Gill Marcus probeer walgooi teen negatiewe gradering

marcusDie president van die Reserwebank, Gill Marcus, het gewaarsku dat die land self verantwoordelik is vir sy ekonomiese probleme.

Die Financial Times het Marcus geprys dat sy “eerlik” oor die ekonomiese malaise is wat Afrika se mees ontwikkelde land teister.

Fitch en Standard&Poor’s sal waarskynlik Suid-Afrika se kredietgradering Vrydag vrystel. S&P het reeds Suid-Afrika op ‘n negatiewe uitkyk geplaas en met nog negatiewe nuus skyn die risiko van ‘n afgradering ‘n nuwe bekommernis te wees vir Marcus.

Marcus het tydens ‘n sake-ontbyt erken dat “die plaaslike ekonomie enorme wind van voor gekry het, waarvan baie ons eie maaksel is.”

Dit was die ergste prestasie sedert die 2009-resessie weens die staking in die platinum-sektor, ‘n sleutel in die mynbedryf.

Marcus het gesê Suid-Afrika se uitvoersyfers sal benadeel word indien die staking in die platinumsektor voortduur.

Sy het in Johannesburg gesê die staking het reeds ‘n negatiewe invloed op ekonomiese groei gehad, maar het nog nie ‘n invloed op uitvoerdata gehad nie omdat mynhuise aansienlike platinumreserwes het.

Sy het egter gesê die voorraad word nou uitgeput en hoe langer die staking duur, hoe gouer gaan die nadelige uitwerking op uitvoere gevoel word.

Die platinumgordel het tot dusver 21 miljard rand aan verdienste verloor terwyl werkers lone van meer as nege miljard rand ingeboet het.

Rustenburg se ekonomie het feitlik tot ‘n stilstand gekom agv die staking.

Nhlanhla Nene, die nuwe minister van finansies, het aan die Financial Times gesê dat die groei vir die jaar sowat 2 persent op sy beste sal wees. Dit is ver onder die groei wat nodig is om ‘n duik te maak in werkloosheid en armoede.

Intussen het die Bapo Ba Mogale-gemeenskap buite Brits in Noordwes ‘n dringende aansoek in die Noordwes Hooggeregshof in Mahikeng ingedien om die platinum-staking te beëindig.

Die gemeenskap het die hof gevra om die drie platinum-maatskappye en die vakbond, Amcu te dwing om ‘n skikking te bereik.

Volgens die gemeenskap raak die staking die gemeenskap sowel as die myne.

Die Bapo Ba Mogale besit die dele van die grond waarop Lonmin platinum produseer.

‘n Woordvoerder sê die hof moet ‘n interdik uitreik wat die betrokke partye sal dwing om ‘n einde aan die staking te maak.

12 thoughts on “Gill Marcus probeer walgooi teen negatiewe gradering”

  1. Die Financial Times het Marcus gerpys dat sy “eerlik” oor die ekonomiese malaise is wat Afrika se mees ontwikkelde land teister. [ GERPYS ]

    Marcus het ‘n sake-ontbyt erken dat “die plaaslike ekonomie enorme wind van voor gekry het, waarvan baie ons eie maaksel is.” [ DALK ‘TYDENS of GEDURENDE’ ‘N SAKE-ONTBYT ].
    Die regering is onbevoeg om ‘n einde aan hierdie staking te bring, kom ons kyk of die gemeenskap se versoek aan die hof goeie vrugte gaan afwerp, maar ek twyfel sterk.

  2. Antie Gillie moet asb nie vir my by jou “ons” insluit nie.

    Die kommunistiese regime van die dag is verantwoordelik vir die land se benarde posisie, niemand anders nie.
    Julle blameer apartheid en als en almal. Kyk na julle eie swak bestuur en hebsug, vet gevrete, KFC verslaafdes. Blink beemers an amma Benzies. Nuwe vliegtuie vir staats hoofde, dit terwyl julle kiessers vrek van die elende.
    Hospitale, en enige staats instansie het sy agterent gesien. Skole is die swakste in die wereld.
    Maar dit is presies soos wat julle dit wou gehad het, die volgende ramp is die suiwer water bronne (die wat nog oor is).
    Julle as ANC leierskap (leierskap beteken nie noodwendig goed nie.) is verantwoordelik vir die sterftes van duisende mense.

    Die damwal het gebreek.

    Julle kommunistiese leier wat nou kamtig siekkies is, het die NSA miljoene werksgeleenthede belowe, ek glo hom, wat hy nie bekend gemaak het nie was dat dit vir Chinese bedoel is, ten koste van die Suid Afrikaners.
    Die huidige ressesie (ek glo ons is tans in een) is julle skuld, julle gevleg met die NWO en liberale geldwolwe van die wereld.
    En vir die wat dink dat Cyril n beter staats president gaan maak……..skrik wakker, hy is n groter skelm.
    Antie Gill kry n spieel, die antwoord le daarin.

    1. Stem saam – Hulle het hulle bed gemaak nou moet hulle maar daarop slaap. (O en BTW – dit is nogsteeds ‘n Jood wat in beheer van ZA se geld is – Gaan raas maar eerder met Joe Slovo oor die toestand. Hy mag dalk luister – ek het vergeet hy druk blommetjies.)

  3. Soos Eric dit hier onder stel : Gill, ek is nie een van jou “ons” nie! Ek werk hard, betaal my belasting, klou daagliks vir lewe en dood aan die rafels van my geduld wanneer ek oor en oor met BBBEE/AA te doen kry en saans hoop ek maar die een of ander kommunis het nie oornag die lig aan die einde van die tonnel loop afsit nie. Dis tyd vir ‘n ordentlike natuurramp in hierdie godverlate land.

  4. “‘n Woordvoerder sê die hof moet ‘n interdik uitreik wat die betrokke partye sal dwing om ‘n einde aan die staking te maak” Hoe? Die stakers tree wettig op binne die ANC
    wetgewing, en die ANC en die hele spul weet dit behawe die mynwerkers – dit werk
    mos presies in lyn met hulle eie bose planne. Dit is na alle waarskynlikheid
    hoekom Zuma n siekte geskiedenis moet opbou sodat hy uit faseer kan word om
    plek te maak vir Ramaphosa. (Soos PW Botha vir FW moes plek maak). Sjoe hoe
    hardloop hier n rilling teen my ruggraat af!

  5. Standards&Poor het daai Joodse firmas op Wallstreet nog baie goeie graderings gegee tot die dag wat hulle ineengestort het. Ek dink die (politieke) stert waai die (ekonomie) hond tot ‘n groot mate vir hierdie liegbekke.

Maak 'n opvolg-bydrae