Die Reserwebank sal na verwagting rentekoerse dieselfde hou op Donderdag se beleidsvergadering van die monetêre komitee.
Volgens Reuters meen verskeie ekonome dat die stygings dalk later vanjaar aangekondig mag word aangesien inflasiedruk kommerwekkend is.
Hulle meen ‘n verhoging in rentekoerse voor die verkiesing sal invloedryke vakbondvennote van die ANC vervreem en die drieparty-alliansie daardeur verswak.
Die algemene verkiesing vind op 7 Mei plaas.
Die Reserwebank het vroeër die maand stappe gedoen om markverwagtinge van skerp rentekoersverhogings te bestuur na ‘n verhoging in Januarie, en gesê hy sal die beleid stadiger verskerp om die druk op die wankelende ekonomie te verlig.
Drie-en-twintig van die 30 ekonome verwag dat die Reserwebank sy repokoers op 5,5 persent sal laat.
