Zelenski kritiseer Trump se ‘vriendskap’ met Poetin

Wolodimir Zelenski kritiseer Trump se toenadering tot Poetin en sê vertragings in Amerikaanse wapenlewerings kos Oekraïense lewens.

Lees verder: Zelenski kritiseer Trump se ‘vriendskap’ met Poetin

DA beland op opposisiebanke in al drie Gautengse metro’s

Herman Mashaba keer terug as burgemeester van Johannesburg, terwyl die DA ook in Tshwane en Ekurhuleni op die opposisiebanke beland.

Lees verder: DA beland op opposisiebanke in al drie Gautengse metro’s

China stuur eerste buitelandse ruimtevaarder na Tiangong-ruimtestasie

Met die aankoms van die eerste Pakistanse ruimtevaarder by Tiangong open China sy ruimtestasie vir internasionale samewerking, terwyl die Internasionale Ruimtestasie die einde van sy leeftyd nader.

Lees verder: China stuur eerste buitelandse ruimtevaarder na Tiangong-ruimtestasie

Trump heg min gewig aan Russiese en Chinese steun vir Iran ná gesprek met Amerikaanse troepe

Die Amerikaanse president, Donald Trump, meen Moskou en Beijing se betrokkenheid by Iran is beperk, ondanks berigte oor die uitruil van militêre intelligensie. Hy waarsku egter dat Iran se missiele Europa kan bereik en sluit verdere Amerikaanse aanvalle nie uit nie.

Lees verder: Trump heg min gewig aan Russiese en Chinese steun vir Iran ná gesprek met Amerikaanse troepe

DA-insluiting by Gauteng-metro’s lyk onwaarskynlik

Die DA se kanse op deelname aan die regering van Gauteng se groot metro’s lyk skraal, terwyl die ANC en ActionSA moontlik sal saamstaan om Herman Mashaba weer as burgemeester van Johannesburg te verkies.

Lees verder: DA-insluiting by Gauteng-metro’s lyk onwaarskynlik

Van handelsryk tot finansiële mag: ’n les vir Afrikaners

Die Nederlandse handelsryk se oorgang van territoriale mag na finansiële invloed bied belangrike lesse vir die hedendaagse wêreld. Johann Theron ondersoek wat dié historiese voorbeeld vir Suid-Afrika en die ekonomiese toekoms van Afrikaners kan beteken.

Lees verder: Van handelsryk tot finansiële mag: ’n les vir Afrikaners

Kim Jong-oen wil Noord-Korea se ontplooiing van taktiese kernwapens uitbrei

Kim Jong-oen sê Noord-Korea moet taktiese kernwapens oor verskeie terreine en vir verskillende missies ontplooi, te midde van toenemende spanning met Suid-Korea.

Lees verder: Kim Jong-oen wil Noord-Korea se ontplooiing van taktiese kernwapens uitbrei

Dan Roodt: Johannesburg is ’n stad sonder ’n siel

In Johannesburg is alles ordinêr en afgesaag, ‘n stad so vervelig soos enigeen van die 60 Amerikaanse middelslagstede, skryf Dan Roodt.

Lees verder: Dan Roodt: Johannesburg is ’n stad sonder ’n siel

Guterres bepleit wêreldwye beheer oor kunsmatige intelligensie

VN-sekretaris-generaal António Guterres doen ’n beroep op lidlande om binne die volgende jaar oor ’n wêreldwye raamwerk vir kunsmatige intelligensie saam te stem, met onafhanklike toesig as kernvoorwaarde.

Lees verder: Guterres bepleit wêreldwye beheer oor kunsmatige intelligensie

VF Plus en PAC saam in nuwe koalisie in Port Elizabeth

Ses partye, waaronder die VF Plus en PAC, het ’n koalisieooreenkoms vir Nelson Mandelabaai onderteken en beoog om vyf jaar saam te regeer.

Lees verder: VF Plus en PAC saam in nuwe koalisie in Port Elizabeth