Skoolgeld gaan skerp styg waarsku Fedsas

Die federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole (Fedsas) sê die meeste skole gaan waarskynlik aanstaande jaar hul skoolgeld met baie meer as inflasie verhoog. Paul Colditz, Fedsas se uitvoerende hoof, sê munispale tariewe, wat oor die laaste vyf jaar met 18% gestyg het, die inflasiekoers en salarisverhogings plaas groot druk op skoolbeheerliggame om hulle begrotings

Lees verder: Skoolgeld gaan skerp styg waarsku Fedsas

Twee van Zuma-beskermingseenheid wat op motor skiet se saak uitgestel

Twee lede van die presidensiële beskermingseenheid sal volgende jaar in die Potchefstroom-landdroshof hoor of hulle skuldig aan poging tot moord is Die transkripsie van die uitspraak was nie vanoggend gereed nie. Gevolglik sal Sankoela Lepota en Malose Makonyane eers op 15 Januarie hoor wat die hof se bevinding is. Beide mans staan tereg op ’n

Lees verder: Twee van Zuma-beskermingseenheid wat op motor skiet se saak uitgestel

Benin se leier ontdek sy ‘respek vir grondwet’

Benin se pres. Thomas Boni Yayi sal die tuig na twee termyne neerlê “uit respek vir die grondwet” wat hom verhinder om hom in 2016 herverkiesbaar te stel. “Elkeen het sy eie oortuigings. Myne is om my land se grondwet te ­respekteer,” het hy in ’n onderhoud aan AFP in Parys gesê. Yayi se besluit

Lees verder: Benin se leier ontdek sy ‘respek vir grondwet’

Trump en Carson voorlopers in Republikeinse debat

Aanspraakmakers in die Republikeinse party se nominasiestryd om presidentskandidaat het Dinsdag tydens die vierde verkiesingsdebat kleigetrap met nie een wat uit die bondel kon ontsnap nie. Die debat is gekenmerk deur snydende aanmerkings oor immigrasie en nasionale veiligheid, maar minder persoonlike stekies. Die afgetrede neurochirurg Ben Carson en die miljardêr Donald Trump is steeds die

Lees verder: Trump en Carson voorlopers in Republikeinse debat

Straler vlieg in woonstelgebou vas

Nege mense is Dinsdag dood toe ’n klein straler onderweg na ’n lughawe in die Amerikaanse deelstaat Ohio in twee residensiële geboue vasgevlieg het. Sewe insittendes van dieselfde eiendomsmaatskappy Pebb Enterprises, en twee vlieëniers is dood in die ongeluk. Die maatskappy spesialiseer in die oprigting van winkelsentrums. Die eienaar van die vliegtuig, Augusto Lewkowicz, het

Lees verder: Straler vlieg in woonstelgebou vas

Poetin reageer op wilde aantygings van opkikkers

Wladimir Poetin van Rusland het gereageer op wilde aantygings teen Russiese sportlui deur die Wêreldagentskap teen opkikkers, Wada. Hy het gesê daar bestaan geen gronde vir sulke bewerings nie. “Sodra sulke soort aantygings gemaak word, moet bewyse ook voorsien word. Solank daar nie bewyse is nie, is dit moeilik om daarop te reageer,” het Poetin

Lees verder: Poetin reageer op wilde aantygings van opkikkers

UWK in vlamme: Hoër onderwys gebuk onder skoonmakeropstand

Oproeriges het ‘n gebou op die kampus van die Universiteit van die Wes-Kaap in Bellville aan die brand gesteek. Die oproer het Woensdagoggend begin toe eksamenlokale beset is, en teen Woensdagaand in skermutselinge met die polisie en veiligheidspersoneel op die kampus ontaard. Dit is die grootste geweldpleging tot dusver in die kampus-onrus wat woed. Die

Lees verder: UWK in vlamme: Hoër onderwys gebuk onder skoonmakeropstand

Video: Dan Roodt oor die R-woord

In hierdie video van 5 minute, bespreek dr. Dan Roodt kortliks die invloed van die R-woord (“rassisme”) in Suid-Afrika en in die VSA, waarvan dit afkomstig is. Drie onlangse gevalle staan uit: die druk wat Open Stellenbosch onder leiding van die Engelse dosent Kylie Thomas toepas, die bedanking van mnr. Tim Wolfe, rektor van die

Lees verder: Video: Dan Roodt oor die R-woord

Petrolbomaanval op Duitse sakeman in Kaapstad

‘n Duitse sakeman is aan die brand gesteek en erg beseer Dinsdagoggend in ‘n petrolbomaanval op sy motor in Kaapstad. Die polisie het Wesleystraat in Tuine afgesper, terwyl paramedici hom op die toneel behandel het. Polisiewoordvoerder konst Noloyiso Rwexana het gesê ‘n onbekende man is aan die brand gesteek omstreeks 08:00. “Die omstandighede rondom die

Lees verder: Petrolbomaanval op Duitse sakeman in Kaapstad

Minister belowe hulp aan veeboere

Die minister van landbou, Senzeni Zokwana, het verligting van R220 miljoen vir veeboere belowe. Hy het in die Parlement aangekondig dat sy departement geld uit sy bestaande begroting gaan heraanwend vir veeboere wat gebuk gaan onder die ergste droogte in dekades. Die geld is onmiddellik beskikbaar vir boere wat geen voer meer het vir hul

Lees verder: Minister belowe hulp aan veeboere