[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]
Hou van Dan Roodt se Facebookblad
Leon Wessels se ongevraagde aanval op Afrikaans in Beeld waarin hy diegene wat op ons grondwetlike en internasionale taalregte aandring van “‘n buffelagtige gestamp en stoot” beskuldig, moet beantwoord word.
In die eerste plaas behoort Wessels te let op die anglisismes wat hy so lustig rondstrooi; dit skep die indruk dat hy reeds in Engels dink en Afrikaans vir hom bloot ‘n tweedehandse medium verteenwoordig.
Afrikaans het sedert 1910 (toe nog as “Nederlands”) gelyke status met Engels geniet. Wessels en sy mede-onderhandelaars van die Nasionale Party is daarvoor verantwoordelik dat Afrikaans tans in ‘n volslae ondergeskikte posisie teenoor Engels verkeer. Dit druis teen die internasionale reg, asook ons gevestigde regte in.
Nie net word ons gedwing om verengelsing op alle gebiede te aanvaar nie, maar ons skole en universiteite word deur kwaadwillige propaganda afgetakel sodat die laaste oorblywende Afrikaanse instellings insgelyks verengels mag word. Sodoende word ons voortreflike Afrikaanse onderwysers en dosente ingespan om die vuilwerk van die Britse Ryk te verrig. Hulle moet ander taalgroepe in die land op Engels onderrig en met polities korrekte Anglo-Amerikaanse idees indoktrineer.
Pleks dat ons belastings gebruik word om Afrikaans te bevorder, word sodanige fondse aangewend om Engels – ‘n taal wat buite Kwazulu-Natal oor weinig moedertaalsprekers in ons land beskik – te subsidieer!
Waarom stuur Brittanje nie liewer self onderwysers en dosente na Suid-Afrika om haar kultuur hier op eie koste te kom bevorder nie? Of is sy te besig om saam met die VSA koloniale oorloë in die Midde-Ooste en elders te voer?
Wessels is korrek as hy sê dat ons geskiedenis wemel van Afrikaners wat bereid was om hul rug op hul eie mense te keer en die Britse saak in ons land te dien. Dis egter geen simptoom van ons verdeeldheid nie, maar van ons oorheersing deur Europese koloniale moondhede soos die Verenigde Koninkryk of Swede wat strydig met internasionale konvensies terreur in ons land bevorder en befonds het.
Alan Paton se verhaaltjie oor hoe hy kastig 1938 by die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument opgedaag het, is nie baie geloofwaardig nie, want hy het sy lewe daaraan gewy om karikature van Afrikaners die wêreld in te stuur.
In 1877 het almal die Britse anneksasie van die Transvaal deur Shepstone aanvaar. Net een man het hom daarteen verset: Paul Kruger.
Tans is ons nogmaals kultureel en andersins “geannekseer”. Maar solank as wat daar ware Afrikaners met Afrikaanse harte is, sal ons dit à la Kruger nooit aanvaar nie.

Doktor Roodt, BAIE DANKIE dat u steeds voort veg vir die behoud van ons pragtige taal – AFRIKAANS – dan natuurlik op ander gebiede ook. Ons Praag rubriekskrywers se taalgebruik is uit die boonste rakke ! Sommige van ons kommentators doen self goed en dis altyd ‘n voorreg en plesier om dit te lees.
Ek self verpes anglisisme, jongste wat ek van gelees het, “importante” … meer onlangs die gebruik van die woord “attent” !
WARE AFRIKANER MET AFRIKAANSE HART – puik !
More Trippie, Laat my toe om my stem ook by joune te voeg jeens Dr Dan vir n lekker vasvat rubriek. Ek kan dit dan ook verstaan hoekom die koerant dit nie wou plaas nie. Dit bevorder nie hulle “Beeld” nie.
Wat Pres Kruger betref, niemand moet by my kom neuk oor hom en sy nagedagtenis nie. Dan raak ek onredelik aggressief, amper soos Willy se leeus.
Terloops, waar is die praag maat van ons. Mis hom regtig.
Die storie van anglisismes is nogal ingewikkeld, Trippie. Dit kom deurdat ‘n legio Engelse woorde uit ander tale ontleen is. Bykans die helfte van die Engelse woordeskat is bv uit Frans afkomstig, maar daar is ook nog Duitse, Skandinawiese, Italiaanse en ander woorde. Selfs hier en daar ‘n Afrikaanse woord! Dink maar aan “trek”, “koppie”, “spoor”, “laager”. Ons gaan tog nou nie ophou om te praat van trek en spoor, net omdat dit in Engels voorkom nie! Ek onthou nog op skool was dit as ‘n Anglisisme beskou om te praat van ‘n treindrywer. Ons moes sê “masjinis”. Nou is dit so dat die woord “drywer” ‘n soliede Germaanse agtergrond het terwyl “masjinis” so ‘n halfbaster Frans/Engelse geaardheid het. So ‘n mens kan deur oorywer soms die pad byster raak. Wat my persoonlik die keel uithang, is maaksels soos die (politiek korrekte?) “leerder”, ‘n woord wat gladnie in Afrikaans bestaan nie. Die hemel weet waar kry hulle “leerder” vandaan en waarom.
Trippie, ek dink nou net dit mag lyk asof ek die gebruik van anglisismes bepleit. Dit is natuurlik alles behlwe die geval. Om Engelse woorde links en regs in te prop net uit luiheid en ongeërgdheid is vanselfsprekend verwerplik.
Dankie Karel vir jou altyd ordentlike, insiggewende skrywes (groot waardering daarvoor) ! Jy is natuurlik reg ook wat die “leerder” aanbetref, ek verwys steeds na skolier. Prefekte / Leerlingraad.
Korrek Trippie. Die regte term in Afrikaans is inderdaad leerling en dus is leerlingraad 100%. “Prefekte” en “skolier” ook in orde.
Trippie, net nog ietsie oor die term prefek. Met die woord as sulks is daar nie fout te vind nie. Dis ‘n term wat reeds in die tyd van die Romeinse ryk gebruiik is vir magistrate van verskillende rang. Tog vind ek die gebruik daarvan om skoliere met bepaalde verantwoordelikhede te beskryf ‘n bietjie vreemd aan ons kultuur. Persoonlik sou ek die beskrywing klasleier of groepleier verkies.
Stem 100% saam met jou Karel. Dankie vir jou terugvoer.
Karel ek dink omdat leerder nie gekoppel is aan n tydfase nie dit dui eerder op n lewenslange nuttelose gesukkel om te leer – teenoor laerskool skolier wat en hoërskool skolier en dan student, nagraadse student ens. Wat op vordering na verskillende stadiums dui en bekroon word met gegradueerde of vakman in sy gebied 😉
Inderdaad Karel: as al die leenwoorde uit Engels onttrek sou word, het hulle slegs gebare oor om mee te kommunikeer.
Wessels is ‘n dom nar. Hy sal nooit op eie stoom iets vermag nie. Tipies die soort slak wat vir die Rooinekke werk. Hy het in sy dae as advokaat nie eers opgedaag by die hof om sy kliënte te verdedig nie, so k.ksleg is hy
Heng dit is n flippen skande. Genugtig.
Drogbeeld sal nie hierdie plaas nie want dit stem nie ooreen met hulle soutie seining nie (Ons almal weet wat ‘n modern soutie is – Wessels is so een. Hy is nie noodwendig engelstalig nie maar dink steeds die ingelse is beter as sy eie mense. Sies.).
Ek hou van “Drogbeeld” Rooikop.
Wat is aan die gang met Media24 se ‘ondersoek’ van die Volksblad?
Ek meen Jonathan Crouwther redakteur was mos die mede-outeur van die Reitz skandaal. En hul troetel skrywers Amos vd Westhuizen en Jan Venter die goor anti – christe?
Sal DV nou in dieselfde bed moet slaap as die Afrkanerseuns van Reitz?
En wat van Rapport dan? Die bakermat van valse verligtheid en valse vervolging van Rhoodie etal.
Hmm?
Gedurende die oorlog het die Boere verskynsels soos Leon Wessels kastreer. Met Wessels sal dit egter nie moontlik wees nie want die goed is skynbaar by geboorte reeds verwyder.
Dr Roodt, goeie more en dankie vir die stuk.
Wat dink van my voorstel by die “demone”-artikel hier onder. Uitvoerbaar?
Deur as argument aan te voer dat “taal nie vir almal ‘n soort godsdiens” is nie, bewys Wessels nie alleen dat die taal waarin hy skryf bloot vir hom ‘n propaganda-sambokkie is nie maar ook dat hy nie so ‘kleingeestig’ is om deur iets so ‘verkramp’ soos godsdiens beperk te wees nie. Hoe liberaal en vrydenkend. Hy is vry om op te gaan in die glorie van sy United Under Nothing trog-hiërargie.
Ek sal tog nooit “oog-tot-oog” met hom en al die verlooptes sien nie (om sy taaljuweeltjie aan te haal). Hulle is geensins verplig om die ‘juk’ van Afrikanerskap verder te verduur nie, asseblief spaar hulle dit tog!
Die Yslanders is skaars 300 000. As 10% van ons Afrikaners ná hierdie voortgesette aanslag nog staan dan het ons baie om oor te juig. En die Faroe-eilanders is maar 50 000. Voor in die wapad brand ‘n Lig!
Baie dankie Willem dit is sommer mooi vasgevat. Ek hou hiervan.
“Drogbeeld” is nie my eie skepping nie – dit is al vantevore hier so genoem – ek het net gedink dit is baie gepas en hou aan om dit te gebruik.
Leon Wessels was, saam met Roelf Meyer, onder FW De klerk se voorste onderhandelaars (lees harlekyne) in die likwidasie van Afrikaner soewereiniteit en selfbeskikking. Selfs Cyril Ramaphosa het tydends die “onderhandelings” openlik vir hulle gelag. Ramaphosa mag gelag het, maar ons kan maar net treur. Met sy huidige anti -Afrikaanse uitlatings wys Wessels net wat hy uit die staanspoor was, nl ‘n jingo en vyand van die Afrikanervolk.
Dis seker swaar om na al die jare nog steeds te besef jy is soveel ore aangesit tydens KODESA dat daar nie nog plek op jou kop oor was vir nog nie. ****** pateet saam met Roelfie.
Leon Wessels n regsgeleerde spreek hom uit oor ons Afrikaners se taal. Sit ek nou en wonder wat maak hom die seepkissie bestyg oor n onderwerp waarvan hy nie die vaagste benul het nie? Moontlik n behoefte aan aandag?
Daar is nou eenmaal net mense met witvelle wat heel gemaklik in die vuil standaarde en vernielde Suid Afrika ingesak het – en dan is daar ander wat weet wie hulle is waar hulle vandaan kom en waarna hulle oppad is.
“Of is sy te besig om saam met die VSA koloniale oorloë in die Midde-Ooste en elders te voer?”
Dit heet in het Nederlands (Afrikaans?)nog steeds een oratorische of retorische vraag en is inhoudelijk op zich juist en bruTAAL van deze voorbeeldige landen die de mond zo vol hebben van vrede en gerechtigheid.
“Waarom stuur Brittanje nie liewer self onderwysers en dosente na Suid-Afrika om haar kultuur hier op eie koste te kom bevorder nie?”
Waarom liet Brittanje Heydrich in 1943 door Jan Kubic en Jozef Kabcik liquideren ?
Ek glo dat enigiets aangewend kan word vir self beskikking behalwe swartbeskikking. en vreemde beskikking.
Daars ‘n beriggie oor die teen- produktiwiteit van regstellende aksie / swart bemagtiging BEE wat ‘n kosbare waarheid demonstreer.
Dat daar nou ‘n ontploffing is van wit / afrikaner interpreneurs. Op Nampo was dit duidelik.En walla voor ons oge is die wonderwerk aan die gebeur en die Boere leer om alles self te doen.deur meganisasie….en tegnologie.en talentvolle kreatiwiteit.
Die ‘Snotty Wessels’ verskynsel is ook nou mooi gedemonstreer deur die bloodstelling wat Nastypers aan hierdie lee parafienblik gegee het.
[ Trippie is ‘Snotty’ ‘n leenwoord of ‘n anglisisme? :-)) = glad glibberig taai morsig – karakters. Hulle is die blink Stefaanse van enige samelewing]
Maar die kernkwessie is = wat ons self daarvan maak.?.
Mi:
Dan geld die reel vir wit en swart dieselfde: hou verby , ignoreer maak of hulle nie bestaan nie , kry afstand en sorg dat die lot glanspompers – semels [glamour- pumps] nie ons spoed breek en ons vrede kom steel nie..
Want indien jy 1000 pond iewerster by hulle kon indruk dan is hulle nie 5 pennies werd nie.
Of hoe?