Mandelamunt verloor sy glans

Mense wat R5-munte met Mandela se gesig daarop gekoop het as ‘n belegging sukkel om hulle te verkoop, het Moneyweb berig. Verskeie kliënte wat R5 Mandelamunte uit SA Coin gekoop het ondervind probleme met herverkoop. Verseëlde sakke van ongesirkuleerde R5 Mandelamunte van sy 90ste verjaarsdag – 400 muntstukke per sak – is beskikbaar op ‘n veilingwebwerf, al sedert

Lees verder: Mandelamunt verloor sy glans

Oproeriges versper Chris Hani-weg, Johannesburg

Oproeriges het Woensdagoggend Chris Hani-weg in Diepkloof Zone Six, Soweto, met brandende bande en klippe versper, het Gauteng se verkeerspolisie gesê. ‘n Woordvoerder, Obed Sibasa het motoriste aangeraai om Chris Hani tussen Nicolusstraat (Power Park) en die Soweto Bemagtiging Sone, waarna hy verwys het as die Indiensnemingsentrum, te vermy. Daar is tans ‘n sterk polisie-teenwoordigheid in

Lees verder: Oproeriges versper Chris Hani-weg, Johannesburg

Tienerparapleeg sal by Wêreldbekersokkeropening afskop

‘n Tienerparapleeg sal Donderdag afskop om die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Brasilië op ‘n spesiale wyse te open. ‘n Gedagte-aangedrewe eksoskelet sal die sokkerbal skop met behulp van “breinkrag”. Die pak is ontwerp deur die Brasiliaanse dokter Miguel Nicolelis, wat breinaktiwiteit as deel van die internasionale “Walk Again Project” ondersoek. Die parapleeg sal ook die sensasie van

Lees verder: Tienerparapleeg sal by Wêreldbekersokkeropening afskop

Afrikaanse regstudie aan die Universiteit van Johannesburg afgeskaf

‘n Mens kan nie meer regte in Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg, die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit, studeer nie. Die laaste Afrikaanse klas, wat uit slegs 15 studente bestaan het, is einde verlede jaar afgeskaf. Volgens die dekaan van die regsfakulteit, prof. PH O’Brien, wat in weerwil van sy Ierse van uit huis uit

Lees verder: Afrikaanse regstudie aan die Universiteit van Johannesburg afgeskaf

Kasrils: Vrae oor wapenomkoopgeld bly talm

Die voormalige minister van Intelligensie, Ronnie Kasrils, het bewerings van korrupsie en onreëlmatighede tydens die multimiljard rand se wapentransaksie ontken. Kasrils het vroeër sy getuienis en kruisondervraging by die Kommissie van Ondersoek na die Wapentransaksie in Pretoria afgesluit. Bewerings dat Kasrils groot bedrae omkoopgeld van internasionale wapenverskaffers ontvang het, bly egter talm. Veral die Duitse

Lees verder: Kasrils: Vrae oor wapenomkoopgeld bly talm

Gill Marcus probeer walgooi teen negatiewe gradering

Die president van die Reserwebank, Gill Marcus, het gewaarsku dat die land self verantwoordelik is vir sy ekonomiese probleme. Die Financial Times het Marcus geprys dat sy “eerlik” oor die ekonomiese malaise is wat Afrika se mees ontwikkelde land teister. Fitch en Standard&Poor’s sal waarskynlik Suid-Afrika se kredietgradering Vrydag vrystel. S&P het reeds Suid-Afrika op

Lees verder: Gill Marcus probeer walgooi teen negatiewe gradering

Ons geslag beleef ‘n belangrike hoofstuk in Afrikanergeskiedenis

deur BJ Engelbrecht Ek dink al twee weke hoe om hierdie brief te skryf sonder om negatief te wees oor die Afrikaner se toekoms is Suid-Afrika. As mens om jou kyk sien jy net negatiewe tekens vir ons, ons sien korrupsie en ons teenstanders sien konneksie. Die skeuring tussen reg en geregtigheid en straf raak

Lees verder: Ons geslag beleef ‘n belangrike hoofstuk in Afrikanergeskiedenis

Afrikaners is g’n agressief – ope brief aan Vossie Goosen

deur René Kruger Ope brief aan Vossie Goosen, na aanleiding van haar gesprek op Dagbreek: Me. Goosen, jy reken ons Afrikaanssprekendes is wêreldwyd bekend vir ons wreedheid, dus is dit die rede hoekom ons so maklik agter ons rekenaars kan sit en mekaar sleg maak. Nou wil ek gou ‘n toets doen: Gaan hierdie brief

Lees verder: Afrikaners is g’n agressief – ope brief aan Vossie Goosen

‘Mantashe ‘n rassis met xenofobiese kaart’

Die Sweedse adjunk-sekretaris-generaal van die Werkers Sosialistiese Party (WASP) in Suid-Afrika, Liv Shange het in ‘n verklaring te velde getrek teen die African National Congress-regering en die kapitalistiese ekonomie. Sy het ANC-swaargewig Gwede Mantashe uitgekryt vir ‘n “rassis” wat ‘n “xenofobiese kaart” speel deur voor te stel dat wit buitelanders ophou inmeng in die platinummynbou-staking. “Ons

Lees verder: ‘Mantashe ‘n rassis met xenofobiese kaart’

SA myne moet aanpas by Chinese vraag

Beleggingsgroei en hoë vlakke van skuld het kommer laat ontstaan dat China die risiko van ‘n eiendomsborrel in die gesig staar, een wat dreig om die hele ekonomie te destabiliseer as dit moet bars. Amptelike doeanedata wat Sondag vrygestel is, het markvrese aangewakker en sit bykomende druk op die reeds gespanne globale kommoditeitspryse. China se invoer

Lees verder: SA myne moet aanpas by Chinese vraag