praag.co.za

Afrikaanse regstudie aan die Universiteit van Johannesburg afgeskaf

Written by

in

,
In die UJ-biblioteek
In die UJ-biblioteek

‘n Mens kan nie meer regte in Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg, die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit, studeer nie. Die laaste Afrikaanse klas, wat uit slegs 15 studente bestaan het, is einde verlede jaar afgeskaf.

Volgens die dekaan van die regsfakulteit, prof. PH O’Brien, wat in weerwil van sy Ierse van uit huis uit Afrikaans is, “het die Afrikanergemeenskap van Johannesburg ons in die steek gelaat. Hulle stuur hulle kinders na ander universiteite of andersins verkies hul kinders om in Engels te studeer.”

Volgens hom was daar nooit vyandigheid van die universiteitsowerheid jeens Afrikaans nie. Die taal het eenvoudig weens ‘n gebrek aan belangstelling van studente weggekwyn. LLB-studente wat wil, mag steeds hul vraestelle op Afrikaans beantwoord, maar in die praktyk sal dit waarskynlik ‘n sonderlinge gebeurtenis wees.

Tans stuur vele ouers in Johannesburg hul kinders na die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit, wat veel meer koste meebring omdat hulle vir verblyf en vervoer heen en weer Potchefstroom toe moet betaal.

Die vorige anti-Afrikaanse minister van onderwys, Kader Asmal, het die destydse R.A.U. met die Soweto-kampus van Vista en die Witwatersrandse Technikon saamgesmelt omdat hy die universiteit sodoende wou dwing om te verengels. Sy strategie het uitmuntend geslaag, want vandag sit hoofsaaklik swart studente wat deur medium van Engels studeer in die voormalige HF Verwoerd-biblioteek, omring deur duisende Afrikaanse boeke, verhandelings en proefskrifte wat die RAU destyds in Afrikaans geproduseer het. Kosbare boeke in Europese tale soos Duits en Frans wat destyds deur studente en navorsers gebruik is, staan ook in onbruik op die rakke, aangesien die verlies aan Afrikaans ook toegang tot Duits en Nederlands aan studente ontsê. In die regsafdeling van die biblioteek word die jurisprudensie van Nederland, Duitsland en Frankryk steeds bygehou.

‘n Faktor wat Asmal se verengelsingstrategie teenoor die RAU gebaat het, was dié van “wit vlug”. Soos in die VSA waar blankes instellings verlaat sodra daar ‘n meerderheid swartes teenwoordig is, het die Universiteit van Johannesburg ook vinnig sy oorblywende blanke studente verloor toe die universiteit oorwegend swart geword het.

Studente in Johannesburg met wie praag gepraat het, beaam dat die oorwegend swart bevolking op die kampus hulle ongemaklik maak. “Jy voel soos ‘n marsman daar, mens sal nooit kan vriende maak nie,” sê ‘n jong man wat self weekliks heen en weer Potchefstroom toe pendel waar hy in die koshuis tuisgaan.”

Die Universiteit van Johannesburg doen moeite om by die Afrikaanse hoërskole in Johannesburg en aan die Rand te bemark en aantreklike beurse word veral aan toppresteerders aangebied. Matriekleerlinge met ‘n 80-persent-gemiddeld kan byvoorbeeld gratis aan die UJ studeer. Desnieteenstaande keer jong Afrikaners hul rug op die universiteit en verkies om Potchefstroom of Pretoria toe te gaan. Sommige pendel ook daagliks heen en weer Pretoria toe met die Gautrein.

Van die studente wat wel hul eerste studiejaar aan die UJ aanpak, verkies om agterna Pretoria of elders heen te gaan omdat hulle op die kampus van dié eens trots Afrikaanse universiteit vervreem voel.

Intussen woed daar ‘n debat oor die Potchefstroom-kampus wat moontlik deur die nuwe swart rektor, prog. Dan Kgwadi, gedwing gaan word om ook soos die UJ swart en Engels te word. Volgens berigte elders in die media, het hy gesê:

“Om een kultuurgroep soos Afrikaans op ’n universiteit te bewaar en dit so te wil behou, is gevaarlik vir ons land se toekoms,

“Wanneer ons van ’n institusionele kultuur praat, dink hulle dat ons in ’n institusionele kultuur ’n besonderse ras-kultuur moet bewaar en ek kan nie daarmee saamstem nie.”

“Die Mafikeng-kampus kan tog nie die Tswana-kultuur bewaar nie, net soos die Potchefstroom-kampus nie die Afrikaanse kultuur kan bewaar nie.

“Ek wil dít prioritiseer, nie ’n raskultuur nie.”

‘n Voormalige NP-minister, dr. Leon Wessels, het in Beeld afwysend oor die behoud van Afrikaans aan universiteite geskryf, wat wye reaksie, ook hier op praag, ontlok het.

Comments

8 responses to “Afrikaanse regstudie aan die Universiteit van Johannesburg afgeskaf”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Die swart studente op UJ is BAIE arrogant – ek was ‘n tyd gelede ‘n besoeker daar en ek het met hande vol pakkies en toerusting ‘n draai gaan loop. Die kleedkamer opset is vreemd in die sin dat daar ‘n klein gangetjie is wat na buite lei. Toe ek die deur oopmaak staan daar juis drie volkie buite (ek was oppad uit) en hulle kyk toe vir mekaar en een besluit hy gaan inkom terwyl ek in die gangetjie is (hy sal nie soos ‘n ordentlike mens, kans gee dat die wat binne is eers uitkom nie) Hy loop toe doelbewus in my vas maar het hom misgis met my. Hy het toe maar afgehop en teruggestaan tot ek eers uit is. Sy maters het lekker vir hom gelag.

    1. Gas Avatar
      Gas

      Ek gaan ook vandag Skouer-‘n-klonkie speel. Lekker game en beter oefening as rugby

  2. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Die Randse Afrikaanse Universiteit waar Afrikaans nie meer gebruik word nie! En nou begin hulle torring aa Potch ook. Waar gaan dit eindig mense? Is daar nog iets vreedsaams aan die situasie te doen? Gaan ons dit maar alles gelate aanvaar? Of gaan ons maar net skree en raas? Net om as “wreed” beskryf te word. As ons “wreed” moet wees om te kan oorleef, kom ons wees dan maar wreed. Ons het tog in elkgeval die reputasie.

    1. Gas Avatar
      Gas

      Dat die Afrikaanse Taal so ‘n bedreiging / skand00taal geword het vir sekere wittes, swartes, sowel as ander instellings, gaan my gesonde verstand tebowe.
      Kom ons toi-toi Karel, en ons voeg dan maar die daad by die woord, soos jy sê, ons word van al hierdie walglikhede beskuldig.

  3. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Ons verstaan die anonimiteit vriend. Niemand het sin om deur die linksliberale gepeupel aan ‘n kruishout gespyker te word nie. Wat betref Afrikaans op Stellenbosch: dis gedoem om ondergeploeg te word tensy die Afrikaner self sy bas in rat kry en iets daaromtrent doen. Maar dis nou net daar waar die ekskrement in die drinkwater val: om iets te doen. Hemel, enigiets anders as om van ons te verwag om iets te doen.

    1. Leonor Bosman Avatar
      Leonor Bosman

      Maar wat en wie Karel? Ek het baklei en gestoei by PUK. Die verroting is in die boonste dele waar die akademici GEEN insette het nie. Daardie mense is gekeur om daar te wees a.g.v. hulle beinvloedbaarheid om die agenda te volg. Hulle is professors en doktors in die sosiale wetenskappe en verdra nie teenkanting vannuit die ander geledere nie. Die donateurs wat hierdie universiteite ondersteun is ook liberaal. Die regime ondersteun hulle so wie bly eintlik oor om die geveg te veg? Die allumni? Die studente? Die ouers? Nee wat, waai US koebaai. Waai NWU koebaai.

      1. Karel Combrinck Avatar
        Karel Combrinck

        Ons kan begin deur betrokke te raak Leonor, belang te stel. Daar is genoeg van ons om Saterdae by ons tienduisende te “manifesteer”, as ‘n mens dit so kan noem, by die rakbie wedstryde en nog meer voor die televisiestelle. As net ‘n breukdeel van die rakbie geesdriftiges ‘n bietjie belangstelling sou toon vir die lot van Afrikaans by (voormalig Afrikaanse ) universiteite, sal dit al ‘n reuseverskil maak. Die probleem is ons hier op Praag preek vir die bekeerdes. En die res voel vere.

  4. Rebel Avatar
    Rebel

    Gaan vra enige oorblywende (uitgesproke) Afrikaner-personeellid aan die US of hulle nog dink dit is n Afrikaanse universiteit, en hulle sal onmiddellik vir jou sê NEE! Die US was in n stadium onder wit Engelssprekendes bemark, en dit het die begin van die einde aangedui. Slegs ekonomiese oorwegings geld in en om Stellenbosch nog. Afrikaans het n bysaak geraak.

Leave a Reply