Krygkor, lugmag verduidelik Zuma-straler

Die hoofbestuurder van Krygkor sê die gebruik van kommersiële vlugte dra risiko’s en die land se leiers moet beveilig word.

Krygkor en die lugmag het die media Dinsdagoggend toegespreek oor die beplande aankoop van ‘n nuwe straler vir president Jacob Zuma. Volgens berigte kan dit glo tot R4 miljard kos.

Krygkor se hoofbestuurder, Kevin Wakeford, sê egter dit is bloot ‘n aansoek en nog nie ‘n vaste besluit nie.

Die hoof van die Suid-Afrikaanse Lugmag, Fabian Msimang, sê oor die afgelope paar jaar het die beskikbaarheid van vliegtuie problematies geword.

Wakeford sê ‘n staatshoof kan nie op ‘n gewone vlug met sy personeel vergader of werk nie. Hy sê dit sal elke veiligheidsprotokol in die boek oortree.

Wakeford het ook na die jongste lugramp in Egipte verwys waar ‘n passasiersvlug met Russiese toeriste neergestort het.

Hy het gesê die bespiegelinge oor die uitgawe is voortydig omdat geen besluit nog geneem is nie.

Britse duikbote was geen opsie, hoor Wapenaankope-kommissie

modjadjiDie hoof van die vlootstelsel-afdeling by Krygkor, Rob Vermeulen het Maandag bewerings weerlê dat Suid-Afrika ‘n geleentheid om goedkoper, Brits-vervaardigde Upholder/Victoriaklas-duikbote te koop oor die hoof gesien het.

Vermeulen het voor die Wapenaankope-kommissie in Pretoria gesê dat Suid-Afrika voldoende produkte by die Duitse duikbootkonsortium gekry het, ondanks kritiek.

Vermeulen het sy getuienis gister voltooi, en sy kruisondervraging sal vandag begin. Die kommissie het bevraagteken waarom die kontrak aan die Duitse maatskappy toegeken is om die duikbote te bou terwyl daar ander bevoegde sakevennote was.

Vermeulen het verduidelik dat die duikbote voldoende is vir die werk wat hulle moet doen.

Hy sê dis jammer dat die hele projek besmet is deur die bewerings oor die aankope.

Hy het gereageer op ‘n vraag wat aan hom gestel deur Sammy Lebala SC, wat gevra het of daar enige waarheid steek in kritici se aansprake dat Krygkor die goedkoper duikbote vir ‘n duur Duitse model verruil het as gevolg van korrupsie .

Vermeulen het sy getuienis hervat na Krygkor en die departement van verdediging toegegee het aan die kommissie se eis dat hulle sensitiewe dokumente vrystel. Regter Willie Seriti het uitgestel gegee om die regering tyd te gun om al die dokumente te oorhandig.

Vermeulen het gesê onafhanklike kundiges het gehelp met die Suid-Afrikaanse vloot se stel kriteria om voornemende duikbote te evalueer. Die topprioriteit was om die vermoëns van die duikbote en die ouderdom van die tegnologie aan boord van die skip te meet.

Hy het gesê die nadeel van die Britse Upholderduikboot – wat op ‘n dieselenjin in plaas van ‘n kernreaktor staatmaak – is dat dit stokou tegnologie is wat ontwerp is in die Verenigde Koninkryk in die laat 1970’s. Dit sou moeilik gewees het om hulle te plaaslik te herstel in Simonstad.

Die vier lande op die kortlys (Duitsland, Frankryk, Italië en Swede) het egter die nuutste tegnologie gehad.

Terwyl die Britse duikbote gesien word as goedkoop, is dit reeds bekend dat hulle weens hulle tegniese probleme uiteindelik hul koste laat toeneem.

Die Britse duikbote wat aan die Kanadese vloot verkoop is en gestoor is, was volgens verskillende politieke partye in Kanada só sleg dat hulle nooit in diens was in Kanada nie en uiteindelik onnodige uitgawes was, het mnr Vermeulen gesê.

Vermeulen het ook ontken dat senior vlootpersoneel ingemeng het met die kortlys van die verkrygingsafdeling .
Intussen het Lawyers for Human Rights gister gekla dat nie genoeg inligting oor die Krygkorgetuies beskikbaar is nie.

Chippy Shaik ook voor Seriti-kommissie

armsdealDie Seriti-kommissie wat ondersoek instel na die omstrede wapentransaksie is tot 14 Oktober uitgestel. ‘n Woordvoerder, William Baloyi, sê die besluit is geneem sodat sekere dokumente gedeklassifiseer kan word.

Die kommissie sal ook intussen persone wat tydens getuienis genoem is, raadpleeg.

Volgens berigte sal Chippy Shaik wat die hoof van verkrygings was vir die weermag tydens die wapentransaksie ook voor die kommissie gedaag sal word.

Shaik sal glo van Australië terugkeer om ondervra te word.

Die weermag se department vir militêre veterane, Krygkor, en die Tesourie sal na verwagting voorleggings doen oor die rasionaal agter die aankope.

Krygkor het vroeër vandeesweek gesê hulle was nie by die transaksie betrokke nie. – Sapa

Denel kry multimiljardrandkontrak vir Badger-pantser

Badger 8x8
Badger 8×8

‘n Multimiljardrandse kontrak is deur Krygkor aan die wapenvervaardiger Denel toegeken vir die bou van 200 gepantserde militêre voertuie.

Dit sal die Ratel vervang wat nou al 30 jaar oud is. Die weermag het nie soos die vloot en lugmag gebaat by die omstrede wapentransaksie nie.

Die Hoefysterprogram is daarop gemik om 8-wiel voertuie in die 25 ton-klas te vervaardig. Die voertuig, is soos sy voorganger, uiters rats en taai en kan 12 man dra.

Die twee partye sê die 8×8 Badger is die beste voertuig in sy soort en sal bydra tot die modernisasie van die Nasionale Weermag.

BAE Systems Land Systems SA het voorgestel dat die Badger laat vaar word ten gunste van die nuwe generasie RG4. Die RG41 voldoen aan mobiliteits-, beskermings- en vuurkragbehoeftes, en die nodige gevegskrag, sê kritici.

Die maatskappy in Benoni het honderde RG31 voertuie vir die Amerikaanse gewapende magte gebou en honderde miljoene dollars daaruit verdien.

Terwyl die RG31 voertuig gewild is by die Amerikaanse departement van verdediging, voldoen die BAE RG41 voertuig nie aan die Suid-Afrikaanse Weermag se spesifikasies nie. Die Suid-Afrikaanse voertuig gebruik ‘n Finse ontwerp wat aangepas is vir plaaslike toestande.

Krygkor en Denel sê Suid-Afrikaanse se troepe-ontplooiing in die Demokratiese Republiek van die Kongo het opnuut die klem geplaas op weerbare slagveldmobiliteit, wat die Badger sal kan verskaf.

Die uitvoerende hoof van Denel, Riaz Saloojee, sê dit is die grootste kontrak met ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy die afgelope tien jaar.

Krygkor-HUB gevra om te gaan

Die raad van Krygkor het die HUB Sipho Thomo gevra om te gaan, maar hy weier.

Raadsvoorsitter Popo Molefe het Woensdag aan ‘n portefeuljekomitee van die parlement gesê dat hy Thomo verlede week gevra het om te bedank en hom drie dae gegee het om die saak te oordink.

Hy het die komitee toegespreek nadat Thomo gevra is om die vetrek te verlaat. Hy het gesê Krygkor het tot die slotsom gekom dat Thomo “ons almal gaan laat sink” en dat die probleme net gaan opklaar as Thomo gaan.

“Ons het hom gevra om te bedank… Hy sou Saterdag na my toe terugkom. Teen Maandag het hy niks nog van hom laat hoor nie,” het Molefe gesê.

“Ons moet nou kyk na watter opsies vir ons oop is.”

Thomo het aan die media gesê dat hy nie beplan om te gaan nie. “Ek het geen rede om te bedank nie,” het hy gesê.

Die jongste kwessie kom kort op die hakke van die Eskomgeveg tussen Jacob Maroga en die Eskomraad wat Bobby Godsell genoop het om Maandag te bedank.

Godsell het gesê hy het geen keuse gehad nie want die raad kon nie die regering se goedkeuring bekom vir Maroga se vroeëre bedanking nie.

Molefe het egter gesê die raad van Krygkor het nie die regering se stempel nodig om van Thomo ontslae te raak nie.

Lede van die opposisie het die afdanking van Thomo verwelkom maar gewonder hoekom dit so lank geneem het.

Daar was spekulasie dat Thomo se hantering van inligting omtrent die gekanselleerde betselling Airbus A400M swaarvragvliegtuie die raad laat besluit het om hom te laat gaan.

Thomo het verlede maand aan geskokte parlementslede erken dat die koste van die bestelling van ‘n duur R17 miljard na R47 miljard opgegaan het sedert 2006.

Daar het deurentyd spanning geheers tussen die raad en Thomo, maar die koste van die Airbus-aankope was die strooi wat die kameel se rug gebreek het.

 

free gambling gameОлександр Фільчаков прокурор

Ongemaklike vrae oor Krygkorhoof

Die Demokratiese Alliansie gaan daarop aandring dat Krygkor aan die parlement verduidelik hoekom die sukkelende wapentuigverkrygingsmaatskappy, ‘n semi-staatsinstelling, ‘n styging van 89 persent in salaris en byvoordele aan die hoof daarvan toegeken het.

Die party se David Maynier het gister gesê hy sal Krygkor vra hoekom dit belonings op ‘n uitvoerende hoof uitgiet terwyl daar twyfel bestaan oor die maatskappy se langtermynvermoë om sy mandaat om verdedigingstuig vir die regering aan te skaf, uit te voer.

Krygkor se jaarverslag dui aan dat Sipho Thomo se jaarlikse salaris verlede jaar met 19 persent tot R1,45-miljoen verhoog is en dat sy byvoordele van R108,624 tot R1,391-miljoen verhoog is.

Die voordele sluit bonusse, prestasieverwante betalings en handelsbeperkingsbetalings in.

Die feit dat Thomo voor ‘n dissiplinêre verhoor moes verskyn oor beledigende opmerkings wat hy teenoor ‘n werknemer gemaak het en oor algemene kritiek oor sy bestuurstyl, maak dit nog meer twyfelagtig.

“Sipho Thomo is nou nie juis Jack Welsh nie,” het Maynier in ‘n verklaring gesê.

Die verslag dui aan dat Krygkor se surplus van R44-miljoen tot R37,5-miljoen gekrimp het, in weerwil van regeringsoorbetalings wat van R415-miljoen tot R479-miljoen gestyg het.

“Dit blyk dat Krygkor, sonder die regeringsoorbetalings, ‘n verlies van R441-miljoen in 2008/9 sou gemaak het.”

липецк жгутыОлександр Фільчаков прокурор