weer Europese immigrante – daardie werklose jongmense – hierheen lok en sodoende ‘n beter demografiese balans in die land tussen blank en nie-blank skep, soos dit in die sestigerjare was.

Ons moenie dié land prysgee nie. Hy is geologies stabiel, strategies uitstekend geleë, met hope sonskyn, natuurskoon, goeie infrastruktuur en steeds met ‘n skatkis van minerale onder die grond.

Zuma en ‘n paar Zoeloes, of Malema en enkele Pedi’s, kan ons mos nie so bang maak dat ons stert-tussen-die-bene elders heen wil vlug nie? As ons voorouers by Vegkop en Bloedrivier ewe skrikkerig was, was ons mos nie vandag hier nie? En die ou liberale Engelse in Johannesburg en Kaapstad wat aanmekaar “rassisme” skree… is hulle nie eintlik skadeloos nie? Hul polities korrekte gesanik neem vir my so ‘n histeriese huiltoon aan, soos hulpkrete. As enigiemand deur swart geweld verdryf gaan word, gaan dit juis die liberale element wees wat gedink het “demokrasie” gaan vrede en voorspoed bring, maar nou uitvind dat dinge in Afrika glad nie so eenvoudig is nie. Weet dat die wanorde, stakings en betogings wat plek-plek losbars, ons hinder, maar ons vyande nog meer. Mens kan amper praat van: hulle kry hul verdiende loon.

Selfs Telkom begin plek-plek optiese vesel beskikbaar stel. (Ongelukkig het die swernote ons voorstad oorgeslaan, maar nogtans kan ek 40 Megagrepe per sekonde kry, as ek sou wou.) Een van die dae het ons dieselfde internetspoed as enigiemand in Stockholm of München, om en by 100 Megagrepe per sekonde. ‘n Meenthuis in ‘n Suid-Afrikaanse veiligheidsbuurt, met ‘n hoëspoedverbinding.  Wat meer het jy nodig? Kom ons bóú daardie meenthuise, met Afrikaanse name, veiligheid, optiese vesel en al! Dalk iewers in die Suid-Kaap. Dis baie mooi en Afrikaans daar, en ‘n bietjie weg van die Afrosentriese gedrang in die groot stede.

Dus, kom ons klou vas aan wat ons het. Die gras aan die oorkant is nie groener nie, inteendeel.

Naskrif: Gee hierdie aan ‘n jongmens om te lees.

Dan Roodt: Ná die Guptas is Malema se pad na die presidentskap oop

Mev. Margaret Thatcher het mos gesê (vry vertaal): “Enigeen wat dink dat die ANC Suid-Afrika kan regeer, bly in ‘n malhuis.” Ongelukkig het FW die Griek (lees hier onder) nie dieselfde siening gehad het nie en het hy die land op ‘n skinkbord aan ‘n klomp kranksinnige terroriste en misdadigers oorhandig, die sogenaamde “kamerade”. Een of ander Engelsman – ek meen dit was RW Johnson – het mos ‘n boek geskryf met die titel Comrades in business. (Helaas, nee, dit was Heribert Adam en Frederik van Zyl Slabbert, die eerste synde ‘n Duitse Engelsman met ‘n Indiërvrou en die tweede ‘n ontslape Afrikaanse Engelsman met ‘n Engelse vrou. Dis egter nie belangrik nie.)

Oor die afgelope ruk veral word die leuenagtige hoofstroommedia in ons land oorheers deur die Gupta-petalje, met die nuus wat vanoggend rugbaar geword het dat hulle inderdaad “landuit” is. Die Guptas verteenwoordig egter net ‘n enkele faset van die malhuis wat ons land onder ANC-“regering” geword het. Mense blameer Zuma, maar dit was ten minste ewe erg onder Mandela en Mbeki. Die belastingbetaler betaal nog steeds aan die miljarde dollar – nie rand nie – wat aan die wapentransaksie bestee is. Daaroor word min gesê want De Klerk en sy korrupte Broederbond-NP-bende het sáám met die ANC geskep toe die vliegtuie en duikbote aangekoop is. Vliegtuie en duikbote wat volgens mediaberigte tans hetsy in die loodse sonder opgeleide vlieëniers of grondpersoneel staan, hetsy vir herstelwerk onbepaald in droogdokke die tyd verwyl.

Wat ons tot dusver gesien het, is egter maar net ‘n voorsmakie van wat nog kom. Iemand kan gerus ‘n satiriese roman skryf, iets in die trant van: Die 120 dae van Julius Malema. Want die kanse dat Malema president gaan word, raak by die dag groter. Waarom sê ek so?

Die inploffing van alle Afrikanermag en -invloed onder die NP-Broederbond-kruipers het ‘n magsvakuum in die land geskep. Joe Slovo, sy kommunistiese bende en hul Mandela-marionet wat kastig namens “die swart massas” praat, het in die magsvakuum ingestap en sedertdien regeer die ANC en sy SAKP-vennoot skynbaar permanent. Die ongekende mediaveldtog teen Zuma rig egter wel skade aan die ANC aan. Wie gaan hulle vervang? Geen van die ander opposisiepartye beskik oor genoegsame steun en organisasie om die ANC werklik te kan troef nie. Maar dalk kan die ANC net-net die verkiesing in 2019 verloor. Gestel die ANC kry 49% van die stemme en daar ontstaan ‘n politieke krisis, iets wat vele Europese lande soos België of Italië al in die onlangse verlede oorgekom het? Onderhandelings om ‘n koalisie tussen die ANC en een van die kleiner partye saam te stel, kan maande lank duur terwyl die land verder en verder in chaos en onsekerheid verval.

Ons weet dat van die belangrikste regeringsveranderings in die geskiedenis met slegs ‘n minderheid steun by die stembus plaasgevind het. Dink maar aan die Bolsjewiste in Rusland in 1917 of aan Adolf Hitler se NSDAP in 1933. In Afrika is die voorbeelde van staatsgrepe en oornames legio. Natuurlik kan die ANC eenvoudig ‘n Mugabe trek en die stemme kook, maar dalk is hulle te dom daarvoor of hou die buitelandse veiligheidsdienste hulle te veel dop en stel enige pogings om die stemme te manipuleer aan die kaak.

Dis nou presies hier waar die scenario vir ‘n satiriese toekomsroman inkom. Ons het gesien hoe die DA en die EFF in die onlangse verlede baie goed teen Zuma en die ANC saamgewerk het met die grondwetlike hofsaak oor Nkandla. Hoewel hulle oënskynlik ideologies van mekaar verskil, weet ons dat die politiek dikwels “vreemde bedmaats” skep. Óf die ANC kan met ‘n minderheid in die parlement aanhou regeer, óf ‘n grootse koalisie van al die ander politieke partye kan oorneem. Uiteraard sal Malema en die EFF die sterkste aanspraakmaker wees, synde die enigste ander party met beduidende swart steun. Malema word president en Mmusi Maimane sy adjunk. Dalk word Pieter Mulder van die VF Plus dié keer ‘n volle minister van landbou en nie net ‘n adjunk nie. As Buthelezi nog leef, sal hy ook ‘n pos kry, tesame met Lekota en al die ander randfigure.

“Die media” sal oor hul oorwinning oor die Zuma-ANC juig. “Demokrasie” sal soos laas in 1994 ten hemele aangeprys word. Malema in sy rooi oorpak sal breed glimlag. Dalk sal hy weer duur Italiaanse pakke klere begin dra as hy met groot fanfare as president by die Uniegebou ingesweer word. Die twee oorblywende Gripens wat nog vlieg, sal ‘n verbyvlug waarneem, met bystand agter die skerms van ‘n paar Swede wat vir die geleentheid ontbied is.

Maar dan sal die ware revolusie begin. Binne die eerste maand sal die EFF sy weergawe van “grondhervorming” van stapel stuur – met die volle steun van die huidige party waarvoor Afrikaners stem, die DA. Daar sal grondbesettings op die Zimbabwe-manier plaasvind. Blanke boere en hul gesinne sal eenvoudig met geweld van plase verwyder word.

Naspers-Media24, die Business Day, en elke TV-kanaal sal dít alles met oorgawe steun, soos hulle jare lank reeds doen. Terloops, die huidige redaktrise van die Business Day, Hillary Joffe, was in haar jong dae by Wits ‘n marxistiese revolusionêr en sal daarom heimelik Malema se grondhervormingsbeleid steun. Marx du Preez se rubrieke sal op die voorblaaie van Beeld en Die Burger verskyn waarin boere en “regses” gepaai word om “niks ontwettigs” te doen om die ontplooiing van Malema se “groot transformasie” te probeer stuit nie.

In die handelskamers van die buitelandse banke sal ‘n minder gebreinspoelde siening egter posvat. Die woord “onstabiliteit” sal op Reuter en Bloomberg gefluister word. Binne die eerste paar weke van ‘n Malema-bewind sal die rand vanaf R15 per dollar tot R30 halveer. Gevolglik verdubbel voedsel- en brandstofpryse. Soos wat landbouproduksie tot stilstand knars, skiet voedselpryse verder die hoogte in.

In maand twee van Malema se “regering” vind die eerste voedselonluste in die groot stede plaas: supermarkte in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Durban word geplunder. Eendag stap 200 000 swartmense vanaf Alexandra via die nuwe voetgangerbrug oor die M1 na Sandton City en plunder die hele winkelsentrum leeg. Gesette swart vroue wuif vrolik skoene, rokke en langbroeke wat die etikette van duur Europese handelsmerke vertoon. Die beelde word regoor die wêreld uitgesaai en viraal op die internet versprei. Die rand kry nog ‘n knou en die tienjaarstaatseffek raak-raak aan die 40% opbrengs. Dog selfs teen dié voordelige rentekoers is daar weinig kopers, want die maandelikse inflasie staan reeds op ‘n paar honderd persent.

Aan die einde van dieselfde maand kan die staat nie sy amptenare betaal nie. Of liewer: dalk kan hy nog salarisse betaal, maar teen die nuwe pryse beteken die salarisse nie veel nie. Die twee miljoen staatsamptenare, waaronder die polisie, brandweer, hospitale en ander nooddienste, begin staak.

Vanuit sy kantoor in die presidensie begin die jonge Julius, wat deesdae oor ‘n BA-graad van UNISA – helaas sonder enige ekonomie of finansies – beskik, na sondebokke soek om te blameer vir sy pragtige revolusie wat begin skeefloop. Die “boere”, met klein of hoofletter, Afrikaners en “wittes” word natuurlik soos gewoonlik verkwalik vir spekulasie met voedsel, valuta, brandstof, en dies meer. Streng prysbeheer oor basiese middele word ingestel. Malema se rooihempiebrigade, wat intussen een en almal in die SA Nasionale Weermag “geïntegreer” is, word met outomatiese wapens op straat ontplooi. Hulle word ook in Amerikaanse dollar betaal. Hulle dra egter steeds rooi barette om hul lojaliteit aan die Sterkman in Pretoria duidelik te maak.

By hierdie punt breek enkele vergeldingsaksies onder Afrikaners uit. Roelf Meyer word deur “onbekende regses” in sy huis doodgeskiet. FW de Klerk en sy vrou vlug dadelik landuit, Griekeland toe. Op die Afrikaanse webwerwe word daar opnuut met “FW die Griek” gespot, terwyl vele die feit bekla dat hy nie dieselfde lot as Roelf Meyer te beurt geval het nie. Media24 bestee miljarde van die nuwe waardelose rande aan privaatveiligheidsdienste om hul joernaliste teen “regses” te beskerm. Soos altyd, meen dié mediagroep dat Afrikaners ‘n groter bedreiging vir die vrede as president Malema en sy afro-marxistiese beleid inhou.

In maand drie van die Groot Transformasie probeer almal net oorleef, te midde van chaos, rooftogte en geweld. Die meeste Afrikaners in Gauteng vlug na ‘n enklawe in Pretoria waar ‘n aantal buurtwagte ‘n groot deel van die voorstede afgesper het en streng toegangsbeheer handhaaf. Op die platteland word sekere plase beveilig. Van die swart plaasbesetters word verjaag en noodvoorrade voedsel word gekweek, wat aan die stedelike enklawes gelewer word.

Die land verkeer op die rand van burgeroorlog, want in Zoeloeland het die Zuma-sibbe intussen ‘n eie weermag versamel en beheer oor Durban en sy hawe geneem. Hulle sny die brandstofpyplyn na Gauteng af en enige tenkvragmotors wat Van Reenenspas wil oorsteek, moet astronomiese tolgeld in harde geldeenhede betaal. Met dollars en euro’s kan die Zumas wapens en ammunisie bekostig wat sommer in hul eie hawe in Durban per skip afgelewer word. Aan die Rand is die meeste pompe reeds leeg en brandstof slegs op die swartmark verkrygbaar. By die Uniegebou vergader president Malema en sy generaals om planne te maak ten einde die Zoeloe-bedreiging die hoof te bied…

Wie sal dié storie vertel? Dalk ‘n regse Sweedse blondine wat in die land is om navorsing te doen vir haar boek oor hoe haar land die ANC aan bewind gestel het en wat met die Gripens aangaan. Moontlik raak sy halfpad verlief op ‘n jong Afrikanerrebel in die Noord-Transvaal wat met sy handjie vol manne en ‘n paar jaggewere hul pad van Louis Trichardt af oopveg om enkele vragmotors met voedsel aan die voorstede in Pretoria te lewer waar die honger begin knaag.

Terugslae vir Trump en Hillary in Wisconsin

Die senator van Texas, Ted Cruz, het gisteraand Suid-Afrikaanse tyd oor Donald Trump geseëvier in die Republikeinse nominasiestryd in die deelstaat Wisconsin. In die Demokratiese resies het die senator van Vermont, Bernie Sanders, op sy beurt vir Hillary Clinton geklop en daarmee nog ‘n onlangse oorwinning ingeryg, hoewel hy steeds ver agter loop sover dit afgevaardigdes betref.

Met meer as driekwart van die stemdistrikte wat hul uitslae ingedien het, het Cruz 49 persent van die stemme op hom verenig, teenoor 34 persent vir Trump. Die senator van Ohio, John Kasich, het 14 persent ontvang.

Die volgende rondte in die nominasiestryd sal in die New Yorkse deelstaat plaasvind, tuiste van sowel Clinton as Trump. Volgens onlangse meningspeilings loop Trump ver voor Cruz in New York, ‘n groot deelstaat wat weens die wenner-vat-als-formule tot 95 afgevaardigdes vir Trump kan beteken.

Volgens huidige vooruitskattings, ná sy verloor in Wisconsin, mag Trump nie ‘n algehele meerderheid van 1237 afgevaardigdes hê by die Cleveland-kongres waar die Republikeinse presidentskandidaat in Julie aangewys gaan word nie. ‘n Paneel van Amerikaanse verkiesingsdeskundiges het onlangs voorspel dat Trump waarskynlik met ‘n totaal van 1208 afgevaardigdes mag opeindig, net-net te min. Maar steeds sou so ‘n syfer hom in staat stel om die presidentskandidaat te word, aangesien daar iets soos 138 onverbonde afgevaardigdes bestaan wat self kan besluit vir watter kandidaat hulle wil stem. Indien Trump oor slegs om en by 1200 afgevaardigdes van sy eie beskik, hoef hy slegs 27% van die onverbondes (37) oor te haal om vir hom te stem om steeds die 1237-kerf tydens die eerste rondte van stemmery te haal. Daarna sal dit vir Cruz en Kasich neusie verby wees.

Volgens huidige beramings deur Associated Press, sou Cruz gisteraand 39 afgevaardigdes in Wisconsin behaal. Dit laat hom tans steeds met ‘n agterstand van meer as 200 afgevaardigdes teenoor Trump, want die miljardêrsakeman staan op 740 teenoor Cruz se 514 en Kasich se 143. Trump beskik steeds oor meer afgevaardigdes as Cruz en Kasich sáám, wat hom steeds die voorloper maak.

Wat die Demokratiese uitslag in Wisconsin betref, het die linkse Bernie Sanders 56 persent van stemme verower teenoor mev. Hillary Clinton se 44 persent, met driekwart van die stemdistrikte wat getel is. Dit laat Sanders egter steeds met ‘n aansienlike agterstand, want Clinton beskik oor 1274 afgevaardigdes teenoor sy 1025. As sogenaamde “superafgevaardigdes” ingesluit word, het Clinton reeds 1743 teenoor Sanders se 1056. Hillary Clinton moet 2383 bereik om die benoemingstryd in haar guns te beklink, wat op dié stadium waarskynlik lyk.