Oproeriges het Woensdagoggend Chris Hani-weg in Diepkloof Zone Six, Soweto, met brandende bande en klippe versper, het Gauteng se verkeerspolisie gesê.
‘n Woordvoerder, Obed Sibasa het motoriste aangeraai om Chris Hani tussen Nicolusstraat (Power Park) en die Soweto Bemagtiging Sone, waarna hy verwys het as die Indiensnemingsentrum, te vermy.
Daar is tans ‘n sterk polisie-teenwoordigheid in die gebied.
Sibasa beskryf die situasie as “gespanne, onveilig, maar onder beheer.”
Motoriste vanaf Johannesburg-Suid en Soweto is aangeraai om die Klipvalleypad na die Sowetosnelweg te neem, of Imminkrylaan Ben Naude te gebruik deur middel van Diepkloof na Johannesburg en Alberton, as alternatiewe roetes.

En die oefeninge duur voort…
Enige spesifieke rede(s) waarom daar nou weer ‘n oproerigheid is, of is dit tog maar soos Rooikop sê, opvolg-oefeninge?
Brand, Brand, Brand, die tyd sleep nader
Die bietjie wat oor is van die lug borrel gaan pop!
Toevallig by Chris Hani weg
‘n held van die struggle, en so struggle hulle steeds!
Jy wil nie dalk per abuis in die oproeriges in ploeg nie?
Ai tog, die kommuniste is nie opgewasse vir hierdie tipe stront nie, of wag, miskien is hulle!
Ons weet mos hoe hulle die dwelm probleem opgelos het, nie waar nie?