Dan Roodt: Roof Bezuidenhout se analogiedenke

Andries “Roof” Bezuidenhout skryf vandag op Netwerk24 dat swart nasionalisme dieselfde pad as Afrikanernasionalisme in Suid-Afrika gaan stap. Ek weet nie of dit net dom mense is en of dit deur Media24 voorgeskryf word nie, maar dié soort “analogiedenke” is op niks gegrond nie. In ‘n rubriek met die titel, “Swart woede begin nou eers” verwoord hy dit só:

As die huidige oplewing van swart nasionalisme in Suid-Afrika dieselfde pad volg as wat Afrikanernasionalisme van weleer gevolg het, kan ’n mens dalk ’n beter voorspelling maak van wat moontlik in die toekoms kan gebeur.

Dit beteken ook dat ons eers oor sowat vier dekades weer oor versoening sal kan praat.

Andries Bezuidenhout is ‘n kulturele marxis wat by Wits gestudeer het en daar in Boerehaat en radikalisme gebreinspoel is. Waarskynlik is hy te bang om te sê wat hy regtig dink, want dan sal Netwerk24 hul laaste lesers verloor. Soos Malema sal hy teen ons uitvaar dat ons swartes se grond gesteel het en dat ons net geweld en ondergang verdien.

Pleks van eerlik te wees en sy EFF-ideologie en marxisme te bely, vermaak hy ons met dié absurde analogie: Swartes maak soos Afrikaners.

Hy kon net sowel gesê het: Swartes maak soos Duitsers. Of Japannese of wie ook al. Dus as ons ‘n atoombom op Soweto sou gooi soos die Amerikaners op Hirosjima, sal die swartes begin Toyotas maak en die wêreldmotormark verower. Dalk nog soesji eet ook, hoewel sommiges soos Kenny Kunene eet mos reeds soesji, solank dit van dames se naakte lywe af is.

Engelse het ons plase, huise, kerke en skole afgebrand, toe bou ons nuwes, asook duisende skole, huise en klinieke vir swartes. Geen Afrikaner het, sover ek weet, nog ‘n swart skool afgebrand nie. Wat nog te sê ‘n Afrikaanse skool?! Net vanjaar in Limpopo het swartes al 25 skole afgebrand. Stel jou dit voor: bietjie petrol en ‘n vuurhoutjie, en siedaar!

Dis woede. Woede wat ons moet verstaan, sal Andries Bezuidenhout en sy mede-marxiste sê. Maar daar is niks aangaande swart woede om te verstaan nie: dit lyk altyd dieselfde, of dit nou Detroit 1967, Soweto 1976 of Vuwani 2016 is. Of mens kan dit probeer ontleed, maar dan moet jy van kinderlik sadistiese gedrag begin praat. En niemand gaan dáárdie ontleding plaas of vir ‘n proefskrif goedkeur nie. Dis mos nie polities korrek nie. En nie-PK is rassisties en as jy eers die R-woord sê, dan vlug almal vir hul lewens.

detroit1967

As swartes Toyotas of Volkswagens wou begin bou, sou hulle al begin het. Dus is daar geen analogie tussen die Afrikaan en die Japannees of die Duitser nie. Nog minder met die Afrikaner. Afrikanernasionalisme het oor ‘n taal, kultuur, selftrots, die ontdekking van ons landskap (Pierneef, Opperman, noem maar op) gegaan, nie oor wraak op die Engelse nie. Hoewel, dis ‘n swakheid sou ek sê: ons móés wraak op die Engelse geneem toe ons kon. Maar daardie kans is verspeel en nou is ons weer onder, heel onder, en aan die ontvangkant van Engelse wraak, swart wraak, kleurlingwraak, Indiërwraak, Jodewraak, noem maar op. Dis nog ‘n ironie: die mense wat vir ons die kwáádste is, die stedelike Joodse gemeenskappe in Johannesburg en Kaapstad, is ook die welvarendste. Hulle skel ons uit in hul ontwerpersklere terwyl hulle in hul koerantjie elke week spog met opskrifte soos “Jews hit Sunday Times rich list in force”.

sa_jode_richlistDieselfde geld die swart elite: hoe ryker hulle word, met ons belastinggeld en staatskontrakte, gratis aandele, ens., hoe meer haat hulle ons.

Andries Roof Bezuidenhout is net ‘n pion, ‘n buiksprekerpop wat die huidige elite se boodskap verkondig en om een of ander rede sien die elite die Afrikanermiddelklas as ‘n bedreiging vir hul mag. Want dalk sien die volk eendag deur hulle, dalk is dit hul grootste vrees…

41 thoughts on “Dan Roodt: Roof Bezuidenhout se analogiedenke”

  1. Een ding is seker van die blanke linksliberalemarxis – hulle verstaan nie die volk se denke, optrede en kultuur nie. Hulle het nie saam met die spul handearbeid verrig nie – daar in die sloot met pik en graaf leer jy hulle ken.

    1. Hier heeft u twee voorbeelden :

      Joseph Hirt met tatoo nr. van een in Auschwitz gestorven Poolse Christen………!
      Geen enkel respect voor de echte overledenen, die voor het grootste deel Poolse Christenen waren.
      http://www.inquisitr.com/3242581/joseph-hirt-86-year-old-pennsylvania-man-who-spoke-about-the-holocaust-for-years-confesses-that-he-was-never-there/

      Jules Croiset. Was naar eigen zeggen ontvoerd door ‘Vlaamse Neo Nazi’s’.
      Vanzelfsprekend schoten verschillende Joodse organisaties hem na te zijn betrapt, te hulp met psychologische prietpraat en billijking en eisen tot begrip.
      http://www.digibron.nl/search/detail/012e922141ff76c460c8d5de/croiset-zette-eigen-ontvoering-in-scene

  2. Hier het ons nou by uitstek ‘n voorbeeld van ‘n vuilgat Afrikaner “intellektueel”. ‘n Mens sou hom seker nie as ‘n lid van die vuilgat Afrikaner “elite” kon beskryf nie, daaroor lyk hy darem te veel na ‘n beroepsvisserman na drie maande op see wat nog nie tyd gehad het om die stank af te was nie.

  3. Hoekom lyk linkse Afrikaners omtrent almal soos 60’s “hippies” wat uit die tronk ontsnap het? En baie dra óf ‘n kopdoek, óf ‘n mus. Hoe meer radikaal, hoe meer is die bedekking van die hoof, wat baarde, ringe en kopdoekke insluit.

    1. Because analogy is the last refuge of a scoundrel, anathema to empirical research and sound economics. This fool’s proposals do not even have intrinsic moral value, considered by some as the axiom of Cultural Marxism. In a word: feeble-minded crap.

  4. kyk net hoe soek die klein roof ploes vir n bietjie oordentlikeid…daar is boggerol links bo van die prentjie nie…krap in jou neus my seun, dit sal onmiddelik jou IK verbeter, maar nie jou begrip van realiteit nie.

      1. Hipnose en suggestie is ‘n oer oue triek om massas en mense te beheer. Ou Hitler was goed daarmee.
        Maar die beste was die een wat my Pa ons vertel het:

        Daar word vertel dat in die ou dae ‘n sekere skitterende prediker sy ding gedoen het op ‘n 44 gallon drom met sy swart baard, kopdoek en wit toga. Hy was ‘n orator van verstommende vermoëns – Hitler en Cissero sou kon lesse vat by die ou op die drom – hoe om skares op te sweep.. so in de donker onder die straatlamp in die Oos-Kaap

        Die leërskare van lang rokke ryk eers na die wolke en duik dan weer kniellend oppie grond met die stêre in die lug – dan jubel en juig hulle en dan gaan daar weer ‘n kerrmende geweëklaag op dat dit so dreun. Die sang en gesanik wissel mekaar af na die spreker se willekeur. Hy’t hulle later absoluut in sy mag amper soos Max Colly die hipnotiseur en Herbert von Karrejan saam op die maat van musiek.

        Soos in hollands uitgedruk: “..die verder die vinniger die maller die doller”

        Dan kruip die lot op die grond rond om daarna weer op te spring en arms te swaai soos drenkelinge en op hulle se borste te slaan en hulle se borshare uit te trek – ritmies amper soos aerobics van vandag. Almal op dieselfde stasie.

        Later beheer hy hulle met die punte van sy vingers – op en af heen en weer, wat ook al —- fantasties!!

        Nou word daar vir die waarheid vertel dat daar eendag ‘n vrou heeltemal uitgehaak het van die opswepery. Sy’t begin skree:

        “Ek Het hom!! Ek Het hom!!! Ek Het hom !!!! ——

        en toe storm sy van heel agter voorheentoe en kyk so verwilderd rond ————

        “ Ek HET hom —— ek voel nou soooo sterk – ek is sommer lus en skop ‘n gat in die %okken drom!!!!”

  5. Netwerk24 se kuberkoerant is nou slegs teen betaling en registrasie toeganklik.
    Hulle menings en rubrieke lyk soms soos Police File van Afrikaners. die nuus is nou geheel swart.
    Ons moet nie tendens studies of analogie verwar vir wat dit in werklikheid is nie naamlik die uitvoering van strategiese operasionele beplanning deur IT operateurs.
    Roof het dit maar net bekend gemaak.waarmee hulle besig is. — is my spesmaas.
    By die tyd ken ek my bronne van inligting.
    Soos elders gesê; ‘Daar is niks te leer uit die tweede skop van die muil nie.’

  6. Dat die Jode kwansuis 26 % rykstes en 11% topverdieners is, mag dalk wees. Maar wie maak dan die res van die persentasies uit? Die Jode is hardwerkende mense wat hulle lewe wei aan besighede. Miskien kan ons eerder by die Jode iets gaan leer. Die Jode het ‘n sterk invloed op die Amerikaanse Kongres en Senaat, maar alhoewel hul in die VSA woon, het hulle ‘n histories-ekonomiese verbintenis met hul vaderland, Israel. Hul finansiele krag in bv die VSA, is ook tot voordeel van Israel. Hoop iemand kan die kolletjies verbind, sonder dat ek dit moet uitspel. . .

    1. Dis hierdie aanbidding van die Joodse etos wat baie hard uit die Afrikaner gemokker moet word. Dit het aanleiding tot al ons probleme gegee en ek blameer Calvyn vir ‘n groot deel daarvan. Met hom het woeker (usary) aanvaarbare praktyk geword wat “hardwerkende mense” maar kan pleeg. Dit terwyl woeker ten strengste deur die Bybel verwerp en verafsku word soos Martin Luther hom ook sterk uitgespreek het in sy laaste paar lewensjare. Die een wat uitleen maak ‘n slaaf van die een wat leen. Wanneer sal ons leer dis nie hardewerk as jy met onreg en dwang geld maak nie, maar inteendeel dat jy jou moet skaam. Wanneer sal die Afrikaner hom bekeer tot die Christus etos, wat lynreg met die Jood etos verskil? Ek glo die Voortrekkers het juis hieroor die pad gevat onder sensuur van die kerk. Hulle was moeg vir die onreg en skynheiligheid van die Joodse etos wat deur die Britse owerhede gepraktiseer was.

      1. Maar Maus jy kan nie sooo dom wees nie , jy trol polemiek
        Die Bybel is Joods tot in ewigheid. of jy daarvan hou of nie.

        Daar bestaan geen ander etos naas die Bybel nie = Satanisme.
        Die Baal kultus van Isebel = Vrymesselaars = Piet Retief. – sensuur – massamoord en uitdelging deur barbare – Calvinistiese bekering – nie Luthers nie . – Gelofte – Voortrekkermonument. Volk stigting op grond van Gelofte
        Ander troetel afgode van die Afrikaner
        Baal Hollandse en Skotse, ,
        Satanisme ‘wetenskap’ met hulle eie bybel wat Thysh so graag verbatim aanhaal.
        Nietzche die breinsifilis besetene :[ GPI] Mein Kampf = die Koran van die Duisters.
        Marx ateisme Russe vat 70 jaar om daaruit te ontsnap helse vloek
        Mammon ja – die geld got .
        Israel visie ; uitsonderlik vervloekte Farisweërsels en Skrifgedoentes.

        Maus kry vir jou die etos van liefde van Christus en kom help eerder in Orania – registreer minstens as uitwoner kieser. .

      2. Nee nee nee, die Afrikaner en sy veraaier kultuur het hom in hierdie penarie gekry, niemand anders nie. Basta! En hoe vinniger die Afrikaner begin besef om as n groep saam te staan hoe vinniger sal dit werk aan n oplossing, maar o wee, die rugstekery, radikale geloofbeheptheid en jarrre se isolasie is ons grootste struikelblokke. Moenie ander dasrvoor blameer, dan maak jy PRESIES dieselfde fout as due swartes wat altyd hul lot aan ander toeskryf en sal daarom nooit tot die basies van hul probleme kom nie en daarom altyd SUKKEL.

        1. Maar wat is die oorsaak van die “verraaier kultuur”? Jy praat asof dit iets inherent aan die Afrikaner sou wees. Indien so, dan gaan jou saamstaan met inherente verraaier kultuur materiaal resep maar net in sirkels dieselfde resultaat lewer. Dis nou van heeltyd dieselfde ding doen maar elke keer ‘n ander resultaat verwag.

  7. Het u al opgemerk dat ons Volk openlik knor , hoe meer deur ons almal vertrap word hoe meer kom ons mense se geskiedkundige laer trek taktiek in werking al word dit as verkrampt verguis?
    Die nare doen ons as Volk ‘n guns .

  8. Netsoos geen Afrikaner al ‘n swart skool afgebrand het nie, het GEEN swarte al ‘n Afrikaner skool gebou nie (of enige skool insover my kennis strek nie). Die Afrikaners het nie slegs swart skole opgerig nie, maar ook swart hospitale waaronder van hulle selfs wêreldklas status geniet het. Beide blanke- en swart hospitale wat eens wêreldklas was en nou geheel aan die staat se genade oorgelewer is, het verval tot niks meer as rommelnesse tot so ‘n mate dat die Marxistiese staat onder meer van media sensuur wil gebruik maak om hierdie skandalige stand van sake te verberg. Ek bly steeds verbysterd dat kreature soos Bezuidenhout steeds onder klippe bly uitkruip om die omgewing met hul sotheid te besoedel.

    1. Moenie verbysterd wees nie. Hy word onder die klippe uitgelok deur Naspes se bereidwilligheid om groot media ruimte aan hom af te staan. Pieter du Toit is heeltemal openlik oor Beeld se Marxistiese ideologie. Hy doen nie eers meer die moeite om dit weg te steek nie. Du Toit is histeries dat Zuma Soros se Marxistiese trawante uitgerook het.

      1. Du Toit kan ek nog verstaan dat hy die NWO biljoenêrs se skoothondjie is, maar hierdie agtertangse laeklas waffer met sy taxi klere aan sit by ‘n universiteit van alle plekke en hy het nog nie verstaan dat hy net ‘n “tool” is vir die superrykes nie!

          1. Ja gewis Gee – oa die sogenaamde Vrydrenkelinge en OGOTTERS. van die sinagoge van die Satan self. Die soort wittes was nog altyd ons grootste vyande.
            Die ANC is inderdaad die skoothondjies van hierdie lot bose spoke.

            Maaaar hierdie skoothondjies is in besit van die gevaarlikste wapen van massa vernietiging. 600 kg verrykte uraan. Pasella wêna van FW.
            En hulle weet dit alte goed.en sal dit gebruik soos nodig…….
            Leke man leke
            Hulle sal nog vir julle en die hele Afrikaner volk leer bid. Boeta…

  9. Presies Dan, daar is geen analogie tussen swartes en Afrikaners nie. Afrikaners het n absolute dryf gehad om te ontwikkel, die swartes vasgevang in frustrasie met hul eie onbeholpenheid en jaloesie en haat teenoor ons breek net af. Die wit/swart drama wat hom afspeel in Suid Afrika is grotendeels n proxy vir die wit/swart drama van die wêreld. Kyk, al oplossing werklik is eie grond. Dis al.

Maak 'n opvolg-bydrae