
Die Sweedse adjunk-sekretaris-generaal van die Werkers Sosialistiese Party (WASP) in Suid-Afrika, Liv Shange het in ‘n verklaring te velde getrek teen die African National Congress-regering en die kapitalistiese ekonomie.
Sy het ANC-swaargewig Gwede Mantashe uitgekryt vir ‘n “rassis” wat ‘n “xenofobiese kaart” speel deur voor te stel dat wit buitelanders ophou inmeng in die platinummynbou-staking.
“Ons veroordeel hierdie poging deur die ANC om weer ‘n rassistiese, xenofobiese kaart te speel,” het WASP gesê.
Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, het aan verslaggewers in Johannesburg gesuggereer dat die platinum-staking ‘n politieke oogmerk het.
“Die artikulasie van Amcu se posisie deur wit buitelanders dui op die belang van buitelandse magte in die destabilisering van ons ekonomie,” het hy gesê.
Shange het teen Mantashe uitgevaar: “Natuurlik is die voortslepende platinumstaking politiek, vir beide werkgewers en werknemers, in die sin dat dit ‘n mededinging om mag is oor die rykdom van die samelewing.
In Junie verlede jaar, het die Independent Online Mantashe aangehaal: “Wat gebeur het in Marikana … ek kan weergee wat uit daardie inligting kom: Anargie, anargie, anargie gedryf deur mense wat van ver af is, Swede, Ierland.” het Mantashe gesê.
“Die werklikheid is dat dit ‘n Sweedse burger is wat in die middel van anargie in die platinum-gordel staan. Ek suig dit nie uit my duim nie.”
