President Jacob Zuma het in Berlyn in Duitsland aangekom vir samesprekings met die sukkelende Duitse kansellier, Angela Merkel.
Merkel se koalisie wankel tans onder die migrantekrisis, met haar eie gewildheid wat aanhou daal.
Die Duitse minister van binnelandse sake Thomas de Maiziere (CDU) het onlangs gesê dat hy wil die regte van sogenaamde asielsoekers beperk.
Intussen het De Maiziere prominente ondersteuning van ander hooggeplaaste CDU-lede gekry, soos die gewildste politikus in Duitsland, Wolfgang Schäuble.
Volgens Schäuble, ook ‘n kritikus van Griekeland, is die kapasiteit van Duitsland om die aankomelinge te absorbeer naby aan sy einde.
Dié uitlatings het Merkel in ‘n hoek gedryf omdat sy volhou met haar Soros-napratery wat gemik is teen die Duitse volksgevoel.
Die CSU en CDU sal groot winste in die huidige politieke klimaat behaal as hulle van die kanselier ontslae raak.
Suid-Afrika is Duitsland se grootste handelsvennoot in Afrika. Dit is die eerste keer wat dié twee leiers bilaterale samesprekings voer.
Die minister van Internasionale Betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane, is deel van President Zuma se afvaardiging.
Daar is meer as 600 Duitse maatskappye wat sake doen in Suid-Afrika en aan minstens 100 000 mense werk verskaf.
Die vorige geleentheid waar Suid-Afrika en Duitsland samesprekings gevoer het was tydens Thabo Mbeki se bewind in 2007 toe die Zimbabwe-krisis hoog op die agenda was.

Samblief Medem ek soek hom die airplane,jy sal dan kan bly by Asania.
Hy het seker maar met die ou vliegtuig gery – wat amper net so luuks is as die beoogde nuwe een! Maar dis mos nou maar tipies Afrika – eintlik tipies wereld!
wie teken vir jacob prentjies?
Ek hoop nie sy het syfers gepraat nie
My spesmaas is dat hulle die lot van die Staatlose gemeenskappe sal bespreek. Merkel se Islamiete en Zuma se Christen Afrikaners.
Wat om met die lot vreemdes te doen was verseker op die agenda
Intussen word dit elders, iewers vandag op die internet geplaas… Laat my ook onwillekeurig wonder wat nog as “kru” beskou word elders… Moraliteit is ‘n relatiewe geestelike toestand…
http://www.liveleak.com/view?i=2ee_1447169669