praag.co.za

Grensbeheer teen onwettige sigarette oorweeg

Written by

in

,

Suid-Afrika verloor jaarliks meer as vier miljard rand aan belastinginkomste weens smokkelsigarette. Meer as 60 persent van die sigarette in die land word nie vir belastingdoeleindes verklaar nie.

Dit het aan die lig gekom tydens ‘n konferensie in Kaapstad, wat deur BAT geborg word. BAT poog om die onwettige handel in sigarette in Afrika te stuit.

Die adjunkminister van polisie, Maggie Sotyu wat die konferensie bygewoon het, sê verskerpte grensbeheer is een manier om die onwettige handel in sigarette hok te slaan.

Sotyu sê die departement van binnelandse sake gaan binne die volgende ses tot twaalf maande nuwe grensbeheermaatreëls implementeer wat sal bydra om die onwettige handel te stuit.

Die vermoede bestaan dat Zimbabwe dié smokkelhandel gebruik om sy ekonomie aan die gang te hou.

President Mugabe het openlik steun vir Savanna, sy sigaretvervaardiger uitgespreek en sy mededinger British American Tobacco (BAT) van spioenasie op Savanna en kaping van sy vragmotors beskuldig.

Houers vol sigarette wat gemaak kan word vir so min as R1,50 en is maklik om aan die plaaslike mark te versprei sonder om die R13 belasting per houer te betaal.

Gewilde handelsmerke van sigarette word in die kleinhandel teen R35 ‘n pakkie verkoop, terwyl onwettige sigarette tussen R4 en R12 ‘n pakkie kos.

Met marges wat neig na ‘n 1000%, is dié onwettige handel een van die grootste elemente in georganiseerde misdaad in Suid-Afrika.

Volgens navorsing deur BAT, is 9.5 miljard onwettige sigarette met ‘n straatwaarde van sowat R4 miljard plaaslik gerook verlede jaar.

Savanna het byna 10% van die mark ingepalm, volgens die instituut, met sowat 700 miljoen van sy onwettige sigarette.

Die uitvoerende hoof van die Tabak-instituut van Suidelike Afrika, Francois van der Merwe sê die onwettige handel in sigarette het verskeie negatiewe gevolge.

Hy sê dit het ‘n maatskaplike invloed omdat dit deur misdadigers bedryf word en nie deur die regering se gesondheidswetgewing gereguleer word nie.

Comments

11 responses to “Grensbeheer teen onwettige sigarette oorweeg”

  1. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Die eindklok lui hard en duidelik vir die regering. Die trappe van ekonomiese verval vir die staat begin altyd by plaaslike munisipaliteite,dan provinsiaale regering en laaste die nationale regering,Die stuuptrek tyd word gekenmerk deur n soeke na belastingonduikers om die speknekke in weelde te hou.Hulle grootste fout is gewoonlik om die staatsamptenare se pakkette aan te raak.Verwag moeilikheid as die amptenare besef dat hul pensioengeld in die Etol drein afgespoel het.Die plaaslike munisipaleteite het geval,die provinsiale regering het geval nou is nationale regering op aarvoeding.Hulle verplaas die skuld na die blankes.

    1. Witbeer Avatar
      Witbeer

      More OT, jy is reg. maar die regeringloos se hebsug en soeke na KFC lei ons na n kommunistiese staat, hulle ein-doel
      Ons is volgende jaar in vir n rowwe pad, vol potholes, gate, en spoed hobbels. Die Titanic se agterstewe klaar onder water. Die sports is aan die kom.

      1. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Ja – kyk maar na wat met die rand gebeur het in die laaste weke en maande. Enige kans om te dink dat jy hier gaan uitkom met meer as die klere aan jou stert is verseker daarmee heen.

        1. Witbeer Avatar
          Witbeer

          More Rooikop,
          Ek sit nou al meer as twee dae sonder water by my huis, so ook ander huisgesinne. Die liberales KAN NIE SIEN NIE!!! Die skrif is teen die muur. Om die draai van my is daar n waterpyp wat lek soos die Vaalrivier. Dis al verskeie male aangeteken. Maar Moses sal moet kom skei.
          Ek besef ons het droogte. Die reservoirs is leeg agv??????? Geen onderhoud. Kees se kind verstaan nie daai woord nie. Wat is die kanse dat ons water rekening opgaan? Regeringloos soek geld vir speel en sports. ons gaan weereens ak en betaal vir die sotte in die Toilet in Skaapstad se slapgat houdings.
          Vanoggend op 947 was die probleem weer. Apartheid era se wtare pype….. aag siestog!!! Wydkyk se IK is soos sy vermoe om syfers te ontleed.
          Ons is een stappie weg van algehele kommunisme……

          1. Rooikop Avatar
            Rooikop

            Moses gaan nie kom “fix” nie – hy sit lekker in sy “aircon” kantoor en wag vir filemon.
            Apartheid se waterpype – asof enige iets vir ewig hou – wel hulle goed hou vir ewig want NIKS raak nie op nie. NIKS help jou ook nie maar dit kan hulle nie insien nie. Hulle kan ook nie insien as iets besig is om te breek nie – bv grassnyerwiel. Eers as die ding afval is dit vir hulle ‘n probleem. As dit betyds opgetel was, was net ‘n boutjie vasdraai goed genoeg -nou is die bakwerk beskadig. Dit is maar hoe dit met al hulle onderhoudsgoed gaan.

  2. Witbeer Avatar
    Witbeer

    “Suid-Afrika verloor jaarliks meer as vier miljard rand aan belastinginkomste weens smokkelsigarette. Meer as 60 persent van die sigarette in die land word nie vir belastingdoeleindes verklaar nie.”

    Suid Afrika verloor?
    of Staat Verloor
    of eerder Rupert verloor?

    Julle het die tjings hier ingebring, sort julle (ANC) die probleem op

  3. Johan Avatar
    Johan

    ………………..Meer as 60 persent van die sigarette in die land word nie vir belastingdoeleindes verklaar nie……………………Savanna het byna 10% van die mark ingepalm.
    En die ander 50%?

    1. G Avatar
      G

      Koel lies in Pietermaritzburg

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    4 miljard – so dit is hoe hulle vir zuma se aerie wil betaal.

  5. Corrupt_comrat_nr1 Avatar
    Corrupt_comrat_nr1

    begin by grensbeheer,dan kan jul fancy raak en spesifiek raak

  6. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Interressant dat in die ding oor hierdie sigarette niks oor gesondheid gese word nie. Tot vervelens hoor ons hoe gevaarlik rook is, hoe dit geboortedefekte kan veroorsaak, kanker, kanker, kanker tot vervelens, maar wanneer belasting en BAT se inkomste ter sprake is verdwyn die gekyf oor gesondheid. Wys jou: Mammon is baie baie sterker as Asclepius.

Leave a Reply