Klopjag teen terroriste in Rotterdam lewer niks op

Niemand is in ’n vroeg­oggend klopjag in Rotterdam aangekeer nadat ’n gebou deur lede van die Nederlandse spesiale polisie deursoek is nie. Die aanklaerskantoor het op Twitter gesê geen wapens of plofstof is gevind nie, het AFP berig. Die klopjag volg nadat ’n 32-jarige Franse man láát Sondag in die westelike distrik van Rotterdam saam

Lees verder: Klopjag teen terroriste in Rotterdam lewer niks op

Hillary moet binne dae voor FBI verskyn

Die Demokratiese voorloper, Hillary Clinton, het Trump met mening aangeval omdat sy tans onder groot druk verkeer. Sy moet binne enkele dae voor die FBI verskyn wat sal besluit of sy krimineel aangekla sal word vir vertroulike eposse wat sy rondgestuur het. Clinton wou kennelik die publiek se aandag aflei van die FBI-ondersoek na haar

Lees verder: Hillary moet binne dae voor FBI verskyn

Staat loods ‘politieke appèl’ teen Walus se vrylating

Die staat het gister teen regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen se uitspraak dat Janusz Walus vrygelaat moet word, geappelleer. Volgens die grondwet- en regskenner professor Marinus Wiechers verteenwoordig dit egter ‘n desperate poging van die staat om sy vrylating te keer. “Terwyl die appèlsaak na die een of die ander kant toe beslis kan word,

Lees verder: Staat loods ‘politieke appèl’ teen Walus se vrylating

Twee swartes probeer motor by Glenanda-winkelsentrum kaap

Twee swart mans in ‘n silwer Audi het gister gepoog om ‘n motor by die Glenanda-winkelsentrum in die suide van Johannesburg te kaap. Die bestuurder is met vuurwapens oor die kop geslaan, asook van sy horlosie beroof. Volgens die Glenvista-GPF (gemeenskapspolisieforum) het bouers op die boonste vlak van die sentrum die gebeure raakgesien en begin

Lees verder: Twee swartes probeer motor by Glenanda-winkelsentrum kaap

Egiptiese kaper saam met Brit afgeneem

Die kaper van die vliegtuig van die Egiptiese lug­redery, Seif Eddin Mustafa, het met ‘n oorwinningsteken die Cipriese hof in ‘n polisievoertuig verlaat. ‘n Britse man, Ben Innes, het homself saam met die kaper laat afneem tydens die drama. “Slegs Ben kon ‘n Selfie kry! #proud,” het ‘n familielid Sarah Innes later getwiet nadat hy

Lees verder: Egiptiese kaper saam met Brit afgeneem

Grondwethof besluit vandag oor Nkandla

Die Grondwethof gaan vandag uitspraak lewer daaroor of Zuma ten minste ‘n gedeelte van die R246 miljoen wat Nkandla gekos het, uit sy eie sak moet betaal. Dit volg op ‘n aansoek voor dié hof wat meer as ‘n maand gelede deur die EFF en die DA gebring is. Die uitspraak sal verskeie aspekte van

Lees verder: Grondwethof besluit vandag oor Nkandla

Leon Lemmer: Universiteit Stellenbosch: Doelbewuste misleiding

Leon van den Heever, die Direkteur vir Studentewerwing van die Universiteit Stellenbosch (US), skryf soos volg in Die Burger (30 Maart, p 10). Ek haal die brief in sy geheel aan. “Oor Jan Heunis (DB, 28.03) se stelling ‘Die US-bestuur het deur sy werwingspogings en afwykings van sy taalbeleid die US verengels’: “Die Universiteit Stellenbosch

Lees verder: Leon Lemmer: Universiteit Stellenbosch: Doelbewuste misleiding

Katlehong gespanne na jongste xenofobiese geweld

Die situasie in Katlehong aan die Oosrand is gespanne nadat geweld Dinsdagnag uitgebreek het in die jongste vlaag xenofobiese aanvalle. Winkels, wat aan buitelandsers behoort, is geplunder en in puin gelê. Een plunderaar is in die geweld doodgeskiet toe die buitelanders glo hul eiendom wou beskerm. Die polisie het bevestig dat vier buitelanders – wat

Lees verder: Katlehong gespanne na jongste xenofobiese geweld

Oud-ANC-raadslid verskyn weer vir moord

‘n Voormalige ANC-raadslid, wat teregstaan op die moord op sy vrou, verskyn na verwagting vandag weer in die Bloemfonteinse landdroshof. Maphabole Godfrey Maphobole, ‘n voormalige ANC-raadslid van die Tokologo plaaslike munisipaliteit, is vroeër borgtog van R20 000 toegestaan. Die 33-jarige staar onder meer aanklagte van moord en dwarsboming van die gereg in die gesig. Maphobole

Lees verder: Oud-ANC-raadslid verskyn weer vir moord

Islamitiese Staat uit Palmira verdryf

Die Siriese stad, Palmira, wat deur djihadiste van die Islamitiese Staat (IS) in Oktober 2015 in puin gelê is, is herower. Siriese troepe het met die hulp van Russiese lugaanvalle die naweek daarin geslaag het om die antieke stad te ontset wat as ‘n Unesco-wêrelderfenisplek verklaar is. Pres. Bashar al-Assad het die sege as ‘n

Lees verder: Islamitiese Staat uit Palmira verdryf