OB se personeel sluk begroting in

Die Openbare Beskermer Thuli Madonsela moes ‘n hele paar van haar kantore sluit weens ernstige finansiële probleme. Die eerste kantoor wat permanent sal sluit is die Siyabuswa-streekkantoor in Mpumalanga, en ander sal volg. Madonsela het haarself ongewild gemaak deur president Jacob Zuma met allerlei grondwetlike verpligtinge te belas. Die OB se woordvoerder, Oupa Segalwe, het

Lees verder: OB se personeel sluk begroting in

Grensbeheer teen onwettige sigarette oorweeg

Suid-Afrika verloor jaarliks meer as vier miljard rand aan belastinginkomste weens smokkelsigarette. Meer as 60 persent van die sigarette in die land word nie vir belastingdoeleindes verklaar nie. Dit het aan die lig gekom tydens ‘n konferensie in Kaapstad, wat deur BAT geborg word. BAT poog om die onwettige handel in sigarette in Afrika te

Lees verder: Grensbeheer teen onwettige sigarette oorweeg

Krygkor, lugmag verduidelik Zuma-straler

Die hoofbestuurder van Krygkor sê die gebruik van kommersiële vlugte dra risiko’s en die land se leiers moet beveilig word. Krygkor en die lugmag het die media Dinsdagoggend toegespreek oor die beplande aankoop van ‘n nuwe straler vir president Jacob Zuma. Volgens berigte kan dit glo tot R4 miljard kos. Krygkor se hoofbestuurder, Kevin Wakeford,

Lees verder: Krygkor, lugmag verduidelik Zuma-straler

Skoonmakers dreig om UV te ontwrig

‘n Klein groepie skoonmakers by die Universiteit van die Vrystaat en betogers het Dinsdagoggend betoog teen uitkontraktering by die instelling. Hulle eis dat dit stopgesit word en dat hulle deur die UV aangestel word sodat hulle meer voordele kan geniet soos gratis onderrig vir gesinslede. Die groep het omstreeks 10:00 bymekaargekom het om met die

Lees verder: Skoonmakers dreig om UV te ontwrig

Gautenger wat vir DynCorp werk was slagoffer

Van die veiligheidspersoneel wat Maandag doodgeskiet is in Jordanië, het vir DynCorp International gewerk. Die Amerikaanse belastingbetaler is sy grootste kliënt. DynCorp, ‘n bekende militêre kontrakteur wat oral in die Midde Ooste werksaam is, verdien meer as 96% van hul jaarlikse inkomste van die Amerikaanse Federale Regering. Die Suid-Afrikaanse departement van buitelandse sake het intussen

Lees verder: Gautenger wat vir DynCorp werk was slagoffer

Uganda begin voorberei vir 2016 se verkiesing

Uganda se presidentsveldtog het Maandag afgeskop met die oog op verkiesings­ wat in Februarie 2016 gehou word. In die verkiesing kom die land se veteraanpresident teen ’n ou teenstander en afgedankte premier te staan. Agt kandidate het hulle beskikbaar gestel vir die verkiesing wat op 18 Februarie 2016 gehou word. Die huidige president, Yoweri Museveni,

Lees verder: Uganda begin voorberei vir 2016 se verkiesing

Britse premier voer nog ‘n eierdansie uit oor EU

Die Europese Unie (EU) moet meer buigsaam wees indien dit Brittanje se kiesers wil oortuig om in die 2017-referendum ten gunste daarvan te stem, het ­premier David Cameron verklaar. Die Britse premier moet sy kiesers onder die indruk hou dat Brittanje ‘n belangrike vennoot in die EU is wat kan eise stel, terwyl die teendeel

Lees verder: Britse premier voer nog ‘n eierdansie uit oor EU

Moslemkwessie in Mianmar-verkiesing onderspeel

Stemme word getel in Mianmar se algemene verkiesing maar geen amptelike uitslae is nog aangekondig nie. Voorlopige verslae van oral in die land dui op ’n oortuigende oorwinning vir die pro-Amerikaanse Aung San Suu Kyi se Nasionale Liga vir Demokrasie (NLD). “Ons moet vasstel waarom ons verloor het,” het Htay Oo, ’n bondgenoot van pres.

Lees verder: Moslemkwessie in Mianmar-verkiesing onderspeel

Bulgaarse polisie, weermag betoog teen besnoeiings

Amerikaanse druk op Bulgarye om teen Russiese belange te werk, het die land tot dusver niks in die sak gebring nie. Die VSA probeer Russiese gastoevoer na Europa beperk om hul eie energiemonopolie te beskerm, maar dit hou geen voordele in vir lande wat daaraan moet deelneem nie. Bulgarye is een van lande wat baie

Lees verder: Bulgaarse polisie, weermag betoog teen besnoeiings

Zuma ontmoet Merkel in ontstuimige klimaat

President Jacob Zuma het in Berlyn in Duitsland aangekom vir samesprekings met die sukkelende Duitse kansellier, Angela Merkel. Merkel se koalisie wankel tans onder die migrantekrisis, met haar eie gewildheid wat aanhou daal. Die Duitse minister van binnelandse sake Thomas de Maiziere (CDU) het onlangs gesê dat hy wil die regte van sogenaamde asielsoekers beperk.

Lees verder: Zuma ontmoet Merkel in ontstuimige klimaat