Die Siriese stad, Palmira, wat deur djihadiste van die Islamitiese Staat (IS) in Oktober 2015 in puin gelê is, is herower.
Siriese troepe het met die hulp van Russiese lugaanvalle die naweek daarin geslaag het om die antieke stad te ontset wat as ‘n Unesco-wêrelderfenisplek verklaar is.
Pres. Bashar al-Assad het die sege as ‘n “belangrike mylpaal” in die stryd teen IS beskryf.
In 2015 toe die geveg om Palmira gewoed het, het die Amerikaanse lugmag nie ingegryp nie. IS kon toe die antieke stad verower omdat hulle deur die oop Oos-Siriese woestyn vryelik voorrade en ammunisie verkry het.
Die bevryding van Palmira is ‘n beslissende keerpunt in die oorlog teen Sirië.
Terwyl daar vroeër militêre suksesse was, is die publisiteitswaarde van die beveiliging van die gewaardeerde Romeinse ruïnes hoër as met vorige oorwinnings.
Die Siriese regering word ook skielik nie meer as “die Assad-regime” voorgehou nie.
Ban Ki Moon, die hoof van die Verenigde Nasies, het die Siriese regering met sy sukses gelukgewens.
Die bevryding van Palmira is moontlik gemaak deur die gebruik van Russiese elektroniese oorlogvoering.
Die Islamitiese Staat het geïmproviseerde plofladings in die ruïnes geplant, maar was nie in staat om hulle per afstand te laat ontspring nie.
Die Russiese toerusting het elektromagnetiese seine om Palmira versteur wat dit verhoed het.

Hierdie Tesla elektromagnetiese tegnologie van die Russe is iets geweldigs.
‘n Hele oorlogskip word so ontwapen en immobiliseer..
[ maar die muskiet verdrywertjies wat met ultraklank werk maak ONS muskiete net senuweeagtig saam met al die ander smeer en spuitgoed sodat ek hulle met my een meter lank vlieeplak teen die plafon kan bykom. Die plafon lyk soos ‘n ABO pos bloedbank ]
Maar ISIS kan maar kom kers opsteek by NP/ NASPERS en die moordenaars van Verwoerd oor die mees gesofistikeerde kulturele stropery ooit.
‘n Hele volkie is so verwoes
Jan, die elektroniese oorlogvoering kan ook net iets eenvoudig soos “jamming” wees – nie noodwendig EMP wapens nie. Dit is ook moontlik om gewone elektronika teen EMP te beskerm – daar is tegnieke daarvoor. Die Russe gebruik ook transistors – ek is seker hulle het nie toegang tot dieselfde tegnologie as die Amerikaners nie maar ek reken hulle het ook hulle eie goed ontwikkel met soortgelyke vermoëns.
ISIL is reeds veilig in Europa—–Is dit nie eienaardig dat ISIL nie gaan skuil by die Palestyne nie???