Mandelamunt verloor sy glans

mandelacoin
Niemand stel meer in die ou terroris belang nie

Mense wat R5-munte met Mandela se gesig daarop gekoop het as ‘n belegging sukkel om hulle te verkoop, het Moneyweb berig.

Verskeie kliënte wat R5 Mandelamunte uit SA Coin gekoop het ondervind probleme met herverkoop.

Verseëlde sakke van ongesirkuleerde R5 Mandelamunte van sy 90ste verjaarsdag – 400 muntstukke per sak – is beskikbaar op ‘n veilingwebwerf, al sedert 2008 en niemand stel belang nie.

Oor 22 miljoen R5 Mandelamunte is geslaan in 2008, volgens Hlengani Mathebula, die hoof van strategie en kommunikasie by die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB). Die munte is vervaardig deur die Suid-Afrikaanse Munt, wat ‘n filiaal van die SARB is.

Die uitgifte word bevestig deur Hern se handboek van SA Coins.

Lees verder

Reserwebank beboet banke oor gebrek aan geldwassery-maatreëls

standardStandardbank is ‘n boete van 7,6 miljoen pond in Januarie opgelê deur die Britse Finansiële Gedragskode-owerheid nadat die bank in Londen se eenheid glo nie ‘n voldoende beleid of prosedures in plek gehad het vir korporatiewe kliënte wat verbind word aan politieke figure nie.

Die boete is ingestel sodat maatreël ingestel kan word om korporatiewe figure te beskerm van beskuldigings van geldwassery.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het vandeesweek aangekondig dat die land se vier grootste banke met 125 miljoen rand beboet is weens plaaslike swak maatreëls teen geldwassery.

Die Reserwebank het in ‘n verklaring gesê nadat hulle die banke beboet het, dat Standard Bank 60 miljoen rand moes opdok, First Rand 30 miljoen rand, Nedbank 25 miljoen rand.

Die Britse Barclays groep wat Absa insluit, is met net 10 miljoen rand beboet.

Die Reserwebank sê egter die administratiewe strafmaatreëls is nie ‘n aanduiding dat die betrokke banke op enige wyse wel by transaksies met geldwassery betrokke was nie.

Rentekoerse dalk onveranderd uit vrees vir vakbonde

reserwebankDie Reserwebank sal na verwagting rentekoerse dieselfde hou op Donderdag se beleidsvergadering van die monetêre komitee.

Volgens Reuters meen verskeie ekonome dat die stygings dalk later vanjaar aangekondig mag word aangesien inflasiedruk kommerwekkend is.

Hulle meen ‘n verhoging in rentekoerse voor die verkiesing sal invloedryke vakbondvennote van die ANC vervreem en die drieparty-alliansie daardeur verswak.

Die algemene verkiesing vind op 7 Mei plaas.

Die Reserwebank het vroeër die maand stappe gedoen om markverwagtinge van skerp rentekoersverhogings te bestuur na ‘n verhoging in Januarie, en gesê hy sal die beleid stadiger verskerp om die druk op die wankelende ekonomie te verlig.

Drie-en-twintig van die 30 ekonome verwag dat die Reserwebank sy repokoers op 5,5 persent sal laat.