Gautenger wat vir DynCorp werk was slagoffer

Van die veiligheidspersoneel wat Maandag doodgeskiet is in Jordanië, het vir DynCorp International gewerk. Die Amerikaanse belastingbetaler is sy grootste kliënt.

DynCorp, ‘n bekende militêre kontrakteur wat oral in die Midde Ooste werksaam is, verdien meer as 96% van hul jaarlikse inkomste van die Amerikaanse Federale Regering.

Die Suid-Afrikaanse departement van buitelandse sake het intussen bevestig dat die Suid-Afrikaner wat doodgeskiet is, ‘n 37-jarige man van Gauteng is.

Jordaniërs onthou 9 November as die herdenking van die bomaanvalle op drie hotelle in die hoofstad Amman in 2005, waarin 60 mense dood is en meer as 110 beseer.

Die aanvalle is deur al-Qaeda in Irak uitgevoer, in reaksie, het hulle gesê, op die teenwoordigheid van die Amerikaanse en Israeliese intelligensie-agente, en Westerse regerings.

Dit was die dodelikste terreuraanval in Jordanië se geskiedenis.

Die jongste aanval het by die Jordaniese Internasionale Polisie Opleidingsentrum (JIPTC) in Muwaqqar, oos van die hoofstad plaasgevind. Dit is in 2003 opgerig tydens die Amerikaanse inval in Irak.

Die militêre opleidingsfasiliteit word tans glo gebruik vir personeel wat in Sirië ontplooi word.

Nelson Kgwete, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse departement van buitelandse sake, het bevestig dat die man se naasbestaandes in kennis gestel is, maar wou nie die slagoffer se naam bekendmaak nie.

Die aanvaller, ‘n Jordaniese polisiekaptein, Anwar Abu Zeid, het op die groep losgebrand in die eetsaal van die kompleks terwyl hulle besig was om te eet. Grutonele het diegene wat eerste op die toneel was, begroet.

Kommer bestaan dat Jordanië se verhouding met die VSA die oorsaak van die aanval kan wees.

Terwyl die land vanjaar ‘n miljard dollar sal ontvang om as ‘n basis te dien vir spesiale operasies as ‘n belangrike strategiese bondgenoot van die VSA, is die gevoel onder die algemene publiek toenemend anti-Amerikaans en anti-Westers.

Ontleders is bekommerd dat ondersteuning vir ekstremistiese groepe groei. Aan die begin van die jaar was daar na beraming sowat 1200 Jordaniërs wat in Sirië vir ISIS geveg het.

9 thoughts on “Gautenger wat vir DynCorp werk was slagoffer”

        1. Wat ek glo is dat ons SA weermag n bedreiging was om die
          olie effektief in te palm. Getalle was daarna ons vyand en – nie die swartes – of blankes was en is meer as kolaterale skade nie. Niemand steur hulle eintlik enigsins meer aan die NSA nie.
          Wat ek verder raai is dat Merkel vir Zuma gaan probeer ore
          aansit om al die “vlugtelinge” op te neem in die NSA.

          1. Riempies, daar is n muhrse stuk grond in die oos Kaap wat baaaie slamaaiers kan huisves……Nkandla

          2. Nee genade tog het jy al vir n oomblik gedink wat se rumoer
            sal dit wees as die elektriese klokke landswyd op n Vrydag gelyk aan’t blaas en raas gaan ? Het jy al gesien hoe lyk
            die fragatte gepak soos n skaap met brandsiek hulle sal nooit inpas net innie Ooskaap nie.

        2. UN reporter Mathew Lee of InnerCity Press scooped all other media with this nugget on Yemen. The UN now provides cover for US intel:

          Inner City Press’ sources exclusively tell it of a new low, that the UN brought into Sana’a what the Houthis call two members of US intelligence, with the cover identification that they work for the company running the former hotel now occupied by the UN. But, the sources say, security in Sana’a recognized the two and they are now detained.

          http://www.innercitypress.com/yemen65fishy102615.html

Maak 'n opvolg-bydrae